Daar gaan nou nie meer 'n finale 10 finaliste wees nie, maar finale 11.
Daar is besluit om die blonde Melanie Lowe ook deur te laat gaan omdat sy
met minder as 'n % ( eintlik minder as 1/2%) teen Brandon October verloor
het, en omdat die lyne om te stem gesluit het voordat dit deur deur die
aankondigers aangekondig is.
Laat ons nou maar hoop die vervaardigers het nou aan alle verdere moontlike
tegniese foutjies gedink.
Ons SA mense is nie so emosioneel soos die Britte nie, en die blinde
deelnemer is nie deur na die finale 10 nie.
Gisteraand se groepie finaliste het duidelik net een wenner .
"Het concours Mondial de Bruxelles, dat sinds 1994 jaarlijks wordt
georganiseerd, staat onder patronaat van de meest vooraanstaande instanties
op het gebied van wijnbouw en wijn, het O.I.V (Office International de la
Vigne et du Vin) en de Union Internationale des Onologues. Deze wedstrijd is
door zijn professionele opzet en onafhankelijke karakter het belangrijkste
en meest prestigieuze internationale wijnconcours geworden, waaraan de beste
wijnen ter wereld meedoen; niemand kan meer om dit evenement heen.
Deze internationale wedstrijd is officieel erkend door de Europese Unie en
vindt plaats onder toezicht van het Belgische Ministerie van Economische
Zaken.
In 2001 zijn meer dan 3000 monsters voorgelegd aan een jury die is
samengesteld uit zo'n honderd vooraanstaande persoonlijkheden uit de wereld
van wijn en gedistilleerd.
In 2002 vindt het Concours plaats van 13 - 15 april; de ceremonie van de
prijsuitreiking vormt tegelijkertijd de feestelijke opening van de beurs. De
bekroonde producten worden uiteraard tijdens de beurs gepresenteerd.
Profiteer van deze samenwerking tussen de Mondial en het Concours: op 15
april 2002 hebt u de gelegenheid om tijdens de Mondial van wijn en
gedistilleerd deelnemers en juryleden persoonlijk te ontmoeten." http://www.mondial-du-vin.com/nl/actus/concours.html
Die wyne word blind geproe deur 'n internasionale jurie.
Daar kan verskillende "medaljes" gewen word : Suid-Afrika het baie goed
gedoen.
1) die "Grande Médaille d'Or" (die groot goue medalje) is o.a. deur 'n
Suidafrikaanse wyn behaal : die "Jordan Cobblers Hill 1999 - Stellenbosch"
Weereens vanaand my voorreg om na RSG se tienermusiekprogram vanaand te
luister.
Deurmekaar taal en nog deurmekaarder musiek.
My brein is glad nie ingestel om die technomusiek te kan waardeer nie. Het
nou net met "aandag" na 'n stuk geluister - die hele "komposisie" het
bestaan uit dieselfde 6 note wat heeltyd in dieselfde volgorde herhaal is -
85 maal vandat ek begin tel het.
Nou nie juis iets wat mens sal fluit as mens byvoorbeeld 'n legkaart pak
nie.:))
Oepsie!! Ek het te gou gepraat - nou is daar 'n stuk wat net 3 note speel -
in dieselfde volgorde - tot herhalends toe - en ja!! daar is woorde - iemand
praat van weg, reg of tech oor en oor.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Vanoggend hoor ek dat mense van verskillende tale, lande en kulturele
agtergronde mekaar gouer en beter verstaan as hulle gebaretaal ( soos wat
die dowe mense praat) gebruik.
Dis mos nou 'n kitsoplossing om van esperanto, fanagalo en tolke ontslae te
raak:))
Ons leer net almal gebaretaal, en die Kaap is Hollands.!
'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
verlede en met apartheid.
As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd.
Minder en minder swart Suid-Afrikaners dink deesdae
aan Afrikaans as die taal van apartheid.
Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal
en verwerp die drogredenasie dat 'n taal besmet word
as van sy sprekers wandade pleeg.
Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel
Engelse woorde in Nederlands dat hulle moet pasop:
Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy
assosiasie met Nederlands.
Diegene wat nog 'n produksie wil aanbied op Aardklop.!!
Idees moet ingestuur word, en dan sal die kommittee besluit watter
produksies aangebied sal word.
Ek wou voorstel dat AfrSoc 'n gesamentlike dingetjie kon uitdink , maar dit
sal nie werk nie. - ons sal nie eers konsensus oor die naam kan bereik
nie;)))
Waarom daar verlede week, toe treindienste in Pretoria vertraag is, mense 3
treinwaens aan die brand gesteek het?
Hulle het ook brande gestig en skade aangerig by die Mabopane, Saulsville en
Atteridgeville stasies.
Bogaande skade is glo aangerig in protes oor die vertragings.
Bo my klein breintjie se vuurmaakplek om die kloutjie by die oor te bring
van hoe so 'n aksie so 'n reaksie kon uitlok., of wat die rede of sin was om
die betrokke skade aan te rig.
Miskien is hier iemand wat dit vir my mooi kan verduidelik?
Miskien is dit net 'n Gauteng ding?
Moet sê hier in die Kaap is daar gereeld treinvertragings, werkgewers weet
daarvan en die werkers word nie gepenaliseer nie - en bowenal word die waens
en stasies nie aan die brand gesteek nie.
Metrorail het onlangs verminderde dienste aangekondig, maar deur briewe,
oproepe en samesprekings is die probleme opgelos, en al die dienste is weer
hervat.
Ek hoor Onse Prez het besluit om nie die Nepad kongres by te bring nie - kan
nie eers onthou waar nie - maar wil liewers teenwoordig wees by die finale
afsluiting ( uiteindelik) van die Kongolese se kongres in Sun City.
Lyk my Nepad is net belangrik as dit Onse Prez pas?
Annette
na driehonnertenvyftag jaar is die kaap weer hollans antie. so sê my
pa nalat jats hartsenberg gesê het oom wouterjie is onskillig van
allie goed waarvan hy beskillig is. my pa sê hy is bly lat die hof nog
die hoogste gesag innie land is en lat hy hom nie moet laat ly deur
die soesijale gevoel soos wat oom tim vannie koerant gesê het toe oom
nelson moes hof toe gaan vir oom loeis lyt nie.
weet antie lat die staatsaanklaers vir jats hartsenberg gevra het om
na die saak te kyk soos wat 'n jurie sou maak. toe sê die jats hille
moenie mal wees nie want 'n jurie het ook na oom oujy simpson se saak
gekyk. ma' my pa sê wat hom warrie is lat veldmaarskalk smuts
inkomjama sê lat die ytspraak 'n bespotting maak van versoening.
veldmaarskalk smuts is 'n grootkop innie a-en-see antie en my pa sê hy
wonner of die a-en-see in die regering se howwe glo. oom hansie vannie
pênnelbieters sê miskien is die a-en-see jys die moer in virrie howwe
omlat die hof gesê het hille moet nevverapien virrie yds mammies gee.
en allie tyd sê hille nog nevver.
ma' miskien is veldmaarskalk smuts reg antie ma' hy praat yntlik
vannie wraak en versoenings koemissie wat perdalks 'n verspotting was.
my pa sê da' wassie ondervraging onner die krys soos inne hof nie en
elkeen kon sy eie strooistorie gaan virtel terwyl biskop toetoe sit en
hyl. soos die ou op potgietersrus wat nou mokopane is wat gesê het die
koemmandoe lede het hom gedwing om sy eie strooi op te vreet. toe kry
die premier vannie noordelike provinsie wat nou limpoepoe is hom so
jammer lat hy vir hom geld gee. ma' onner onnervraging vannie krys sê
hy hy het strooi gepraat oor die strooi.
ma' my pa sê wat hy nie hard wil sê nie is lat die ytspraak vannie hof
oor oom wouter dalk nog deel is van negentienvierennegentig se
onnerskikte handeling. my pa sê hy dink oom wouter weet goed wat
handig kan wees vir oom taboe se regering soos wat dit was vir oom
peewee sin. het antie al ooit gewonner hoekom biskop toetoe vir oom
peewee eers hof toe gevat het om vorie koemiessie te kom getuig toe
die koemiessie oor was.
my pa sê ek moet vir antie vra of antie weet wanner koning dawid en
die fillistyne een dag 'n onderskikkende handeling sal hê en of antie
geld daarop sal wet.
koebaai antie
hennerietjie (dink antie koning dawid werk nog aan die lobola wat hy
vir mikal moes betaal)
Gister het die Nederburg Wynveiling weer plaasgevind.
Die drie grootste kopers was supermarkgroepe Spar, Makro & Pick & Pay.
Chardonnay was die die wyn waarin die meeste belangstelling was. Avontuur
1999 Chardonnay Reserve het R1250 per kas gehaal.
In teenstelling was daar min belangstelling vir Chenin Blanc - Old Vines
1997 Chenin Blanc het glad nie 'n bod gekry nie - en die meeste ander
Chenin Blancs het net die insetprys van R360 per kas gehaal.