Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

wonderlike dag

Di., 06 Mei 2003 11:00

Walter die terroris het uiteindelik gevrek. Ek die ander volg hom binekort.

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.476 / Virus Database: 273 - Release Date: 24/04/2003

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

??????????

Ma., 05 Mei 2003 21:21

WIL JULLE MY HIER HÊ, OF NIE??

EK IS 'N EENSAME 23 JARIGE WAT 'N BEHOEFTE HET AAN GESELSKAP EN AANVAARDING.
EK IS VIR DIE RES VAN MY EENVOUDIGE LEWE OP ANTI-DEPRISANTE. JULLE WEET NIE
WAARDEUR EK AL ALLES IN MY LEWE IS NIE. EK HET BY SELFMOORD OMGEDRAAI!! DIT
WIL VOORKOM ASOF EK OP DIE VERKEERDE PLEK GESELSKAP KOM SOEK HET. HOEKOM SAL
EK DIT NIE HIER HOU NIE?? EK IS NIE IEMAND WAT OP ANDER TRAP VIR SATESFAKSIE
NIE...EK WEET HOE DIT VOEL. JA, OK EK WEET MY SPELLING IS " UP TO SHITT!!

EK WEET OOK EK BLY OP 'N AFGELEË PLEK OP DIE PLATTELAND.

EK KON NIE WAG OM VANAAND BY DIE FORUM AAN TE SLUIT NIE..EN KYK WAT KRY EK??

DD, EK WAS SO VRIENDELIK MET JOU GISTER...MAAR EK DINK JY IS 'N RUGSTEKER.

EK IS REGTIG TELEURGESTELD IN MY MEDE AFRIKANERS.

AL WAT EK WOU DOEN IS OM JULLE EERS TE LEER KEN. OF WAS DIT 'N FOUT?? :-/

Koeitjies & kalfies | 44 kommentare

Rapportering van geldwasskemavoorstelle

Ma., 05 Mei 2003 09:14

Aan almal wat op gereelde basis van die bokse e-posse kry -dit kan nou
gerapporteer word by www.fic.gov.za
Hulle ondersoek glo al die gevalle.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Benadering met verkiesing

Ma., 05 Mei 2003 08:47

Ek dink die opposisiepartye moet 'n ander benadering volg in volgende jaar
se verkiesing.
Hulle moet die kiesers oorreed dat 'n blindelingse liefde vir 'n party nie
eintlik noodwendig tot jou voordeel is nie.
Onse Prez het alweer met sy imbizos begin, want dit is mos alweer verkiesing
volgende jaar. Die reaksie van die gemeenskap by Ganyesa en Maphirima in
die NoordWeste is nogal veelseggend.
Die meeste mense van die omgewing aanvaar dat die besoek geen verandering
sal teweegbring nie - hulle is sinies oor sy motiewe vir die besoek.
Volgens ene Paikie Phokoje gebeur die imbizo's slegs voor 'n verkiesing. " I
love the the ANC and will vote for it in the next elections but I have lost
any hope I had that the government will keep its promises to the people of
this region."
Hy stel nie meer belang in enige politieke beloftes nie.
Daar is glo al in 1998 vir Mothibistad se mense vertel dat daar 1000 RDP
huise opgerig sou word - tot dusver is daar al vier huise opgerig.
Phokoje is 'n gekwalifiseerde elektrisiën, maar maak 'n lewe deur bier by 'n
shebeen te verkoop.

By Ganyesa ( 70km vanaf Vryburg)is daar 21 000 huishoudings, maar nie 'n
enkele bank nie, en dus moet hulle duur ritte maak as hulle enige
banktransaksies wil doen.
In Ganyesa is daar nie 'n enkele RDP huis nie, en daar is 'n ernstige tekort
aan behoorlike sanitasie, beskikbaarheid van water, klinieke en paaie.

Phokoje se vriend Lucky Mogole het 'n diploma in menslike hulpbronne van
die Pretoria Technikon, en maak 'n bestaan deur groente en vrugte te
verkoop.

'n Pensioenaris het ernstig beswaar gemaak op die wyse waarop hulle behandel
word deur die mense wat die pensioene uitbetaal.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nuus 5/5

Ma., 05 Mei 2003 08:06

1) Patricia Lewis, wulpse blonde sangeres is Saterdag getroud.

2) Louis van Dyk, musiekpromotor en bestuurder is deur 'n kinderoppaster van
mollestering aangekla. Daar is nou verskeie sangeresse wat erken dat hulle
nie sy ongevraagde attensies gaan verkla het nie, om hul loopbane te red.
Hy is tans verloof aan Sunette Bridges, en het op die oomblik slegs vir
Sunette, Patricia en Steve in sy stal ( al drie blondekoppe)
Hy het ook die Groot Vyf toer aangebied wat op 'n suur noot geëindig het.

3) Die weerburo kan weens te min fondse nie meer die nodige diens lewer om
akkurate weervoorspellings te lewer nie.

4) Op Stellenbosch is daar glo 'n ( Majuba)faksie wat gay, swart en Joodse
studente aanrand.

Nuus | 15 kommentare

klip in die bos..

So., 04 Mei 2003 18:28

Net een man kon verstaan hoe 'n vrou se kop werk...Ongelukkig het hy homself
dood gelag voor hy vir iemand anders kon vertel

hehehehe

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Het een van julle...?

So., 04 Mei 2003 17:56

Het een van julle, toe julle hierheen geloop het, vir Katryn langs die
pad gesien?

Didi Nokia

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

2de "Hitler"

So., 04 Mei 2003 15:28

Ek is nogal 'n bietjie, hoe sal ek sê, "bossies"? Maar in elk geval. As ek
die ondersteuning en die nodige mannekrag gehad het sou ek vir elke hoof
bevolkingsgroep in die land (soos in die "ou" bedeling) sy eie grond
afgebaken het. En ek sou almal met my militêre hand in toom gehou het. Maar
ek sou lings en regs begin skiet het nie. Ek is 'n baie redelike mens, maar
soms is geweld nodig. Ek sou al die hoerhuise se deure gesluit en opgeblaas
het. Ek sal weer Christelike onderwys in blanke skole instel. Winkels en
besighede sal toe wees op Sondae. Daar sal nie Sport beoefen word op Sondae
nie. Ek sal 'n organisasie stig om broederskap onder Blandes te bevorder.
Wat die ander in hulle state doen is hulle saak, hulle kan hulle regeer soos
hulle wil. Ek en my raadgewers sal die land herstruktueer. Na 'n land waar
jy nie tralies voor jou vensters het nie, en waar jy nie in vrees hoef te
lewe nie. Waar kinders leer van hulle erfenis, hulle herkoms en van
God........

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Lekker by die ng ...

So., 04 Mei 2003 14:46

Na 'n ellange stiltyd is daar weer 'n paar lekker geskilpunte op die ng -
dis net sedert DD teruggekeer het.
(DD ons wys dit nie maar diep hier binne word dit waardeer ...)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Engelse

So., 04 Mei 2003 14:15

Wie is die Engelse wat sulke twk praat hier???
(maar net nuuskierig)

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    596  597  598  599  600  601  602  603  604  605  606  607  608  609  610  611    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 01:29:36 UTC 2025