Om die prentjie te skep:
'n Vriendin van my was 28 jaar getroud.Twee kinders toe begin die man
rondloop.Na die egskeiding waar hy onderhoud moes betaal vir haar en die
twee kinders het hy sy werk gelos omdat hy nie onderhoud wou betaal nie.Hy
is in hegtenis geneem, gelos op eie verantwoordelikheid en moes die bykans
R30000-00 agterstalige onderhoud betaal...waarvan hy na twee jaar nog nie 'n
sent betaal het nie.Hy is kwyt geskeld van enige verdere onderhoud.Die huis
moes verkoop word en winste gelyk verdeel word...daar is sy ingedoen en het
nie 'n sent gekry nie.
Sy het die dogter in Delmas koshuis gesit en sonder vervoer het sy die kind
slegs twee keer nie kon gaan haal nie.Die kind is uit die koshuis geskors
weens gevloekery en dat sy geen dissipline aanvaar nie...asook die feit dat
sy rook en dagga rook.
Die tiener dogter het terwyl die ma moes werk om die pot aan die kook te
probeer hou rondgeloop en begin dagga rook en met rubbish meng!Die kind het
aanhoudend geloop en steel asook nagte weg van die huis gebly terwyl die
moeder eenkeer selfs in die hospitaal op ge eindig het.
Sy is na die KBE in Elsburg om hulp...hulle het haar na 'n welsyns
organisasie verwys.Die Christelike Maatskaplike Raad in Germiston wou nie
ingryp en help nie.Sy het die dogter by die pa afgelaai...wat haar nie wil
he nie.
Daarna is sy met die kind na die Ondersteunings Raad in Elsburg.Daar het 'n
maatskaplike werker genaamd "Marlene Visser" die saak op ge neem en begin
werk daaraan.
Vanaf die begin het sy mev.Young uitgekryt in haar verslae as "die vark in
die verhaal".Die kind is toe geplaas in 'n plek vir veiligheid genaamd
Collins-huis.Daar het hulle mev.Young verder afgekraak en te vertelle gehad
dat die kind hoegenaamd geen "gedrags probleme" het nie.Van daar is sy
uitgeplaas by 'n mnr. & mev.Butler in die omgewing.Daar was die kind 'n
engel tot sy met haar streke begin het.Hulle moes naderhand al die vensters
toe swys sodat sy nie kon uitkom en wegloop nie.Sy het geld
gesteel dagga gerook en probleme veroorsaak in daardie mense se huis.Die man
het op ge-eindig met 'n hart aanval.
Daarna is sy uit hulle sorg verwyder en in "NormansHuis"
'n ander plek van veiligheid in Edenvale geplaas.Daar het sy weg geloop en
het die Marlene Visser haar hande in onskuld gewas...terwyl die plek se
mense ook niks gedoen het om haar te vind nie.Sy het uiteindelik opge eindig
in 'n Kleurling lokasie genaamd Reiger Park tussen
dwelm handelaars en dwelm slawe.Steeds het die mev.Visser vir die kind te
vertelle gehad dat sy nie die verkeerde een is nie en dat sy sal sorg dat
die kind nie weg gestuur word na 'n nywerheid skool of verbetering skool
nie...en dat sy nie alles glo wat mev.Young of die Butlers van haar genoem
het nie.
Nadat mev.Young haar kind opgespoor het, het die Normans-huismense haar kom
haal.
Mev.Visser het vol gehou dat die kind nie die geleentheid gebied is om haar
self te bewys nie.Daarom is sy weereens 'n kans gebied om in pleegsorg te
gaan.Hierdie keer in Boksburg by die Loocks, wat reeds 25 jaar
pleegsorg-ouers is.Daar het sy eers tekere gegaan.Sy het weg gegaan van die
huis dan bly sy aande weg.Sy het steeds met haar dagga-rokery voort
gegaan...gemaak-en-breek soos sy wil.Steeds het die mev.Visser vir die kind
vertel dat sy nie Nywerheid- en/of Verbetering skool gehalte is nie...en dat
mev.Young die vark in die verhaal is!
Die Loocks(nadat hulle 'n kwart eeu pleeg kinders ingeneem het) het nie meer
kans gesien vir die kind nie.Die kind is deur die hof verwys na die Van
Rijn-plek vir veiligheid in Benoni.Daar het sy weg geloop en die plek se
mense het haar laat gaan aangesien sy vir hulle te vertelle gehad het dat
dit haar ouers is wat haar kom haal het!Dit het op 3 Desember
gebeur.Intussen het die mev.Visser nie haar werk na behore gedoen nie.Die
kind was by 'n maatjie se huis en die maatjie se pa het haar geskakel en sy
het geweet dat die kind daar is.Die man het dus 'n voortvlugtige kind
geherberg waarvoor die Mev.Visser hom moes laat arresteer het... sy het nie!
Intussen het die kind haar ma geskakel en gese dat Marlene Visser het vir
haar "Holiday Leave" gegee.Maar haar ma moet nie voor die daarop volgende
Maandag skakel nie.Sy moet ook nie na die plek vir veiligheid skakel
nie.Intussen het mev.Young die kind geglo omdat mev.Visser allse glo wat die
kind doen en se en die moeder uitkruit as die vark in die verhaal!
Mev.Young het Sondag 8 Desember self uitgevind dat die kind weg geloop
het.Mev.Visser het soos voorheen geensins eers die foon op getel om die
moeder in kennis te stel dat die kind weg geloop het nie.
Tot op hede doen die SAP niks om die kind te kry of diegene wat haar
onwettig weg geneem het toe te sluit nie.
Mev.Visser doen niks en was haar hande in onskuld,hoewel sy te kenne gee dat
mev.Young dus die slegte moeder is!
Wat staan mev.Young te doen?
Het enige persoon dalk raad om die mev.Visser iewers aan te kla aangesien
enige persoon kan sien dat sy nie haar werk na behore uitvoer met die
inligting tot haar beskikking nie?
Wat kan 'n mens doen om die SAPD te kry om hulle werk te doen?
Hoe gaan jy te werk om die plek van veiligheid sover te kry om hulle werk te
doen?
Mev.Visser kan gekontak word op (011)824-3226!
Die afgelope Dinsdag het ons 'Human Rights Day' in Namibië gehad en niks
hartstogtelik het eintlik gebeur nie. Die wat geld het, het dit by ander
dae gevoeg om te gaan vakansie hou op die een of ander plek, terwyl die
armgatte maar moes werk. Dis maar mos normaal? Wat my egter laat wonder,
is hoekom is daar altyd 'n 'menseREGTEdag' en niemand sê iets van
'menslikeVERPLIGTINGEdag' nie? 'n Dag waarop almal strewe om sy medemens
te respekteer, maak nie saak wie of wat hy is en watter werk hy doen nie.
'n Dag waarop jy nie mag steel nie, nie mag vloek nie, nie mag dronksuip
nie. 'n Dag waarop jy jou verpligtinge as 'n verantwoordelike burger van
jou land behoorlik nakom nie?
Dis mos mode vir almal om deesdae regte op te eis, maar niemand sê iets
van jou verpligtinge nie!
Ons probeer nog uitwerk wat hierdie jaar aan die gang is, maar ons hier aan
die Suidweskus het van vroeg af 'n wonderlike seisoen. Jy moet net keer,
die mense koop die verf van die mure af! Moerse klomp Gautengers wat
hiernatoe uitwyk omdat hulle strande mos toe is vir voertuie en as 'n man
ouerig is en sy bene al effe styf, hoe anders kom hy naby die water? Maar,
die besigheidsmense kla nie, alhoewel dit lyk na 'n ellelange
seisoen......as dit pap reën, moet jy skep!
Ek het nog nooit so lekker gelag op enige ng. soos op hierdie een nie.
As jy van Britse humor hou en ook meer wil uitvind oor wat in Europa
(en EU) aangaan, dan is dié nuusgroepe vir jou. Dit is nie 'moderated
' nie. Walter as jy nie daar is nie, kan ek dit aanbeveel. Pas op die
manne 'crosspost' baie, so dit is niks om 120 'postings' af telaai
nie. Nee, Annette is nie op daai groepe nie :-)
---
"Moja"
> "Binky Dawkins" wrote:
>
>> Not only have the media managed to 'lay a glove' on President Cherie and
>> the the other crooks and misfits, they have practically battered them
>> senseless. The fact that all of the scandals mentioned above have not yet
>> brought this government down is a reflection on the unprincipled times we
>> live in, and the fact that the opposition are like rabbits frozen in a cars
>> headlights.
>
> That's because the opposition is just as guilty of its scandals as
> Labour.
Ancient history, and they have served their time. Anyway, I don't
think
that they could compete with this lot.
> Just the fact that the Tories tolerate queers in their ranks is
> scandalous enough.
If we barred queers from parliament we would empty the place !
-----------------
Paul Hyett
>> Over 1 million people read the Telegraph.
> Which is amongst the *smallest* circulation's amongst our national daily
> papers.
Yes, realtively speaking it is not all that large. But in absolute
terms, a million people is not a trivial number.
The Wall Street Journal has only 1.5 daily subscribers and New York
and Washington papers have only 1 million, yet they are America's most
read papers.
You people either have an aweful lot of fish to wrap or you haven't
dicovered ordinary toilet paper in rolls.
Ek hoor julle word tand binnegeval deur sekuriteitspersoneel ter
voorbranding vir die ANC kongres.
Kan iemand uitvind of ek 'n stalletjie met pap en hoender nog daar kan
oprig?:)))
Annette
Van vrouens, kinders en andere:
Sê wie het 2 dae aan die onderwerp spandeer - en wat duidelik uitgekom het
is dat dit net 'n gepraat is, en die mense wat as kind gemolesteer is het
onomwonde verklaar dat hulle weet dat niks gedoen gaan word om die skuldiges
te laat besin nie.
Hulle wil nou dat almal wat van sulke misdrywe bewus is, die skuldiges gaan
aankla - maar soos een dame beweer het - toe sy 'n klag wou gaan lê toe 'n
kind haar in haar vertroue geneem het, is aan haar gestel dat slegs die
moeder die klag kan onderteken. In die spesifieke geval wou die moeder nie
die kind glo nie, of het heelwaarskynlik ander redes gehad hoekom sy geweier
het om dit te teken.
'n Ander dame het weer heeltemal verkeerdelik gekom met die storie dat die
wyse waarop kinders aantrek, mans uitlok om die veragtelike daad te pleeg.
Dis natuurlik 'n hoop bollie - en mens wonder hoekom daardie mite nog so
sterk aangehang word.
Tyd van lyste met handtekeninge en praat is lankal verby.
Nou moet daar geleentheid gegee word dat wanneer daar 'n aanklag is, elke
geval op meriete behandel moet word, sonder tegniese puntjies waar die
onwillige moeder moet teken . Deur haar onwilligheid is sy self net so
skuldig soos die gewaande molesteerder.
Dit help nie om die lot in die tronk te sit nie.
Laat die skuldiges vir die res van hul lewe betaal in kontant vir die
lydendes se opvoeding en noodwendige gevolglike sielkundige behandeling.
Ek is heeltmal bereid om 'n kind, vrou of jongmens wat so 'n ondervinding
gehad het by my in te neem en te help, net sodat hulle van die monster ( nie
altyd 'n man nie) kan wegkom.