Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Charfe poef soos 'n pro en mense skiem jys main

Di., 31 Desember 2002 14:08

Verken jou 'zefgeid'
TOAST COETZER
Die Burger 30 Des 2002

'Charfe poef soos 'n pro en mense skiem jys main'

DIE internet is 'n weird kroeg. Jy kan heelnag drink, woes rinkink,
vuisslaan, twakpraat, girls bestreel, bomme plant, mure afbreek en
snoekerstokke oor jou knieg breek tot vroegdag.

Maar wanneer jy die swaaideure agter jou laat toefladder, dan
maak niks saak nie. Want dis nie heeltemal genuine nie, dit het
net so 'n nat nagmerrie-gevoel wat jou oksels effens laat stink.
Dit voel dalk waar, maar daar's nie altyd bloed op jou hande nie.

Tog, dis vermaaklik, en dan en wan kry jy goeie tips van die ander
ouens in die kroeg. En dis vry en wyd, sonder traffic cops en speed
bumps. Dis in hierdie guerrilla-gewaad waar iets soos
www.watkykjy.co.za floreer.

Wat kyk jy? is 'n webwerf waar Afrikaans (en grotendeels Pretoria)
se effens muwwerige skaamhare van naderby beskou word. Dis 'n
hoogs vermaaklike deel van die Afrikaner se anatomie en bevat,
behalwe Valiant se "geboue op jou geslag", ook karre, popkultuur,
"komieks", ware lewensverhale en ander opvoedkundige dinge.
Om dit eenvoudig te stel, dis die anti-Litnet.

Wat kyk jy? het sy debuut in Junie 2000 gemaak toe vier gabbas
by name CHopper CHarlie, GrifFin, Super Deluxe 3000 en
Skipper Glen (dis die internet dié, niemand het regte name nie)
luidens berigte "op 'n luilekker sonnige middag spoorloos in die
woud by Magnolia Dal In Pretoria verdwyn het". Vyftien minute
later is hulle tapes gevind."

Die missie was om "die all-permeating zefgeid van Afreakaanse
mense (en hul dinge)" op te teken sodat die nageslag, indien enige,
dit sal kan waardeer. Vandag sorg GriFin, CHopper CHarlie en
Briekmerk Onnebroek vir die site, wat met die sorg en kundigheid
van dronk mechanics aanmekaargesit word en elke tweede
volmaan of so die lig sien - die nuwe uitgawe is reeds hul 21ste.

Neem byvoorbeeld die Zef Slang-afdeling op die site. Nêrens
anders kan jy soveel nuttige woorde in een dag leer nie. Sommige
sal jou wel in die moelikheid laat beland by die dominee, jou ma,
en jou girlfriend (en ander fynbesnaarde mense), maar die punt is
dat hierdie woorde werklik in die spreektaal bestaan. Wat kyk
jy? teken dit op en deel dit gratis uit. Hulle's dus die taalstryders
vir die edele gespuis, en hulle weet dit.

CHopper reken hulle doen selfs meer vir die Afrikaanse
woordeskat as die HAT. "As jy praat soos die HAT sê, gaan
mense dink jy's 'n doos en hulle sou reg wees. As jy poef charfe
soos 'n pro sal mense skiem jy's main. Keuse's joune, ou bul.
Zef slang is soos die bra's en chicks daarbuite praat. As dit
eksplisiet is, is dit seker maar hoe die sif bliksems praat.
Sorry vir die taalstryders, universiteite, NG kerke en ander
krimpies - dinge is lankal buite julle beheer. Ons het mal geword."

Alhoewel zef slang meestal verwys na redelik eksplisiete
tydverdrywe, is daar tog dinge wat ons in 'n gesinskoerant kan
druk. Om 'n "skuimkoppie deur die nek te jaag" beteken
byvoorbeeld om 'n bier te drink. "Fopspene" is silikoonborste,
en "Vitamine B&C" is brandewyn en Coke. Die zef slang word
deur lesers ingestuur, verwag dus die ergste, en moenie dat jou
kinders dit gaan uitcheck as hulle nog nie 'n quart Black Label
met een hand kan vashou nie.

Verder sal die site jou tot nuwe insigte bring (hoe afskuwelik die
beeld ook al) en ooglopende probleme in die samelewing laat
bevraagteken - "soos hoekom is paisley altyd in", reken CHopper,
"en waarom ons van Celine Dion hou". Dit sal jou ook help "om
te check hoe china's actually praat", en vir jou bewys "dat nie
alle Afrikaanse mense lame-ass klierkoppe is nie". "En dit sal
jou help met skoolwerk en om jou partner tot orgasme te bring.
En nee, dit kom nie op jou etlapkaart nie."

En so is dit. As 'n mens die briewe-blad op die site lees, besef 'n
mens gou die site is nie vir mense wat aarbeie in hulle Corn Flakes
sit nie. Tog, die zef-kultus het genoeg aanhang om sommige maande
tot 10 000 besoekers te lok, van reg oor die wêreld, waar die
braaiers en skurwekenne ook al skuil. 'n Mens sien ook oral hul
bekende "Jou ma se e-pos"-T-hemde, en nou en dan organiseer
hulle woeste partytjies daar in Tshwane rond, soms saam met
daai ander gekunsteldes wat die verhoogstuk Zef Sketse aanbied.

Komaan, vroetel daai muis oor na www.watkykjy.co.za, selfs
al is dit net om te sien hoe lyk die nuwe gevaar, tannie.

(Skakel vou om)
http://www.news24.com/Die_Burger/KunsEnVermaak/
0,5824,4-1428_1302625,00.html

Vir non-Mwebbers (Skakel vou om)
http://anon.free.anonymizer.com/http://www.news24.com/Die_Bu rger/
KunsEnVermaak/0,5824,4-1428_1302625,00.html

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Siener in die Suburbs

Di., 31 Desember 2002 13:59

Ek lees nou die dag in 'n ou uitgawe van Insig dat die drama "Siener in die
Suburbs" eenkeer verfilm was. Weet enige iemand of dit op video beskikbaar
is?

Groete,

Johannes van Vuren,

Canterbury, Engeland.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Beste Wense vir 2003

Di., 31 Desember 2002 08:03

Aan al die bakleieriges en vredeliewendes, volleerdes en kratermakers hier,
Beste wense vir 2003.

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Anonimiteit nuusgroep ...

Ma., 30 Desember 2002 10:45

Ek sal graag 'n paar menings wil toets - is dit gewensd dat deelnemers aan
die nuusgroepie anoniem bly, al dan nie.

Persoonlik glo ek dat dit nie gerade is om, en ook nie noodsaaklik is om jou
identiteit hier bekend te maak nie.

Op die manier maak mens ook seker dat jy nie deur snaaksies geteister word
nie. 'n Verdere voordeel is dat die "gesprekke" op die onderwerp afgestem
is - persoonlike op- en aanmerkings bly sodoende blote bespiegelinge?

Wie sê wat in die verband?

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Ontdekking

Ma., 30 Desember 2002 03:46

Hi, en toe ontdek ek wraggies vanoggend eers hierdie groep. Sien dit werk
so, met die weeerlig in die omgewing en n R7-weekend call aan die gang, het
my modem n geveg met n bliksemstraal verloor. Ek dog toe dat ek die kans
gebruik en format etc etc. Op n stadium moet n mens dan weer al die
newsgroups van die SAIX server aflaai, toe sien ek hierdie een raak.

Mmmm, n paar interessante debatte hier, so ek is gesubscribe. Goed om n paar
mense vanaf die rugby en krieket plekke ook hier rond te sien dwaal.

Tot later

Joeboy

--
There are 10 types of people in the world
Those who understand binary and those who don't

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Ag Paul, jy was verkeerd

So., 29 Desember 2002 15:58

Jy het jou nou in 'n ding gekry nadat Ferdi my geantwoord het. Maar,
ou maat, jy was verkeerd om hom vals te beskuldig. Erken dit net en
gaan aan.
Jonas

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lekker verjaar!

So., 29 Desember 2002 09:14

bobbie's girl

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Smouse op die Parade

Sa., 28 Desember 2002 15:49

Hies jou lekke avos only R5 a bag.
net een byt en die hening spyt
die bye is my getuie.

Mammie!! avos gee jou gladde hare!

Mammie: Nou hoekom vriet djy nie avos vir djou hare nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Streepsuiker

Sa., 28 Desember 2002 15:47

Juffrou vra Kosie wat die volgende idioom beteken:
Jy het streepsuiker gekry.

Kosie:
Juffrou sien mens vat 'n Pick en Pay sak en dan gooi jy suijer daarin en dan
het jy streepsuiker.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Raaisel

Sa., 28 Desember 2002 15:44

Wat is 'n warm knoop in Engels?

'n Hotknot.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    651  652  653  654  655  656  657  658  659  660  661  662  663  664  665  666    »]
Tyd nou: Do. Des. 25 04:13:12 UTC 2025