!00 Grootste Suis-Afrikaners: Lys tot dusver
Ma., 09 Desember 2002 14:57
Okie Dokie - hier is die lys van die name wat ek het - as daar is wat genoem
is wat ek nie hier het nie - skryf dit asseblief onder by langs 'n
opvolgende nommer
Ek wonder as ek die lys sit op 'n ander internasionale ng, hoeveel van die
mense hier onder genoem sal internasionaal bekend wees, of selfs as Grootse
Suid-Afrikaners geag word. -
1) Nelson Mandela
2) Biskop Tutu
3) Johannes Kerkorrel
4)Wayne Ferreira
5)Jan Pohl
6) Dirkie de Villiers
7)Van Zyl Slabbert
8)Frew McMillan
9)Paul Kruger
10) Chris Barnard
11) Herman Charles Bosman
12) Louis Botha
13) AD Keet
14) Koos du Plessis
15) Antjie Krog
16) AG Visser
17) Steve Hofmeyer
18) Retief Goosen
19) Jody Scheckter
20) Retha Horne
21) Karen Muir
22) Zola Budd-Pieterse
23) Nico Carstens
24) Dawie Couzyn
25) James Henry Greathead
26) Hugh Masikela
27) Abdulla Ebrahim ( Dollar Brand)
28) Anton Rupert
29) Maretha Maartens
30) Dalene Matthee
31) Pieter van der Westhuizen
32) Al Debbo
33) Frederick Burgers
34) Jamie UIs
35) Breyten Breytenbach
36) Steve Biko
37) Ettienne van Heerden
38) André P Brink
39) Elizabeth Eybers
40) Genl de Wet
41) HF Verwird
42) PW Botha
43) Kevin Curren
44) Gary Player
45) Ernie Els
46) Penny Heyns
47) Francois Pienaar
48) Charmaine Fick
49) Ina van Rensburg
50) Johan Fourie
51) Evette de Klerk
52) Naas Botha
53) AP Treurnicht
54) Clive Derby-Lewis
55) Piet Rudolph
56) Robert van Tonder
57) E Terreblance
58) Anne Neethlingh-Pohl
59) Wena Naude
60) Siegfried Mynhardt
61) Ge Korsten
62) Gerrie Coetzee
63) Esther Brand
64) Gert Potgieter
65) Charmaine Gail-Weavers
66) Hestrie Storbeck-Cloete
67) John van Reenen
68) John Vorster
69) JBM Hertzog
70) Genl Beyers
71) Dr Hans de Lange
72) Dr Buthelezi
73) Dr Lucas mangope
74) Winnie Madikizela- Mandela
75) Patricia de Lille
76) Matthews Phosa
77) Tokyo Sexwale
78) Tommy bedford
79) Franz Kruger
80) Roy Campbell
81) JM Coetzee
82) Ruth First
83) Bram Fischer
84) Nadime Gordimer
85) Chris Hani
86) Jan Hofmeyer
87) C Louis Leipoldt
88) Chris Albert Luthuli
89) Eugene Marais
90) Sarah Gertrude Millin
91) Albie Sachs
92) Olive Schreiner
93) Shaka
94) Jan Smuts
95) Pierneef
96) CJ Langenhoven
97) Albert Wessels
Koeitjies & kalfies |
10 kommentare
Lag CD
Ma., 09 Desember 2002 06:46
Die Oostenrykers het glo 'n Lag-CD saamgestel om mense met depressie te
help.
Ek dink nie ek sal die Oostenrykse lag so snaaks vind as 'n Afrikaanse lag
nie;))
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Plase in die RSA
Ma., 09 Desember 2002 06:04
Ek wil nou nie sê ek het so gesê nie, maar sekere 'plaasdiere' het my
gekruisig toe ek gesê het dat plaasprobleme is nie uniek net aan die Namibië
en die res van Afrika nie. Toe is vertel dat SA se grondwet goed genoeg is
[LW ontwikkeld genoeg is] om nie toe te laat wat in arme onnosel Namibia en
Zim gebeur het nie. En nou? Lees bietjie vir Beeld vanoggend! Daar is
voorsiening gemaak in die grondwet dat boere se ongebruikte grond wel
onteien kan word, sou dit nodig word! Ai!
Koeitjies & kalfies |
12 kommentare
Kerkorrel
Ma., 09 Desember 2002 06:00
Ek vind dat gister se hoofberig in Rapport oor Kerkorrel en sy
agtermekaar-vriendjie en dié se geweeklaag, niks doen om die kunstenaar se
nagedagtenis eer aan te doen nie. Dit laat my met die gedagte speel of die
mannetjie publisiteit soek vir dalk 'n laat-uitreiking van 'n Kerkorrel CD?
Koeitjies & kalfies |
11 kommentare
Birganza
Ma., 09 Desember 2002 05:45
Dinsdag gaan 'n span probeer om die 16 jaar oue rekord wat in Kenia opgestel
is - 342 verskillende voëls wat in 24 uur waargeneem is - te breek.
Die span beoog om 400 verskillende voëls te sien in die tydperk.
Hulle begin om mIddernag by Mkiuze en St Lucia, dan per vliegtuig en
helikopter na Ngoye, Wakkerstroom, Nylsvlei en Wonderboom.
Dan per straler na Saldanha, en dan na Piketberk Aurora, Velddrif en
Paternoster, en dan Kaapstad.
SA ondersteun omtrent 10% van die voëlkolonies wêreldwyd, en die
voëlkykerstoerisme industrie groei sterk.
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Nuus 9/11
Ma., 09 Desember 2002 05:19
1)Elaine kon nie wag om te vertel dat ons teen Pakistan gewen het nie:))
Dis waar, ons het.
Gister tydens die RSG uitsending is van die opponente as Sri Lanka gepraat.
Vanoggend het die nuusleser 'n tonglips gehad en van Hansie Bojč gepraat:))
2) 'n Vyfjarige dogtertjie van Uitenhage is dood nadat 'n skoenlapper haar
mond ingevlieg het.
3) Sampie Terblanche van die US het 'n boek geskryf wat deur Onse Prez se
broer onderskryf, ondersteun en uitgegee word waarin die huidige regering
beskuldig word dat hulle hul eie voorheenbenadeeldes verraai het en liewers
hand om die blaas staan met groot besighede.
4) Quinton Fortune kan nou nog minder doelloos rondhardloop - hy het 'n been
gebreek.
5) Die paaie het oor die naweek begin besig raak - dis vakansietyd en almal
wil gaan lê en ontspan.
6) Die 2 blondekoppe van die 5 finaliste in die Mej SA wedstryd het dit nie
gemaak nie, maar die 2 blondekoppe van die laaste 3 in The Bachelor het wel.
Annette
Nuus |
14 kommentare
Krieket
So., 08 Desember 2002 23:31
Julle almal moan so erg oor die Rugby, maar julle vergeet blykbaar van die
krieket. Ons "boys" doen 'n goeie jobbie van die krieket deesdae en ons kan
met reg trots wees op hulle. Hulle het Pakistan gister met 132 lopies
gewen. Ai, praat julle net sport as ons verloor? Of praat julle net Rugby?
Groete
Elaine
Sport & ontspanning |
0 kommentare
Wat sou jy antwoord?
So., 08 Desember 2002 17:46
Nuwe Mej SA is vanaand aangewys - 'n nooi Nel van Pretoria wat nie blond is
nie:)))
Ewenwel die 5 finale finaliste moes die vragie beantwoord sodat kan besluit
word wie moet wen.
As jy een gebeurtenis in die geskiedenis sou kon verander, wat sou dit wees?
Wat sou jou antwoord wees?
Annette
Koeitjies & kalfies |
27 kommentare