> Ek sal later as ek meer tyd het skryf oor ons
> geloofstandpunte, dit sal nogal radical wees vir party mense op die
> ng. chrisjo...@yahoo.com (Chrisjolette) wrote:
> Ek sal later as ek meer tyd het skryf oor ons
> geloofstandpunte, dit sal nogal radical wees vir party mense op die
> ng. Veral vir die wat glo dat daar iets soos `n "god" is.
Katryn
Weet jy Dave - dit is nou eenmaal een ding wat ek nog nooit kon
verstaan nie. Waarom moet ek as 'n "spotter" uitgekryt word as ek
verkies om as 'n agnostikus deur die lewe te gaan?
Waarom voel jy, en andere wat soos jy redeneer dat ek minder mens is
net omdat ek nie meer wil glo soos julle nie? Mag ek nie ook die
nodige respek vra wat ek probeer om aan julle te bied nie?
NOOIT *OOIT* het ek al bewustelik ander mense gespot oor hulle geloof
nie. Ek het alreeds erken dat ek onsensitief opgetree het, en het
omverskoning gevra. Ek wonder of jy dieselfde respek aan my sal kan
betoon, en omverskoning vra omdat jy my onmiddellik in 'n "kring van
spotters" geplaas het? Ek sal nie my asem ophou nie....:-(
My ervaring is dat ateïste en agnostici baie meer verdraagsaam
is as Christene. Gelukkig is dit 'n veralgemening.
Wouter
DD, het jy dalk 'n geldelike (geld) belang daarby dat mense in god glo
,
Sien jy nie watter negatiewe woorde jy gebruik vir ateïste nie ?
"snert"
"afbrekend" "swart verf".
My ervaring is dat maatskappye waar godsdiens nie meer belangrik is
nie,
baie menseliker geword het en baie meer 'voeling' het met die swakkes
in die
maatskappy.
Die probleem met godsdienste is dat hulle altyd ander mense se lewe
wil reel
en vanalles wil voorskryf en dit is gewoonlik net om mag uit te oefen
oor
andere.
Ek het g'n probleem daarmee dat jy en ander mense in 'n god glo nie en
dat
jy 'n godsdiens het, maar ek verwag wel dat jy ook aanvaar dat ek
anders is.
Ek het goeie vriende wat baie gelowig is, ek het g'n probleem daarmee
nie en
hulle met my ateïsme ook nie.
Hilda.
> Katryn
> Weet jy Dave - dit is nou eenmaal een ding wat ek nog nooit kon
> verstaan nie. Waarom moet ek as 'n "spotter" uitgekryt word as ek
> verkies om as 'n agnostikus deur die lewe te gaan?
> Ek wonder of jy dieselfde respek aan my sal kan
> betoon, en omverskoning vra omdat jy my onmiddellik in 'n "kring van
> spotters" geplaas het? Ek sal nie my asem ophou nie....:-(
> My ervaring is dat ateïste en agnostici baie meer verdraagsaam
> is as Christene. Gelukkig is dit 'n veralgemening.
> Wouter
> Sien jy nie watter negatiewe woorde jy gebruik vir ateïste nie ? "snert"
> "afbrekend" "swart verf".
> Hilda.
Na aanleiding van alles wat hierbo gesê word (en dit geld ook
vir Annette se reaksie) moet ek spesifiek iets uitwys. Ek is nie
onverdraagsaam nie en sou heelwaarskynlik glad nie hierop
gereageer het indien dit wat Chrisjolette gesê het op 'n ander
manier gesê is nie. Moet ook nie vir my 'n ontleding vra waarom
nie maar feit is dat my heftige reaksie was as gevolg van die
woorde 'Veral vir die wat glo dat daar iets soos `n "god" is.'
Spottend.
Indien die woorde anders gekies was sou ek dit seker laat verby
gaan het maar die gekose woorde is op 'n verskriklike lasterlike
manier gesê. Op 'n manier wat iemand wat glo as neerhalend
sien. So, wat ek gesê het, was inderwaarheid 'n reaksie op
'n stemtoon.
Daniëlle, eintlik is jy en ek maats buite die nuusgroep ook
so ek het werklik nie probeer om jou te verneder nie en
indien dit so klink vra ek opreg verskoning. Ek weier egter
om verskoning te vra vir die woord 'spotters' en wéér wil ek
sê dat ek dit nie neerhalend bedoel nie maar, die Skrif
noem ongelowiges 'spotters', en indien ek verskoning
sou vra vir die gebruik daarvan, watter betekenis sou dit
dan hê gesien in die lig daarvan dat die Bybel dit wel doen?
Dan repudieer ek dit mos (wat ek tog nooit sal doen nie).
Die woord 'agnostikus' en die woord 'ateïs' het tog 'n baie
dun grensdraad, indien daar ooit een ìs.
'n Agnostikus neem nie die bestaan van God aan of verwerp
dit nie terwyl 'n ateïs die bestaan van God ontken. Is dit nie soos
die verkil tussen jam en konfyt nie? En dit is tog die mense wat
in die Skrif 'spotters' genoem word.
Ek ag jou Daniëlle, want jy verdien agting. Die aanval was gerig
op woorde wat ek as spot beskou het - die genoemde sin van
Chrisjolette.
Ons huis in Pretoria was so 'n blok of wat van 'n mooi klein
winkelsentrumpie - wat deesdae in 'n groot lelike winkelsentrum verander
het. Johanna het elke Saterdag met haar bondel grasbesems daar gaan staan,
en ons het gereeld by haar gekoop. (Oor die jare het inflasie die prys
opgedruk van R1 tot meer as R10). Sy het vertel haar pa maak dit, en dan
verkoop sy dit vir 'n inkomste. DIt was goeie, stewige besems met reguit,
glad geskraapte stokke wat lekker skoon gevee het. Toe die kompetisie ook
daar begin inbeweeg, het Johanna moeite gedoen om haar gereelde klandisie se
name te onthou en hulle spesiaal versoek om tog by haar te bly koop.
Toe ons Pennsylvania toe trek, het ek nogal daaraan gedink om 'n krat besems
in te pak en saam te bring, maar om baie redes was dit nie prakties nie.
Hier koop 'n mens ook grasbesems, maar dis fabrieksgemaak en ek kon nie
daarmee regkom om die grassnysels op te vee na ek gras gesny het nie. Toe,
verlede jaar, koop ek eindelik ook een van die "windlawaaie" wat hier oral
gebruik word. Dis 'n masjien (myne is elektries, maar jy kry ook wat met
petrol werk) met 'n sterk waaier en 'n lang tuit wat jy gebruik om die blare
in die herfs, of die gras in die somer, mee weg te blaas. As jy die waaier
se deksel afhaal kan jy 'n sak aansit waarin jy die gemors kan opsuig, soos
'n stosuier. Die waaier maak natuurlik 'n vreeslike lawaai, en dis hoekom ek
dit 'n windlawaai noem. Eers wou ek nie ding koop nie, want jy blaas eintlik
net die gemors hiervandaan af daarnatoe. Maar nou kom ek nie meer daarsonder
klaar nie.
Op pad werk toe luister ek vanoggend op National Public Radio na 'n
onderhoud met 'n Italianer wat 'n jaar lank in Amerika gebly het en toe 'n
boek geskryf het oor sy ervarings - dit het 'n blitsverkoper geword in
Italië. Hy vertel toe dat een van die dinge wat hom so beïndruk van hierdie
land is die Amerikaners se voorliefde vir "gadgets" waarmee hulle die
omgewing kan beheer. Hy het eintlik na lugreëling verwys, wat in so baie
huise algemeen is. Maar ek kon heerlik met hom saamstem oor my gadget van 'n
windlawaai.
Trenton is die hoofstad van New Jersey. New Jersey beleef die ergste
finansiële krisis in die geskiedenis van die staat. Die begrotingstekort
beloop so omtrent $6 biljoen (is dit miljard in Afrikaans?) en die
goewerneur sien nie 'n oplossing nie. Daar is weekliks betogings oorkant my
kantoor, op die sypaadjie oorkant die State House met sy koepel wat so twee
jaar gelede met 'n dun lagie suiwer goud oorgetrek is. Vandag s'n was teen
groot maatskappye wat hulle hoofkantoor na Delaware verskuif om die hoë
belasting in New Jersey te ontduik. Dan open die maatskappy 'n kantoor in
New Jersey, en "verkoop" 'n "franchise" aan die New Jerseykantoor om daar
voort te gaan. So bly al die bedrywighede van die maatskappy soos voorheen
in New Jersey, maar nominaal is die hoofkantoor in Delaware, waar daar baie
lae belastingkoerse is. Die slagspreuk by die betoging was "Ain't no power
but the power of the people and the power of the people don't stop! Say
what!" en dan word die hele ding ritmies herhaal terwyl die groepie betogers
met plakkate al in 'n sirkel stap.
Ek het oor middagete gaan stap en bietjie buite gaan staan om die spul te
aanskou. Toe verlang ek nogal na die toi-toi betogings wat ek in Pretoria so
dikwels gesien het. Trenton se betoginkie was maar mak, maar ai! wat sou
Pretoria se betogers nie alles kon gedoen het met dreunsang en dans nie.
Lees eergister 'n analise oor Van Wyk Louw en die uitval met Verwoerd oor die
Pluimsaad waai ver. Wat ek toe interressant (hoe spel mens die woord) vind, is
die lou, versigtige, en trapsuutjie response van Die Burger teenoor die manier
waarop Beeld heel heldhaftig, kaalvuis, en onbeskroomd in die debat ingeduik
het. EK wonder toe - siende dat ek in die Kaap grootgeword het, en toegang
gehad het tot die burger, is die manier van reageer heel in pas met my ervaring
van die koerant as NP-Spreekbuis (Lees die Burger en lieg saam). Maar Beeld
ken ek nie, en ek wonder wat Beeld se rol, wat Beeld se storie (narrative), se
verhouding was tot die Apartheidsjare en die NP meer spesifiek. Wie het Beeld
gelees? Wie was sy gehoor? En hoe is Beeld en Burger tans (post-Apartheid)
eenders/anders?
Die ander dag lees ek een van Koos Kombuis se gedigte (in Brink se nuwe
Verseboek), en ek wonder toe. Die voelvry-beweging (indien mens dit 'n
beweging kan noem) word weliswaar nou onthou as 'n progressiewe beweging, beide
ten opsigte van musikale vernuwing, en die politiese bervaagtekening en
worsteling in die lirieke. Dit smaak my dat Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel,
en Bernoldus Niemand voorgehou word as muskante wat OOK gepraat het oor (en
met) 'n andersoortige (jong?) Afrikaner te midde van politieke verandering. Ek
wonder of dit wel die geval was onder nuusgroeplesers hier. Is daar enigiemand
wat na Kombuis en Kerkorrel (veral) geluister het? Watter impak (indien enige)
het die musiek en lirieke op julle gehad? Is dit anders nou - is Kombuis en
Kerkorrel meer hoofstroom nou? Wie luister nou na hulle musiek? Wie het
destyds (middel en laat tagtigs) na hulle musiek geluister? Was dit regtig 'n
Voelvry-beweging? Hoe het dit gevoel? Is daar tans nuwe "alternatiewe stemme"
(ek dink aan Riku Lattu en BRixton Moord en Roof), en hoe verskil hulle stemme
van die Voelvry manne? Het "Afrikaners" na David Kramer geluister? Waarom
word Kramer nie juis gereken as deel van die "alternatiewe" Voelvry-beweging
nie? Het KRamer se Joodse agtergrond sy ontvangs beinvloed? Ag, daar is nog
so baie vrae, maar hopelik stimuleer hierdie 'n bietjie bespreking.
Nadat die program vertoon is, en dit aan die lig gekom het dat die tronkhoof
wat die videos laat maak het gestraf gaan word, maar nie die 26 bewaarders
wat hulle aan laakbare gedrag skuldig gemaak het nie, het die volgende
gebeur:
1) Die minister het self ingegryp en die skorsing van die bewaarders gelas.
2) Die 4 gevangenis wat gehelp het om die video te maak is na ander tronke
verplaas
3) Dit het nou vanoggend uitgekom dat die tronkhoof ( in sy verklaring het
onder eed) met skorsing gedreig is - nie omdat hy "onregmatig" die video
laat maak het om die vergrype van die bewaarders bloot te stel nie, maar
omdat hy nie die band - wat op TV vertoon is - vernietig het in opdrag van
sy hoofde nie.
Nou kan mens maar seker net hoop dat die minister die hoofde wat hierdie
skande wou wegsteek en toesmeer ook sal skors.
Vandag hier oor die Nuus - in die VSA gaan oorgewig mense meer vir hul
vliegtuigkaartjie betaal.
Wonder nou net waar gaan hulle die streep trek, en of lengte, tipe
beenstruktuur en ouderdom ook 'n rol sal speel in die bepaling van die
maksimum gratis gewig.
Ek kan nog verstaan as iemand so gewigtig is dat hy/sy nie op een sitplek
inpas nie - mens betaal mos per sitplek.
Die Russe het nou 'n nuwe ras hond geteel - bestaande uit 25% jakkals en 75% Husky.
Hierdie hond het glo 'n besondere reuksin, is klein, en kan glo oral inkruip
om onwettige goed uit te ruik.
Hulle kan tot prostaatkanker uitruik deur aan urine te ruik.
Nou weet ons hoekom honde altyd so onbeskof aan ons ruik: - suiwer
navorsing)))
Annette