Ek hoor nou dat Lucas Radebe ( kaptein van Bafana Bafana) vir die derde keer
in 2 seisoene harsingskudding in 'n wedstryd opgedoen het. Miskien moet hy
begin speel met 'n skrumpet om verdere soortgelyke beserings te voorkom.
Annette
Daar in Italië beskuldig Thabo nou die wêreldleiers daarvan dat hulle nie
'n flenter omgee vir mense wat hongerly nie?
Miskien pas hulle ook nou "stille diplomasie" toe.
Gelukkig word Robert M. toegelaat om die beraad by te woon.
Dit kom voor asof die regte leiers die beraad bywoon - daardie leiers (Thabo
en sy broer in die "stryd" Robert) wat werklik 'n bydrae kan lewer om die
hongersnood op langtermyn grondslag aan te spreek.
Hierdie jaar, net na die skole begin het, is die hele skoolkalender in
Gauteng verander om voorsiening te maak vir die beraad in Sandton in
September.
Toe moes ons hoor van strate wat gesluit gaan word in daardie tyd, en van
die stormwaterstelsel wat verander en hernu word daar om al die
afgevaardigdes se handwassery te hanteer.
Ons het al dubbelblad volkleur advertensies in ons koerante gekry wat ons
inlig waaroor die beraad gaan.
Gister hoor ons van 'n ontwerpstudent wie se ontwerp vir die uniform wat die
vrywilligers en sekuriteitsmense gaan dra goedgekeur is - die goed is so
goed al klaar gemaak.
Drywers is aangewys.
Nou, vandag, in Argus:
Ek skryf dit maar in Engels net omdat julle miskien sal dink ek verdraai
goed in die vertaling:
Environment Minister Valli Moosa said there was still hope of salvaging the
World Summit on Sustainable Development after prepatory talks failed to come
up with a draft action plan.
" Of course I am disappointed that an agreement has not been reached. The
formal talks are over but there is much that can be done informally."
Ek sou nou dink dit was iets wat in die eerste plek ooreen moes gekom gewees
het voordat daar besluit is op waar om so 'n beraad te hou?
Annette
( Coetzer)
Is vandag 70 jaar oud.
Almal is nou vreeslik bly dat sy nou uiteindelik oud genoeg is, sodat sy nie
meer openbare uitvoerings hoef te hou nie;)))
Annette
Op Supersport een Saterdagoggend, voor die wêreldbeker, is aan drie hoog
geagte sokkerkenners gevra wie hierdie jaar die beker sou wen.
Twee het gesê Argentinië, en een het Frankryk benoem.
Die kenners was toe verkeerd - nog voordat die 2de rondte gespeel word:))))
Annette - wat versigtig wonder waar Bafana Bafana na vandag sal staan.
Og, by ons slaperige buurdorpie aan ons kus, is vandag 'n staking. 'n
Vorrmalige politieke aanstelling as Stadsklerk het genadiglik gewaai [sy was
'n onderwyseres wat skaars Engels kon lees!] en het die Munisipaliteit
geadverteer vir 'n nuwe persoon. Na vele oorweging is die beste kandidaat
uitgesoek en aangestel......met goedkeuring van die regering. Probleem is
net, hy's wit! Nou's daar oorlog want van die plaaslike mense reken daar
moes nie iemand van buite af aangestel gewees het nie......maak nie saak of
daar 'n bekwame persoon op die dorp is, of nie!
En dis nie net onder die swart mense nie! Van die afgetrede witmense
stap saam! Maak nie saak hoeveel keer oor word gesê dat 'n Stadsklerk 'n
spesiale pos is vir 'n man met BAIE ondervinding nie......"daar is by ons
mense wat voorheen skoolhoof was, hoekom kan hy nie 'n stadsklerk wees nie?"
En terwyl hulle besig is, staak hulle sommer ook oor die water waarvoor
in die minder gegoede woonbuurt maandeliks betaal moet word.......'n hele
R25 per maand. Die hele 2 slaapkamer huis kos hulle R200 per maand! Hoe
lyk dit daar in die buiteland met 'n 2 slaapkamer huis, met badkamer,
kombuis en sitkamer........als so 60 vk. m groot en op 'n erf van 300 vk. m
groot? Dit alles vir R12 500 of 'n maandelikse bedrag van R200 per maand
plus R25 vir dienste! As ek my somme reg het, is dit minder as $30 per
maand?
..........en hulle kla?
Met vanoggend se weervoorspelling word sneeu in Kamieskroon voorspel.
Ek het ook een oggend daar, toe ek by die hotel se venster uitkyk na Kamie
se Kroon, gedog ek sien sneeu.
Toe was dit al die tyd 'n trop boerbokke:)))
Annette - wat al vir 'n week vakansie gehou het by Swartberg.
Iemand hier wat kontakte in die parlement het oor die wat verwag word wie
aan "longontsteking" gaan sterf in die nabye toekoms?
Ek wil 'n geldjie wed, en vra dat die opsomming van die weddenskappe
deurgestuur word na Onse Prez sodat hy nie nog 'n keer onverhoeds gevang
gaan word deur 'n skielike longontstekingdood nie
Jammer vir die nuwe aanhef, maar daar was twee poste in reaksie op die
kulturele sielkunde stukkie (katryn?), en my rekenaar het my afgebons voor ek
kon reageer of die plasings deurlees. Ek weet dus nie wat die strekking van
die poste was nie, en kan nie reageer nie. Laat maar net weet alvorens julle
dink ek ignoreer die vrae.