Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Conradie Hospitaal

Do., 18 April 2002 09:54

Ek het nou die gelees dat die Conradie Hospitaal hier in die Kaap toegemaak
gaan word.
Weet nie wanneer nie.
Dit lyk al jare lank maar sleg daar - die gronde en geboue word nie versorg
nie -
En ek het een Oukersdag saam met my tannie in die ongevalle afdeling 4 jaar
gelede deurgebring - wat nou nie die gelukkigste dag van my lewe was nie.
Wat ek wel weet is dat die hospitaal 'n groot aantal pasiënte versorg wat
van die nek af ondertoe verlam is - baie van hulle jong manne agv
sportbeserings.
Die Conradie word as spesialiste in die veld beskou tov versorging van sulke
pasiënte.

Ek dink 'n groot invloed op die besluit van die hospitaal is omdat die
ouetehuis - Huis Zerilda Steyn - toegemaak het. Die hospitaal was net
oorkant die straat, en die oues is daar en van daar behandel.

Ek hoop die hele eenheid skuif oor na 'n bestaande hospitaal wat plek het.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek het dit hier al lank gesien!..

Do., 18 April 2002 08:08

Hallo, elkeen,

Soos ek al gesê het: ek het dit hier al lank gesien!! Julle skryf
almal julle is boos op Gloudina vir se skerpe kommentare...
Maar as Gloudina 'n ruk nie gepraat het nie dan gaan julle self
Gloudina die tent uitlok!
Moet dus nie boos wees op Gloudina want julle is almal dieselfde!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
http://users.skynet.be/strandkruier/index.html

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Kleurassosiasies.

Do., 18 April 2002 06:46

Op 'n ander ng het ons begin praat oor kleur - ek het gemeld dat ek elke
syfer in 'n ander kleur sien.
Ook dat sekere konsepte vir my 'n bepaalde kleur het.
Iemand anders weer vertel dat sy al die klinkers in verskillende kleure
sien.

Toe vertel iemand ons die volgende:
This condition is known as "synesthesia". It's believed that synesthetes
retain
certain neural connections that the rest of us eventually lose.

http://wabakimi.carleton.ca/~sscott2/sam/Synaesthesia.html

Lyk my ek gaar nie net goed op nie;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Plaaskwessie: Vir Annette......

Do., 18 April 2002 06:41

Ek sit en luister op die radio na 'n 'chat show' oor die plaaskwessie, toe
dit my herinner aan 'n onderhoud wat ek met 'n ou oom gevoer het. Hy was
'n legendariese platjie in ons land. Hy het vertel van die dominee wat vir
die eerste keer na omtrent 5 jaar nadat hy op sy nuwe plaas begin boer het,
daar aangekom het om huisbesoek te kom doen. Nou moet ek eers vir jou sê
die betrokke plaas is in die berge geleë waar bobbejane met kieries moet
loop. 'n 4x4 se bande hou skaars 10 - 15 000km dan's hulle glad.....en dis
8 laag bande!
Wel daar was net 'n boorgat op die grond. In die 5 jaar het die oom
die grond ontwikkel. Hy het vir hom 'n huis en krale gebou, boorgate
geboor en damme gebou. Alles wat enige goeie boer sal doen om
vooruitstrewend te raak. Ewenwel, hy vat toe die dominie vir 'n 'spin' op
die plaas wat so 10 000ha groot is en wys trots vir hom alles wat hy op die
grond bereik het.
Die kerkman het sê gesit en luister en sê toe: "Broer, jy moet darem
onthou dat jy nie alles alleen vermag het nie. Die Heer het 'n groot
aandeel gehad."
Die oom kyk gemaak-geskok na die dominee. "Dominee, jy moes hierdie
plaas gesien het toe die Here alleen hier geboer het."
He-he! Onnodig sekerlik om te sê die kerkman was nie te gelukkig
nie.......maar dit bring my terug na die plaaskwessie. Al die grond wat
die mense nou so graag wil opeis as hul eie, het geen ontwikkeling op gehad
voordat die kommersiële boere daar begin boer het nie. Nêrens in die
geskiedenis van Afrika sal jy kry dat die swart bevolkingsgroepe ooit geboer
het nie......behalwe om 'n bestaansekonomie te voer. Hulle het geen
infrastuktuur opgerig, geen paaie gebou nie. In ons droë land waar geen
standhoudende riviere is nie, was water beperk tot putte in sandriviere.
So, as daar nie 'n groot rivier naby was nie, was daar g'n mense nie.
Dit was eers toe die Duitsers hier aangeland het en gekom het met die
idee van 'n sandstoordam, dat water meer beskikbaar geraak het in afgele�
gebiede. Later het hulle begin boor vir water en nog meer droë areas is
oopgemaak. Na anneksasie deur SA het dit natuurlik voortgegaan en kon
mense plase koop......'n stuk grond met 'n enkele boorgat op was al wat jy
gekry het. Daar is natuurlik plekke soos die Soutblok in ons Kalahari waar
die water uit die boorgate nie te skaars is nie, maar as dit oop staan in
die son dan begin dit so jellieagtig raak en dit stink. Dit beteken dat
enige ou wat daar wil boer vir al sy damme en suipplekke dakke moet opsit!
As daai water begin sleg word en jy drink daarvan......wel jy looi 'n naald
se oog op 400m!
Nou is dit so dat omtrent een en elkeen van die boere skatryk geword het
in die soutblok want die drakrag is fantasties en die veld het geen peste
nie. Tog, nou met die grondhervorming bied van hierdie manne hulle plase
te koop aan vir die regering vir hervestiging van swart boere........maar
dink jy die regering stel belang? Nee! In die eerste plek sien hulle nie
kans vir die waterprobleem nie, en in die tweede plek kan hulle niemand kry
wat daar wil gaan bly nie!
Dit bring mos die vraag of die mense wat so skree na grond, agter die
grond aan is, of agter die infrastruktuur wat reeds daar is, aan is?

--

The information in this E-mail is confindential and it is intended for the
addressee only. Access to this E-mail by anyone else is unauthorized. If
you're not the intended recipient, any disclosure, copying, distibution or
any action taken or omitted in reliance on this, is prohibited and may be
unlawful. Whilst all reasonable steps are taken to ensure accuracy and
integrity of information and data transmitted electronically and to preserve
the confidentiality thereof, no liability or responsibility whatsoever is
accepted if the information or data is, for whatever reason, corrupted or
does not reach its intended destination.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vreesfaktor

Do., 18 April 2002 05:01

Daar is tot Saterdag tyd om in te skryf vir die nuwe Mnet realiteitsprogram
Fear Factor.
Drie mans en drie dames gaan per program deelneem, en die wenner van elke
program gaan R50 000 wen.

Ek sal nie inskryf nie. Ek sal wel die desperate deelnemers innig jammer
kry - veral die vyf verloorders in elke program.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hollandse krisis...

Do., 18 April 2002 04:56

Dit blyk dat die Hollanders 'n krisis nie so goed hanteer soos om kritiek
uit te deel nie ?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nepad

Do., 18 April 2002 04:54

Onse Prez se breinkind - en waarvan hy nie die eerste algemene vergadering
kon bywoon nie.
Daar is toe 'n wonderlike besluit geneem - Afrika moet met die wêreld
verbind word dmv die Internet.

Mens sou wou dink dat hulle liewers ten eerste sou besluit dat almal in
Afrika toegang tot elektrisiteit sou kry, en almal in Afrika geregtig is op
'n infrastruktuur wat vervoer na en van alle dele vergemaklik, en
gesondheidsdienste en opvoedingsdienste aan almal sou verseker.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dramatiese ommeswaai

Do., 18 April 2002 04:44

Vanoggend oor die nuus dat die regering 'n skielike dramatiese ommeswaai
beleef het na aanleiding van hulle vigsbeleid.
Dit is wat die nuus sê - en al wat eintlik aangekondig is, is dat middels
soos Nevirapine van nou af wel in staatshospitale aan HIV positiewe
verwagtende moeders verskaf word.
Het al hul steeks "redes" tot nog toe nou skielik POEF net verdwyn?
Het hulle besluit kom ons vergiftig ons volk maar nou maar?
Het ons wyse Prez skielik dom geword en begin dink soos 'n gewone mens?
Sal al die ANC politici wat die Prez so blindelings steun en te vertelle het
dat ons nie die Prez se vigsbeleid nie verstaan nie ( maar nooit vir ons
vertel wat presies ons nie verstaan nie) nou skielik verstaan wat ons nie
verstaan het nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Swak CD's

Wo., 17 April 2002 08:57

In hierdie week se Keur word daar 'n nuwe CD deur 'n onbekende mooi jong man
bespreek - mooi prentjie de lot van die CD - opskrif van die CD in dikker
swarter letters
Nog nooit van die sanger gehoor nie.
Wel, wel - geen mens kon seker 'n swakker resensie vir sy poging gekry het
nie - een van die resensent se sinne was: Kortom - hy sing vals.

Nou kom die vragie op - hoe kan 'n vals sanger so ver tot by 'n bespreking
in 'n gewilde musiekrubriek kom, om dan so absoluut brutaal afgekraak te
word?

Iemand moes tog vir die kind vertel het hy sing mooi en behoort 'n CD te
maak?
Iemand in die platebedryf moes tog gedink het die tyd en onkoste is die
moeite werd om die CD te maak en vry te stel?
Iemand het genoeg van die CD gedink om dit vir die resensent te stuur?

Ek het nie twyfel dat die resensent nie weet wat is vals nie - en in die
opsig het hy ook reg gedoen om die publiek te waarsku .
Die vragie is nou net of die sanger die resensent ook fisies gaan bykom vir
publisiteit;)))

Annette

Musiek & liriek | 8 kommentare

Afrikaans-kursus

Wo., 17 April 2002 06:54

As 'n entoesiastiese spreker van "die Taal" het dit my woes verheug toe my
epos-vriendin in Kanada vandag vir my skryf dat sy Afrikaans wil leer. Sy
kom volgende jaar hiernatoe vir 'n kuier (miskien is haar ander vriend van
Kaapstad ook op hierdie nuusgroep...).

Al kursusse wat sy kon sien wat ondersteunende cd's of bandjies het, kos
sowat 400 Kanadese dollar. Is hier nie so-iets hier plaaslik wat bietjie
goedkoper is nie? Is daar nie, soos die Franse kursus wat ek gesien het,
sulke lesse êrens op die web nie?

Miskien kan Gloudina persoonlik vir haar Afrikaans gaan toedien daar in
Vancouver.

Al wat my dan nog verder pla is wat daai ou in Kaapstad het wat ek nie het
nie. Ek korrespondeer al vyf jaar met die girl.

Koot

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    766  767  768  769  770  771  772  773  774  775  776  777  778  779  780  781    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 24 13:35:10 UTC 2026