Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Comrades vir Een

Vr., 28 Maart 2003 11:44

'n Mnr P Schuter, wat al 7 Comrades medaljes het - is 'n spierdistrofie
lyer, en pak more alleen die Comrades aan - met die hulp van sy rolstoelm
vriende, en die ondersteuning van die Comrades organiseerders.
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Welgedaan Pat!

Do., 27 Maart 2003 16:35

Ek hoop dat haar nuwe Party die ANC al die hel op aarde sal gee.Sy is per
slot van sake die enigste Parlementslid wat haar werk doen.Was dit nie vir
haar nie,het Tony Yengeni nie sy gat gesien nie.
You go girl!
Sy verdien veel beter as wat sy tot op hede van die PAC
gekry het en dit lyk of sy die enigste politikus is wat haar werk doen tot
voordeel van die kiessers(al die kiessers)in
ons land.Ek hoop van harte dat die kiessers haar sal beloon vir dit wat sy
sedert 1994 vermag het en probeer vermag.Hoop sy gooi net die "Struggle" uit
en dan sal sy ook heelwat Blanke stemme trek.Sy is nou nie 'n bang-gat
nie.Miskien gaan ek ook my gewig by haar ingooi op Nasionale vlak en my
KP-stem op Provinsiale vlak!
Ek het ook in 1994 asook in 1999 my stem op die twee
vlakke verdeel,aangesien ek glo dat dit op sekere vlakke tot voordeel strek
waar dit nodig is.

Op vir Pat!

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Ouditeur-generaal se 2003-verslag

Do., 27 Maart 2003 12:48

Wie het die artikel (Beeld 27.03.2003) gelees. Skrikwekkend.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Nuus 27/3

Do., 27 Maart 2003 08:07

1)Sedert Desember 2002 het die Skerpioene al 70 mense in die Oos-Kaap in
hegtenis geneem t.o.v. diefstal en korrupsie.
Die meeste mense wat vasgekeer was, was in die dept van welsyn.
Hulle het na hulle eie welsyn omgesien.

2) Die Protea span het onttrek aan die kompetisie tussen SA, Sri-Lanka en
Indië in September - die "rede" is die oorlog. Nou is Kenia en Zimbabwe
uitgenooi, en as beide spanne die uitnodiging aanvaar, dan sal die reeks
vergroot word om 4 spanne te akkommodeer.

3) Daar is nog 26 SA menslike skilde in Baghdad - blykbaar is dit nou 'n
probleem om uit te kom.
Sjeim.

4) Patricia de Lille het haar eie party gestig - Onafhanklike Demokrate of
so iets. Ek dink ek gaan vir haar stem - net sodat sy in die parlement kan
bly om die klomp op hul tone te hou.

Annette

Nuus | 2 kommentare

Wat sê jy vir die jongmens?

Wo., 26 Maart 2003 14:08

Die Beeld (26.03.2003) het 'n artikel oor ene Dewald van den Heever van
Gauteng wat met elf (11) matriekonderskeidings nie 'n beurs kan kry nie. Die
vakbond Solidariteit oorweeg nou hulp aan die kind..

Van den Heever dink egter nie dat sy sitausie uniek is nie. Volgens die
artikels sê Dewald: " Ek ken baie studente met baie onderskeidings wat
nêrens 'n beurs kan kry nie."

(Dewald studier aan UP maar oorweeg nou 'n aanbod van die PUK - hy wil
aktuaris word.)

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Watertekort te midde van die oorstromings

Wo., 26 Maart 2003 10:01

Blykbaar is daar al klaar 'n watertekort in Knysna, en Sedgefield gaan
dieselfde probleem hê oor drie dae, agv die skade van die storms.
Dit moet seker hel wees om dors te wees en so na al die water om jou te kyk.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Maklike Geld

Wo., 26 Maart 2003 09:04

Hoor nou net oor die nuus dat Shane Warne ook gaan deel in die prysgeld van
die krieketbeker - al het hy nie in een wedstryd gespeel nie.
Annette

Sport & ontspanning | 7 kommentare

Beskrywende Afrikaanse woorde

Wo., 26 Maart 2003 08:16

Ons beroem ons altyd dat ons in Afrikaans woorde vind wat meer beskrywend is.
Wie gaan nog byvoeg by die lys?

match ( Engels) = vuurhoutjie
breakfast ( engels) = ontbyt
dentures ( engels) = gebit.
sterrenkijker ( belgies:)) ) = maltrap.:))
mad ( to be mad at somebody) = kwaad
mad ( koekoes) = mal
o donner dis fokken seer ( hollands) = eina
go away you stupid &&^^@@#### of a dog! ( engels) = voertsek.
mango ( engels) = veselperske

Annette

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Buchu?

Di., 25 Maart 2003 22:44

Hallo, elkeen,

Ek het in my koerant van vandag gelees dat die San in Suid-Afrika 'n
kruid hê dat hulle besig om hulle honger te stil gedurende die jag..
Dit sou 'n soort struik wees met dorings waarop hulle kou. Dit skyn
nou ook in die aandag gekom het van die Amerikaanse firma Pfizer wat
nou die bestanddele van daardie plant wil kommersialiseer. Die plant
sou goed bruikbaar wees vir mense wat gewig moet verloor.
Vandag het ek my vriendin in SA gevra watter kruid hier nou bedoel is.
Sy dink dis "buchu" maar ek glo sy is nie baie seker daaroor nie.
Daardie naam van die plant word ook nie vermeld in my koerant.
Weet enig iemand meer oor die ganse geskiedenis met die San en Pfizer?

Sal 'n antwoordjie seer waardeer!

Norbert (uit Vlaandere)

Gesondheid & boereraat | 14 kommentare

Ken iemand....

Di., 25 Maart 2003 18:15

Ken iemand die 70's en 80's rock groep "The Ramones", ek het van hulle
gelees en gewonder oor hulle, want ek ken nie hulle musiek nie. Wel ek dink
nie ek ken hulle musiek nie. Wat het hulle gesing wat bekend is?
Ek gaan op die oomblik deur 'n 70's en 80's "glam rock" fase en versamel
natuurlik alles wat ek in die hande kan kry van die era. Ek het onlangs 'n
hele klomp KISS en Nazareth goed in die hande gekry, so ek sal graag meer
wil weet van die Ramones, aangesien hulle blykbaar 'n groot impak op die era
en die musiek gehad het.

Dankie en groete
Elaine

Musiek & liriek | 26 kommentare

Bladsye (1835): [ «    613  614  615  616  617  618  619  620  621  622  623  624  625  626  627  628    »]
Tyd nou: So. Des. 21 10:52:23 UTC 2025