Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Glas, glas, glas ...

Sat, 04 January 2003 10:58

Glas, glas, stukke glas orals.

Gebreekte bottels (ex-misielle) in Hillbrow,
glas op ons strande, in ons parke en zoos (sommige parke is zoos),
glas in my (woongebied) straat (roekeloos uitgegooi vanaf 'n verbygaande
voertuig).

Hoekom het hierdie alkoholiese drank houers nie 'n terugkeer (deposito)
waarde nie? Daar moet 'n ekonomiese waarde wees vir gebruikte (herwinbare)
glas? Daar is suksesvolle besighede wat kuns en funksionele glas voorwerpe
skep van afval.

Hoekom nie die bottel fabriek (verskaffers/bemarkers) skuldig maak nie? Vir
die ekonomiese (opruiming vir toerisme), fisies (beserings) en omgewings
skade.

Wat van strenger toegansbeheer by publieke areas - GEEN glas houers! Daar is
'n wet teen die drink (van alkohol) in die publiek, maar niks word gedoen
oor die aksie/s daarna nie wat op wetelose vandalisme (breek van
glasbottels) ly nie.

Waar sal ons begin? Vergeet die opvoedingsaksie. Prosedeer die varke! OF hou
bottels heel, gee dit in vir 'n deposito vir hergebruik of herwinning.

TJ

---

People think of glass as one of the "true recyclables" along with newspapers
and aluminum and steel cans, but changes in the economics of recycling and
recycling collection systems have removed glass from that list in many
American communities.

Rather than let glass bottles return to the waste stream, some communities
are trying other means of glass recovery. While bottle-to-bottle recycling
may not be feasible in some areas, crushed bottle glass is being used in
asphalt, concrete, septic system filters, flooring material and other
engineering and building applications.

THE THREE Rs

Reduce, re-use and recycle. Recycle waste material into useable products.

Glass is 100 percent recyclable. Household bottles and jars are made from a
melted mixture of silica (sand), soda ash and limestone. Glass manufacturers
can use your old glass in this process.

Sources: Internet

---

glass recycling : an industry perspective

The recovery and recycling of used glass containers has always been of
critical importance to Consol Glass. Over the past years it has invested a
great deal of finance and staffing in ensuring that glass recycling moves
forward from strength to strength. As part of its social responsibility and
community development programmes Consol is committed to ensuring that
recycling of glass continues to benefit entrepreneurs throughout Southern
Africa. The reasons for this are both environmental and financial as
outlined below:

Conserves our irreplaceable natural resources

Although the ingredients of glass are plentiful they cannot be replaced.
Cullet allows the glass manufacturers to supplement these raw materials at
rates varying between 25 - 70 %. Glass is 100% recyclable.

Saves energy through lower melting temperatures

Reduction in energy costs as cullet melts at a lower temperature. The
factories therefore require less oil etc to melt the same quantities of
glass.

Conserves landfill space

Reduction in energy costs as cullet melts at a lower temperature. The
factories therefore require less oil etc to melt the same quantities of
glass.

Conserves landfill space

Glass is estimated at comprising 4.5% of the waste stream. Recycling this
valuable product allows for the better management of landfill sites, which
in turn will benefit the lifespan of the site.

Reduces litter

Entrepreneurs collect glass containers off the street which have been
improperly disposed of by the user.

Has educational value

Our children will grow up in the recycling way - caring for their
environment and fellow mankind.

Is linked to job creation and income generation

Unemployed persons are able to provide an informal income by way of
collecting and selling the glass to the processor. No capital outlay or
formal qualifications are necessary to collect this glass.

Generates funding for charities, schools, and welfare organisations

These organisations are remunerated for glass collected from their depots.
This funding is often utilised to purchase much needed computers and other
equipment.

An amazing fact about using cullet (recycled glass) is that there are no
fusion losses in the melting process. In other words one ton of cullet will
generate the ability to remake one ton of bottles. In contrast it takes
approximately 1.2 tons virgin batch material to manufacture 1 ton of glass.

What is Recyclable Glass?

In essence all glass bottles and jars are recyclable through the glass
packaging furnaces. Plate/Flat glass is recyclable through other companies.
Materials that are not recyclable through Consol are:

Ceramic cups, plates and pottery
Clay garden pots
Laboratory glass
Crystal and opaque drinking glasses
Mirrors, windshields and window glass
Heat-resistant ovenware (for example, Pyrex or Visionware)
Light bulbs

Before recycled glass is melted, the following contamination is removed
through processing:

Ceramic and wire caps for beer bottles
Lead collars from wine and champagne bottles
Stones and dirt
Metal caps, lids and neck rings
Collections

Glass is collected throughout Southern Africa and bought by the Glass
Packaging Industry. For further information on your local collector/agent
please contact the Glass Recycling department on 011 874 0000. Collections
are performed through appointed agents. As part of an awareness initiative
stakeholders in glass recycling have invested in 1,200 bottle banks in urban
towns throughout South Africa to assist in domestic recoveries.

Consol's Involvement Consol Glass has many planned activities to aid in
increasing the volumes of recycled glass. Some of these are highlighted
below:

Township Growth

There are currently 40 formal glass collecting agents in Gauteng townships
collecting no less than 500 tons per month. Through further investment and
links with government department Consol intends on providing more
entrepreneurial opportunities in growing this market to even greater
heights. Expansion into the Western Cape and Greater Durban areas are to be
initiated.

Kerbside Collections

Consol will be analysing the possibility of performing domestic kerbside
collections. With the possibility of government legislation being imposed
onto glass separation at source may be implemented to assist.

Statistical Performance

Currently the Glass Packaging Industry, Consol Glass and Nampak Glass,
produces glass sales of 540,000 tons per annum. Of this around 105,000 tons
(20%) is recovered and recycled. A statistical graph at
http://www.consol.co.za/html/glassrecycling.htm shows the historical trend
over the past 16 years.

Source: www.consol.co.za

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Arrive Alive, ja right!

Fri, 03 January 2003 08:46

Hierdie 'Arrive Alive' campaign wat ons elke jaar oor krismas het krap
regtig aan my. Het iemand al agter gekom dat die pad ongeluksyfer elke
jaar styg maar elke jaar is daar die een of ander dom klot wat sy
bakkies op TV wys en iets in die lyn van 'We feel that the Arrive
Alive campaign was a great success' kwyt raak. Dan wonder ek maar net
weer wanneer gaan hulle wakker skrik en die taxi ruik. Daar is der
duisende van hierdie bondels scrap metal wat taxis genoem word op ons
paaie. Om hulle almal van die pad af te haal en direk na Yskor se
smeltery toe te stuur sal die spietkops maande, dalk jare, besig hou.
Maar nee. Kom ons sit al ons resources agter die ou met die M3 aan.
Ten minste sal hy kan betaal as ons hom vang.
Solank jy net onder die spoedgrens bly kan jy wegkom met een of twee
wheelnuts per wiel, deure wat met draad toegebind word, stukkende
ligte (as daar is), gladde rethreads, stukkende vensters en nog baie
meer maar om hemelsnaam moet tog nie 140 in `n 120 zone ry nie. ZERO
TOLERANCE! dis wat jy kry.
Ek probeer natuurlik nie sê dat dit reg is om te speed nie maar dit
vat nie `n brain surgeon om te sien dat die GROOT probleem nie by
spoed is nie maar by voertuie wat onpadwaardig is. Ja, speed will kill
you as die idioot met gladde tyres voor jou ingly om `n draai of as hy
nie deur die windscreen kan sien as dit reen, want hy het nie wiper
nie, en hy ploeg headon in jou vas; maar jou kanse op oorlewing is net
slightly beter sou jy 60 gery het waar dit 100 persent sal wees as hy
in die eerste plek nie op die pad was nie. Just a thought, use it
don't use it, whatever.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

nuwe jaar

Thu, 02 January 2003 07:04

'n wonnerlike nuwe jaar aan al die suid afrikaners en sterkte aan die rand !

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Slegte nuus vir die nuwe jaar

Tue, 31 December 2002 19:30

my isp gaan op na R85 vanaf môre, hulle gee Telkom die skuld. Dis'n
ekstra R10

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Lekker Nuwejaar

Tue, 31 December 2002 14:49

Geniet julle nuwe jaar en mag dit 'n vreeslik voorspoedige een wees!!
Moenie drink en bestuur nie, as julle te dronk is om te bestuur, slaap waar
jy geparty het, kom veilig by die huis. Drink baie water voordat jy bed toe
gaan, dit keer dat jy babbelaas kry :))))

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Charfe poef soos 'n pro en mense skiem jys main

Tue, 31 December 2002 14:08

Verken jou 'zefgeid'
TOAST COETZER
Die Burger 30 Des 2002

'Charfe poef soos 'n pro en mense skiem jys main'

DIE internet is 'n weird kroeg. Jy kan heelnag drink, woes rinkink,
vuisslaan, twakpraat, girls bestreel, bomme plant, mure afbreek en
snoekerstokke oor jou knieg breek tot vroegdag.

Maar wanneer jy die swaaideure agter jou laat toefladder, dan
maak niks saak nie. Want dis nie heeltemal genuine nie, dit het
net so 'n nat nagmerrie-gevoel wat jou oksels effens laat stink.
Dit voel dalk waar, maar daar's nie altyd bloed op jou hande nie.

Tog, dis vermaaklik, en dan en wan kry jy goeie tips van die ander
ouens in die kroeg. En dis vry en wyd, sonder traffic cops en speed
bumps. Dis in hierdie guerrilla-gewaad waar iets soos
www.watkykjy.co.za floreer.

Wat kyk jy? is 'n webwerf waar Afrikaans (en grotendeels Pretoria)
se effens muwwerige skaamhare van naderby beskou word. Dis 'n
hoogs vermaaklike deel van die Afrikaner se anatomie en bevat,
behalwe Valiant se "geboue op jou geslag", ook karre, popkultuur,
"komieks", ware lewensverhale en ander opvoedkundige dinge.
Om dit eenvoudig te stel, dis die anti-Litnet.

Wat kyk jy? het sy debuut in Junie 2000 gemaak toe vier gabbas
by name CHopper CHarlie, GrifFin, Super Deluxe 3000 en
Skipper Glen (dis die internet dié, niemand het regte name nie)
luidens berigte "op 'n luilekker sonnige middag spoorloos in die
woud by Magnolia Dal In Pretoria verdwyn het". Vyftien minute
later is hulle tapes gevind."

Die missie was om "die all-permeating zefgeid van Afreakaanse
mense (en hul dinge)" op te teken sodat die nageslag, indien enige,
dit sal kan waardeer. Vandag sorg GriFin, CHopper CHarlie en
Briekmerk Onnebroek vir die site, wat met die sorg en kundigheid
van dronk mechanics aanmekaargesit word en elke tweede
volmaan of so die lig sien - die nuwe uitgawe is reeds hul 21ste.

Neem byvoorbeeld die Zef Slang-afdeling op die site. Nêrens
anders kan jy soveel nuttige woorde in een dag leer nie. Sommige
sal jou wel in die moelikheid laat beland by die dominee, jou ma,
en jou girlfriend (en ander fynbesnaarde mense), maar die punt is
dat hierdie woorde werklik in die spreektaal bestaan. Wat kyk
jy? teken dit op en deel dit gratis uit. Hulle's dus die taalstryders
vir die edele gespuis, en hulle weet dit.

CHopper reken hulle doen selfs meer vir die Afrikaanse
woordeskat as die HAT. "As jy praat soos die HAT sê, gaan
mense dink jy's 'n doos en hulle sou reg wees. As jy poef charfe
soos 'n pro sal mense skiem jy's main. Keuse's joune, ou bul.
Zef slang is soos die bra's en chicks daarbuite praat. As dit
eksplisiet is, is dit seker maar hoe die sif bliksems praat.
Sorry vir die taalstryders, universiteite, NG kerke en ander
krimpies - dinge is lankal buite julle beheer. Ons het mal geword."

Alhoewel zef slang meestal verwys na redelik eksplisiete
tydverdrywe, is daar tog dinge wat ons in 'n gesinskoerant kan
druk. Om 'n "skuimkoppie deur die nek te jaag" beteken
byvoorbeeld om 'n bier te drink. "Fopspene" is silikoonborste,
en "Vitamine B&C" is brandewyn en Coke. Die zef slang word
deur lesers ingestuur, verwag dus die ergste, en moenie dat jou
kinders dit gaan uitcheck as hulle nog nie 'n quart Black Label
met een hand kan vashou nie.

Verder sal die site jou tot nuwe insigte bring (hoe afskuwelik die
beeld ook al) en ooglopende probleme in die samelewing laat
bevraagteken - "soos hoekom is paisley altyd in", reken CHopper,
"en waarom ons van Celine Dion hou". Dit sal jou ook help "om
te check hoe china's actually praat", en vir jou bewys "dat nie
alle Afrikaanse mense lame-ass klierkoppe is nie". "En dit sal
jou help met skoolwerk en om jou partner tot orgasme te bring.
En nee, dit kom nie op jou etlapkaart nie."

En so is dit. As 'n mens die briewe-blad op die site lees, besef 'n
mens gou die site is nie vir mense wat aarbeie in hulle Corn Flakes
sit nie. Tog, die zef-kultus het genoeg aanhang om sommige maande
tot 10 000 besoekers te lok, van reg oor die wêreld, waar die
braaiers en skurwekenne ook al skuil. 'n Mens sien ook oral hul
bekende "Jou ma se e-pos"-T-hemde, en nou en dan organiseer
hulle woeste partytjies daar in Tshwane rond, soms saam met
daai ander gekunsteldes wat die verhoogstuk Zef Sketse aanbied.

Komaan, vroetel daai muis oor na www.watkykjy.co.za, selfs
al is dit net om te sien hoe lyk die nuwe gevaar, tannie.

(Skakel vou om)
http://www.news24.com/Die_Burger/KunsEnVermaak/
0,5824,4-1428_1302625,00.html

Vir non-Mwebbers (Skakel vou om)
http://anon.free.anonymizer.com/http://www.news24.com/Die_Bu rger/
KunsEnVermaak/0,5824,4-1428_1302625,00.html

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Siener in die Suburbs

Tue, 31 December 2002 13:59

Ek lees nou die dag in 'n ou uitgawe van Insig dat die drama "Siener in die
Suburbs" eenkeer verfilm was. Weet enige iemand of dit op video beskikbaar
is?

Groete,

Johannes van Vuren,

Canterbury, Engeland.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Beste Wense vir 2003

Tue, 31 December 2002 08:03

Aan al die bakleieriges en vredeliewendes, volleerdes en kratermakers hier,
Beste wense vir 2003.

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Anonimiteit nuusgroep ...

Mon, 30 December 2002 10:45

Ek sal graag 'n paar menings wil toets - is dit gewensd dat deelnemers aan
die nuusgroepie anoniem bly, al dan nie.

Persoonlik glo ek dat dit nie gerade is om, en ook nie noodsaaklik is om jou
identiteit hier bekend te maak nie.

Op die manier maak mens ook seker dat jy nie deur snaaksies geteister word
nie. 'n Verdere voordeel is dat die "gesprekke" op die onderwerp afgestem
is - persoonlike op- en aanmerkings bly sodoende blote bespiegelinge?

Wie sê wat in die verband?

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Ontdekking

Mon, 30 December 2002 03:46

Hi, en toe ontdek ek wraggies vanoggend eers hierdie groep. Sien dit werk
so, met die weeerlig in die omgewing en n R7-weekend call aan die gang, het
my modem n geveg met n bliksemstraal verloor. Ek dog toe dat ek die kans
gebruik en format etc etc. Op n stadium moet n mens dan weer al die
newsgroups van die SAIX server aflaai, toe sien ek hierdie een raak.

Mmmm, n paar interessante debatte hier, so ek is gesubscribe. Goed om n paar
mense vanaf die rugby en krieket plekke ook hier rond te sien dwaal.

Tot later

Joeboy

--
There are 10 types of people in the world
Those who understand binary and those who don't

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Bladsye (1838): [ «    650  651  652  653  654  655  656  657  658  659  660  661  662  663  664  665    »]
Tyd nou: Mon Jan 20 04:01:25 UTC 2025