Laat dit nooit van hulle gesê word dat hulle nie vir die behoud van hegte
familiebande veg nie.
Verlede week hoor ons van een van die getuienis voor die Jali kommissie van
'n gevangene se vrou wat swanger met sy kind geword het sonder dat sy kontak
met hom in die tronk gehad het.
Nou is Jeneker se vrou ook swanger met sy kind, wat verwek is terwyl hy
veronderstel was om in die tronk te wees.
Komponis: Stephen H Eyssen (1914)
Woorde: AB Wessels
Oor die donkerblou hemel,
dryf daar vlugtige wolke,
alles omwelwend skeppend 'n sterrelose nag
Swaarder druk op my harte
twyfel moedig gedagte,
verdowend my hope op die langverwagte dag
Klagend huil deur die bome,
weemoed wekkende winde,
snydend my siele
maar waai die onheilswolke heen.
Vrolik kondig die Ooste,
Nuw'dag is gebore!
Verdwyn dan gure wolke
met u droewig druipend reën.
Lank was die stryd vir lout're bestaan;
bitter die angs dat alles vergaan
maar uit die dode ongemerk,
groei 'n volksgees vurig en sterk
en sterker sal hy lewe
en geen vyand hom weerstrewe
Vryheid en reg
sal segevier.
Opmerking:
Hierdie is een van die liede wat ek die meeste van hou, beide die woorde en
die komposisie.
Wat die laaste twee reels aan betref - mens kan maar net vertrou.
Gisteraand kom ek op DStv op 'n fliek af wat reeds pas begin het en waarvan
ek steeds nie die naam weet nie. Dit gaan egter oor 'n reeksmoordenaar wat
dogtertjies vermoor doer êrens in Oos-Europa en wat 'n polisieman toe
uiteindelik vastrek. Die uiteinde van die storie was waar die ma van die
kind wat in die lokval gebruik is, die pedofiel konfronteer met 'n rewolwer
in die hand. Soos een man het almal wat die toneel aanskou het, gesê:
"Skiet die bliksem!"
Sy hêt en ek kan met eerlikheid sê dis die mees bevredigende toneel in
'n fliek wat ek in 'n lang tyd gesien het. Hoe kan 'n mens iets moois soos
'n klein meisietjie vernietig en dan nog enigsins verwag dat die gemeenskap
hom moet vergewe of verdra? Is ek wraakgierig? Sekerlik. Die
gemeenskap is myns insiens geregtig op wraak teen mense wat 'n halsmisdaad
pleeg. As ek 'n ou moet teekom wat 'n kind se lewe vernietig, of net
skade aandoen, en die mag is in my hande, sal hy nie die genade hê van 'n
vinnige teregstelling nie.....nee, hy sal 'n duisend maal meer ly as sy
slagoffers.
So, bring die doodstraf terug!
Woorde: Anton de Waal.
Komposisie: Ali Arletowicz - verwerk deur Dirkie de Villiers
(weet iemand iets van bg komponis, en van watter land die oorspronklike komposisie af kom?)
Groen is die land van Natal;
wyd lê die velde omheen.
Wolke seil hoog in die blou hemelboog
en 'n arend vlieg na die son.
Groen is die land van Natal;
daar waar die bergbokke wei
Stil wil ek droom langs 'n koel waterstroom,
van die wêreld-drang afgeskei.
Teen die randjie staan 'n huis
waar my hart ontwaak
Saans wag my beminde daar;
die dag is dan volmaak.
Groen is die land van Natal;
heuwel en vlakte en dal
Hier is ons tuis waar die koel winde suis
in die groen, groen land van Natal.
Okie dokie - ons skryf die liedjies se woorde hier van eg SA pogings, en die
hele idee is om te bespreek of die woorde sinvol is of nie, en hoe dit kan
verbeter word, reg?
Ek sal heel eerstens liedjies plaas wat ek dink selfs vandag nog deur ons
almal hier gesing kan word - dus sonder verwysing na ('n) godsdiens en die
Afrikaanssprekende volk pertinent.
Is ADSL al beskikbaar in ZA. Ek en my vrou wil vir 'n jaar (of meer as ek
haar kan ompraat) huis toe kom, en ek verkies om iewers te woon waar mens
ADSL kan benut. Is daar 'n webwerf wat se waar en wanneer en hoeveel?
Luister hoeka na die uitslag van die ja-nee stemmery op RSG Vrydae.
"Het politici hoër morele waardes as prostitute?" Die vraag is gestel na
aanleiding van die onlangse gebeure in die nsa.
Opmerking waarvan ek 110% gehou het: "Politicians are like a bunch of
bananas: all yellow, soft and not a single straight one amongst them."
Uitstekend!
Terloops, 84.6% het wel gemeen dat prostitute beter mense as politici is.
Bye-bye Kortbroek!