As 'n vakbond ketools raak, dan kan jy maar net jou kop skud.
Bg se lede staak, omdat hulle nie wil hê hulle prestasies moet gemeet word
voordat die prestasiebonusse bepaal en betaal word nie.Almal moet nou 'n
prestasie bonus kry., of hulle nou presteer het of te not.
Miskien moet daar 'n voorvereiste wees dat ten minste 45% van die bestuur
van 'n vakbond moet bestaan uit mense wat besighede het, sodat iemand vir
die bokse kan vertel waarom dit prestasiebonusse genoem word.
Gatiep stap verby Meraai wat 'n vreeslike stywe broek aanhet. Hy vra:
"Meraai, is djy nie bang vir Fauna en Flora nie" ? , Sy se , "Nei nou hoe
dan nou Gatiep"? , waarop Gatiep se , "maar djy wurre djaai parratjie darem
te vreeslik"
Da' bo innie Bosveld stap hasie eendag so deurie gras en kom oppe
borrel Witblits (Mampoer) af wat innie son gele het. Hy vat toe so
paar slukke ma' die witblits skop hom so lat hy net daar uit-pass.
Jakkals kom verby , sien vir hasie ennie bottel , dog toe hy sal ook
so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm witblits kap hom ook
om.
So le die twee nou daar toe Hayena verby kom , kon sy geluk nie glo
nie maar maak dieselfde fout en drink ook eers anie bottel , selle
storie val net daar neer , uit-gepaas.
Leeu kom op die storie af. Besluit hy eet nie aan jakkalse en
hayena's nie en die haas is te klein om eers oor te worry. Vat toe
maar so paar groot slukke aan die borrel witblits en daar slaan hy ok
neer.
Met die begin hasie roer , sit regop mette moerske kopseer. Maar hy
skud sy kop , trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy nou
hoe le leeu , jakkals en hayena bewusteloos en se : "Hel, maar ek raak
darem aggresief as ek gedrink het !!"
Is Saterdag om 12vm uit Bellville weg. By Hermanus iets gaan drink en eet,
en toe aan na Franskraal. Die partytjie die aand was by Dangerpoint se
Bootklub - mooi plek .
Toe om 10nm vat ons die pad na Swellendam, en slaap oor by Blue Water Ranch,
net voor Swellendam. Pragtige plek - en redelik - R115 p.p vir bed en
ontbyt.
Toe, Sondagoggend, net na 9, anderkant Swellendam kom ek my enigste
gevaarlike ryer die hele naweek tee - wit man in sy wit bee-em met 'n EC
registrasienommer. Die boks het toe nie tyd om vir 5 sekondes agter 'n
Citroen wat teen 115k p/u ry aan te kruie teen die bult uit nie - nee, hy
moet kwansuis op die dubbelstreep verby op 'n plek naby die kruin, en dit
nadat ons vir ten minste vir 'n halfminuut nie kon sien of daar enige
verkeer van voor sou aankom nie.
Sou daar iemand van voor oor die kruin op daardie oomblik gekom het, het nie
hy, of die boks in die bee-em eers 'n aks van 'n sekonde gehad om uit te
swaai nie, en die rustige Citroen en heelwaarkynlik ek ook sou in die
gevolge betrokke gewees het.
Dis is tye soos daardie wat mens wens vir 'n hand uit die wolke wat die
onverskillige skud tot hy by sy sinne kan kom.
By Riversdal en ek Hard Hallo Tobie!! geskree en gewaai, maar miskien was hy
besig met koek en tee:))
Toe is ons aan na George - 2 plekke waar ek mense moes sien - toe ete, 'n
glasie rooi, en die pad terug.
Annette
Liano ( ons voorsitter)het toe vanoggend 'n onderhoud gehad op vrouerubriek
oor ons. Hy was seker maar bietjie opgewonde, want hy praat van dat ons tot
komposisies sing uit die resensance tydperk:))
In hierdie week se Huisgenoot is daar ook 'n artikel oor die
openingseremonie, en een van ons blinde koorlede is in volle kleur daar.
Annette
uit Maandag-Beeld: ......die gerug loop ook dat ou Idi 'n paar nuwe poste
aangebied is waaruit hy kon kies vir sy volgende lewe. Hy moes blykbaar kies
tussen president van die Vrystaatse Landbou-unie, hoofkameelbestuurder vir
ou Maarhamoer Ghaddafi of tronkbaas van die Grootvlei-gevangenis.