Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Goeie Krieket

So., 09 Februarie 2003 20:23

Hel dit was goeie krieket. Vrek ons het dit so amper gemaak. Darem het
Lancie ingekom en gekeer dat ons soos totale dose lyk! Ag nou ja, dis darem
nog nie oor nie!

Elaine

Sport & ontspanning | 3 kommentare

krieketpaartie, antie

So., 09 Februarie 2003 11:37

hellou my antie

ek hoop antie het ook na die krieketpaartie gekyk soos ons want julle
het mos ook 'n spannetjie hier wat hulle lak kom traai.

antie moes gesien het hoelat die zebras en swartwitpense innie middel
vannie nag oor nieweland hardloop. ek dog my pa het ons alweer wildtyn
toe gevat antie. en springbokke antie ma' nie wat krieket kan speel
nie. hille is proteas.

en antie moes die misiek gehoor het. daai mense vannie townships jaaiv
lat jy net sien teksies smêsj en tryne ry. ok vier ooms wat op vijole
speel - die soewêtoe strieng kwartet antie. my pa sê as die proteas
soos hille kan speel kannie anner spanne ma' hys toe gaan. en het
antie geweet lat paultjie wat in sewendelaan speel so goed met kwaito
is. toe maar my pa ok nie ma' soos antie ken hy ok nie van sewendelaan
en kwaito nie.

my pa het gelaaik om die stokou sportmanne soos naas botha en morné
die plesier en ghrym pollok op die veld te sien. en ook ytlanders soos
sitnie maree en frênkie frederiks en bessil dollewera. my pa sê 'n
mens moet altyd onthou wa' jy vandaan kom ma' ek bly nog altyd hie op
sanien antie ek sallie virdwaal nie.

toe kommie spanne oppie veld antie. kannadaar ook ma' oom hansie
vannie pênnelbieters sê kannadaar lyk meer soos wesindieje as wat
hille na kanadaar lyk. ek hoop nie antie-hille koop mense om vir jille
bekers te wen nie. en antie sal my nie glo nie ma' da is 'n foto innie
koerant waar oom inkontoe balvoorpaaltjie jaak kallis se hand skud.
nou weet oom inkont ook wie is kallis antie.

ma' wat sleg is antie is lat hille niemand kon kry wat afrikaans kan
sing nie. net ingels indêbele kosa en zoeloe antie. lettie koemaloe sê
darem sy praat afrikaans en hille sê die proteas praat ôk afrikaans
oppie veld ommie kanaardese te konfoes en die ossies bemoerd te maak.
ma' praat is een ding antie en sing is 'n anner deentjie. my pa sê
hille moet daai mense sanien toe stier lat ons vir hille sarie marê en
die lied van jong syd-afrika kan leer.

koebaai antie

hennerietjie (ek sal laat weet as kanadaar die wêreldbeker wen ma' dis
dalk nie die jaar nie)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nuus 9/2

So., 09 Februarie 2003 09:50

1) 'n Taxi met sitplek vir 21 is by Laingburg van die pad afgetrek en
gekonfiskeer. Die remme was foutief, en daar was ook fout met die
stuurmeganisme. Die bestuurder/eienaar was onder die invloed van drank en is
summier opgesluit. Daar was ook 46 mense in die bus - 27 volwassenes, 19
kinders en hul bagasie.

2) Marcel Adams, geliefde die afgelope 10 jaar van Dr Piet ( Promises)
Koornhof, wil nou glo " trou" met 'n 53-jarige vreeslike ryk Duitser wat nog
nie van sy vrou (wat aan 'n rolstoel gekluister is) geskei is nie. Dr Piet
is nog nie van sy vrou Lulu geskei nie.
Die hele liegstorie ( volgens die Dr. in Burger is hulle nog net so vreeslik
gelukkig en dit is net 'n vriendskap van Marcel ) is glo aan Huisgenoot
verkoop.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Krieket - opening

Sa., 08 Februarie 2003 19:10

Wat 'n pot snot ,as jy die stront die wereld instuur ... kry dan wat jou
toekom. Ek kon net sowel Mamelodi toegegaan het. Nee die dag as die klomp
besef dat die wereld hou van AFRIKA en nie sy mense en hul kulture nie dan
sal dit hopelik beter gaan. Gaan nou maar 'n loopdop gooi en oe en ORE
toemaak,na die kak kan mens nie kyk nie

Sport & ontspanning | 11 kommentare

krieket - moeilikheid?

Sa., 08 Februarie 2003 04:32

Vir die wat dit nou nog nie weet nie, vanaand ( 8/2) is die openingseremonie
van die krieket wêreldbeker hier in Nuweland.
Die weer het gister begin draai na omtrent drie maande van mooiweer en warm
( elders) weer. Gister was dit bewolk, reënerig, en laas nag ietwat van 'n
stormpie hier in die Kaap.
Hou asseblief duim vas dat die hele verwagte skouspel nie ontaard in
vrywilligers wat vervaard probeer regopstaan in die wind in kostuums wat hul
kleur en vorm in die reën verloor nie.
Woensdagaand was die finale kleedrepetisie in perfekte weer, en dinge het
toe nie so glad verloop soos verwag nie - so kyk maar uit vanaand vir 'n
blapsie of twee, wat die vertoning soveel meer menslik sal maak.

Ek dink na hierdie wêreldbeker gaan daar miskien meer teenstanders as
voorstanders wees van enige toekomstige aanbieding - inspuiting in die
ekonomie of te not. ( daar is al klaar 'n gemor oor al die ongerief wat al
die advertensie- en rolprentproduksiespanne hierdie seisoen veroorsaak).
8 strate ( sommige baie besige strate) rondom die speelveld is toe vir
verkeer sedert gisteraand 6nm tot Maandag 6vm - en dit sal glo so met elke
wedstryd wees - hierdie strate sal ontoeganklik wees met elke wedstryd vanaf
die dag vantevore om 6nm tot 6vm van die volgende oggend.
Dan is die organiseerders ook baie trots om aan te kondig dat dit "slegs"
gemiddeld 5 minute per motor sal neem om deur die sekuriteitstoets te
beweeg, en hulle hoop " slegs" gemiddeld 1 minuut per persoon om deur die
hekke te beweeg en deursoek te word vir artikels wat nie toegelaat word nie.

As ek 'n kaartjie vir 'n wedstryd sou gehad het, sou ek nou nog steeds
liewer by die huis gesit en kyk het.;))

Annette

Sport & ontspanning | 15 kommentare

Koot en sy Koor

Vr., 07 Februarie 2003 11:30

Koot, laat dit voor die tyd bekend word dat julle koor 'n paar brekers in
het wat graag baklei met enigeen wat iets oor hul skoene iets te sê sal hê -
dan is julle verseker van vol sale;)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Springende honde

Vr., 07 Februarie 2003 10:13

Het die pos iewers gesien, en kan dit nie nou kry nie.
Gister in dieremaniere is dieselfde probleem behandel - as 'n hond 'n
springer is, moet jy maar alles doen om die gewoonte uit hom te kry.
Ek sou dink hulle sal gereeld by dieselfde plek oorgaan - so hoekom nie
daardie kol vet smeer nie - dan leer hond gou af om daar te probeer oorgaan.
Die honde sal seker 'n ruk lank met 'n blou neus rondloop:)

Annette

Troeteldiere | 0 kommentare

Gratis ADSL

Vr., 07 Februarie 2003 08:48

Meer spoed vanaf Maandag: www.artslink.co.za/isp/adsl vir die wat wil
probeer.

:-)

TJ
082 230 CALL
Artslink.co.za ISP
www.artslink.co.za

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za

Rekenaars & selfone | 4 kommentare

Wie sou kon dink?

Vr., 07 Februarie 2003 07:04

Felicia Mabuza-Suttle is al tien jaar besig met haar program om mense te
frustreer. Dit wil nogal gedoen wees.
Nie eers die nimlike Haas Das of vermaaklike Knersus kon 10 jaar op TV
oorleef nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

KKNK 2003

Vr., 07 Februarie 2003 06:59

Besprekings vir KKNK 2003 open Maandag .
Die fees is hierdie jaar 29 Maart tot 5 April in Oudtshoorn.
Die volledige program is beskikbaar by www.kknk.co.za

Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Bladsye (1835): [ «    633  634  635  636  637  638  639  640  641  642  643  644  645  646  647  648    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 08:17:49 UTC 2025