swaar penis-houdende matrose
selfs swaarder as dié teen die mure
van Pompeji pissende
met soet engelagtige gesigte
mikkend met sterk gewrigte
twee helder vloeiende figure
lopende water of bogende vuur
donkerblou uniforms
teen die bruin-van-die-muur
deursigtige spieëlings
van die middaguur
waarvan hulle deel is
bruisend-pissende matrose
dat soveel water dat twee
watermans soveel vuur kan hou
- die koue as van Pompeji
getuig van wat was -
dat hulle as't ware pis
op smeulende ruïnes
'n nat vlam is op dié papie
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
jy praat van trek na griekeland
maar my oë
sien reeds hoe eensaam
staan die suikerbos
teen die berg se suidekant
o hierdie land sal ons swaar verlaat
elke oggend
strek net 'n dagreis voor ons uit
al droog die dae
net perskes by bethulie
weg van mense in die son
hierdie land gaan ons swaar verlaat
hierdie land wat konsertina speel
met eensaamheid
hierdie land wat wals met hartseer
as jou voete nie vat aan sy grond nie
hierdie land sal ons swaar verlaat
ja selfs die son keer terug
en hierdie grond weet reeds
hoe klop die tuisblykierie op sy rug
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
'n
Groot
Neanderdaller knoets
met swaar kneukels 'n weg steeds
oop. Byt dan tussen bloedtande mals sagte
spierwit vleis - dom, rusteloos, wild
op nat, gladde vriesaarde. Nagte
skuif oor hom heen
verteer
hom.
Êrens hier het ek gesê dat die nuwe begroting die gevolg gaan hê dat
mense minder vleis eet. Niemand van julle, selfs nie eens Annette,
het dit snaak gevind nie. Beteken dit dìt dus dat almal saamstem?
Ons mag dalk aanstons 'n kuiertjie na Suid Afrika reel. Ons laaste kuiertjie
was uiters onaangenaam omdat familie en vriende mildelik die gebruik van hul
voertuie tot ons beskikking gestel het, net om later te se dat die kar teen
twaalf uur terug moet wees omdat hulle dit of dat wil doen, ensovoorts. Die
gevolg was dat ons meer tuis was as uit. Verskriklik boring.
Ek sal eerder 'n kar wil huur en per KM betaal plus brandstof of what ever,
maar nooit ooit wil ek weer in 'n ander land gestrand wees sonder wiele
nie. Ek het EEN ondervinding daarvan en nooit ooit weer nie. Die vraag is
dan wat betaal mens vir petrol in Suid Afrika, sodat ek so bietjie op die
begroting kan begin werk. (En by wie huur mens teen die beste prys?)
iemand stuur nou vir my `n koerant berig oor die ou in new zealand wat
sy selfoon rekening kry en sien dat daar `n ekstra item vir nz$337.50
op is. toe hy die verduideliking hiervoor lees staan daar 'penalty for
being an arrogant bastard'. hy is gst ook gehef hierop. volgens die
service provide, telecom nz, is dit gedoen deur `n operateur wat daar
gewerk het en toe ongelukkig was oor iets.
Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Op 'n ander groep het dit nou uitgekom dat die meeste mense in die VSA weet
nie van die Carry On films nie -
siestog - hulle het definitief iets gemis in hul opvoeding;))
Ek verkies nogal die Britse humor bo die VSA s'n.
Annette
Hulle praat nou op RSG oor die optrede van rugbyskares - en Niekie wil
beweer die mense in die losies se optredes is meer beskaaf as die in die oop
pawiljoene.
Ek is seker maar gelukkig - want ek beland altyd tussen 'n aangename klomp
mense - die enigste vir wie ek vies word daar is my span as hulle
verloor;)))
Die mense wat inbel kla glo vreeslik oor die gevloekery en gedrinkery -
sjeim:))
Annette
"SA Stream is a web based radio station, which encapsulates the essence of
South Africa and it's wonderful
people. We are home to those South Africans traveling or living abroad, and
friend to those visiting our
world.
To those outside our physical boarders we provide relevant domestic news,
interviews and inserts from
sport to finance, arts to politics in an audio format. Plus entertain, in
our unique South African way,
whether it's humour, talk or music.
SA Stream is in essence a piece of South Africa away from home. "
TJ
www.artslink.co.za
--
The South African Arts, Culture and Entertainment Hub
The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1
Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon
IAWMD Golden Web Awards May 2001
Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save! http://www.artslink.co.za