Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

gomringer variasies I- WOPKO JENSMA

Di., 13 Mei 2003 06:29

I
treur
reuri
eurig
urigh
righe
ighei
gheid
heido
eidop
idopn
dopno
opnot
pnote

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hospitale en die ANC

Ma., 12 Mei 2003 20:48

Is dit jy Jonas, wat 'n tyd gelede gepraat het
van die swak formaat wat hospitale in
Suid Afrika mee geformateer is?
En was dit teenoor jou wat Gloudina
uitgevaar het omdat jy dit durf waag het
om haar helde te kritiseer?
Indien wel, hou my naam uit die gesprek
en vertel haar (sonder om dit uit te bring
waar jy die inligting vandaan kry) haar
van die url:

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1358022,00.htm l

Verduidelik haar net so terloops hoe sy
daarop moet kliek om haar in haar
tone te skok.

As sy steeds lus is vir lees kan sy haar kliekings
verder oefen op:

http://www.news24.com/Rapport/Briewe/0,,752-805_1357973,00.h tml

Anoniem

Ns.
Volgens die symste Rapport (briewe)
was daar 'n berig (wat ek mis gekyk het)
in Rapport van 4 Mei oor iemand in
Port Elizabeth wat 'n inbreker in sy huis
geskiet het (blykbaar was daar drie) en
hy moes 'n nag in die selle oornag.
Blykbaar is hy van moord aangekla.

Dit bots met die feit dat een van my kliënte
nie lank terug nie, 'n inbreker in sy huis
dood geskiet het. Hy was nie eens in die hof nie.
Toe ek vir hom sê dat dit 'n swak refleksie
op die gereg werp, het hy gesê dat dit nie
regtig so is nie. Want volgens hom het die
aanklaer en magistraat tussen hulle na die feite
gekyk en besluit om hom nie te vervolg nie.
Dit het sin gemaak.

Nou Nòg Anonienemer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Miskien help dit

Ma., 12 Mei 2003 10:28

Onderstaande is in Engels - so wees gewaarsku.
Ek het nog nie self getoets nie, so kan nie vir die grondigheid daarvoor
instaan nie.
Maar dis 'n goeie plan as dit werk.

( Ek lees ook vandag dat daar gemiddeld 82 vuurwapens per dag gesteel of
verlê word - hoog tyd dat daardie nuwe wapen met persoonlike ID nou verkop
word)

Cellphone advice in case of theft!!
If you haven't done this YET....................DO IT
NOW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
To check your cellular phone's serial number, key in the following on your
phone : star hash zero six hash as (*#06#)
A 15-digit code will appear on the screen. This number is unique to your
handset. Write it down and keep it somewhere safe. Should your phone be
stolen, you can phone your service provider and give them this code. They in
turn, will then be able to block your handset, so that even if the thief
changes the Sim card, your phone will be totally useless. You probably won't
get your phone back, but at least you know that whoever stole it, can't
use/sell it either. If everybody did this, there would be no point in
stealing mobile phones anymore.
Send this to as many people with mobiles as possible, and let's make the
thieves lives even more
frustrating.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Learning Afrikaans

So., 11 Mei 2003 18:55

Hi, would anybody be interested in teaching me some Afrikaans? My parents
moved to America from South Africa a few years before I was born, and I
never had an opportunity to learn the language. Somebody please let me
understand what they are saying when they don't want me to hear!

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe

So., 11 Mei 2003 04:23

In die weeklikse e-nuusblief van die ANC (ANC Today) "skryf Mbeki dat die
huidige probleme in Zimbabwe is die gevolg daarvan dat die regering sedert
onafhanklikheid sosiale besteding voor fiskale dissipline gestel het."
(Naweek-Beeld).
"Mbeki skryf dat die situasie nie te wyte is aan "demoniese mense met bose
harte in Harare", of korrupsie of roekelose politici nie."
Mbeki gaan op die trant voort om sy binnelandse kritici wat aandring op meer
hulp aan die armes aan te spreek.

http://www.anc.org.za/ancdocs/anctoday/2003/at18.htm

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Om die Skou te Beskou

Sa., 10 Mei 2003 14:17

Waar kry 'n mens inligting
oor skoue in jou omgewing?
Ek sou daarvan wou weet
indien 'n huisskou in die
onmiddelike toekoms in
JHB/PTA gebied aangebied
word.

Dave

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

e-pos addy

Sa., 10 Mei 2003 09:34

Drom stuur vir my jou addy, het so paar fotos wat
ek wil stuur van jy weet wie. Verwyder net die
'underscore' op my adres.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Trance Musiek.

Sa., 10 Mei 2003 06:28

Die nuwe "gevaarlike musiek" is op ons.
Eers was daar ruk en rol musiek, toe popmusiek, toe rap, toe rave, en nou
dit - almal vreeslik gevaarlik.
Volgens Helmut Meijer van US, speel die musiek kat-en-muis met mens se
emosies, en is verslawend omdat dit so besit neem van 'n mens.
Dié musiek word in mineursleutels gespeel wat 'n spesifieke gemoedstemming
skep, meestal melankolies, en maak nostalgiese velangens wakker ( O koek!!
ek beter my Norah Jones CD weggooi:)) )
Die musiek is baie verbeeldingryk met die sinergiese gebruik van afwagting
( wat spanning skep) en die daaropvolgende kreatiewe verligting - twee
uiterste emosies.
Wanneer sang saam met die elektroniese musiek gebruik word, is dit meestal
vrouestemme wat lirieke sing wat sinspeel op verlange, afwagting en drome.
Ritme in trance-musiek is belangrik - 140 slae per minuut - die ideale
danstempo.
"Die wiskundige, klinies volmaakte ritmes skep 'n toestand van meesleurende
betowering. Dit is hipnose se grondbeginsel. Die kombinasie van van die
mineursleutel-droomklank- wiskundige ritmes boei die luisteraar intens,
terwyl dit terselfdertyd 'n vryheid kommunikeer wat speel met 'n mens se
basiese behoefte na iets bestendigs".
Rave-musiek, die voorganger van trance-musiek, is reeds in 2000 as 'n
hipnotiese instrument bestempel.

Kyk as dit gevaarlik is om te lag en te huil as mens iets lees en hoor,
selfs sonder 'n zol, ecstacy of 'n dop, dan is hierdie ng uiters
gevaarlik:)))

Annette

Musiek & liriek | 6 kommentare

Wat sal jy nooit vergeet nie?

Sa., 10 Mei 2003 06:15

Daar is baie goed - soos my blydskap oor my eerste klavier, my eerste dag op
skool waarna ek so lank uitgesien het, my eerste vliegrit in 'n Viscount,
koshuissports, verskeie blapse en teleurstellings.
Maar volgens gister se Burger is daar slegs een ding wat 'n mens definitief
nooit ooit sal vergeet nie -
"Geen fisiese sensasie kan vergelyk word met dit wat 'n mens ervaar as jy
Ecstacy gebruik en na trance-musiek luister nie. Seks kom nie naby nie en
dié ongelooflike sensasie hou agt to tien uur aan. Hierdie betowerende
ervaring bly jou die res van jou lewe by.:"

Nee dankie - ek is doodgelukkig met my herhinneringe wat ek beleef het
sonder eksterne materiële brein-manipulerende invloede.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Misweer

Sa., 10 Mei 2003 05:58

Gister was dit so 'n regte Kaapse winterige dag - nie koud nie, maar bewolk
en reënerig - en die weervoorspelling vertel ons dat hierdie naweek is dit
koud en nat, en dat Kaapstad se maksimum temperatuur vandag 17c sal wees.
Ek kry toe my organe reg vir die koue weer - vir die pot 'n beesstert saam
met kluitjies ( net omdat ek lus is vir kluitjies), bottel rooiwyn en
sjerrie, kussings, komberse, boek, 'n pak tjips en 'n dip - alles reg vir 'n
luilekker snoesige dag.
Toe ek uitgaan om die koerant te gaan haal - toe is die lug skoon, die son
skyn - en nou word ek gedwing om wasgoed te was.
Ai tog.:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    594  595  596  597  598  599  600  601  602  603  604  605  606  607  608  609    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 19:22:31 UTC 2025