Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bel VSA na SA vir 10c per minuut

Vr., 01 Maart 2002 04:38

Het dit vandag gekry http://www.prepaidcall.net/Cards/union.htm en 'n
"kaart" gekoop. Blyk te werk. Tot dusver nog oënskynlik nie 'n scam nie...

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Jan Blignaut [1891]

Do., 28 Februarie 2002 18:42

Oooo, Die Berge,
Die heerlikke Derge,
Hulle staan op hulle poote
In die middel van die storm

Die Berge is 'n wonderlikke ding,
Maar nie so wonderlik as 'n Dingus nie!!

Ja Boet,
Ja Boeta,
Boeta kan nie lekker krieket speel nie,
Nie soos 'n Dingus nie!!

Oooo, Die Berge,
Hmmmm.

Jan Bligaut was in die Kaap geboore
tussen die jaare 1890 en 1892.

Hy was 95 toe hy oorkom het, van
'n groot 'tot' brandewyn wat vas in
sy maag gesit het.

In ander worde, hy was vrot dronk.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Johann de Lange (geb. 1959) - Twee matrose wat pis

Do., 28 Februarie 2002 17:43

Johann de Lange (geb. 1959)

Twee matrose wat pis

na 'n akwarel van Charles Demuth

swaar penis-houdende matrose
selfs swaarder as dié teen die mure
van Pompeji pissende
met soet engelagtige gesigte
mikkend met sterk gewrigte
twee helder vloeiende figure
lopende water of bogende vuur
donkerblou uniforms
teen die bruin-van-die-muur
deursigtige spieëlings
van die middaguur
waarvan hulle deel is
bruisend-pissende matrose
dat soveel water dat twee
watermans soveel vuur kan hou
- die koue as van Pompeji
getuig van wat was -
dat hulle as't ware pis
op smeulende ruïnes
'n nat vlam is op dié papie
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pieter Smit (geb. 1946) - selfs die son

Do., 28 Februarie 2002 17:39

Pieter Smit (geb. 1946)

selfs die son

jy praat van trek na griekeland
maar my oë
sien reeds hoe eensaam
staan die suikerbos
teen die berg se suidekant
o hierdie land sal ons swaar verlaat
elke oggend
strek net 'n dagreis voor ons uit
al droog die dae
net perskes by bethulie
weg van mense in die son
hierdie land gaan ons swaar verlaat
hierdie land wat konsertina speel
met eensaamheid
hierdie land wat wals met hartseer
as jou voete nie vat aan sy grond nie
hierdie land sal ons swaar verlaat

ja selfs die son keer terug
en hierdie grond weet reeds
hoe klop die tuisblykierie op sy rug

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Louis Eksteen (geb. 1930) Tydperk

Do., 28 Februarie 2002 17:33

Louis Eksteen (geb. 1930)
Tydperk

'n
Groot
Neanderdaller knoets
met swaar kneukels 'n weg steeds
oop. Byt dan tussen bloedtande mals sagte
spierwit vleis - dom, rusteloos, wild
op nat, gladde vriesaarde. Nagte
skuif oor hom heen
verteer
hom.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Begroting

Wo., 27 Februarie 2002 17:57

Êrens hier het ek gesê dat die nuwe begroting die gevolg gaan hê dat
mense minder vleis eet. Niemand van julle, selfs nie eens Annette,
het dit snaak gevind nie. Beteken dit dìt dus dat almal saamstem?

Vegetariër

Ekonomie & geldsake | 7 kommentare

petrol prys

Wo., 27 Februarie 2002 14:58

Ons mag dalk aanstons 'n kuiertjie na Suid Afrika reel. Ons laaste kuiertjie
was uiters onaangenaam omdat familie en vriende mildelik die gebruik van hul
voertuie tot ons beskikking gestel het, net om later te se dat die kar teen
twaalf uur terug moet wees omdat hulle dit of dat wil doen, ensovoorts. Die
gevolg was dat ons meer tuis was as uit. Verskriklik boring.

Ek sal eerder 'n kar wil huur en per KM betaal plus brandstof of what ever,
maar nooit ooit wil ek weer in 'n ander land gestrand wees sonder wiele
nie. Ek het EEN ondervinding daarvan en nooit ooit weer nie. Die vraag is
dan wat betaal mens vir petrol in Suid Afrika, sodat ek so bietjie op die
begroting kan begin werk. (En by wie huur mens teen die beste prys?)

Ta - HK

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

beboet vir persoonlikheid

Wo., 27 Februarie 2002 14:43

iemand stuur nou vir my `n koerant berig oor die ou in new zealand wat
sy selfoon rekening kry en sien dat daar `n ekstra item vir nz$337.50
op is. toe hy die verduideliking hiervoor lees staan daar 'penalty for
being an arrogant bastard'. hy is gst ook gehef hierop. volgens die
service provide, telecom nz, is dit gedoen deur `n operateur wat daar
gewerk het en toe ongelukkig was oor iets.

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

'n Snaakse feit

Wo., 27 Februarie 2002 12:21

Op 'n ander groep het dit nou uitgekom dat die meeste mense in die VSA weet
nie van die Carry On films nie -
siestog - hulle het definitief iets gemis in hul opvoeding;))
Ek verkies nogal die Britse humor bo die VSA s'n.
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Gehoor?

Wo., 27 Februarie 2002 12:18

Die laaste van The Goons - Spike Milligan - is dood.
'n Baie, baie snaakse kunstenaar - my gunsteling-Goon.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    784  785  786  787  788  789  790  791  792  793  794  795  796  797  798  799    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 07:21:05 UTC 2026