Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuwe Spellings

Wo., 17 April 2002 06:24

Miskien moet die taalmense dink om sekere spellings van woorde te verander -
soos wat die Amerikaners met Engels gedoen het.
Veral waar dit logies is - en die mense dan reg spel, al is dit verkeerd:))

Soos byv
vool ipv voël - Ons praat tog nie van " vohel" soos in hoër nie.
klafier - ipv klavier - omdat daar niks van 'n vier op die klawerbord is
nie.

:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Driede

Wo., 17 April 2002 06:10

Luister nou net na die Afrikaanse Nuusbuletin op RSG.
Die arme nuusleser - Nadat hy " dit was die driede keer" gesê het, het hy
'n sekonde of wat stilgebly en verder aangegaan met die lees van die berig.

Kon seker nie glo wat hy sien nie, en besluit daar is nie genoeg tyd om te
vertel dat dit nie sy fout is nie- maar dit wat daar wel geskryf staan, dat
hy nie genoeg tyd voor die tyd gehad het om die buletin eers deur te lees
nie, en dat hy nie bereid is om op die lug vir ander mense se foute
verskoning en regstellings te maak nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Snaaksie

Wo., 17 April 2002 05:24

Kry dit op 'n ander kol:
Verder onder my Google soektog vir [oom tannie] kry ek hierdie kostelike
stukkie, nogal onder die naam "Anton's Home Page":

http://www.mothership.co.za/news.htm

2 January 2002

Olga Incremental Updates for December is available.

Off-ramps, on-ramp en sommer ramps in general.

Ok so jy ry in jou mini, volksie, citi, bmw of merc (maak nie regtig saak
nie) oppad hiway toe. Na `n hele dag van 60 agter `n ou tannie poer-poer
deur die stad dink jy "nou gaan ek so `n bietjie carbon van die plugs af
brand". Groot suprise.. daai selfde ou tannie het die oom gaan optel en
hulle is oppad Ceasar's toe met die pensioen geldtjies. Nou hiers die
probleem, hoekom maak die tannie nie so bietjie spoed by mekaar as sy die
on-ramp na die hiway toe aandurf nie?? Is dit nie die rede hoekom ons on en
off-ramps het nie?? Jy weet, sodat jy tyd het om spoed op te bou sodat jy
kan invloei by die verkeer as jy daar kom.

Is dit maar net ek wat onnosel is? Anders kon hulle mos stopstrate gebruik
het by die hiway. Dis die selfde storie as die oom en tannie terugkom. Twee
kilos van die off-ramp na Huis Herfsblaar slack hulle af na 60 kpu. Vir wat
vra ek jou nou met trane in my navy blou oe? Dis die selfde storie as ons by
`n speedtrap kom. Spoedgrens is 100 maar oom en tannie insist om af te slack
to 60, net om seker te wees nê, back die traffic op tot by Menlyn en begin
dan weer spoed opwerk na `n lekker loslit 80. O amper vergeet ek, hulle is
natuurlik in die regterbaan, jy weet, living in the fast lane. OK dit was
dit, nou is my hartjie sommer ligter. Om hierdie sosiale las alleen te dra
maak mens moeg so dis goed om nou en dan te deel. GROUP HUG!!! Volgende keer
wil ek ontslae raak van my obsessie vir valve-ease, fleishmanns, speed humps
en swak afrikaanse musiek.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sommige briewe...

Di., 16 April 2002 20:57

Party briewe kry ek nie. In antwoorde
word briewe weer saamgebring waarvan
ek nie die oorspronklikes gesien het nie.
As daar iets is waarin ek gebreke gebly het
om te antwoord, is dit die rede.

ns.
Dit kan handig ook wees. As daar miskien
'n brief was waarin die tannie weer wil opmaak
het ek dit (en sal ek dit) defnitief nie (ge)kry nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Belgiese koerante

Di., 16 April 2002 19:33

Hallo, elkeen,

Daar was iemand van hierdie nuusgroep wat my 'n rukkie gelede gevra
het as daar ook Vlaamse internetkoerante bestaan wat publiseer op die
Internet. Ek was dit inmiddels glad vergeet maar ek het dan tog 'n
opsoeking gedoen. Wel, vir daardie mense wat hulle daaromtrent
interesseer: daar is 'n klomp Belgiese koerante waarop julle kan inlog
as julle gaan na:
http://www.digikids.be/nl/media/kranten/europa/k-belg.htm
Moet wél sê dat nie elke Vlaamse koerant wat daar vermeld staan
nuusberigte in se tuisblad het. Dit kan ook slegs publisiteit wees.
Nou, julle sal die Vlaamse koerante wel kan lees maar julle sal tog
opmerk dat ons hier in Vlaanderen tog in 'n gans andere wêreld lewe.

Vir elkeen die groete uit Vlaanderen

Norbert
http://users.skynet.be/strandkruier/index.html

Boeke, tydskrifte & koerante | 7 kommentare

Skielik somer

Di., 16 April 2002 15:40

Lente het amptelik 21 Maart begin, en om dit te vier het oor die die pos vir
my vrou 'n bos tulpe bestel, en vir ons dogter 'n bos rose. Maar nou is dit
skielik somer hier by ons. Minder as 'n maand gelede nog het ek een
Sondagmiddag by die venster uitgekyk en alles was spierwit van die sneeu wat
onverwags begin val het. Nie lank gehou nie, maar darem.

Saterdag het ek die gras gesny - die derde keer na die winter. Dis so groen
en blink soos ek lanklaas gras gesien het. Seker oor die vroeë reën. Toe ek
besig was om op te ruim stap daar 'n vrou met haar hond verby. "You have a
beautiful lawn," sê sy in die verbygaan. "Thank you!" antwoord ek. Baie in
my skik, al is die mooi gras nie my skuld nie. "You're very welcome,"
antwoord sy en stap verby.

Verlede week nog was dit vriesend koud. 'n Arme man, desperaat, het die dag
gesorg vir hoë drama toe hy die hele dag bo-op 'n adevertensieteken op 'n
hoë gebou gestaan het en gedreig het om af te srping. So koud dat die
polisie wat hom probeer red het vir hom warm klere gerbing het, wat hy
woedend afgewys het. Boonop was die man doof en kon hy nie hoor hoe die
mense hom probeer moed inpraat nie. En tussendeur het verdwaalde
sneeuvlokkies heen en weer gedwarrel. Ek kon alles deur my kantoor venster
sien, wanneer ek nie besig was nie.

Die naweek was die temperatuur skielik in die 80, en ek kon gisteraand weer
heerlik gaan stap in die buurt. Dit word al later donker, deels omdat ons
nou op somertyd is. Dit was al na agt die aand, en nog goed warm. Baie mense
het die heerlike weer geniet en rondgeloop vir oefening (soos ek) of net
sommer vir die lekker. Groet mekaar en gesels sommer so, al ken 'n mens nie
mekaar nie.

Ek dink dit gaan 'n warm somer wees. Môre is dit glo 90, maar Sondagnag gaan
dit glo net 36 wees.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Soek hulp by Gloudina!

Di., 16 April 2002 09:42

Tante, met al tante se ondervinding van die wit ou omies en die
apartheidsvarke wat Suider-Afrika so in sy moer gestuur het, wat van jy pas
daai kennis toe en help ons om 'n oplossing te kry vir ons dorp se probleem?
Sien, polities is alles reg, Swapo beheer die dorpsraad en elke dooie sent
gaan omtrent daarin om die minder bevoorregtes 'op te hef'. So is daar so
twee-en-'n-half jaar gelede besluit om 'n klomp goedkoop huise te bou sodat
die arme mense 'n permanente dak oor die kop kan hê. Die regering [lw
Swapo] het besluit dat hierdie huise nie aan die mense verniet gegee kan
word nie, die mense moet maandeliks 'n bedrag betaal wat die afbetaling van
die huis, water en assuransie op die huis sal dek. Dit was 'n wonderlike
'party' en al die huise was in 'n japtrap gevul met 'n groot politieke
storie..............
............wat niemand egter in ag geneem het nie, is dat seker 40% van dié
mense totaal werkloos is en van die res is nie eers 20% in 'n vaste werk
nie! Meeste van hulle is dagloners wat op die meeste 2 - 3 dae se werk in
'n week het! Hulle verdien eenvoudig nie genoeg geld om so 'n huis te kan
bekostig en te kan eet en nog kinders tek kan skooltoe stuur ook nie.
Natuurlik is daar nou die besigheidsmense op die dorp [ek is een] wat
vir die dorpsraad sê dat hulle hierdie ding sien kom het 'n dit vir hulle
vroetydig vertel het dat daar net een manier is om 'n mens 'op te hef' en
dit is om aan hom werk te verskaf.....dan sal hy sy EIE huis koop, het op
dowe ore geval. Nou is meer as die helfte van die inwoners alreeds meer as
3 maande agterstallig en word hulle uit die huise gegooi. Die heel beste
van hierdie storie is dat die regering nou die besigheidsmense daarvan
beskuldig dat hulle nie genog mense in diens neem nie en hulle te min
betaal. DIS hoekom hul skema gevou het!
Nou tante, jy's op daardie golflengte van groot geraas maak en boggerol
sê........verduidelik jy vir my hoe moet ons gemeenskappie
maak.........anders om al die blankes Australië toe te laat immigreer?

--

The information in this E-mail is confindential and it is intended for the
addressee only. Access to this E-mail by anyone else is unauthorized. If
you're not the intended recipient, any disclosure, copying, distibution or
any action taken or omitted in reliance on this, is prohibited and may be
unlawful. Whilst all reasonable steps are taken to ensure accuracy and
integrity of information and data transmitted electronically and to preserve
the confidentiality thereof, no liability or responsibility whatsoever is
accepted if the information or data is, for whatever reason, corrupted or
does not reach its intended destination.

Koeitjies & kalfies | 75 kommentare

TJ - Kan jy help asseblief?

Di., 16 April 2002 09:31

Ek wil graag weet wat op die planke gebring gaan word hier in die Kaap
volgende jaar in Januarie ( Januarie 2003) by ArtsCape, Baxter, Theatre on
the Bay, Spier en Libertas.
Die pamflette beskikbaar geen net inligting tot einde Julie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

!Bloed is dikker as water

Di., 16 April 2002 05:46

Nigerian boy adopted, nursed by chimps
A disabled boy in Nigeria, believed to have been adopted and raised by
chimpanzees for 18 months, is now in care in a specialist children's home in
Kano. When he first came in to the home, he apparently walked like a
chimpanzee, and he still leaps around and does not speak but squeals and
claps. The matron of his new home speculates that he was probably with the
apes as an infant, possibly even suckled by a nursing chimp.
http://www.iol.co.za/index.php?art_id=qw1018844100153B252&am p;click_id=79&set_id=1

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Learning Afrikaans

Di., 16 April 2002 05:23

Is there any websites out there that has some basic Afrikaan spelling to
english translations ?

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 21 kommentare

Bladsye (1834): [ «    767  768  769  770  771  772  773  774  775  776  777  778  779  780  781  782    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 24 15:13:11 UTC 2026