1)Elaine kon nie wag om te vertel dat ons teen Pakistan gewen het nie:))
Dis waar, ons het.
Gister tydens die RSG uitsending is van die opponente as Sri Lanka gepraat.
Vanoggend het die nuusleser 'n tonglips gehad en van Hansie Bojč gepraat:))
2) 'n Vyfjarige dogtertjie van Uitenhage is dood nadat 'n skoenlapper haar
mond ingevlieg het.
3) Sampie Terblanche van die US het 'n boek geskryf wat deur Onse Prez se
broer onderskryf, ondersteun en uitgegee word waarin die huidige regering
beskuldig word dat hulle hul eie voorheenbenadeeldes verraai het en liewers
hand om die blaas staan met groot besighede.
4) Quinton Fortune kan nou nog minder doelloos rondhardloop - hy het 'n been
gebreek.
5) Die paaie het oor die naweek begin besig raak - dis vakansietyd en almal
wil gaan lê en ontspan.
6) Die 2 blondekoppe van die 5 finaliste in die Mej SA wedstryd het dit nie
gemaak nie, maar die 2 blondekoppe van die laaste 3 in The Bachelor het wel.
Julle almal moan so erg oor die Rugby, maar julle vergeet blykbaar van die
krieket. Ons "boys" doen 'n goeie jobbie van die krieket deesdae en ons kan
met reg trots wees op hulle. Hulle het Pakistan gister met 132 lopies
gewen. Ai, praat julle net sport as ons verloor? Of praat julle net Rugby?
Nuwe Mej SA is vanaand aangewys - 'n nooi Nel van Pretoria wat nie blond is
nie:)))
Ewenwel die 5 finale finaliste moes die vragie beantwoord sodat kan besluit
word wie moet wen.
As jy een gebeurtenis in die geskiedenis sou kon verander, wat sou dit wees?
Skies vir die Amerikaanse skakel, maar ek dink dat dit dalk darem 'n
glimlaggie of 2 sal teweeg bring? Want almal van ons weet mos hoe erg
"spam" kan raak. :-)
Gister op streeksnuus gehoor dat die polisie ook na bomplanne en of resepte soek wat moontlik in regses se besit kan wees.
Ek het toe vir die sports op 'n search engine die volgende getik; "How to make a bomb" en was geskok.
Daar is selfs planne om n atoombom te vervaardig. Wat gaan hulle daaraan doen, die internet verban?......glo te min.
Ek het 'n nieamptelike webwerf oor die Afrikaanse Woordelys en
Spelreëls geskep. Die webadres is: http://www.oocities.org/afrikaanse_spelreels/. Die werf is minder as
2 maande oud, en wat soekresultate betref op die soekenjin Google,
oortref hy al my verwagtinge.
Ek vra namens die ganse Afrikaanse ou volkie (die volk en die volkies,
en almal wat Afrikaans besig) aan Pharos en die Taalkommissie om
asseblief 'n webwerf oor die AWS te skep wat myne in waarde, gehalte
en statuur oortref (dit behoort, on all three counts, beslis nie
moeilik te wees nie). Die Akademie het die breins, en Pharos het die
geld. Al wat kort, is die "amptelike" webwerf.
==
[vervelingfaktor: 10]
Hier is die soekresultaat van 'n paar Google-soektogte (die nommer dui
op die posisie in die soekresultaat vir die betrokke
soeksleutelwoorde):
Soeksleutelwoorde waarin my werf nommer 1 is en dus hoër tel as Pharos
of die Akademie s'n:
* afrikaanse woordelys en spelreëls: My werf is nommer 1. Pharos is
nommer 3. Die Akademie is nommer 15.
* afrikaanse woordelys: Myne 1, Pharos 5, Akademie 25.
* afrikaanse spelreëls: Myne 1, Pharos 4, Akademie 22.
* afrikaanse AWS: Myne 1, Pharos 3, Akademie 7.
* taalkommissie: Myne 1, Pharos 2, Akademie 3.
* woordelys en spelreëls: Myne 1, Pharos 2, Akademie 6.
* spelreëls: Myne 1, Pharos 4, Akademie 9.
Soeksleutelwoorde waarin my werf nie nommer 1 is nie, maar wel hoër
tel as Pharos of die Akademie s'n:
* woordelys: Myne 2, Pharos 12, Akademie 7.
* afrikaans AWS: Myne 4, Pharos 5, Akademie 22.
* spelreëls afrikaans: Myne 2, Pharos 10, Akademie 26.
Soeksleutelwoorde waarin Pharos of die Akademie se werwe hoër tel as
myne:
* akademie vir wetenskap en kuns: Myne 12, Pharos 7, Akademie 1.
* afrikaanse spelling: Myne 100+, Pharos 2, Akademie 100+.
Soeksleutelwoorde waarin al drie webwerwe tekort skiet:
* spel afrikaans: Myne 100+, Pharos 100+, Akademie 100+.
* spelling afrikaans: Myne 100+, Pharos 100+, Akademie 100+.
En ter interessantheid, soeksleutelwoorde wat ek nie getarget het nie:
* insigte: Myne 1.
* bont boek: Myne 1.
* reënboog: Myne 2.
* oor: Myne 8.
==
Nou moet ek in alle eerlikheid byvoeg dat ek gehoor het dat Pharos wel
al met 'n webwerf besig is... ek sien met verwagting daarna uit.
My webwerf bevat 'n bondige opsomming van die spelreëls, kommentaar op
die spelreëls, 'n afdeling oor die geskiedenis van die AWS, 'n bladsy
oor die Taalkommissie (huidige en oues), kiekies van die bont boek, en
'n opsomming van die debat wat oor die 1991-AWS in die pers geheers
het (en wat die riemtelegram dat die 1991-AWS baie negatiewe
kommentaar uitgelok het, 'n halwe nekslag toedien).