Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » F*k lied 18: Groen is die land van Natal
F*k lied 18: Groen is die land van Natal [boodskap #67733] Di, 22 Oktober 2002 20:30 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Woorde: Anton de Waal.
Komposisie: Ali Arletowicz - verwerk deur Dirkie de Villiers
(weet iemand iets van bg komponis, en van watter land die oorspronklike komposisie af kom?)

Groen is die land van Natal;
wyd lê die velde omheen.
Wolke seil hoog in die blou hemelboog
en 'n arend vlieg na die son.
Groen is die land van Natal;
daar waar die bergbokke wei
Stil wil ek droom langs 'n koel waterstroom,
van die wêreld-drang afgeskei.

Teen die randjie staan 'n huis
waar my hart ontwaak
Saans wag my beminde daar;
die dag is dan volmaak.

Groen is die land van Natal;
heuwel en vlakte en dal
Hier is ons tuis waar die koel winde suis
in die groen, groen land van Natal.
Re: F*k lied 18: Groen is die land van Natal [boodskap #120876 is 'n antwoord op boodskap #67733] Do, 08 November 2018 07:09 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dit lyk soos 'n eg Afrikaanse nommertjie: "Kopiereg van melodie en teks: Impala, 1967."
Ek naam aan hierdie kopiereg het in 2017 verval (50 jaar later).
Vorige onderwerp: Wandellied
Volgende onderwerp: Daar kom die wa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:20:55 MGT 2024