Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuus 1 April

Di., 01 April 2003 06:27

Op 'n vergadering gisteraand deur die SA Rugby Unie, is besluit dat
toeskouers by rugbywedstryde toegelaat volgens die bevolkingsamestelling
moet wees.
Ons verwag soortgelyke verklarings binnekort van die krieket, sokker,
atletiek en swemunies.

Annette

Nuus | 3 kommentare

Zing-wenners ?

Sa., 29 Maart 2003 10:15

Ek het glad nie die duo-kompetisie gevolg nie, maar gisteraand het ek
vlugtig, terwyl ek deur die kanale "gesweef" het, op die finale program
afgekom waar die wenners beknd gemaak is.

Was dit 'n regstellende besluit?

(Wat ek wel voorheen waargeneem het rakende die program was die onnodige
gebruik van Engels deur die 2 aanbieders - veral die manlike ene. Dit klink
soos skollietaal - wat bepaald nie Afrikaans is nie. Die frekwensie Engelse
woorde wat gebruik is het die vraag laat onstaan waarom die program nie
eerder in Enegsl aangebied is nie.)

Musiek & liriek | 10 kommentare

Hou verby, Gloudina, dís weer 'n engelse eentjie...

Vr., 28 Maart 2003 14:50

President Bush and Colin Powell are sitting in a bar. A guy walks in
and asks the barman, "Isn't that Bush and Powell sitting over there?"

The barman says, "Yep, that's them."

So the guy walks over and says, "Wow, this is a real honor. What are
you guys doing in here?"

Bush says, "We're planning WW III ".

And the guy says, "Really? What's going to happen?"

Bush says, "Well, we're going to kill 140 million Iraqis this time and
one blonde with big tits.

The guy exclaimed, "A blonde with big tits? Why kill a blonde with big
tits?

Bush turns to Powell, punches him on the shoulder and says, "See,
smart
ass, I told you no one would worry about the 140 million Iraqis!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hello almal

Vr., 28 Maart 2003 12:01

Op skool het hulle my Tak Haar genoem. Dis nou toe ek nog hare gehad
het. Vandag sal ek sekerlik as 'Ou Bles' bekend staan. Ja, die pens is
groot, die rug is seer en die hart is swak. Tipies Afrikaner. Die jare
jaag verby maar die groot huis en mooi karre maak op vir die verlies
van seksdrang.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Comrades vir Een

Vr., 28 Maart 2003 11:44

'n Mnr P Schuter, wat al 7 Comrades medaljes het - is 'n spierdistrofie
lyer, en pak more alleen die Comrades aan - met die hulp van sy rolstoelm
vriende, en die ondersteuning van die Comrades organiseerders.
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Welgedaan Pat!

Do., 27 Maart 2003 16:35

Ek hoop dat haar nuwe Party die ANC al die hel op aarde sal gee.Sy is per
slot van sake die enigste Parlementslid wat haar werk doen.Was dit nie vir
haar nie,het Tony Yengeni nie sy gat gesien nie.
You go girl!
Sy verdien veel beter as wat sy tot op hede van die PAC
gekry het en dit lyk of sy die enigste politikus is wat haar werk doen tot
voordeel van die kiessers(al die kiessers)in
ons land.Ek hoop van harte dat die kiessers haar sal beloon vir dit wat sy
sedert 1994 vermag het en probeer vermag.Hoop sy gooi net die "Struggle" uit
en dan sal sy ook heelwat Blanke stemme trek.Sy is nou nie 'n bang-gat
nie.Miskien gaan ek ook my gewig by haar ingooi op Nasionale vlak en my
KP-stem op Provinsiale vlak!
Ek het ook in 1994 asook in 1999 my stem op die twee
vlakke verdeel,aangesien ek glo dat dit op sekere vlakke tot voordeel strek
waar dit nodig is.

Op vir Pat!

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Ouditeur-generaal se 2003-verslag

Do., 27 Maart 2003 12:48

Wie het die artikel (Beeld 27.03.2003) gelees. Skrikwekkend.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Nuus 27/3

Do., 27 Maart 2003 08:07

1)Sedert Desember 2002 het die Skerpioene al 70 mense in die Oos-Kaap in
hegtenis geneem t.o.v. diefstal en korrupsie.
Die meeste mense wat vasgekeer was, was in die dept van welsyn.
Hulle het na hulle eie welsyn omgesien.

2) Die Protea span het onttrek aan die kompetisie tussen SA, Sri-Lanka en
Indië in September - die "rede" is die oorlog. Nou is Kenia en Zimbabwe
uitgenooi, en as beide spanne die uitnodiging aanvaar, dan sal die reeks
vergroot word om 4 spanne te akkommodeer.

3) Daar is nog 26 SA menslike skilde in Baghdad - blykbaar is dit nou 'n
probleem om uit te kom.
Sjeim.

4) Patricia de Lille het haar eie party gestig - Onafhanklike Demokrate of
so iets. Ek dink ek gaan vir haar stem - net sodat sy in die parlement kan
bly om die klomp op hul tone te hou.

Annette

Nuus | 2 kommentare

Wat sê jy vir die jongmens?

Wo., 26 Maart 2003 14:08

Die Beeld (26.03.2003) het 'n artikel oor ene Dewald van den Heever van
Gauteng wat met elf (11) matriekonderskeidings nie 'n beurs kan kry nie. Die
vakbond Solidariteit oorweeg nou hulp aan die kind..

Van den Heever dink egter nie dat sy sitausie uniek is nie. Volgens die
artikels sê Dewald: " Ek ken baie studente met baie onderskeidings wat
nêrens 'n beurs kan kry nie."

(Dewald studier aan UP maar oorweeg nou 'n aanbod van die PUK - hy wil
aktuaris word.)

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Watertekort te midde van die oorstromings

Wo., 26 Maart 2003 10:01

Blykbaar is daar al klaar 'n watertekort in Knysna, en Sedgefield gaan
dieselfde probleem hê oor drie dae, agv die skade van die storms.
Dit moet seker hel wees om dors te wees en so na al die water om jou te kyk.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    613  614  615  616  617  618  619  620  621  622  623  624  625  626  627  628    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 00:45:41 UTC 2026