Een van die manne hier se werk was om gate in die tietiebottels se tuite te
steek.
Agter hom was 'n vervoerband met kondome op wat verpak moes word.
Die voorman is hoogs ontsteld toe hy sien hoe ons man elke nou en dan
omdraai en 'n paar gate in die kondome steek soos dit verbybeweeg.
Die voorman roskam hom vreeslik, en beveel hom om hom net by die botteltiete
te bepaal, waarop ons man hom antwoord:
Nei, ma' hoe dinkie maneer dan nou? Wa' moet ons dan allie customers vi'
hierie moese lot botteltiete vedaan kry?
Op sê wie nou 'n gesprek dat hulle die naam wil verander, sodat Engels die
voertaal daar kan word.
Ek weet nie hoekom nie - PU vir CHO is elke geval amper klaar heeltemal
Engels - Potch. Univ. vir Cokes, Hotdogs en Ontug;))
Annette
Ek het die nommer van die Hulplyn geskakel, ( soos in die koerant se
advertensie gegee) om seker te maak dit bestaan wel.
Dit word eers in Engels en dan in 'n ander taal beantwoord - ek is nie seker
watter etniese taal nie.
Die nommer is: 0800-012-322.
Mense is bang vir my.
Sommige is so bang dat hulle nie eers my posstukke aan hulle wil oopmaak
nie.
Die meeste mense is absolute senuweewrakke as hulle vir my moet kom kuier.
Daar word ook algemeen aanvaar dat ek almal om my wil indoen, en hulle wil
besteel.
Soos ek geleer is, weet my linkerhand nie wat my regterhand doen nie.
Annette
Na die ommeswaai verlede week ivm vigs, is dit nou weer tot oordadens toe na
die ander kant. - soos gewoonlik.
Nou is daar glo 'n vigs Taakmag aangestel - en ons word in 'n volkleur
volblad advertensie daaroor ingelig:
Die Taakmag bestaan uit:
T. Mbeki - Staatspresident
J . Zuma - Adjunkpresident
D. Omar - minister van Transport.
M. Tshabalala-Msimang - minister van Gesondheid
K Asmal - minister van Onderwys.
S Mufamadi -minister van iets
E Pahad - minister van die presidensie
G Fraser-Moleketi - minister van Administrasie
Z Skweyiya - minister van Sosiale Ontwikkeling
M Mdladlala - minister van Arbeid
B Skosana - minister van Korrektiewe Dienste
T Didiza - minister van Landbou
B Ngubane -minister van Kuns &Kultuur.
Boonop word 'n tabel gegee met die begroting vir HIV/AIDS tot 2005 - en die
opskrifte van die tabel is verkeerd!!
Wat IS dit met die mense dat daar tot met sulke duur en onnodige
advertensies sulke foute deurglip? Daar is geen advertensiemaatskappy se
naam gedruk nie, so dit is die uitsluitlike werk van ons welbetaalde
presidensiele kantoor.
Ek dink die minister van Gesondheid kon die ou takie lag-lag alleen hanteer
het.
Ek sien ook toevallig dat die Presidensiële Raadgewende Raad ivm vigs wat
hom en die ANC so lekker stewig op die dwaalspoor gehou het, in Maart
verlede jaar laas vergader het.
Wonder wat was in die koffie dat die paljas sooooo lank gewerk het.
Annette
Na verlede week se bosberaad om uit te vind wat met ons krieket verkeerd is,
is die huidige keurkommitee afgedank.
Pat Symcox is een van die nuwe keurders.
Kepler Wessels en Fanie de Villiers het dit nie gemaak nie.
Dit lyk ook of ons miskien ook 'n nuwe afrigter en kaptein gaan kry, maar
geen name is genoem nie.
Ook maar goed ons weet nie van Pakistanse boksers nie - want dit maak dat SA
nog 'n onderskeiding het - volgens die Amerikaners het ons land se boksers
name wat die ergste tongknopers is.
Die bokser tans wat hul tongknoper koning is, is SA strooigewig kampioen
Mlungiseleli Xokoloshe.
Ek het hom nog sien boks nie - wonder of sy boksbynaam Tokkolossie is;)))
Annette
Die Universiteit van Cork het 'n ere-doktorsgraad in die Regte aan Roy
Keane, sokkerspeler van ManU en Ierland, toegeken.
Hulle het seker gereken hy het uitsonderlike kennis van die Reg, omdat hy 10
jaar gelede gearresteer was, in 1999 'n nag in die tronk deurgebring het, en
daarvan beskuldig is dat hy 'n buurman met 'n kierie gedreig het.
Annette
Was toe vandag daag by Bien Donne - het vir die mense vertel ek is daar om
die slegste kaas te proe:))
Die feta, Brie en Camembert-kase was te lekker vir woorde. Veral die Brie en
Camembert met 'n lagie gedroogde vye, neute, songedroogde tamaties, pepadew
of olywe tussenin was hemels.
Teen 12-uur was daar so 'n klomp mense, dat dit begin moeilik raak het om by
die stalletjies uit te kom en te proe - so jammer Hilda - die Boerenkaas
Hollandse Kaas) stalletjie was te besig. Volgende keer begin ek by die
ander punt:))
Die wyne was te proe was, was almal 2000 of 2001 oesjaar - Ek het net
Pinotage geproe, en dit was almal lipafleklekker.
Nuwe Kase met uitheemse name was daar baie - sal 'n lysie van dit later
gee - die nuwe produk waarvan ek die meeste gehou het was kaasbolletjies -
regte soetmelkkaas in bolletjies so groot soos groterige moesies - dit kom
in sulke chips pakkies, word gevries, en die gevriesde bolletjies kaas word
dan oor slaaie gestrooi.
Ek het ook 'n probleem gehad om weg te kom van die heuning en
beetchutneystalletjies:))
Al die kaasetery en ander smullery, tesame met die wyn maak mens natuurlik
vreeslik dors, dus is ons daarna na 'n restaurant daar naby vir 'n koeldrank
en gebraaide Hlomini:))
Annette