Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sokker

Vr., 14 Junie 2002 05:46

Ons manne kom vandag terug - 'n groot skare word by Jhb Int verwag. Volgens
gister se Argus wou Sono glo nie aan ons spelers op die veld deurgee dat
hulle moet aanval en nog 'n doel moet probeer aanteken nie - hulle het toe
ewe gerus die bal heen en weer geskop die laaste 10 minute sonder enige
poging om aan te val - klink nogal bekend.
Miskien wou hulle alamal terugkom - het te lus geraak om regte kos te
eet.:)
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Mediaspraak?

Vr., 14 Junie 2002 05:06

Ek hoor gereeld op RSG die mense praat gereeld van " uit die aard van die
saak" dan wonder ek na watter saak hulle verwys.
Ek praat sommer van "as gevolg van" - dit is gouer.

Mens hoor ook byna nooit van " op die keper beskou" wat vir my so mooi is
nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Arsenaal

Vr., 14 Junie 2002 04:29

Wie van die mense hier kyk dit?
Wat is julle algemene indrukke van die drama?
Annette

TV, flieks & vermaak | 7 kommentare

Wat ons lees

Vr., 14 Junie 2002 03:43

Herman vra:
1. Ek sal graag wil weet hoeveel van julle gereeld Afrikaanse
letterkunde koop en lees.
2. Koop julle gereeld 'n Afrikaanse boek?
3. Of neem julle dit uit?
4. Of lees julle glad nie meer Afrikaans nie?
5. Indien julle wel lees: watter soort boeke hou julle van? Gedigte,
kortverhale,
romans?
6. En deur watter skrywers en oor watter onderwerpe?
Herman

KinkY: Ek antwoord graag in volgorde van jou vrae:
1. Ek doen.
2. In my huishouding word daar minstens een Afrikaanse boek per maand
gekoop.
3. Ek koop die meeste van my Afrikaanse boeke.
4. Nee, ek lees baiae Afrikaans.
5. Fiksie, Nie-fiksie. Ek hou baie baie van gedigte. Nie so baie
van kortverhale nie. Sal wel n roman ook lees. En hou vreeslik baie
van outobiografië.
6. So wyd as moontlik. Maar ek lees ook graag in Engels - nie so
gereed nie maar probeer om minstens een Engelse tydskrif per maand te
koop en van hoek tot kant deur te lees.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Uit: Met Woorde Soos Met Kerse - Antjie Krog

Vr., 14 Junie 2002 03:34

moratuwa - geliefde
K.E. NTSANE (1920 - 1983)

sy sit daar oorkant, nie so ver nie
onlangs nog het ek haar teer aan die ore gevat en gesoen
ek staan wydsbeen in die pad
wydsbeen soos n roofvoël wat iets gevang het
ek hamer aanhoudend op my bors
my hart rys uit hoewel dit nie deeg is nie

Berg Qeme, moenie uitrys en sag word nie
ek sien die gloeiende rooi-kalfie-kleurige meisie, suster van Sesomo
sy, die suster van Jobo, sit in die oopte
sy speel tromme hoewel sy nie n sangoma is nie
waarom weerklink tromme by die plek van Tilane?
liefdestromme vibreer in die bosse van my geliefde

die meisies van Leribe is bang
die meisies van Leribe - wat maak hulle bang?
die leeuwyfie het n boodskap van Bongalla gestuur
sy slaan die lyn na die Matshekgas by die Sepolos
wat sê: "verwag my, ek kom, Mokwena
sê vir die buffelkoei sy moet padgee
- belangrike dinge is geskryf op die lei van die wittes

"****************
K.E. Ntsane word beskou as die Langenhoven van Suid-Sotho - hy het sy
mense onderrig en laat lees. Nadat hy n BA by Unisa verwerf het, kry
hy n beurs na London waarop n kleurryke onderwysloopbaan volg. Later
word hy sekretaris van Leabua Jonathan, wat in n stadium onder die
beskerming van die apartheidsregering geregeer het, en nog later word
Ntsane redakteur van Lesotho se Hansard. Hy publiseer altesaam agt
boeke. In die boonste liefdesgedig verbind hy die siel wat van iemand
n mans maak, die "skaduweesiel"(in die gedig in die gestalte van die
voorvader Tilane, die towane-grashoed en Moshoeshoe se pa Mokhachae),
met die liggaamsiel (hart en longe)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse Boeke

Do., 13 Junie 2002 20:04

Hi,

Ek soek na 'n netwerf waar afrikaanse boeke bespreek word.

Help

Boeke, tydskrifte & koerante | 1 kommentaar

Zackie Achmat op tv

Do., 13 Junie 2002 19:42

Aids-Activist
Deense documentaire...
op tv. Ned 3
Vergezicht 23:15-0.05uur

grt emmy

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Regering e-pos

Do., 13 Junie 2002 16:04

Annette, het jy nie op 'n stadium die mense se e-pos adresse gesoek nie?:

* The honourable president of SA, mailto:pres...@po.gov.za
* The speaker of the National Assembly, mailto:an...@anc.org.za
* The chairperson of the NCOP, mailto:npa...@parliament.gov.za and
* Deputy chair mailto:mlmus...@parliament.gov.za

Stuur vir hulle 'n e-pos . :-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Vir die Manne

Do., 13 Junie 2002 13:07

Die jagseisoen op Patricia Lewis is weer oop.
Haar sielsgenoot van die afgelope 10 jaar het 'n ander siel loop soek;)
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bob

Do., 13 Junie 2002 07:38

Janis Joplin
Gloudina, om jou aan te haal, "I beg to differ". Weet
nie wie hierdie persoon is nie, maar Bobby Magee (McGee)
kan n man ook wees.

Wouter
Ja, en "me" kan dalk Bob se sweatheart wees?
Of dalk pop the magic dragon?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    732  733  734  735  736  737  738  739  740  741  742  743  744  745  746  747    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 19:36:44 UTC 2026