Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

human shields

Di., 25 Maart 2003 12:26

ek lag so vir die stupid mense wat irak toe gaan as human shields en
dan hardloop tussen die een bomskuiling en die ander. ek dink dis n
noble cause maar wat is die nut daarvan as jou skild wegkruip as die
pyl kom. al wat die mense doen is hulle vat plek op in bomskuilings en
eet kos op wat later baie skaars kan raak, en dit terwyl hulle in
oorvloed het by die huis. as jy n skild wil wees moet jy mos tussen
die wapen en die teiken wees. ek is eerlik as ek se ek het nie die
guts om tussen n koeel en n teiken te staan nie, dalk as die teiken my
eie is maar n vreemde mens? ek dink nie so nie. plaas hulle eerder
huis toe gaan as om soos afkop hoender voor die bomme uit te vlug.
imoo

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die Streep

Di., 25 Maart 2003 08:01

Blykbaar, volgens CNN, het Saddam 'n streep in die sand getrek, en sodra die
aanvalstroepe daaroor beweeg, gaan hy hulle zap met wapens uit die hel.
Het Basra nou al geval of wat?

Annette

Koeitjies & kalfies | 36 kommentare

Aandele

Di., 25 Maart 2003 03:15

Hallo, Afrikaners,

Ek het vannag gesien op die Engelse televisie (ek kan dit hier in
Vlaandere sien op die kabelnet) dat die Engelse nogal optimisties is
oor die oorlog in Irak...
Goeie saak! Dit wil sê dat die aandele duurder gaan word.. Bygevolg
kan julle vandag gerus varse aandele aankoop!..
Sodoende word myne wat ek al het ook weer beter!

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nuus 24/3

Ma., 24 Maart 2003 15:20

Met die heen en weer geskarrel van die oorlopers in die parlement wat
Vrydagnag om 12 begin het en vir die 15 dae grasietydperk kan voorduur, is
daar die volgende ontwikkelings. alreeds.
1) Met die oorloop van vier NNP lede na die ANC, het die ANC besluit hulle
het nie meer die NNP nodig om mee saam te werk op provinsiale vlak nie, maar
Marthinus kan aanbly as premier tot die verkiesing volgende jaar.
2) Daar het ook 4 lede van die NNP oorgeloop na die DA, omdat hulle voel dat
Mathinus net vir sy eie bas sorg.
3) Pietertjie Marais stig sy eie party.
4) Cassie Aucamp, enigste parlementêre verteenwoordiger van sy party, wil
oorloop na die nuwe party wat hy gestig het. - maar hy word gedreig met
hofsake deur sy ou party.

Annette

Nuus | 3 kommentare

Wêreldbeker Rugby

Ma., 24 Maart 2003 14:08

Righto - noudat die krieket oor is, kan ons begin uitsien na die rugbybeker
wat in Australië in September/Oktober gespeel gaan word.

Annette

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Die Storm

Ma., 24 Maart 2003 09:02

Dit het toe die Kaap heeltmal gemis. maar blykbaar het Montague, Barrydale
en Knysna sleg deurgeloop gisteraand.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

simple afrikaans

Ma., 24 Maart 2003 07:32

terwyl ek die naweek vir iemand sit en wag blaai ek deur die
huisgenoot wat op die tafel le. voor waar die briewe is lees ek toe
van die draadverlengstuk wat by sy oor ingeprop is.

ag please daddy wil iemand tog nie die boertjies wat afrikaans so in
die naam van suiwerheid verkrag wakker skud nie. saam met die
kleinhuis vol snaakse 'afrikaanse' woorde wat mense soms gebruik is
dit `n wonder iemand verstaan dit nog. en dan is hulle altyd besig om
nog uit te dink..............

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Fankryk? FRANKRYK?! Is dit?

Ma., 24 Maart 2003 06:18

Baie interessant gaan wees natuurlik die dag as die VSA Irak onder beheer
het en hulle Saddam se geheime wapenstelsels onder oog het. Dalk, net
dalk gaan hulle vasstel wie het aan Irak hierdie stelsels verkoop?
Frankryk gaan een van hulle wees, daarvan is ek seker. Frankryk het SA
gehelp in die apartheidsjare en hulle het toe al vir Irak gehelp met die
'superkanon' waarmee hulle Israel wou looi. Is dit nie hoekom die spul
haakneuse so hard keer dat die VSa nie moet sien wat aangaan nie? Dit sal
nogal 'n verleentheid wees as hierdie stelsels na Frankryk terug verwys kan
word. LW nie na private maatskappye nie....die Franse regering! Pret!
Ok die Duitsers en die Russe het benoude boude op hierdie stadium.....

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Krieket - Australië wen

So., 23 Maart 2003 20:18

Na 'n weereens eensydige wedstryd het Australië vir Indië in die eindstryd
geklop.
Hierdie TV gehoor se aandag was verdeel tussen die krieket, Grand Prix,
oorlog en TV fliek.

Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Oorlog teen wie?

So., 23 Maart 2003 18:01

Daar is nou meer Britte dood in die oorlogsone agv Amerikaanse foute as van
skermutselings.
Die nuutste is die RAF vliegtuig wat deur 'n Amerikaanse vuurpyl afgeskiet
is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bladsye (1835): [ «    614  615  616  617  618  619  620  621  622  623  624  625  626  627  628  629    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 21:15:24 UTC 2025