Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Me&Bobby

Wo., 23 Oktober 2002 18:56

Oor die jare het die nuusgroep ska(n)des en winste gehad.
Ek soek gewoonlik na Tobie se skrywes maar die man is
besig om skaarser en skaarser te word ; iemand wat stil stil
besig is om weg te raak is ons Ausie Onnie. Ek dink ook nie
dat die Bali hartseer daarmee te doen het nie want Bali was nog
net 'n rots wat bokant die branders uitgesteek het toe ons Kiwi Onnie
begin het om gesig weg te steek. Ek weet dat daar groot Bike Drags
was én ek weet sat daar 'n nuwe (spog) mouster is wat ingewy moet
word maar om dit as 'n verskoning te gebruik, gaan maar moeilik af.

Didi

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Glo jy in Jesus?

Wo., 23 Oktober 2002 13:43

Eerste argeologiese bewys vir die bestaan van Jesus is in Israel
ontdek. 'n kissie, gemaak vir beendere, met 'n inskripsie van Jacobus,
seun van Josef, en broer van Jesus... Dateer uit 63 NC.

Die kenners sê dat die feit dat Jesus genoem word, daarop wys dat hy
'n bekende man was.

Max________________________________________________

Geloof & kerksake | 29 kommentare

Verantwoordelikheid in die media

Wo., 23 Oktober 2002 09:26

Ai tog, moet mens nie maar redakteurs, proeflesers en subs afdank en
klaarkry nie - miskien as hulle nie so lekker rustig in hul joppie
agteroorsit nie, dan sal ons ten minste reg kan lees t.o.v. spelling.
In gister se The Big Issue.
Op bladsy 25 - die opskrif van 'n artikel - in kleur -
Die eerste woord in 1cm hoë letters: culturel
Due tweede woord in 2cm hoë letter: povrty

Troes as njannies!
Dan is mens nie lus om weer R8.95 te betaal nie, al is dit vir 'n goeie
doel.

Annette.

--

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Geestesgesondheidsmaand

Wo., 23 Oktober 2002 09:18

Hoor nou net dit oor die draadloos op hierdie laat stadium van die maand van
dit.
Ook: 1% van ons bevolking is skisofrene.

Gelukkig is nie een hier nie;))))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ons Gawe Bewaarders

Wo., 23 Oktober 2002 09:11

Laat dit nooit van hulle gesê word dat hulle nie vir die behoud van hegte
familiebande veg nie.
Verlede week hoor ons van een van die getuienis voor die Jali kommissie van
'n gevangene se vrou wat swanger met sy kind geword het sonder dat sy kontak
met hom in die tronk gehad het.
Nou is Jeneker se vrou ook swanger met sy kind, wat verwek is terwyl hy
veronderstel was om in die tronk te wees.

Annette

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Lied 316: Segelied

Wo., 23 Oktober 2002 08:19

Komponis: Stephen H Eyssen (1914)
Woorde: AB Wessels

Oor die donkerblou hemel,
dryf daar vlugtige wolke,
alles omwelwend skeppend 'n sterrelose nag
Swaarder druk op my harte
twyfel moedig gedagte,
verdowend my hope op die langverwagte dag
Klagend huil deur die bome,
weemoed wekkende winde,
snydend my siele
maar waai die onheilswolke heen.

Vrolik kondig die Ooste,
Nuw'dag is gebore!
Verdwyn dan gure wolke
met u droewig druipend reën.

Lank was die stryd vir lout're bestaan;
bitter die angs dat alles vergaan
maar uit die dode ongemerk,
groei 'n volksgees vurig en sterk
en sterker sal hy lewe
en geen vyand hom weerstrewe
Vryheid en reg
sal segevier.

Opmerking:
Hierdie is een van die liede wat ek die meeste van hou, beide die woorde en
die komposisie.
Wat die laaste twee reels aan betref - mens kan maar net vertrou.

Annette

Musiek & liriek | 2 kommentare

Pedofiel: Doodstraf

Wo., 23 Oktober 2002 06:06

Gisteraand kom ek op DStv op 'n fliek af wat reeds pas begin het en waarvan
ek steeds nie die naam weet nie. Dit gaan egter oor 'n reeksmoordenaar wat
dogtertjies vermoor doer êrens in Oos-Europa en wat 'n polisieman toe
uiteindelik vastrek. Die uiteinde van die storie was waar die ma van die
kind wat in die lokval gebruik is, die pedofiel konfronteer met 'n rewolwer
in die hand. Soos een man het almal wat die toneel aanskou het, gesê:
"Skiet die bliksem!"
Sy hêt en ek kan met eerlikheid sê dis die mees bevredigende toneel in
'n fliek wat ek in 'n lang tyd gesien het. Hoe kan 'n mens iets moois soos
'n klein meisietjie vernietig en dan nog enigsins verwag dat die gemeenskap
hom moet vergewe of verdra? Is ek wraakgierig? Sekerlik. Die
gemeenskap is myns insiens geregtig op wraak teen mense wat 'n halsmisdaad
pleeg. As ek 'n ou moet teekom wat 'n kind se lewe vernietig, of net
skade aandoen, en die mag is in my hande, sal hy nie die genade hê van 'n
vinnige teregstelling nie.....nee, hy sal 'n duisend maal meer ly as sy
slagoffers.
So, bring die doodstraf terug!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Verantwoordelikheid in die media

Wo., 23 Oktober 2002 04:35

On Wed, 23 Oct 2002 11:26:11 +0200, "Annette" wrote:

> Due tweede woord in 2cm hoë letter: povrty

"Due" ?????

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

F*k lied 18: Groen is die land van Natal

Di., 22 Oktober 2002 20:30

Woorde: Anton de Waal.
Komposisie: Ali Arletowicz - verwerk deur Dirkie de Villiers
(weet iemand iets van bg komponis, en van watter land die oorspronklike komposisie af kom?)

Groen is die land van Natal;
wyd lê die velde omheen.
Wolke seil hoog in die blou hemelboog
en 'n arend vlieg na die son.
Groen is die land van Natal;
daar waar die bergbokke wei
Stil wil ek droom langs 'n koel waterstroom,
van die wêreld-drang afgeskei.

Teen die randjie staan 'n huis
waar my hart ontwaak
Saans wag my beminde daar;
die dag is dan volmaak.

Groen is die land van Natal;
heuwel en vlakte en dal
Hier is ons tuis waar die koel winde suis
in die groen, groen land van Natal.

Musiek & liriek | 1 kommentaar

F*k Singetjie

Di., 22 Oktober 2002 20:20

Okie dokie - ons skryf die liedjies se woorde hier van eg SA pogings, en die
hele idee is om te bespreek of die woorde sinvol is of nie, en hoe dit kan
verbeter word, reg?

Ek sal heel eerstens liedjies plaas wat ek dink selfs vandag nog deur ons
almal hier gesing kan word - dus sonder verwysing na ('n) godsdiens en die
Afrikaanssprekende volk pertinent.

Annette

Musiek & liriek | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    683  684  685  686  687  688  689  690  691  692  693  694  695  696  697  698    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 08:13:36 UTC 2026