Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuwe Misdaad

Do., 13 Junie 2002 04:54

Vanoggend oor die nuus:
In Gauteng: 'n Fietsryer is in die rug geskiet en van sy R30 000 resiesfiets
beroof. Fietsryer in 'n bedenklike toestand.
Wonder of so 'n duur fiets ook na 'n chopshop sal gaan.

Daar word glo ook al hoe meer van jeugdiges gebruik gemaak ( 'n aanvegbare
stelling, maar nietemin) in misdaad, omdat die jeugdiges glo nie vervolg mag
word nie.

Daar is tans 'n hofsaak aan die gang hier wat nogal ironies is as dit nie so
tragies is nie.
Die hofsaak gaan oor 'n moordsaak - die beskuldigde het 'n polisieman
geskiet toe daar gepoog is om hom in hegtenis te neem. Die polisieman was
nie gewapen nie.
Dit in die lig van 'n wet wat nie solank gelede deurgejaag is wat
polisiemanne verbied om 'n wapen te gebruik as hulle 'n verdagte in hegtenis
wil neem, tensy die verdagte die polisieman se lewe in gevaar stel deur 'n
wapen op hom te rig/vuur.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Skrumpette

Do., 13 Junie 2002 04:45

Ek wonder of daar 'n ontwerper iewers is wat 'n skrumpet kan uitdink wat 'n
klomp gaatjies in die flappe het wat oor die ore kom. Ek kry die arme ore
soooo jammer wat so gevou-gevou by die klein gaatjie aan die kante uitloer.
Vraag - hoekom haal skoppers hul skrumpet af as hulle na die pale toe moet
korrel?
Annette

Sport & ontspanning | 13 kommentare

Sokker met 'n Skrumpet?

Do., 13 Junie 2002 04:40

Ek hoor nou dat Lucas Radebe ( kaptein van Bafana Bafana) vir die derde keer
in 2 seisoene harsingskudding in 'n wedstryd opgedoen het. Miskien moet hy
begin speel met 'n skrumpet om verdere soortgelyke beserings te voorkom.
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Hongersnood in Suidelike Afrika

Do., 13 Junie 2002 04:27

Daar in Italië beskuldig Thabo nou die wêreldleiers daarvan dat hulle nie
'n flenter omgee vir mense wat hongerly nie?
Miskien pas hulle ook nou "stille diplomasie" toe.
Gelukkig word Robert M. toegelaat om die beraad by te woon.
Dit kom voor asof die regte leiers die beraad bywoon - daardie leiers (Thabo
en sy broer in die "stryd" Robert) wat werklik 'n bydrae kan lewer om die
hongersnood op langtermyn grondslag aan te spreek.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gat-oor-kop spul

Wo., 12 Junie 2002 13:45

Hierdie jaar, net na die skole begin het, is die hele skoolkalender in
Gauteng verander om voorsiening te maak vir die beraad in Sandton in
September.
Toe moes ons hoor van strate wat gesluit gaan word in daardie tyd, en van
die stormwaterstelsel wat verander en hernu word daar om al die
afgevaardigdes se handwassery te hanteer.
Ons het al dubbelblad volkleur advertensies in ons koerante gekry wat ons
inlig waaroor die beraad gaan.
Gister hoor ons van 'n ontwerpstudent wie se ontwerp vir die uniform wat die
vrywilligers en sekuriteitsmense gaan dra goedgekeur is - die goed is so
goed al klaar gemaak.
Drywers is aangewys.
Nou, vandag, in Argus:
Ek skryf dit maar in Engels net omdat julle miskien sal dink ek verdraai
goed in die vertaling:
Environment Minister Valli Moosa said there was still hope of salvaging the
World Summit on Sustainable Development after prepatory talks failed to come
up with a draft action plan.
" Of course I am disappointed that an agreement has not been reached. The
formal talks are over but there is much that can be done informally."

Ek sou nou dink dit was iets wat in die eerste plek ooreen moes gekom gewees
het voordat daar besluit is op waar om so 'n beraad te hou?
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bafana Bafana ...

Wo., 12 Junie 2002 13:22

... gaan deur na die 16 beste spanne !
Hulle moet nou teen Duitsland speel.
Geluk !
Hilda.

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Onse Mimi

Wo., 12 Junie 2002 10:23

( Coetzer)
Is vandag 70 jaar oud.
Almal is nou vreeslik bly dat sy nou uiteindelik oud genoeg is, sodat sy nie
meer openbare uitvoerings hoef te hou nie;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Sokkertreurmares

Wo., 12 Junie 2002 09:11

Op Supersport een Saterdagoggend, voor die wêreldbeker, is aan drie hoog
geagte sokkerkenners gevra wie hierdie jaar die beker sou wen.
Twee het gesê Argentinië, en een het Frankryk benoem.
Die kenners was toe verkeerd - nog voordat die 2de rondte gespeel word:))))
Annette - wat versigtig wonder waar Bafana Bafana na vandag sal staan.

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Staking

Wo., 12 Junie 2002 07:54

Og, by ons slaperige buurdorpie aan ons kus, is vandag 'n staking. 'n
Vorrmalige politieke aanstelling as Stadsklerk het genadiglik gewaai [sy was
'n onderwyseres wat skaars Engels kon lees!] en het die Munisipaliteit
geadverteer vir 'n nuwe persoon. Na vele oorweging is die beste kandidaat
uitgesoek en aangestel......met goedkeuring van die regering. Probleem is
net, hy's wit! Nou's daar oorlog want van die plaaslike mense reken daar
moes nie iemand van buite af aangestel gewees het nie......maak nie saak of
daar 'n bekwame persoon op die dorp is, of nie!
En dis nie net onder die swart mense nie! Van die afgetrede witmense
stap saam! Maak nie saak hoeveel keer oor word gesê dat 'n Stadsklerk 'n
spesiale pos is vir 'n man met BAIE ondervinding nie......"daar is by ons
mense wat voorheen skoolhoof was, hoekom kan hy nie 'n stadsklerk wees nie?"
En terwyl hulle besig is, staak hulle sommer ook oor die water waarvoor
in die minder gegoede woonbuurt maandeliks betaal moet word.......'n hele
R25 per maand. Die hele 2 slaapkamer huis kos hulle R200 per maand! Hoe
lyk dit daar in die buiteland met 'n 2 slaapkamer huis, met badkamer,
kombuis en sitkamer........als so 60 vk. m groot en op 'n erf van 300 vk. m
groot? Dit alles vir R12 500 of 'n maandelikse bedrag van R200 per maand
plus R25 vir dienste! As ek my somme reg het, is dit minder as $30 per
maand?
..........en hulle kla?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Sneeu in Kamieskroon

Wo., 12 Junie 2002 05:14

Met vanoggend se weervoorspelling word sneeu in Kamieskroon voorspel.
Ek het ook een oggend daar, toe ek by die hotel se venster uitkyk na Kamie
se Kroon, gedog ek sien sneeu.
Toe was dit al die tyd 'n trop boerbokke:)))
Annette - wat al vir 'n week vakansie gehou het by Swartberg.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    733  734  735  736  737  738  739  740  741  742  743  744  745  746  747  748    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 21:10:33 UTC 2026