Nuus 9/1
Do., 09 Januarie 2003 05:51
Kampsbaai brand - alweer.
Gelukkig het die wind nou gaan lê, en die vuur sal nou hopelik geblus word.
Annette
Nuus |
0 kommentare
Nuus 8/1
Wo., 08 Januarie 2003 18:31
1)Vir die wat nie die Huisgenoot deurblaai nie: Joost van der Westhuizen (
skrumskakel) is toe met Amore Vitone ( ex-lotto meisie) getroud. Geen
melding word gemaak van ex-vroulief nie.
2) 10 mense is gister dood toe 'n passasierstrein van agter af in 'n
goederetrein vasgery het net anderkant Kraaifontein op pad na Paarl. 'n
Kommissie van ondersoek het 10 werkdae om 'n verslag van die gebeure op te
stel.
3) 4500 vrywilligers is gereed om op te tree by die openingseremonie van die
krieketwêreldbeker. Daar gaan 6 tablo's wees en dan die finale koornommer.
Ons koor tree op, maar ek is nie by nie. Sommige mense moet werk terwyl die
ander dae het om kan rondsit om te oefen wat om wanneer te doen.
4) Hierdie naweek is die optrede van die finaliste in die Kaapse Klopse
kompetisie, voor dat die wenners aangewys word.
5) SAA borg die SA Ope gholftoernooi wat more begin by Erinvalley by
Somerset Wes.
Die bestuur was verlede maand onder skoot op die wyse waarop hulle van die
ganse ontslae geraak het wat die gholfspelers sou pla.
Annette
Nuus |
0 kommentare
Paté Foie Gras
Wo., 08 Januarie 2003 07:12
Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse dit
opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame wat reken
hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel van die
fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die mense hoe
word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat hulle met
'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
dieremishandeling in die ergste graad.
Koeitjies & kalfies |
32 kommentare
Hond gedrag
Wo., 08 Januarie 2003 04:22
Ek weet nie of hier iemand is wat my n biejtie raad kan gee nie. Ek
het verlede jaar vir my 5 roosbome gekoop. Ice Bergs, is die naam
van die rose op hulle lang stele en wit blomme! Ek het n baie mooi
bedding daarvoor gemaak maar elke keer wat ek/ons vir n dag of wat weg
van die huis af is, vreet ons hond so n roosboom op. Of hy grou dit
uit die grond uit!! Ek is nou al werklik moedeloos en wonder sommer
of die hond ooit hierdie gedrag sal afleer en indien wel, hoe? Die
hond is n kruising tussen n bull mastiff en n boerboel. Sy is nou
amper twee jaar oud. Het ook nog nooit op hitte gekom nie!
Troeteldiere |
19 kommentare
PMS
Di., 07 Januarie 2003 21:42
DD
Pass My Shotgun
Pardon My Sobbing
Psychotic Mood Shift
Pissy Mood Syndrome
Perpetual Munching Spree
Permanent Menstrual Syndrome
Provide Me with Sweets
Pimples May Surface
Pass My Sweatpants
Puffy Mid-Section
Plainly Men Suck
Wouter
In Afrikaans is dit blykbaar Malkoeisiekte
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Beurse
Di., 07 Januarie 2003 20:44
Kan iemand my sê hoe 'n mens te werk gaan om aansoek te doen vir beurse? My
bediende se dogter wil vreeslik graag 'n dokter word, maar daar's nie fondse
beskikbaar vir so iets nie. Sy skryf hierdie jaar matriek. Wat van 'n
studielening? Is dit ooit moontlik vir haar om so 'n lening te kry?
Dankie & Groete
Elaine
Koeitjies & kalfies |
10 kommentare
Hp 870 Cxi drukker
Di., 07 Januarie 2003 18:01
Kan iemand vir my vertel hoe ek aan byde kante van 'n A4 bladsy kan
druk. Op my vorige OS (ME) het ek die HP sagteware gebruik wat saam
met die drukker gekom het. Nou met die xp OS gebruik ek die wat saam
met xp gekom het, maar sien nie die plek waar ek dit die 'default'
manier van druk kan maak nie.
--
Rekenaars & selfone |
11 kommentare