My naam is Pompdonkie
diepsinnig en taf
ek weet alles beter
van julle klomp af
Ek sit op die sideline
en pontifikeer
en spot en verkneukel
al kry julle seer
My edel voorvaders
was suiwer en eg
geen sweem van verdrukking-
geen enkele sleg
Daarom skryf ek trots hier
my naam en my van
was jul maar soos ekke:
'n trots, dapper man.
"Ampie Afferkaner" skryf in boodskap news:3d9c1571$0$18845@hades.is.co.za...
>
> I is an Afrikaner
> I is clever and smart,
> I lives in my house
> and the maid in the yard.
> I is not at all lazy, though I sits on my arse
> The maid wash the dishes, the boy cut the grass
>
> I is an Afrikaner
> I speaks Afrikaans
> My brain's a bit small
> but at least I can dance
> I do sakkie-sakkie, I hate the toi-toi,
> My favourite pastime is to bliksem my boy.
>
> I is an Afrikaner
> I is loyal and proud
> I would vote for the Nazi's
> should I say it out loud?
> I killed terrie-donners out there on the Border
> and my excuse is: hey man, 'twas an order!
>
Gisteraand toe agtergekom om makliker te kan steel - vaar 'n kerk binne waar
daar diens gehou word.
Sommer 'n klomp mense bymekaar wat dan van geroof kan word.
Die vrou wat haar teengesit het is geslaan met 'n geweer, en die predikant
wat haar wou help is gekiet. Hy leef nog.
Annette
Huisgenoot het glo 'n aantal bekendes gevra of hulle nie dink die doodstraf
moet heringestel word vir verkragters van kinders nie.
Snaakse antwoorde:
Soli Philander: Op 'n intellektuele vlak is ek gekant teen die doodstraf,
maar op emosionele vlak is ek 100% ten gunste daarvoor, veral in die lig van
babaverkragtings.
Nataniël ( ek hou die meeste van sy natwoord): Ek dink nie die doodstraf vir
een kinderverkragter sal die volgende een keer nie - hulle is in elk geval
te vrot in die kop om aan gevolge te dink.
Patricia de Lille: Sy voel dat daar 'n referendum oor die saak gehou moet
word. Daar is geen verskoning vir kinderverkragting nie, maar ek voel dat
die hele regstelsel in oënskou geneem word.
Koos Kombuis: Op emosionele vlak is ek ten gunste daarvan, maar op
intellektuele vlak dink ek nie dit is die regte opsie nie.
Alix Carmichele: Daar moet 'n afsonderlike wet vir verkragters wees.
Sjeg Achmat Sedick: Ons glo vas dat die doodstraf 'n afskrkmiddel vir
misdaad is.
Laasnag glo weer 'n orkaantjie. Ek het iets soos hael teen die ruite gehoor.
Nou het die area wat 3 jaar gelede getref is weer deurgeloop, hierdie keer
sonder lewensverlies.
Annette
In weerwil van 'n Grondwet wat praat van "nie-rassige en
nie-seksistese waardes", het Suid-Afrika ná 1994 een van die mees
rasbewuste samelewings op aarde geword. Ons beskik oor 'n arsenaal
wetgewing wat in die naam van rassegelykheid 'n vorm van
sosiogeniëring afdwing wat apartheid na 'n vulletjie laat lyk. Die
post-apartheidsrassebewussyn is sekerlik een van die grootste ironieë
van die geskiedenis en die term "nie-rassigheid" in die Grondwet
verteenwoordig 'n vokome oksimoron.
Nie 'n dag gaan verby in Suid-Afrika sonder dat die beskuldiging van
"rassisme" 'n persoon of instansie voor die deur gelê word nie, ek
dink nie eers hier op die ng is daar so dag nie. Volgens die Oxford
Dictionary of Philosophy, kan die wortels van teoretiese rassisme
teruggevoer word na die vyftiende eeu, maar het die term self eers in
die 1930s prominensie verkry om die pseudo-wetenskaplike teorie te
beskryf waarvolgens ras as 'n biologiese bepaler 'n hiërargie tussen
verskillende etniese groepe instel.
In terme van die Oxford-definisie dus, gaan rassisme om die geloof dat
daar 'n natuurlike hiërargie tussen etniese groepe bestaan wat deur
ras bepaal word. Weinig van mnr. Mbeki se kritici of mense op die ng,
wat gereeld deur Gloudina en andere van "rassisme" beskuldig word, pas
waarskynlik in by hierdie omskrywing.
Nietemin word die term hier by ons rondgeslinger met 'n gretigheid wat
aan manie grens. Op enige dag kan mens 'n uitgawe van een van die
Engelstalige koerante wat op swart lesers gemik is, koop en iewers sal
daar 'n artikel of 'n bydrae wees wat kla oor rassisme. Die vraag wat
Ân mens met reg kan vra in Suid-Afrika, is of rassisme nie iets van Ân
mite is nie.
By gebrek aan 'n gemeenskaplike taal, geskiedenis of kultuur, het ras
en rassisme die funderende mite van die Suid-Afrikaanse regering
geword. Dit is ook hoe mens hul beheptheid met die evolusionêre
biologie en die prehistoriese geskiedenis van die mens moet verstaan.
Nou pas weer skryf president Mbeki in ANC Today dat die mensdom uit Ân
gemeenskaplike biologiese bron afstam, wat ons almal dus verenig as
"een volk". Die probleem met hierdie gedagte is natuurlik dat dit van
toepassing is op alle lede van die spesie homo sapiens. Waarom moet
ons individuele lande en nasiestate handhaaf indien ons biologiese
afkoms van ons 'n enkele "mensenasie" maak?
Wat hierdie biologiese beheptheid van die Mbeki-regering so gevaarlik
maak, is dat dit 'n veel groter fanatisme in die vooruitsig stel as
byvoorbeel die kommunisme van die twintigste eeu. Kommunisme het
klassegelykheid nagestreef soos wat Gloudina in `n ander thread meld,
terwyl Mbeki en die ANC biologiese gelykheid wil sien.
Gegewe die biologiese diversiteit van die mensdom, verskille in
talente, hetsy fisiek, hetsy intellektueel, lyk dit na 'n saak van
selfs groter onmoontlikheid as die klaslose utopie waarvan Marx en
Lenin gedroom het.
Die hele gedoente rondom Saartjie Baartman waarna Mbeki insgelyks
verwys, speel regstreeks op die biologiese tema. Volgens Mbeki is
Baartman "soos 'n dier" ten toon gestel in Europa, en veral dan in
Frankryk waar die beroemde bioloog Georges Cuvier in haar anatomie en
liggaamsbou belang gestel het. Die punt is egter dat menslike
morfologie en biologiese gewoontes nog altyd groot belangstelling by
ander lede van die spesie uitgelok het. Selfs buiteaardse wesens sou
daarin belang stel as mens die toneel in Kurt Vonnegut se
Slaughterhouse 5 onthou waar miljoene wesens op 'n ander planeet Ân
gevange menslike paartjie in 'n interplanetêre dieretuin dophou en
baie teleurgesteld is as hulle nie kan waarneem hoe hulle paar nie.
Die belangstelling van die media in die morfologie van filmsterre,
rugbyspelers, en ander openbare figure, asook modetydskrifte,
skoonheidsmiddels, en alles wat met voorkoms te make het, is verwant
aan die rede waarom Europeërs deur Saartjie Baartman gefassineer is.
Boonop was dit in die vroeë dae van evolusieteorie en het Cuvier haar
dus in terme van sy biologiese opvattinge beoordeel.
Om met vandag se kennis 'n oordeel oor Cuvier te vel, is net so
sinloos as om Newton te verwyt dat hy nie geweet het van die bestaan
van kwantumfisika nie. Die perke van Cuvier se vroeg-negetiende-eeuse
insigte kan kwalik opgevat word as tekenend van die rassisme van alle
blankes soos wat Mbeki beweer as hy die aanvang van rassisme in
Suid-Afrika stel op 1652.
Terwyl apartheid 'n vorm van kultuurpolitiek was waar die kulture van
swart en wit volkere gesien is as behorende tot verskillende
paradigmas of wêreldbeskouings, maak Mbeki se politiek al hoe meer
regstreeks gebruik van 'n biologiese register.
Biologiese kragte is van die sterkste wat daar is, want dit het te
make met dinge soos oorlewing en voortplanting. Die mens se
groepsinstink is volgens wetenskaplikes gesetel in die breinstam, wat
evolusionêr terug te voer is na reptieltye.
Dit wat nou in Zimbabwe gebeur, kan ook in biologiese terme ontleed
word, as die resultaat van 'n erge rassebewustheid wat biologiese
identiteit voorop stel. Die postapartheidsrassebewussyn is insgelyks
terug te voer na baie diepgewortelde instinkte in die mens. Dit is
geen rasionele proses nie, en het te make met die keuses tussen "veg,
vlug of eet" wat diep in die onderbewuste uitgeoefen word. Dit mag
wees dat elke nie-swarte in Suid-Afrika op onbewuste vlak reeds
bedreig word deur tekens van biologiese oorheersing en
rassevyandigheid wat op soveel gebiede voelbaar is.
Die toenemende, amper territoriale versugting na mag en uitbreiding
wat by swart politici waarneembaar is, dui ook op 'n vorm van
aggressie wat teer op oerinstinkte in die mens. Dit is daarom dat
Mbeki se biologiese teorieë met hul anti-blanke tiperings wat telkens
uit sy toesprake en geskrifte blyk, so ontstellend is. As Mbeki so
teen die blankes uitvaar, wat gaan van ons arme Bruinmense word? Ons
het nie die geld nie. Die van ons met goeie opleiding en poste is vêr
in die minderheid. Onder apartheid het ons gesuffer en die toekoms
het geen rede om anders te wees nie. Die een onderdrukker het net
plek gemaak vir die volgende.