Daar is die verwarde besnyde boertjie toe die wenner. Ek is bly vir sy part.
Eintlik moet hulle die hele ding verander sodat daar nie diskriminasie
plaasvind nie.
Die miljoen moet in die totale aantal ure van al die huismaats vedeel word -
dat kry elkeen prorata 'n deel van die totale ure wat hulle in die huis
gebly het kry.
Dan sal mens sien hoe almal lieg en bedrieg om so lank moontlik binne te bly
Dis nou vrouens wat hul mans dik tik - neem ook nou glo drasties toe hier in
ons land.
Dis alles Rugby se skuld - dis die prima donnas wat altyd eerste slaan as
hulle fer en skwer getekkel word..;))
Annette
Uiteindelik. En hy het ook sommer hier in die kaap rond gebly - seker dat hy
deur sy mense beskerm sou word. Iewers het dit tot iemand deurgedring dat
die bommery en skietery op polisie opgehou het toe Jeneker agter tralies
was.
Hoop net Lennit Max hou by sy belofte dat diegene wat aan hom huisvesting en
skuilplek verskaf het tydens sy ontsnapping vervolg sal word.
Annette
oftewel faalangst skyn die gemeenskaplike deler op 'n sekere ng. te wees.
Die onderstaande adres lys dan ook alle karakters op daardie besondere
speelgroepie.
Op sommiges is bykans die hele lys van toepassing. :-)
Ek meen, wie sal nie bang wees vir 'n woord soos
hippopotomonstrosesquippedaliophobia nie?
Moet tog net nie lei aan leukophobia nie.
Oor die algemeen lei die Internet Polisie self aan paralipophobia.
Ek verstaan Karen Zoid het 'n innoverende manier gevind om haar gehore
opgewonde te kry - sy't vir 'n kamera geflash. Die koerant beskryf dit in
ietwat sappiger taal.
Nou weet ons hoe kry sy haar Afrikaners plesierig (en dan maak hulle sê...).
Nou wil ek weet - is die noodsaak van so 'n aksie 'n refleksie op haar
Potchefstroomse gehoor, of op haar?
In die Sarie van September kom ek toe op hierdie artikel af wat baie stof
tot nadenke het:
Wit, ryk, getroude, voorstedelike, Afrikaanssprekende vroue kry nie vigs
nie. Dink weer.
Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo. Hul hou van partytjies, en dan
maak hulle so.
My matras en jou kombers en daar lê die ding.
Twee welbekende volksliedjies wat al hoe meer beslag het.
Vigs is mos die siekte vir swart mense, gays, dwelmslawe, arm mense, en die
ongelukkige hier en daar wat 'n ruk gelede moes bloedoortappings kry.
Sewe keer meer wit Suid-Afrikaners sterf aan vigs as wit mense in ander
Eerstewêreldlande.
MIV/Vigs onder Afrikaners is 'n bom wat wag om te bars, volgens Prof
Christina Landman by Unisa en Jo Viljoen, 'n berader van Pretoria.
Hulle het 'n opname in gegoede, tradasioneel wit woonbuurte in Pretoria
gedoen. Verskanste buurte. Verskeie wit Afrikaanssprekende vroue het met hul
MIV-status vorendag gekom.
By verdere ondersoek is bevind dat in 'n bekende private hospitaal in
Pretoria, is 30% van hul MIV pasiënte wit, gegoed en getroud. Op navraag
hoekom die vrouens nie daaroor praat nie, is die deursnee antwoord: Ons is
van kleins af geleer om nie uit die huis uit te praat nie en om nie die
familie in die skande te steek nie.
Tine van de Maas, van Health Educational Services, beweer dat wit Afrikaanse
vroue die groep is wat die moeilikste uit die MIV-kas klim. Hulle vertel
dikwels nie eers vir hul man nie. Sy reken dis omdat daar in die Afrikaanse
kultuur nie juis oor seks gepraat word nie.Die seksvoorligting wat hulle
gekry het was ook nie te waffers nie.
Afrikaanse vroue ( en mans - A) word groot met die idee dat sekspraatjies
taboe is. Die meeste vrouens, selfs jonges, sê dat hul ma nooit met hulle
oor hul private liggaamsdele of oor seks gepraat het nie. Volgens Tine praat
vrouens nie eers openlik daaroor as hulle verkrag is nie- hoeveel te meer
nog oor vigs, met 'n geurtjie van losbandigheid wat daaraan kleef.. Want
hoor mense jy is MIV- positief, is die eerste gedagte dat jy los van sedes
is.
Wittes beleef die stigma wat aan Vigs kleef erger as ander bevolkingsgroepe.
Ouers met sulke kinders ervaar dit soos buite-egtelike swangerskap 'n paar
jaar gelede. Tine weet van twee meisies, uit Afrikaanse gesinne, wat na 'n
hospies in 'n ander stad gestuur is. Hul ouers het gesê hulle is oorsee. Na
hul dood is vertel hulle was in 'n motorongeluk en erg vermink, sodat die
kis kon toe bly en niemand kon sien hoe hul lyk nie. Die ouers se grootste
bekommernis was : Wat sal die dominee sê as hy uitvind? En die familie, bure
en vriende?
Tog word die kat lekker in die donker geknyp ( A - en dit is ook 'n ou
tradisie waaraan selfs die stoere voortrekkers lustig deelgeneem het).
Volgens Landman toon statistieke dat 50% van wit mans en 30% van wit vroue
in SA die een of ander tyd in 'n buite-egtlike verhouding betrokke raak.
Tine sê toetse vir MIV-vigs is lukraak onder grotendeels wit Afrikaanse
mynwerkers op 'n dorp in Noordwes gedoen. Twaalf mans se uitslae was
positief, maar hulle het almal volgehou hulle was nog nooit ontrou nie. En
hulle was toe reg - dit was toe die vrouens wat stout was. Daar was toe al
die tyd 'n sexy manlike tennisafrigter wat die vroue meer as tennis geleer
het. Hy was MIV-positief en het 22 vroue aangesteek.
Tine reken wit Afrikaanssprekende vroue bo 40 slaap minder rond as hul
Engelse eweknie. As hulle skei en een of twee verhoudings aanknoop, beskou
hulle dit nie as rondslaap nie.
Boonop gaan min paartjies - jonk en oud- wat op trou staan vir 'n MIV-toets.
Die jong Afrikaanse generasie het nie remme nie. Seks is so normaal soos hop
in die bed. Landman skryf sowat 50% van alle 15-jariges in SA is seksueel
aktief, en op 17 het 70% min of meer gereelde seksuele kontak.
Net 'n rassis sal dink dit sluit nie wit kinders in nie.
Volgens Tine gebruik Afrikaanse meisies nie graag voorbehoedmiddels nie,
want dan was dit hul plan om seks te hê en is hulle "skuldig" aan onsedelike
gedrag. Maar as dit net "gebeur" pla hul gewete nie.
Wit kinders loop ook nie met 'n kondoom in die sak rond nie, uit vrees dat
hul ouers daarop sal afkom. Die gewilde keuse is die morning after pil.
Tine vertel van 'n gr 9 leerling wat al so dikwels die morning-after pil
gebruik het, dat dit nie meer effektief was nie. Toe sy swanger raak, het sy
'n aborsie gehad sonder haar ouers se medewete. ( meisies bo 14 kan 'n
aborsie sonder die ouers se toestemming kry, maar vir 'n blindedermoperasie
is toestemming nodig.)
Elke jaar is daar 'n groot vraag na morning-after pille tydens en na die
jool-vlotbouery by US. ( Universiteit Stellenbosch), gevolg deur 'n toeloop
vir die behandeling van geslagsiektes. Jong meisies en vroue sê dikwels
hulle gebruik nie kondome nie, want hul vriend is "skoon".
Nelly van de Maas, Tine se moeder, het eendag 'n vroulike bergie ontmoet. Sy
het vigs en ander geslagsiektes gehad. Sy vertel dat sy deeltyds 'n
sekswerker is. Haar kliënte is skoolseuns, leerlinge aan model C-skole met
uitstekende slaagsyfers. Vrydagmiddae staan 30 - 40 seuns met 'n bottel
tequila tou om van haar en haar kollegas se diens gebruik te maak. " Ek is
tevrede mevrou, want ons kry darem 'n paar bob, 'n dop of twee en 'n paar
entjies(sigarette)"
Nelly het dit aan die skoolhoofde vertel en een was woedend vir haar. Dit is
dan ordentlike kinders.
"Ongelukkig weet ons van seuns wat gereeld in die bergie-tou getaan het, wat
vigs gekry het, en hul vriendinne aangesteek het."
Die tradisioneel wit Afrikaanse kerke knyp net oë en ore styf toe, sê Tine.
"Ons praat baie in kerke, maar baie min in tradisioneel wit Afrikaanse
kerke. Hulle is nie lus vir vigs nie." Ten spyte daarvan dat sy berading aan
3 predikante uit hierdie kerke gee wat MIV-positief is.
'n Jong vrou met vigs wat sterwend was, wou graag met 'n NG predikant praat.
Daar was sowat 80 predikante in die omgewing, maar Tine moes sukkel om een
te kry wat bereid was om dit te doen.
Ek luister na wat hy sê en dis net sonde hier en hel en verdoemenis daar. Ek
sien sy raak teneurgedruk en roep hom eenkant toe. Dominee, jy gaan nou
praat oor God se liefde, sy genade, die hemel, blommetjies en engeltjies. As
jy dit nie kan doen nie, moet jy maar liewer loop. Hy het toe terug in die
kamer gegaan. Die blommetjies was maar klein, die engeltjies stillerig en
God se liefde wou net nie straal nie.
Sy is dood, en geen Afrikaanse predikant wou haar begrawe nie. 'n
Anglikaanse predikant het die begrafnis gelei.
Die opsomming: Getroud wees en Afrikaans wees kan jou nie teen die MIV-virus
beskerm nie. Jou kerklidmaatskap, status in die gemeenskap en bankbalans ook
nie. En beslis nie jou adres nie.
Hierdie artikel het diep tot my gespreek, en ek voel verplig om dit onder
soveel as moontlik tradisioneel wit Afrikaanse kerke, hul gemeentelede, en
skole tuis te bring.
Ons praat van opvoeding onder die swartes, en ons kan nie die ernstige
tekortkominge in ons eie gemeenskappe raaksien nie.
Annette
In die lig van die konstitusionele hof se beslissing, waarin die wil van die
kiesers heeltemal geignoreer word, hoekom sal daar in die toekoms geld en
tyd gemors word op verkiesings?
Ons kan tereg sê ons land het 'n nuwe tipe "demokratiese verkiesing"
ingelui.
Annette
Sir Alex Ferguson se sakie van seksuele teistering is vinnig afgehandel.
Sommer so oor 'n naweek.
Maar vir jou en my bly 'n ontoereikende regstelsel steeds iets waarmee ons
moet saamleef. Kenmerkend van 'n derdewêreld land.
Die Wiepie, O die Wiepie
Is vandag weepy, hoor, weepy.
Dit help nie meer om te kla
Ons is yt ons missery, my bra
As mens nie meer kan speelie,
dan kan mens nie meer speelie.
Annette