Die bermarkingsafdelings van die meeste besighede begin hulle al hoe meer op
die jeug toe te spits, en word dus gedwing om die nuutste jeugtaal in
aanmerking te neem.
Dit sal dus heelwaarskynlik ook deursyfer na die algemene spreektaal.
Die jeug maak ook al hoe meer van advertensie-invloede gebruik in hul nuwe
spreektaal.
Dus, om julle op hoogte te bring:
Scamto - is die taal waarop Yfm hul toespits - 'n vermenging van Zoeloe,
Sotho, Engels, Afrikaans, Tsonga en ander Mzansi tale.
Mzansi - is Suid Afrika ( dus is SA nou Saudi-Arabië en SA nou Mz:))) )
Eveready - vol energie, wat lank hou, altyd gewillig ( in 'n seksuele sin) -
Hey, uMandla uyi-Eveready.
Brasso - Goed versorg, goed opgevoed.
Ufezeka uyiBrasso, aka-nxibi fong kong.
Fezeka is Brasso, sy dra goeie gehalte klere ( nie klere van Hong Kong nie.)
Aquafresh - Nuut. ongebruik, naief.
Moenie aan Nomsa vat nie, sy weet van niks nie, sy is Aquafresh.
LG - onbereikbaar, harde werk , verkieslik maar baie duur.
Yho, Lucy is hade werk, sy is LG.
Siemens - seksueel swak, in teenstelling met 3310 wat seksueel sterk
beteken.
Daar is nou nog nie 'n finale syfer hoeveel mense dood is in die ongeluk
nie. Tien mense het dit oorleef.
Die "voordeel" van die ongeluk is dat die regering nou uiteindelik, na vele
vrugtelose vertoë voorheen, besluit het om meer padtekens aan te bring om
sulke ongelukke te probeer verhoed.
Dit was nou net aangekondig. Hoe lank dit sal neem voordat dit daadwerklik
ingestel sal word is natuurlik 'n ander vraag.
Een ding wat ek nie so lekker 'gryp' nie, is die storie dat wat met
apartheid, die term, bedoel word? Sekerlik beteken dit dat die een mens
nie teen die ander mag diskrimineer bloot op die kleur van sy vel nie?
Maar mag 'n mens steeds 'n voorkeur hê tov rasse? Of word dit ook beskou
as diskriminasie as 'n werkgewer wat Owambosprekend is eerder verkies om 'n
Owambosprekende persoon aan te stel omdat dit vir hom gemaklik is om in sy
eie taal te kommunikeer? Mag die individu sy voorkeur vir sy eie ras
uitleef? As hy nie mag nie, wat word dan van dinge soos die reg tot vrye
spraak, byvoorbeeld?
Definitief nie om na toesprake te gaan sit en luister nie.
Boek gelees, bietjie gewerk, lank op die strand gaan loop, luilekker
middagete op 'n stoep van 'n restaurant geniet, en 'n fliek bygebring.
Hieronder 'n selektiewe opsomming deur iemand van 'n berig in Beeld. Miskien
moet mens maar die volle berig self gaan lees.
Beeld-forum:
Afrikaner het rede om trots te wees
Leopold Scholtz
Die oorgang na 'n demokrasie in Suid-Afrika nege jaar gelede het talle
positiewe dinge vir sowel die land as die Afrikaners beteken. Maar dit het
wel een groot nadeel gehad: Dit het baie Afrikaners skaam gemaak vir hul
geskiedenis.
Die onthullings van al die vuil truuks wat die vorige regering in hul naam
gepleeg het, die martelings, moorde en menseregteverkragtings oor 'n breë
front, het talle Afrikaners diep geskok.
Nog ander het hulle as't ware van hul eie identiteit, agtergrond en
geskiedenis afgekeer, alles wat na die begrip "Afrikaner" (met inbegrip van
die taalstryd) ruik met agterdog bekyk, of politiek afgeskakel en apaties
geword.
Vir diegene wat na lig soek, is daar nou by wyse van spreke 'n helder
gloeilamp. Dit is die boek van Hermann Giliomee, The Afrikaners: Biography
of a people, wat pas by Tafelberg verskyn het.
Daarin kan belangstellendes die jongste stand van ons kollektiewe kennis oor
die Afrikaners se geskiedenis op 'n verrassend objektiewe en onideologiese
wyse aangebied, lees. Sonder dat die skrywer dit eksplisiet so stel, blyk
dit tog dat daar - naas die onbetwisbare vrot kolle - ook verskeie elemente
in die verlede was waarop hedendaagse Afrikaners, met inbegrip van die jong
geslag, trots kan wees.
Een baie belangrike element is die feit dat die huidige Afrikaners se
voorouers die eerste anti-koloniale vryheidsvegters in Afrika was.
Die Anglo-Boereoorlog was 'n legitieme vryheidstryd teen 'n verdrukkende,
imperialistiese moondheid. Wat in die teenswoordige tyd met sy
skuldgevoelens oor apartheid natuurlik veral belangrik is, is dat dit die
stryd van goed teen kwaad was, al was die goeie ouens verreweg nie
vlekkeloos nie en die slegtes ook nie sonder goeie hoedanighede nie.
Dit word trouens bewys deur die feit dat mense soos pres. Paul Kruger en
Christiaan de Wet ook vir belangrike individue in die ANC 'n inspirasie was.
In sy outobiografie vertel oudpres. Nelson Mandela heel openlik daarvan.
Nog 'n saak waarop Afrikaners met reg trots kan wees, is die wyse waarop
hulle teen die bittere armoede van die eerste dekades van die 20ste eeu
geveg het. Dis 'n armoede wat eintlik al in die laaste dekades van die 19de
eeu begin het, maar wat teen die jare dertig 'n klimaks bereik het.
Dit was 'n tyd dat Afrikaners saamgestaan het - nie noodwendig politiek nie,
maar hulle het na mekaar omgesien. Afrikanermaatskappye soos Volkskas,
Sanlam en die Nasionale Pers (laasgenoemde het in 'n stadium selfs alle
salarisse laat sak, eerder as om mense af te dank!) het 'n groot gevoel van
maatskaplike verantwoordelikheid teenoor mede-Afrikaners aan die dag gelê.
Onder meer daardeur, deur harde en inisiatief-ryke werk 'n deur die staat as
werkgewer in te span het die Afrikaners mettertyd dié probleem oorwin.
Toegegee, daardie maatskaplike solidariteit het nie eintlik buite die grense
van die volk gestrek nie, en dit was baie paternalisties. Maar daar was
nietemin 'n egte betrokkenheid by die hulpeloosheid van arm Afrikaners wat,
soms weens omstandighede buite hul beheer, nie vir hulself kón sorg nie.
Dít kan ook vir die huidige Afrikaner-jappies, wat net in blink motors en
steeds groter winste belang stel, 'n inspirasiebron wees.
Ten derde kan Afrikaners trots wees op die wyse waarop hul voorouers in die
ontwikkeling van Afrikaans belê het. Om die waarheid te sê, die momentum uit
die ou bedeling wat Afrikaans steeds dra, was regstreeks aan dié belegging
te danke.
Afrikaans was, saam met moderne Hebreeus, Hindi en Maleis-Indonesies, die
enigste taal wat homself in die 20ste eeu van "kombuistaal" tot hoogstaande
wetenskaplike en letterkundige taal opgewerk het.
Dit het nie vanself gebeur nie. Dit het 'n klipharde stryd gekos.
Daarom maak dit 'n mens so hartseer dat sommige Afrikaners deesdae so
minagtend is teenoor dié wat bekommerd is oor die huidige agteruitgang van
Afrikaans as openbare, handels- en wetenskaplike taal.
Maar al is daar ook baie in die verlede om op trots te wees - en baie om oor
skaam te wees - kan die verlede nie dien as rigiede rigsnoer nie, slegs as
inspirasiebron. Die Afrikaners moet nou vorentoe kyk.
Dit beteken dat hulle voluit deel van die nuwe Suid-Afrika moet wees en
vrede moet maak met sowel die swart meerderheid as hul bruin taalgenote.
Hulle kan nie 'n gevangene van die verlede bly nie.
Hy word glo vandag gevonnis vir moord op drie swart mense en poging tot
moord op vier.
Ek ys wanneer ek lees dat daar nog steeds mense soos hy rondloop.
Hy beweer dat hy hoogs godsdienstig is, en dat hy die moorde gepleeg het
omdat hy 'n gelofte aan God gedoen het.
Hy beweer ook swartes is nie mense nie, is nie sy naaste nie, en heidene wat
moet uitgeroei word.
Ek dink regtig deel van sy vonnis moet wees om in 'n oorwegend swart
gemeente diens te doen as koster vir ten minste tien jaar.