Dit is dat daar 'n verband bestaan tussen die vlak van verdraagsaamheid in
'n gemeenskap en die inhoud van die geklassifiseerde advertensies (veral dié
onder volwasse vermaak) van die koerante wat binne 'n spesifieke gemeenskap
gelees word.
In die Oos-Kaapse uitgawe van Die Burger soek jy jou lus skoon weg na 'n
stukkie Afrikaanse plesier - dié bestaan nie. Die enigste mate van
dekadensie word jou veroorloof as jy die groot Engelse dagblad daar lees. So
nou en dan vinger jy 'n verdwaalde "Wilde Willemien, op soek na 'n mielie om
te kielie," raak.
Die Wes-Kaapse Die Burger sien daar totaal anders uit, terwyl Beeld
natuurlik tol-los die koek vat! Dáár is die Afrikaanses heel rondborstig
onbeskaamd baldadig plesierig. Onlangs staan daar in dié einste koerant die
volgende triltergers, strategies geplaas in die "vroetelseksie" van die
snuffelgids.
Ry my.
Rev my.
Liefkoos
My.
Sy het kurwes
In al die regte plekke.
Pragtige raamwerk
Lieflike voorkoms.
Amerikaanse skoonheid
Laat hart vinniger klop.
Vuurwarm van voor
Oulik van agter.
Sien my
Voel my
Liefkoos my.
Lees jy egter die fynskrif, kom jy agter dit is 'n vernuftige advertensie
wat die deugde van 'n nuwe voertuig besing!
Dit verg nogal 'n bietjie flink-dinkwerk om hier die beste been voor te sit.
Ook boet jy objektiwiteit in as jy jouself moet bemark (seker maar soos 'n
digter wat sy eie werk uitgee), maar aan bekkigheid skiet die klomp geen
tekort nie.
Sonder om doekies om te draai beken sy:
Ek laaik .. kwaai.
Of sommer net stuitig, tong in die lies:
Madelein,
Vars van die see, kom proe my.
Ook een of twee het 'n voorliefde vir die poësie (hoe dan anders); geen
grootse poësie, met diepgang nie, maar (dr Etienne Bloemhof, hier's latente
talent!):
Boude is nat,
boude is glad,
boude is gemaak om aan te vat.
Moeg vir jou vrou,
sy wil nie nou,
kom na my,
hier sal jy kry.
'n Ouma nooi stuitig:
Lus jy 'n plooi om te looi?
Nog verder, knaterkordaat, op die man af:
Hit and run. R100.
Of met 'n boesem vol vertroue:
"Damn." Ek is goed.
Om te wys die Nuwe Suid-Afrika word ten volle "embrace":
Baie pret en kameelstyl. Witbank.
Alle rasse.
Plein wydsbeen-wulps:
Stoute meisie soek haar vleisie.
'n Bietjie "small comfort" terwyl die rand daagliks griekse styl deur die
spekulante die loef afgesteek word:
Betaal 1 keer, doen dit 2 keer.
Vroue behoort voortaan heel bekommerd te wees as hul mans die 4x4 opsaal of
die geweer laai, want daar is ook:
Oulike reisende poppies vir jag(s)naweke.
Ek wonder hoe dié een werk:
Langbome in Rustenburg
benodig nog dames. Besigste
tydperk Nov tot Des. R1 000+ per dag.
'n Lelike anglisistiese:
Volhuis. 21 jaar.
Vir dié wat 'n kuiertjie soek met 'n kulturele kleur of geur:
Ons doen dit met lyf, hande en mond -
die ou Boeremanier.
Lekker pramantig:
Pamela Anderson se "boob twin"
Tog lyk dit asof die Afrikaanses oor die algemeen nie so kooi-katools is
soos hul Engelse eweknieë nie. In die Star is daar (met apologie aan Philip
de Vos) veel meer "woester aspoesters".
Ewe woordspuls nooi ene:
Come see my cunning stunt.
'n Oudonderwyseres (prooi van rasionalisasie?) stoot haarself so op die
voorgrond:
Fab 49, ex school teacher, by
appointment only.
Al wat hulle nog hier moet adverteer is 'n Elna, of 'n Singer, of 'n Empisal
of 'n Bernina .
Ek het nog 'n teorie.
Dit is dat enige vrou, in 'n situasie desperaat genoeg, met 'n monetêre
vergoeding ruim genoeg, dieselfde sal doen as dié dames.
Die donker kruip tot teen die ruite en dit begin saggies druppel op die dak.
Ek gooi die koerante in die snippermandjie - vanaf die cd-speler spoel die
klanke ryk, diep en sielvol die koue kamer vol:
Want die stad se hart het ys geword
En niks wat hy gee, kan ons meer fassineer.
Mense wat so moerse hoepla maak van die kamptige vêrregse planne om die
regering omv�r te werp kan maar rustig slaap. Hoekom? Want Afrikaners kan
nie anders as om mekaar te verraai nie. Dis inherent tot die spesie. FW het
dit gedoen vir 'n paar miljoen Dollar en hy ly nou letterlik 'n "royal"
lewe. Dis net eenvoudig te lonend vir Afrikaners om mekaar in DIE wêreld te
verraai. Daar is baie geld wat rondgaan om die wat die Afrikaner ondermyn te
beloon.
Afrikaner weerstand (sjoe dit klink regs) is 'n mite. Want hulle verraai
mekaar soos Bosloeries leeus verraai in die bosveld.
Moet nie komkommer nie Thabo, hulle sal mekaar weggee soos in die ou dae.
Dis aaklig om aan die gat kant van die aarde te leef. Die wêreld daar bo
gaan vooruit en die monsters hier onder van die politikuste tot die Telkom
boelies boor die Suid Afrikaanse verbruiker ten duurste met verouderde
tegnologie teen tot 6 keer die prys wat oorsee daarvoor gevra word.
Lyk my immigreer word maar al opsie hoe langsamer ons die pad in Suid Afrika
loop. Mens wil tog mos maar nie agteruit boer nie, of hoe?
Ek was in 1996/7 in Engeland op 'n "working holiday" (iets wat in daai
dae net begin populêr word het), en sou direk daarna 'n webwerf
daarvan gemaak het. Ek het nie. Ek het nóú eers begin. Loer gerus. http://www.oocities.org/workinghol/.
Ik zoek een grammofoonplaat van Toon Hermans die ooit, jaren geleden,
illegaal in Zuid-Afrika is verschenen. Heeft iemand die plaat? Of weet
iemand waar ik die kan kopen? Kan ik de plaat van iemand overnemen?
Ik ben benieuwd.
Hartelijke groet,
Moet die VSA eers 'n tweede 11 September ervaar voordat daar teen Sadam
opgetree word?
As hy niks verbloem nie, waarom laat hy die die VN-inspekteurs toe om dit te
bevestig nie?
Wat is Bush se ware rede om Irak aan te val - as hy dan kwansuis oor geen
"bewyse" beski nie?
Ek vra maar net aangesien die dreigende oorlog die petrolprys verder kan
bedonder.
Kan iemand my dalk inlig oor die dwelmbeleid in Holland? Is dit waar dat
alle dwelms wettig is en gratis beskikbaar is by klinieke? Of was dit net
'n idee? As dit so is, werk dit? Ek kan myself indink dat as dwelms
gewettig is onder beheer, gaan jy die hele dwelmhandel vernietig. 'n
Verslaafde gaan dwelms gebruik....of hy dit moet koop of nie. Is dit nie
die regte ding om dwelmgebruik onder totale beheer te kry nie?
Cape Town - A leading South African drug expert has called for the partial
decriminalisation of dagga, and further debate on the way forward.
Dr Charles Parry, director of the Medical Research Council's alcohol and
drug abuse research group, makes the call in the latest issue of the South
African Medical Journal.
"In the short term, consideration should be given to instituting civil
rather than criminal penalties for cannabis (dagga) possession, but
commercial cultivation or trade in cannabis should not be sanctioned," said
Parry.
"Debate is required on the way forward from here."
Civil penalties, he said, could be minor fines or community service.
Parry's article follows a similar call in September last year by the editor
of the journal, Dr Dan Ncayiyana, for the decriminalisation of dagga use and
a legal framework for a controlled domestic trade in the drug.
Parry, who also serves on the executive of South Africa's Central Drug
Authority, said international experience showed that decriminalisation, as
opposed to total legalisation, would not lead to increased use of dagga.
However, other issues that needed to be considered included potential harm
posed by dagga use; the effect a policy shift would have on public health,
the criminal justice system, the use of other drugs, dagga cultivation and
international relations; and public opinion.
Negative effects
He said the negative effects of dagga use - respiratory disease, dependence,
adverse effects on adolescent development, subtle cognitive impairment and
the worsening of psychosis - were likely to affect certain people only, and
typically resulted from heavy or sustained use.
Liberalisation of dagga policy would mean substantial savings in law
enforcement costs. In February this year alone, 4 613 people were jailed on
charges related to possessing and using dagga, and 1 407 for dealing or
growing.
"It is also possible that a policy shift would increase respect for the law
since current laws on cannabis are widely broken with relative impunity," he
said.
Countries that had changed their dagga policy had generally not experienced
a resultant rise in hard drug use, although the close relationship between
dagga use and Mandrax in South Africa was a complicating factor.
Full legalisation would put South Africa in contravention of certain United
Nations conventions to which it was signatory, and was unlikely to be
welcomed by some of its trading partners.
Depending on the policy choice, decisions might also have to be made about
whether dagga should be subject to excise duties, whether advertising should
be allowed, and whether purchase should be age-restricted.
"It is important that any legislative change does not signal a decrease in
concern about the possible health problems associated with cannabis use,"
said Parry.
In a News24 poll published in July 58% of the 2455 respondents said dagga
should be decriminalised in South Africa, while 41% disagreed.
Anders as wat die ouers gehoop het, is die sentrum by Noupoort vrygespreek,
en word hulle nie verantwoordelik gehou vir die dood van Logan wat gewurg,
met 'n ketting om die nek, in die sel gevind is nie.
Die landdros het bepaal dat almal weet, net soos met 'n militêre kamp, dat
mense gestraf sal word wat oortree, en die sentrum kan nie help dat hy die
ketting om sy nek gesit het nie.
Login se pa beweer dat die ketting so kort was, dat dit onmoontlik sou wees
om die ketting self om die kop te kon sit.
Logan was glo iemand wat gereeld uitgebreek het, en hom nie wou onderwerp
aan die streng reels van die sentrum nie.