Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Botterneute?

Wo., 06 Maart 2002 10:14

Wat is die Afrikaans vir "butternut"? Botterneut of botterskorsie?
Seker laasgenoemde, maar die woord botterneut lê tog lekker sag op die
oor. Die goed word nou hier by ons op straat teen R10 per lemoensak
vol verkoop. Ek het 'n sak gekoop, dit geweeg en dit was 12 Kg, nie
sleg vir R10 nie.

Hier is nou 'n goeie resep:

1 groot botterneut
250 g maer spek (bacon), gesnipper
200 ml dik room
2 uie, redelik fyn
Gerasperde kaas
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook die pampoen gewoonweg gaar en "mash" dit
Braai die ui en spek saam in olie tot die ui effens bruinerig is
Meng nou alles behalwe die kaas in 'n platterige oondbak
Strooi die kaas bo-oor en bak in 'n oond (180 C) tot alles deurwarm is
en die kaas gesmelt is

Net iets oor die room: Hier by ons verkoop iemand baie goeie kwaliteit
room - na net omtrent 'n dag in die yskas is dit so dik dat mens dit
uit die houer moet skep. Die groot melkerye se room is meer vloeibaar.
As jy sulke room gebruik, verdik die mengsel met ongegeurde, droë
krummels anders gaan jy pampoensop maak. Die mengsel moet redelik styf
wees

(Ek sit 'n goeie skeut knoffel ook by, iets wat ek by omtrent ALLES
sit.)

Drom

(I'm mad about mustard,
even on custard - Ogden Nash)

Kos & resepte | 28 kommentare

Onbenullighede

Wo., 06 Maart 2002 09:24

Julle is die laaste paar dae traag om hier te pos, dus pos ek nou maar
‘n paar onbenullighede.

Dis eerskomende naweek, dink ek, karriefees op Kareedouw. Daar gaan,
behalwe karriesuipery, groot bedrywighede daar wees. Karrie is 'n
heuningbier, wat, as reg onthou, ook die knol/bol/wortel van 'n sekere
plant bevat. Seker om smaak te gee, want om net heuning te fermenteer
sal maar 'n oninteressante brousel oplewer. Dit het glo soms 'n
onverwagse harde skop.

Kareedouw (wat dalk meer bekend is as die plek waar 'n sekere persoon
begrawe is) is die oostelike poort tot die Langkloof, waar, al sê
Annette nou wat ook al van Ceres se perskes, die beste somervrugte in
die land gekweek word. En met baie mooi plekname, soos Kareedouw,
Misgund, Louterwater, Avontuur en nog ander. Dis ook die enigste plek
wat ek al gesien het waar K & K (katel en kos, lekker Afrikaans!)
geadverteer word pleks van die meer algemene B & B.

Noordwaarts oor die berge van die Langkloof af kry mens Baviaanskloof.
Om daar deur te ry is nie 'n rit nie, dis 'n ekskursie want dis 'n nou
grondpad met berge, draaie en afgronde wat absoluut skrik vir niks
nie. Baie van hulle! 'n Vriend van my is onlangs daar deur en sy
kommentaar was, "I sure as hell don't know why anybody wanted to build
a road there in the first place." Dit is net omtrent 150 km maar dit
het hom amper 8 uur geneem om dit af te lê. Hy sê ook dat mens dit nou
se dae nie met enige voertuig kan aanpak nie want die pad is baie
verwaarloos. As jongmens is ek en 'n vriend met 'n VW Beetle daar
deur, maar dan, met 'n Beetle in sy tweede en derde rat kon mens
enigiets aanvat.

Baviaanskloof is rêrig een van die indrukwekkendste plekke in die
land. Dis 'n klipperige, barre stuk aarde (met afgronde!) wat onlangs
tot natuurbewaringsgebied verklaar is. Mens wonder nou net hoekom
bobbejane, koggelmanders en skerpioene bewaar moet word, want daar is
defnitief niks anders daar nie.

OK, al hierdie was maar net om iets op die NG te kry. Hoop iemand kyk
hierna.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Rashied Staggie

Wo., 06 Maart 2002 06:13

Vandag, miskien, uiteindelik - die uitspraak in die verhoor van die moord op
Rashied Staggie.

Hoe het dinge nie verander nie.
Na die moord het menige kop geskud en die daad van Pagad goedgekeur - dat
daar darem uiteindelik 'n groep mense optree om die dwelms van hul kinders
weg te kry.

Ek dink dit is reg dat die wat die moord gepleeg het gestraf word.

Maar hoeveel dwelmhandelaars word vir moord gedagvaar vir die jong lewens
wat vroeg geblus word?
Okei - moenie dink dat ek nie verstaan hoekom nie - maar as Rashied Staggie
en sy broer en hul bende nie in die eerste plek so met dwelms tekere gegaan
het nie, dan sou Pagad nie toe so opgetree het nie.

Ek twyfel egter nie dat Pagad nie wel later sou optree soos wat hul wel sou
gedoen het nie.
Die millitante faksie was wel teenwoordig.

Moet sê, die prentjie van die beskuldigde in die Argus is nogal simpatiek -
'n ou mannetjie met 'n appologetiese houdintjie, lappie oor die skouers,
hoedjie op die kop - soos iemand wat nie eers 'n vlieg sou skade aandoen
nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Daryl uit - Krieket

Wo., 06 Maart 2002 05:35

Cullinan is uit die span uit nog voordat hy weer begin het - iets van 'n
spelerskontrak wat nie geteken is nie.
Pollock speel ook nie.

Ek dink ons moet 'n weddenskap aangaan om te sien hoe ver ons hierdie keer
gaan verloor:))

Iets wat darem nou goeds gaan gebeur is dat Kepler uiteindelik weer betrek
gaan word.

Damn Ali Bacher en sy agendatjies.

Annette

Sport & ontspanning | 14 kommentare

Re: The train: Shosholoza Meyl

Wo., 06 Maart 2002 03:39

Richard - waar was verlede week 'n artikel oor die treindiens en een van die
koerante - moer my met 'n snoek ek kan nie onthou watter ene nie. Maar, daar
is klaarblyklik goed en veilig - 'n sekuriteitswag op elke wa - my
onmiddelik vraag was - wie pas die wag op ...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Thabo

Di., 05 Maart 2002 22:16

Wat dink julle van die MSNBC artikel van gister?

http://www.msnbc.com/news/714852.asp?cp1=1

South Africa's Lonely Rebel

Thabo Mbeki is feuding with allies, fighting his cabinet and losing
international friends. How his dissent on AIDS is unraveling his
presidency

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Nl-SA hockey :-))

Di., 05 Maart 2002 21:43

Haai almal en veral Annette, ons groot sportvrou op hierdie groep.

Ek glo julle is meer lief vir krieket en rugbie, maar nou het ek gehoor, dat
die Nederlandse hockeyteam het gewen van Suid Afrika.
Nerens om, maar ek wil dit maar net vertel :-)))

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: a man wants to live in south africa

Di., 05 Maart 2002 21:27

Jinne maar ons is goeie maniere!

"Frank" skryf in boodskap news:vd9h8.771$Jt2.343@nwrddc04.gnilink.net...
> Black shoe polish might do - for a while. But you have to be stupid, I mean
> really stupid, otherwise you have no chance. May be you have already
> qualified. Person with working brain, will not want to go to SA.
>
> "webmaster" wrote in message
> news:a634b1$7t6$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> If you want a job in South Africa you need to be "AFRICAN" ie a black
> face.
>>
>>
>>
>> "afpa.vannes" wrote in message
>> news:a62in9$ps2$1@wanadoo.fr...
>>> I plan to live in south africa and why not in the Northern Province or
>>> Mpumalanga nearby the Kruger Park.
>>> I'm looking for contact in order to find a job in a private reserve.
>>> Is there any body can help me ?
>>> Thanks
>>> benoit : b.bo...@libertysurf.fr
>>>
>>
>

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Pikkewyne

Ma., 04 Maart 2002 14:20

Iemand van die VSA het my vanoggend meegedeel dat hy in 'n TV dokumenter
gisteraand gesien het dat duisende pikkewyne Kaapstad binnegeval het, en dat
hulle so ewe mak tussen die mense in die see swem:)))

Ek moes hulle gemis het, want ek het nog nie een vandag raakgeloop nie;)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: witness statement concerning white supremisist ritualistic child abuse

So., 03 Maart 2002 21:30

"Planter" skryf in boodskap news:a5u3hr$i1r$1@news6.svr.pol.co.uk...
Massive respect to the frontline of the Animal Liberation Movement/
Native American Traditionals Allah Akbah!
Jah Rastafari lives eternally! Praise His Holiness the Dalai Lama!
Peace! Signed Prince Amdo/James R.A. Bomford

Wouter
Ja, joune ook. Met knoppe op. :-(
Plaas jou propagandieste gemors op 'n ander plek

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    782  783  784  785  786  787  788  789  790  791  792  793  794  795  796  797    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 22:25:59 UTC 2025