Ook maar goed ons weet nie van Pakistanse boksers nie - want dit maak dat SA
nog 'n onderskeiding het - volgens die Amerikaners het ons land se boksers
name wat die ergste tongknopers is.
Die bokser tans wat hul tongknoper koning is, is SA strooigewig kampioen
Mlungiseleli Xokoloshe.
Ek het hom nog sien boks nie - wonder of sy boksbynaam Tokkolossie is;)))
Annette
Die Universiteit van Cork het 'n ere-doktorsgraad in die Regte aan Roy
Keane, sokkerspeler van ManU en Ierland, toegeken.
Hulle het seker gereken hy het uitsonderlike kennis van die Reg, omdat hy 10
jaar gelede gearresteer was, in 1999 'n nag in die tronk deurgebring het, en
daarvan beskuldig is dat hy 'n buurman met 'n kierie gedreig het.
Annette
Was toe vandag daag by Bien Donne - het vir die mense vertel ek is daar om
die slegste kaas te proe:))
Die feta, Brie en Camembert-kase was te lekker vir woorde. Veral die Brie en
Camembert met 'n lagie gedroogde vye, neute, songedroogde tamaties, pepadew
of olywe tussenin was hemels.
Teen 12-uur was daar so 'n klomp mense, dat dit begin moeilik raak het om by
die stalletjies uit te kom en te proe - so jammer Hilda - die Boerenkaas
Hollandse Kaas) stalletjie was te besig. Volgende keer begin ek by die
ander punt:))
Die wyne was te proe was, was almal 2000 of 2001 oesjaar - Ek het net
Pinotage geproe, en dit was almal lipafleklekker.
Nuwe Kase met uitheemse name was daar baie - sal 'n lysie van dit later
gee - die nuwe produk waarvan ek die meeste gehou het was kaasbolletjies -
regte soetmelkkaas in bolletjies so groot soos groterige moesies - dit kom
in sulke chips pakkies, word gevries, en die gevriesde bolletjies kaas word
dan oor slaaie gestrooi.
Ek het ook 'n probleem gehad om weg te kom van die heuning en
beetchutneystalletjies:))
Al die kaasetery en ander smullery, tesame met die wyn maak mens natuurlik
vreeslik dors, dus is ons daarna na 'n restaurant daar naby vir 'n koeldrank
en gebraaide Hlomini:))
Annette
Edgar Cree ( 87) - dirigent - is oorlede.
Ek onthou nog, jare gelede in die 60's, was hy in Johannesburg 'n dirigent
van 'n massajeugkoor - en ons het van Bloemfontein per trein na Johannesburg
gereis vir die geleentheid.
Hy was daardie tyd die eerste ouerige man met langerige hare wat ek ooit
gesien het, en ek het gedink hy lyk wonderlk stylvol.
Annette
Gister, met die Imbizo op Vreheidsdag - was Onse Prez in Frankfort
Vrystaat) , waar hy toe besluit het om die Madala Koshuis op die ingewing
van die oomblik te besoek.
Een koshuisbewoner het Mbeki gevra om asseblief sy kamer te verlaat toe hy
onaangekondig die persoon se vertrek betree het.
Die mense wou by Onse Prez ernstig kla oor toestande, maar hy het net
vrolik gewuif, gesmaail en hier en daar 'n hand geskud, om weer verder mense
en plekke te besoek.
Hy was besig jong!
Hy het darem gesê hy het al die klagtes neergeskryf ( daar is nie 'n pen of
'n stukkie papier naby hom op die kiekie in die koetant nie), en hy sal
Vrystaatse Premier Winkie Direko elke week skakel om te hoor of daar aan die
klagtes aandag gegee word:))))
Volgende week ( seker Donderdag) :
Onse Prez: More Winkie, hoes dinge nou daar in die Vrystaat.?
Winkie: Comrade , ons gee aandag aan alles soos nog altyd.
Gister ( Saterdag 27/4) was Vryheidsdag. En Onse Prez het sonder sy borsrok
sy Vrystaatse Imbizo gehou, en vir ons almal die allerfraaiste ou bierpensie
vertoon:))
Ik ben een handig stuk gereedschap, meestal zo rond de 20 centimeter
lang, waarvan de werking door beide sexen wordt gewaardeerd. Normaal
gesproken hang ik er wat bij, klaar voor onmiddellijke actie. Je
herkent me aan een groepje haartjes aan de ene kant, en een klein
gaatje aan de andere kant.
Voor het gebruik wordt ik, meestal vrijwillig, soms langzaam en soms
snel, in een warme, vlezige en vochtige opening gestopt, waar in ik
vele keren op en neer ga, meestal snel en begeleid door schokkerige
lichaamsbewegingen.
Iedereen die ernaar luistert zal zeker het ritmische, pulserende
geluid herkennen dat gepaard gaat met de goed getimede bewegingen.
Wanneer ik uiteindelijk wordt teruggetrokken, laat ik een sappige,
plakkerige witte substantie achter, warvan een deel verwijderd moet
worden van de buitenkant van de opening, en een deel van mijn lange,
glinsterende schaft.
Na de actie, keer ik weer terug naar mijn normale, bungelende
ruststand, klaar voor nieuwe actie, hopenlijk 2 tot 3 maal per dag,
maar meestal veel minder.
Er bestaat ook een electrische versie van mij , deze maakt een zoemend
geluid !
Wie ben ik?
Zoals je waarschijnlijk al had geraden, ben ik je enige, eigen...
Is dit eties aanvaarbaar wanneer 'n sportverslaggewer 'n Springbokspan
saamstel (op papier) en dan reeds daarin voorsiening maak vir die
kwotaspelers? Of, moet hy eers 'n meriete span saamstel, en dan sy
regstelspelers aandui.
Ek vra die vraag nav 'n artikel van Andy Capostagno in die nuutste uitgawe
van die M&G. In sy span maak hy voorsiening vir Etienne Fynn (!?) - maar los
vir Ollie le Roux.uit.
Ek is 'n Haai / Shark en lees baie graag Capostagno se artikels vanweë sy,
tot op hede, objektiwiteit en goeie insig. (Een van Fynn se flaters gister
het direkt aanleiding gegee tot 'n drie teen ons - en natuurlik die
wedstryd.)