Lees nounet op News24 dat Shane Warne huistoe is. Hy is glo 'n ruk
gelede positief getoets vir 'n 'diuretic'. Weet nie hoe so iets jou
krieket kan beïnvloed nie.
Hier by ons in Namibië is 'n groot storm mos aan't broeie oor die
grondkwessie. Die regering het die boere [dis nou kommersiële boere] tyd
gegee tot vroeg hierdie jaar om met 'n voorstel te kom hoe die herverdeling
van grond sinvol kan geskied en die manne baklei dat die snot spat oral by
vergaderings wat nou gehou word om 'n soort van 'n verteenwoordigende groep
saam te stel wat die klas van besluite namens die boere kan doen.
Aan die ander kant is natuurlik die drukkende swart politici wat
verkondig dat hierdie onderhandelinge 'n pot stront is.......hulle het die
vryheidstryd mos gewen, hoekom vat hulle eenvoudig nie die grond nie? Die
regering keer darem nog [sal definitief ter sprake kom die dag as daar 'n
opposisie kom wat van Nujoma probeer ontslae raak!] en hopelik sal 'n
sinvolle voorstel geformuleer kan word.
Tog, vanoggend, kom daar gedurende 'n 'chat show' 'n Damarastem wat vra
of die manne wat so druk om plase van die kommersiële boere te herverdeel in
grond waarop meer swart boere kan kom vestig, al ooit gedink het daaraan dat
op een so 'n groot kommersiële plaas daar maklik 40 mense bly....dis nou die
werkers, hul vrouens, kinders, grootouers, ens. As die plaas nou verkoop
word en onderverdeel word, dan bring die nuwe klein eienaars hul eie familie
saam en neem hulle nie werkers in diens nie. Die 40 stuks mense wat reeds
op die grond gebly het, raak nou 'grondloos' en sal hulle maar moet gaan
plak op die een of ander plek. Volgens sy berekeninge kom daar minder
mense nou op die herverdeling op die grond bly en dis mos agteruitboer?
Sy redenasie maak sin!
Jissie antie, maar so trok bestuurder vattie k*k nie:
"Road rage trucker flattens minibus taxi 2003-02-10 14:03:24
A "fuming" truck driver who was cut off by a minibus taxi driver was so
angry that he used his 30-ton horse-and-trailer to squash a taxi against a
petrol tanker and then drive over it, reducing it to an unrecognisable pile
of twisted metal. But revenge wasn't sweet, as other taxi drivers then beat
up the man. Full Story...." http://www.iol.co.za/index.php?click_id=522&art_id=vn200 30210131039647C35191
7&set_id=1
Is dit 'n Kaapse manier van ding doen? Ek het die kode 14 liksens - soek net
ook 'n gewillige trok na ek 'n uur geneem het om my dogter by die skool af
te laai - gewoonlik neem dit net 5 minute. Miskien is dit die kroukie spel
hier by Wanderers vandag - nie 'n polies te sien nie.
Vanoggend oor die nuus 'n onbevestigde berig dat Shane Warne op pad terug is
huis toe. Daar is glo 'n perskonferensie 'n uur voordat die wedstryd teen
Pakistan moet begin.
Iets oor ontoelaatbare middels in die bloed.
Gister het Zim vir Namibië gewen, en NZ het ook verloor.
Are standard Dutch and Afrikaans mutually intelligible ? From my
limited knowledge of the subject, I understand that Afrikaans is
largely similar to Dutch, but with a simplified grammar (loss of
grammatical gender, no verbal inflection or synthetic past tense,
etc...) which seems to reflect the common process of regularization in
language change. Would that be however enough to consider Dutch and
Afrikaans two separate languages ?
Just to illustrate my point, I can think of several similar language
change patterns that apply to other Indo-European languages. A close
match would be popular (i.e. uneducated) Brazilian Portuguese (BP)
which also shows extensive regularization, e.g. much simplified verbal
inflection and agreement rules, partial loss of nominal number
agreement, loss of subjunctive mood, loss of reflexive verbs,
etc...Yet, one does not commonly refer to spoken BP as a separate
language in the same way one refers to Afrikaans.
I guess one obvious difference is that, while Afrikaans is a
standardized language with official status in South Africa, spoken BP
of course is not. In fact, in Brazil itself, the official standard
language is a dialect of Portuguese which, in its written variety, is
almost identical to standard European Portuguese (EP), and, in its
spoken variety (based on the educated speech of the urban middle
classes), differs somewhat from spoken EP and also shows some
regularization, but is still close enough to be identified as
unmistakably Portuguese. In other words, taking as reference the
standard language as used in the media and taught in schools in
Brazil, the more regularized, popular varieties of spoken BP actually
have low social prestige and are marginalized, despite being spoken
probably by the vast majority of the Brazilian population.
Following my line of reasoning, is the classification of Afrikaans
and Dutch as separate languages motivated solely by socio-political
factors (i.e, the regularized Dutch spoken in South Africa being
standardized and given official language status) or is there a deeper
linguistic reason to actually classify the two as true separate
languages ? I would appreciate if the Afrikaans and Dutch speakers in
this group could give some insight on this matter.
Does anyone know who or where I can get Afrikaans language lessions in
NYC - I cannot find any classes and I would really like to learn
Afrikaans - My girlfriend is from South Africa.
Please response this post if you have any info or email me directly.
Hel dit was goeie krieket. Vrek ons het dit so amper gemaak. Darem het
Lancie ingekom en gekeer dat ons soos totale dose lyk! Ag nou ja, dis darem
nog nie oor nie!
ek hoop antie het ook na die krieketpaartie gekyk soos ons want julle
het mos ook 'n spannetjie hier wat hulle lak kom traai.
antie moes gesien het hoelat die zebras en swartwitpense innie middel
vannie nag oor nieweland hardloop. ek dog my pa het ons alweer wildtyn
toe gevat antie. en springbokke antie ma' nie wat krieket kan speel
nie. hille is proteas.
en antie moes die misiek gehoor het. daai mense vannie townships jaaiv
lat jy net sien teksies smêsj en tryne ry. ok vier ooms wat op vijole
speel - die soewêtoe strieng kwartet antie. my pa sê as die proteas
soos hille kan speel kannie anner spanne ma' hys toe gaan. en het
antie geweet lat paultjie wat in sewendelaan speel so goed met kwaito
is. toe maar my pa ok nie ma' soos antie ken hy ok nie van sewendelaan
en kwaito nie.
my pa het gelaaik om die stokou sportmanne soos naas botha en morné
die plesier en ghrym pollok op die veld te sien. en ook ytlanders soos
sitnie maree en frênkie frederiks en bessil dollewera. my pa sê 'n
mens moet altyd onthou wa' jy vandaan kom ma' ek bly nog altyd hie op
sanien antie ek sallie virdwaal nie.
toe kommie spanne oppie veld antie. kannadaar ook ma' oom hansie
vannie pênnelbieters sê kannadaar lyk meer soos wesindieje as wat
hille na kanadaar lyk. ek hoop nie antie-hille koop mense om vir jille
bekers te wen nie. en antie sal my nie glo nie ma' da is 'n foto innie
koerant waar oom inkontoe balvoorpaaltjie jaak kallis se hand skud.
nou weet oom inkont ook wie is kallis antie.
ma' wat sleg is antie is lat hille niemand kon kry wat afrikaans kan
sing nie. net ingels indêbele kosa en zoeloe antie. lettie koemaloe sê
darem sy praat afrikaans en hille sê die proteas praat ôk afrikaans
oppie veld ommie kanaardese te konfoes en die ossies bemoerd te maak.
ma' praat is een ding antie en sing is 'n anner deentjie. my pa sê
hille moet daai mense sanien toe stier lat ons vir hille sarie marê en
die lied van jong syd-afrika kan leer.
koebaai antie
hennerietjie (ek sal laat weet as kanadaar die wêreldbeker wen ma' dis
dalk nie die jaar nie)