Trenton is die hoofstad van New Jersey. New Jersey beleef die ergste
finansiële krisis in die geskiedenis van die staat. Die begrotingstekort
beloop so omtrent $6 biljoen (is dit miljard in Afrikaans?) en die
goewerneur sien nie 'n oplossing nie. Daar is weekliks betogings oorkant my
kantoor, op die sypaadjie oorkant die State House met sy koepel wat so twee
jaar gelede met 'n dun lagie suiwer goud oorgetrek is. Vandag s'n was teen
groot maatskappye wat hulle hoofkantoor na Delaware verskuif om die hoë
belasting in New Jersey te ontduik. Dan open die maatskappy 'n kantoor in
New Jersey, en "verkoop" 'n "franchise" aan die New Jerseykantoor om daar
voort te gaan. So bly al die bedrywighede van die maatskappy soos voorheen
in New Jersey, maar nominaal is die hoofkantoor in Delaware, waar daar baie
lae belastingkoerse is. Die slagspreuk by die betoging was "Ain't no power
but the power of the people and the power of the people don't stop! Say
what!" en dan word die hele ding ritmies herhaal terwyl die groepie betogers
met plakkate al in 'n sirkel stap.
Ek het oor middagete gaan stap en bietjie buite gaan staan om die spul te
aanskou. Toe verlang ek nogal na die toi-toi betogings wat ek in Pretoria so
dikwels gesien het. Trenton se betoginkie was maar mak, maar ai! wat sou
Pretoria se betogers nie alles kon gedoen het met dreunsang en dans nie.
Lees eergister 'n analise oor Van Wyk Louw en die uitval met Verwoerd oor die
Pluimsaad waai ver. Wat ek toe interressant (hoe spel mens die woord) vind, is
die lou, versigtige, en trapsuutjie response van Die Burger teenoor die manier
waarop Beeld heel heldhaftig, kaalvuis, en onbeskroomd in die debat ingeduik
het. EK wonder toe - siende dat ek in die Kaap grootgeword het, en toegang
gehad het tot die burger, is die manier van reageer heel in pas met my ervaring
van die koerant as NP-Spreekbuis (Lees die Burger en lieg saam). Maar Beeld
ken ek nie, en ek wonder wat Beeld se rol, wat Beeld se storie (narrative), se
verhouding was tot die Apartheidsjare en die NP meer spesifiek. Wie het Beeld
gelees? Wie was sy gehoor? En hoe is Beeld en Burger tans (post-Apartheid)
eenders/anders?
Die ander dag lees ek een van Koos Kombuis se gedigte (in Brink se nuwe
Verseboek), en ek wonder toe. Die voelvry-beweging (indien mens dit 'n
beweging kan noem) word weliswaar nou onthou as 'n progressiewe beweging, beide
ten opsigte van musikale vernuwing, en die politiese bervaagtekening en
worsteling in die lirieke. Dit smaak my dat Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel,
en Bernoldus Niemand voorgehou word as muskante wat OOK gepraat het oor (en
met) 'n andersoortige (jong?) Afrikaner te midde van politieke verandering. Ek
wonder of dit wel die geval was onder nuusgroeplesers hier. Is daar enigiemand
wat na Kombuis en Kerkorrel (veral) geluister het? Watter impak (indien enige)
het die musiek en lirieke op julle gehad? Is dit anders nou - is Kombuis en
Kerkorrel meer hoofstroom nou? Wie luister nou na hulle musiek? Wie het
destyds (middel en laat tagtigs) na hulle musiek geluister? Was dit regtig 'n
Voelvry-beweging? Hoe het dit gevoel? Is daar tans nuwe "alternatiewe stemme"
(ek dink aan Riku Lattu en BRixton Moord en Roof), en hoe verskil hulle stemme
van die Voelvry manne? Het "Afrikaners" na David Kramer geluister? Waarom
word Kramer nie juis gereken as deel van die "alternatiewe" Voelvry-beweging
nie? Het KRamer se Joodse agtergrond sy ontvangs beinvloed? Ag, daar is nog
so baie vrae, maar hopelik stimuleer hierdie 'n bietjie bespreking.
Nadat die program vertoon is, en dit aan die lig gekom het dat die tronkhoof
wat die videos laat maak het gestraf gaan word, maar nie die 26 bewaarders
wat hulle aan laakbare gedrag skuldig gemaak het nie, het die volgende
gebeur:
1) Die minister het self ingegryp en die skorsing van die bewaarders gelas.
2) Die 4 gevangenis wat gehelp het om die video te maak is na ander tronke
verplaas
3) Dit het nou vanoggend uitgekom dat die tronkhoof ( in sy verklaring het
onder eed) met skorsing gedreig is - nie omdat hy "onregmatig" die video
laat maak het om die vergrype van die bewaarders bloot te stel nie, maar
omdat hy nie die band - wat op TV vertoon is - vernietig het in opdrag van
sy hoofde nie.
Nou kan mens maar seker net hoop dat die minister die hoofde wat hierdie
skande wou wegsteek en toesmeer ook sal skors.
Vandag hier oor die Nuus - in die VSA gaan oorgewig mense meer vir hul
vliegtuigkaartjie betaal.
Wonder nou net waar gaan hulle die streep trek, en of lengte, tipe
beenstruktuur en ouderdom ook 'n rol sal speel in die bepaling van die
maksimum gratis gewig.
Ek kan nog verstaan as iemand so gewigtig is dat hy/sy nie op een sitplek
inpas nie - mens betaal mos per sitplek.
Die Russe het nou 'n nuwe ras hond geteel - bestaande uit 25% jakkals en 75% Husky.
Hierdie hond het glo 'n besondere reuksin, is klein, en kan glo oral inkruip
om onwettige goed uit te ruik.
Hulle kan tot prostaatkanker uitruik deur aan urine te ruik.
Nou weet ons hoekom honde altyd so onbeskof aan ons ruik: - suiwer
navorsing)))
Annette
Die persoon wat skaars twee weke gelede onder eed sekere beweringe voor
regter Desai gemaak het, is glo vandag, na kruisondervraging, gedwing om sy
verklaring terug te trek, en hy kon ook nie vandag en gister dinge tot in
dieselfde fyn detail onthou soos 'n paar weke gelede nie.
Ons sal maar moet wag en hoor wat hy met al daardie geld, wat nie syne was
in die eerste plek nie, gemaak het.
Ander name word nou ook genoem wat glo geld sou ontvang het.
Ze Plot Thickens.
Die mense daar in Gauteng maak nie mooi nie.
Ek hoor nou net dat 5 Zimbabwiërs aangekeer is tydens 'n rooftog.
Die polisie het gereageer op 'n wenk.
Ons mense dink seker hulle het nie die reg om hier te kom roof nie - SA se
goed vir SA se rowers.:)
Annette