Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

OosKaapse Hospitaalkrisis

Wo., 19 Junie 2002 10:32

Die hoog-geagte dokter/administrateur wat toe na die media toe gehardloop
het omdat hy geen reaksie van die politici kry ivm die verslegtende
toestande in die hospitale nie, is toe mos afgedank.
Nou het nog 'n paar dokters ook maar van die media gebruik gemaak om te
vertel hoe dit daar gaan- laat ons nou maar sien hoeveel broodnodige medici
nog afgedank gaan word.
Elk geval - die segsman wat nie die korrespondensie of telefoonoproepe
beantwoord nie, het darem toe dmv die media verklaar dat die probleem van
die haglike toestande wat tans ondervind word kom vanaf die vorige
apartheidsregering.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuwe Kroeks

Wo., 19 Junie 2002 09:06

Groot nuus vanoggend - By die Grootvleigevangenis? in Bloemfontein is
Vier!! gevangenis met videokameras bewapen - of is dit nou bemagtig? - om
die onheilige goed wat die bewaarders in die tronk aanvang af te neem.
Stoute bewaarders!

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Koi vs San op Smitsdrif

Wo., 19 Junie 2002 08:46

Maandagaand op die nuus 'n paar onderhoude met twee groepe wat op Smitsdrif
"kamp". Die nuusleser noem hulle die Koi en die San????

Blykbaar is 'n vrou van die een groep oor die naweek verkrag en vermoor en
die vergelding is natuurlik dat 'n vrou van die ander groep vermoor is deur
haar dood te skop. Nie juis uitsonderlike nuus nie. Afrika issie vir
sissies nie. Hier is ons rof en te hel met die wet.

'n Paar van die opmerkings(in Afrikaans nogal uit altwee groepe):
"Hulle moet wegbly hier, ons gaan hulle koppe met 'n klip platslaan!"
"Hou hulle weg hier, ons gaan hulle uitmoor!"
en die beste een.
"Ons moet apart bly!!!"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Haai kyk wat kry ek! (in engels)

Wo., 19 Junie 2002 03:32

The cheat sheet for posting on Usenet

Never forget that the person on the other side is human.
Don't assume that a person is speaking for their organization.
Be careful what you say about others.
Be brief.
Write well.
Use descriptive subject lines.
Think about your audience.
Be careful with humor and sarcasm.
Only post a message once.
Use mail instead of posting a follow-up.
Summarize what you are following up.
Cite appropriate references.
Mark answers or spoilers.
Limit line length and avoid control characters.
Please do not use Usenet as an advertising medium.
Avoid posting to multiple newsgroups.

En nou weet ons dat ons almal hierdie reëls van netetiket oortree.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

skrywery

Di., 18 Junie 2002 20:32

Hi almal

Ek is 'n 'aspirant skrywer'. Weet enigiemand van 'n goeie afrikaanse website
waar ek goeie raad kan kry oor hoe om prosa (veral kortverhale) te skryf ?

Thanx
Jacques

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Grappie oor bestuurders in engels

Di., 18 Junie 2002 11:36

so as engels jou gat krap maak sommer nou die post toe.

A man in a hot air balloon realized he was lost. He reduced altitude
and spotted a woman below. He descended a bit more and shouted,
"Excuse me,can you help me? I promised a friend I would meet him an
hour ago, but I don't know where I am." The woman below replied,
"You are in a hot air balloon hovering approximately 30 feet above the
ground. You are between 40 and 41 degrees north latitude and between
59 and 60 degrees west longitude."

"You must be an Systems Architect," said the balloonist. "I am,"
replied the woman, How did you know?" "Well," answered the balloonist,
"everything you told me is, technically Correct, but I have no idea
what to make of your Information, and the fact is I am still lost.
Frankly, you've not been much help so far."

The woman below responded, "You must be in Management." "I am,"
replied the balloonist, "but how did you know?" "Well," said the
woman, "you don't know where you are or where you are going. You have
risen to where you are due to a large quantity of hot air. You made a
promise which you have no idea how to keep, and you expect people
beneath you to solve your problems. The fact is you are in exactly
the same position you were in before we met, but now, somehow, it's
my fault"

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 2 kommentare

Grondhervorming

Di., 18 Junie 2002 11:20

Enigiemand in Suider-Afrika wat net half wakker is, sal wéét van
grondhervorming. Die hele idee is om grond te gee aan die massas
'landless' mense van Afrika. Ook hier by ons in Namibië is planne sterk
aan die gang. Wat ek nou wil weet van die mense in ander lande, is die
volgende: Is daar enige land in die wêreld, buite Afrika, waar 'n burger
van 'n land kan aanspraak maak op sy eie, gratis stuk grond?
Afrika-politici skree vir 'land for the landless', maar wat van ander
bevolkingsgroepe wat sekerlik ook 'n aanspraak mag hê? Wat van 'n tweede-
of derdegeslag blanke wie se ouers nooit grond besit het nie? Is hy ook
'landless' en geregtig op sy grondjie?

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Nuus 18/6

Di., 18 Junie 2002 08:25

1) Onse Prez verjaar vandag - hy is 60.
As ek net geweet het of hy hier in die Kaap vandag is, sou ek vir hom 'n
baksel soetkoekies geneem het.

2) Kotov het gister die Comrades gewen - hy bly nou in Table View - so ons
is trots op ons Nuwe Kapenaar.
Maria Bak het die dameskompetisie gewen - sy was ook in geheel 35ste.
Beide Kotov & Bak is 44.

3) Ngema het met Oom Nelson Mandela aan sy sy verskoning gemaak vir die
rasistiese woorde van sy nuwe liedjie, waarin hy haatspraak teen Indiërs
uitspreek.

4) Daar gaan vandag mosies ingedien word deur verskeie politieke partye
omdat daar by Mokaba se begrafnis aanhoudend die dreunsang: Kill the Boer,
Kill the Farmer gehoor is, en omdat Onse Prez nie enige reaksie daarop
getoon het nie.

5) 'n Prokureur van Durbanville, 'n ervare bergklimmer, is Saterdag dood op
Tafelberg - hy het glo agter geloop van 'n groep klimmers wat die
vensterroete onder die kabelkar aangepak het, en het gegely en geval. Dit is
'n gevaarlike roete wat ek self nog nooit wou doen nie.

6) 'n Hond het in die Sederberg in 'n skeur geval - na alle moontlike
pogings om die hond te red, is daar moed opgegee.

7) Die weervoorspeller is alweer verkeerd - die son skyn buite en dit is
warmer as die 16 grade wat voorspel is.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Hallo...

Ma., 17 Junie 2002 19:15

> On Sat, 15 Jun 2002 01:24:57 +0200, "Jan" wrote:

> Is daar nog enigeiemand hier wat nog redeneer skuilname is OK?

> Johan Bornman

> en Kinky reageer sò:
> En die stryery oor skuilname is regtig vervelig.

Hallo Johan. Ek loer vanaand weer hier in
en vind (behalwe vir dieselfde debatte wat
gewoonlik erg holrug gery word totdat iemand
die inisiatief aan die dag lê om die onderwerp te
verander) dat jy besig is met 'n redenasie wat my ook
na aan die hart lê. Ek voel soos jy oor die feit dat die
meeste van die deelnmers hier skuilname sowel as vals adresse
gebruik. Waarom hulle dit doen weet nuger. Trap hulle uit vriend!
Ek sal binnekort weer inloer en hoop dat jy hulle intussen tot ander
insigte sal kan oorreed.

Davie Davis

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Lekkersmul

Ma., 17 Junie 2002 09:56

Met my jagery heen en weer na Hermanus Saterdag, het ek darem tyd gemaak om
te stop by Houwhoek se padstal.
Dis nou een plek wat ek nie sommer maklik verbyry nie.
Daar koop ek toe 'n potjie suurvyekonfyt.
Een hele pot vol lekkerte.!!
Ek is iemand van besondere wilskrag - die potjie is nou eers half:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    729  730  731  732  733  734  735  736  737  738  739  740  741  742  743  744    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 22:27:45 UTC 2025