Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » gomringer variasies III- WOPKO JENSMA
gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77622] Di, 13 Mei 2003 06:35 na volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
varkore var           erokrav var
  varkore rko      erokrav okr
    varkore  ore  erokrav ero
    ore varkore   ero erokrav
  rko varkore      erokrav okr
var  varkore          varkore rav
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77623 is 'n antwoord op boodskap #77622] Di, 13 Mei 2003 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Suursuiker! ( sherbet!) dit lyk omtrent soos die artikel in Rapport Sondag
oor Dooie Willie - die hele grote artikel het nie sin gemaak nie, tensy mens
die eerste helfte van 'n sin lees, en drie reels ondertoe die res van die
sin.:)))

Annette

"Koot" skryf in boodskap news:b9q3lg$28h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> varkore var erokrav var
> varkore rko erokrav okr
> varkore ore erokrav ero
> ore varkore ero erokrav
> rko varkore erokrav okr
> var varkore varkore rav
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77625 is 'n antwoord op boodskap #77623] Di, 13 Mei 2003 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek onthou daai een - blykbaar bietjie skeef geset.

"Annette" skryf in boodskap news:b9q5i1$lrmui$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Suursuiker! ( sherbet!) dit lyk omtrent soos die artikel in Rapport Sondag
> oor Dooie Willie - die hele grote artikel het nie sin gemaak nie, tensy mens
> die eerste helfte van 'n sin lees, en drie reels ondertoe die res van die
> sin.:)))
>
> Annette
>
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:b9q3lg$28h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> varkore var erokrav var
>> varkore rko erokrav okr
>> varkore ore erokrav ero
>> ore varkore ero erokrav
>> rko varkore erokrav okr
>> var varkore varkore rav
>>
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77626 is 'n antwoord op boodskap #77625] Di, 13 Mei 2003 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Koot, soos jy miskien weet is die setproses totaal elektronies. Iemand
se vingertjies het oorhoeks geraak en knoppies gedruk wat hulle nie moes
nie.
Dit bring ons nou natuurlik by die feit dat die persoon wat veronderstel was
om dit na te gaan ( lees subredakteur) dit glad nie gedoen het nie, of in
die proses om die artikel te redigeer die totale gemors aangevang het - en
soos jy weet, subs sub nie hulle eie werk nie;)))

Annette

"Koot" skryf in boodskap news:b9q6pu$3jk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek onthou daai een - blykbaar bietjie skeef geset.
>
> "Annette" wrote in message
> news:b9q5i1$lrmui$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Suursuiker! ( sherbet!) dit lyk omtrent soos die artikel in Rapport Sondag
>> oor Dooie Willie - die hele grote artikel het nie sin gemaak nie, tensy mens
>> die eerste helfte van 'n sin lees, en drie reels ondertoe die res van die
>> sin.:)))
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Koot" wrote in message
>> news:b9q3lg$28h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> varkore var erokrav var
>>> varkore rko erokrav okr
>>> varkore ore erokrav ero
>>> ore varkore ero erokrav
>>> rko varkore erokrav okr
>>> var varkore varkore rav
>>>
>>
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77628 is 'n antwoord op boodskap #77622] Di, 13 Mei 2003 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> varkore var erokrav var
> varkore rko erokrav okr
> varkore ore erokrav ero
> ore varkore ero erokrav
> rko varkore erokrav okr
> var varkore varkore rav

Ja-nee, Koot. Hierdie soort ding is
OK as iemand dit wil druk in 'n
boek, maar ek dink dat André Brink
van beter moes geweet het om so 'n
stuk snert in 'n Groot Verseboek te
verewig. Ek kan nou nie goed onthou
nie, maar ek dink ek het al ander
dinge van Wopko Jensma gelees, en
as hulle nog enigsins sin gemaak het,
was dit vol seksuele insinuasies.
Asof die persoon moet staatmaak op
ander dinge om mens se aandag te
hou as die tradisionele goeie vers-
bedryf.

Gloudina
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77629 is 'n antwoord op boodskap #77628] Di, 13 Mei 2003 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
antie, ek dink jy sit die seksuele pot helemal mis! gaan lees weer daar waar
jy gelees het oor wopko.

In my hande voor my nou het ek "I Must Show You My Newspaper Clippings" deur
Wopko Jensma. Jare laas gekoop - ek skat sowat 25 jaar gelede (ISBN 0 86975
065 8, June 1977). Vinnig deurgeblaai en vir my is daar niks opmerkliks
seksueel nie. Om die woord "snert" te gebruik voel ek is nogal aanmatigend.

ekke haal aan... bladsy 56 sommer maar vir die lekkerte...

XI
you let me work
but you keep the bread
'oh mr richman
you don't know hard times'
you pass me wine
no way in this cage
i'm hooked; god's my witness
i better die -
wallow in wine and blood

mynheer i tried
myself i cannot kill
mynheer i hate

now, my hate is blind
now i'm going to love -
like hell a'm gunna luv yu
i'll use your tools:
i'll drink the wine
but only after the bread -
god's my witness
in flesh and blood

Daniel
> Ja-nee, Koot. Hierdie soort ding is
> OK as iemand dit wil druk in 'n
> boek, maar ek dink dat André Brink
> van beter moes geweet het om so 'n
> stuk snert in 'n Groot Verseboek te
> verewig. Ek kan nou nie goed onthou
> nie, maar ek dink ek het al ander
> dinge van Wopko Jensma gelees, en
> as hulle nog enigsins sin gemaak het,
> was dit vol seksuele insinuasies.
> Asof die persoon moet staatmaak op
> ander dinge om mens se aandag te
> hou as die tradisionele goeie vers-
> bedryf.
>
> Gloudina
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77631 is 'n antwoord op boodskap #77628] Di, 13 Mei 2003 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - maar dit is mos waarvan Andre P. hou is dit nie - sy ganske bestaan
is deurspek daarvan
skryf in boodskap news:3EC0EACE.4020107@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> varkore var erokrav var
>> varkore rko erokrav okr
>> varkore ore erokrav ero
>> ore varkore ero erokrav
>> rko varkore erokrav okr
>> var varkore varkore rav
>
>
> Ja-nee, Koot. Hierdie soort ding is
> OK as iemand dit wil druk in 'n
> boek, maar ek dink dat André Brink
> van beter moes geweet het om so 'n
> stuk snert in 'n Groot Verseboek te
> verewig. Ek kan nou nie goed onthou
> nie, maar ek dink ek het al ander
> dinge van Wopko Jensma gelees, en
> as hulle nog enigsins sin gemaak het,
> was dit vol seksuele insinuasies.
> Asof die persoon moet staatmaak op
> ander dinge om mens se aandag te
> hou as die tradisionele goeie vers-
> bedryf.
>
> Gloudina
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77632 is 'n antwoord op boodskap #77622] Di, 13 Mei 2003 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
.. van of hy nog leef weet ek nie. Lees hier ...
http://web.uct.ac.za/projects/poetry/wopko.htm en hier
http://www.chico.mweb.co.za/art/gtown98/980618-mud.html

Google Search kon nie veel meer oplewer nie.

ekke haal weer aan...

III

i wrote no lines since I last saw you
in fact i have nothing more to say
the sky is blue the leaves are green
i take what comes i give with caution
the yachts ride at anchor in the bay
next month and autumn cooler weather
i pay off my past debt by instalments

> Ja, ek vra om verskoning. Ek het gedink
> aan 'n moderne (vroulike digter, dink ek)
> wat ook so 'n Hollandse naam het.
> Ek maak ook om verskoning dat ek nie eers
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77633 is 'n antwoord op boodskap #77629] Di, 13 Mei 2003 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

daniel wrote:

> antie, ek dink jy sit die seksuele pot helemal mis! gaan lees weer daar waar
> jy gelees het oor wopko.
>
> In my hande voor my nou het ek "I Must Show You My Newspaper Clippings" deur
> Wopko Jensma. Jare laas gekoop - ek skat sowat 25 jaar gelede (ISBN 0 86975
> 065 8, June 1977). Vinnig deurgeblaai en vir my is daar niks opmerkliks
> seksueel nie. Om die woord "snert" te gebruik voel ek is nogal aanmatigend.

Ja, ek vra om verskoning. Ek het gedink
aan 'n moderne (vroulike digter, dink ek)
wat ook so 'n Hollandse naam het.
Ek maak ook om verskoning dat ek nie eers
op die Net oor Jensma gaan lees het voordat
ek gepraat het nie. Blykbaar was hy een van
die "struggle-digters." Ek kan net nie verstaan
hoekom Brink verkies het om sulke niksseggende
gedigte van hom te plaas, as daar tog ander
bestaan wat meer verdienstelik is nie.
Iemand sê êrens hy skryf soos James Joyce.
Nouja, James Joyce kon skryf. Net soos Pablo
Picasso kon teken. Uiteindelik begin hulle
skryf of verf op onverstaanbare maniere. Ek
kan tot vandag toe nie vir Finnegans Wake
lees nie, behalwe as ek dit in die badkamer
laat en so 'n paar reëltjies op 'n slag lees.
Dan vind ek daar soms komiese reëltjies, soms
selfs met duidelike SA verwysinge.
Maar vir die man in die straat is Finnegans
Wake 'n klomp snert. Net soos Stephen Hawking 'n
klomp snert is as hy God in sy wetenskaplike
besprekings inbring.
Wopko Jensma was glo ook 'n beeldende
kunstenaar.
Weet jy of hy nog leef?

Gloudina
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77636 is 'n antwoord op boodskap #77632] Di, 13 Mei 2003 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

daniel wrote:

> .. van of hy nog leef weet ek nie. Lees hier ...
> http://web.uct.ac.za/projects/poetry/wopko.htm en hier
> http://www.chico.mweb.co.za/art/gtown98/980618-mud.html

> ekke haal weer aan...

> III
> i wrote no lines since I last saw you

Wel, om terug te keer na André Brink
en sy probleem van wat om van Wopko
Jensma in te sluit in die nuwe Groot
Verseboek: sekerlik was die probleem
dat Jensma basies nie 'n Afrikaanse
digter was nie. Dus die eerste vraag:
behoort Jensma geheel en al in die
Groot Verseboek? Het hy genoeg
volgelinge gehad dat mens hom as inte-
graal kon sien? En as jy nou iets van
Wopko wou insluit: doen jy hom 'n guns
deur sulke flippant goed in te sluit
soos sy gespeel met gomringe? Want dit
is uiteindelik al wat Afrikaanse studente
oor twintig of dertig jaar van hom sal
onthou. Mens moet onthou dat die blote
samestelling van so 'n bundel 'n invloed
het op wie en wat ernstig opgeneem gaan
word in die toekoms en wie nie.
Ek gebruik altyd die voorbeeld van
die groot aantal gedigte van Wilma
Stockenström wat daar in die eerste
Groot Verseboek opgeneem is. Ek neem aan
dis gedoen omdat sy 'n protegé van
Opperman was. Maar ek weier om toe te
gee dat sy enigsins 'n "goeie" digter
is. Haar digwerk is meestal sonder enige
vonk, intellektueel aanmekaargesit en
word gou vergeet nadat dit gelees word.
Ek wonder hoeveel van haar gedigte in die
nuwe Groot Verseboek opgeneem is.

Gloudina
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77638 is 'n antwoord op boodskap #77622] Di, 13 Mei 2003 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 13 May 2003 08:35:23 +0200, "Koot"
wrote:

> varkore var erokrav var
> varkore rko erokrav okr
> varkore ore erokrav ero
> ore varkore ero erokrav
> rko varkore erokrav okr
> var varkore varkore rav
>

Waar is jy feitelik mee besig, Koot?

Norbert (uit Vlaandere)
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77656 is 'n antwoord op boodskap #77633] Wo, 14 Mei 2003 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink ek het Wopko 'n ondiens bewys deur net daardie verse van hom aan te
haal. Sy ander verse in die Verseboek spreek van groot insig en fyn ironie.
Taamlik bitter, maar m.i. goed. Ek het egter hierdie verse gekry na
aanleiding van ons bespreking van vormgedigte.

Ek is ook nou geïnteresseerd in Wopko. Ek het gedag sy naam is 'n anagram
van iets anders! Ek sien hy's al goed in die sestig jaar oud.

skryf in boodskap news:3EC10468.8050403@rogers.com...
>
> daniel wrote:
>
>> antie, ek dink jy sit die seksuele pot helemal mis! gaan lees weer daar waar
>> jy gelees het oor wopko.
>>
>> In my hande voor my nou het ek "I Must Show You My Newspaper Clippings" deur
>> Wopko Jensma. Jare laas gekoop - ek skat sowat 25 jaar gelede (ISBN 0 86975
>> 065 8, June 1977). Vinnig deurgeblaai en vir my is daar niks opmerkliks
>> seksueel nie. Om die woord "snert" te gebruik voel ek is nogal aanmatigend.
>
> Ja, ek vra om verskoning. Ek het gedink
> aan 'n moderne (vroulike digter, dink ek)
> wat ook so 'n Hollandse naam het.
> Ek maak ook om verskoning dat ek nie eers
> op die Net oor Jensma gaan lees het voordat
> ek gepraat het nie. Blykbaar was hy een van
> die "struggle-digters." Ek kan net nie verstaan
> hoekom Brink verkies het om sulke niksseggende
> gedigte van hom te plaas, as daar tog ander
> bestaan wat meer verdienstelik is nie.
> Iemand sê êrens hy skryf soos James Joyce.
> Nouja, James Joyce kon skryf. Net soos Pablo
> Picasso kon teken. Uiteindelik begin hulle
> skryf of verf op onverstaanbare maniere. Ek
> kan tot vandag toe nie vir Finnegans Wake
> lees nie, behalwe as ek dit in die badkamer
> laat en so 'n paar reëltjies op 'n slag lees.
> Dan vind ek daar soms komiese reëltjies, soms
> selfs met duidelike SA verwysinge.
> Maar vir die man in die straat is Finnegans
> Wake 'n klomp snert. Net soos Stephen Hawking 'n
> klomp snert is as hy God in sy wetenskaplike
> besprekings inbring.
> Wopko Jensma was glo ook 'n beeldende
> kunstenaar.
> Weet jy of hy nog leef?
>
> Gloudina
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77658 is 'n antwoord op boodskap #77633] Wo, 14 Mei 2003 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hy's blykbaar in 1993 oorlede. Gebore in Ventersdorp - Afrikaanse ma en
Hollandse pa. Gestudeer te Tukkies en die PUK. Hy wou homself na toere in
Afrika as swart laat herklassifiseer. Hy is beskou as skisofreen en het tyd
in psigiatiese klinieke deurgebring.

Vry vertaal (uit onkundige noodsaak) uit
http://www.librairie-compagnie.fr/afrique-sud/auteurs/jensma .htm.

skryf in boodskap news:3EC10468.8050403@rogers.com...
>
> daniel wrote:
>
>> antie, ek dink jy sit die seksuele pot helemal mis! gaan lees weer daar waar
>> jy gelees het oor wopko.
>>
>> In my hande voor my nou het ek "I Must Show You My Newspaper Clippings" deur
>> Wopko Jensma. Jare laas gekoop - ek skat sowat 25 jaar gelede (ISBN 0 86975
>> 065 8, June 1977). Vinnig deurgeblaai en vir my is daar niks opmerkliks
>> seksueel nie. Om die woord "snert" te gebruik voel ek is nogal aanmatigend.
>
> Ja, ek vra om verskoning. Ek het gedink
> aan 'n moderne (vroulike digter, dink ek)
> wat ook so 'n Hollandse naam het.
> Ek maak ook om verskoning dat ek nie eers
> op die Net oor Jensma gaan lees het voordat
> ek gepraat het nie. Blykbaar was hy een van
> die "struggle-digters." Ek kan net nie verstaan
> hoekom Brink verkies het om sulke niksseggende
> gedigte van hom te plaas, as daar tog ander
> bestaan wat meer verdienstelik is nie.
> Iemand sê êrens hy skryf soos James Joyce.
> Nouja, James Joyce kon skryf. Net soos Pablo
> Picasso kon teken. Uiteindelik begin hulle
> skryf of verf op onverstaanbare maniere. Ek
> kan tot vandag toe nie vir Finnegans Wake
> lees nie, behalwe as ek dit in die badkamer
> laat en so 'n paar reëltjies op 'n slag lees.
> Dan vind ek daar soms komiese reëltjies, soms
> selfs met duidelike SA verwysinge.
> Maar vir die man in die straat is Finnegans
> Wake 'n klomp snert. Net soos Stephen Hawking 'n
> klomp snert is as hy God in sy wetenskaplike
> besprekings inbring.
> Wopko Jensma was glo ook 'n beeldende
> kunstenaar.
> Weet jy of hy nog leef?
>
> Gloudina
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77659 is 'n antwoord op boodskap #77656] Wo, 14 Mei 2003 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Ek is ook nou geïnteresseerd in Wopko. Ek het gedag sy naam is 'n anagram
> van iets anders! Ek sien hy's al goed in die sestig jaar oud.

Wel, kom ons maak dit 'n onderneming
om meer van hom uit te vind. En as dit
nie teveel gevra is nie, kan jy miskien
nog van sy Afrikaanse gedigte op die
nuusgroep sit. Ek kry omtrent net Engelse
gedigte as ek soek.

Gloudina
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77665 is 'n antwoord op boodskap #77659] Wo, 14 Mei 2003 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
... en dan het Wopko ook in Nederlands gepoog!

XII

kleine verfrommelde almanak
die men ondersteboven leest
MIJN KLOK STAAT STIL
uitgekauwd sigaretteeindje op't
WITTE SERVET
de scherven van de kosmos vind ik in m'n thee

> Wel, kom ons maak dit 'n onderneming
> om meer van hom uit te vind. En as dit
> nie teveel gevra is nie, kan jy miskien
> nog van sy Afrikaanse gedigte op die
> nuusgroep sit. Ek kry omtrent net Engelse
> gedigte as ek soek.
>
> Gloudina
>
gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77666 is 'n antwoord op boodskap #77659] Wo, 14 Mei 2003 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Hierdie haal ek aan vanaf 'n 'web site' wat ek dmv Google gevind het.

"Want dit is die mees besonderse ontdekking by die lees van die bundel hoe
fyn geslyp Jensma se vormvermoe is, juis in die ontginning van wat op die
oog af so 'n vrye rammelvers. Wie nie kennis neem van Wopko Jensma se
digkuns nie, is uit voeling met van die ingrypendste en sterkste kreatiewe
werk wat daar vandag_in weerwil van sensuur en reelreg teen sensuur in_in
Suid-Afrika verrig word."
André P. Brink, RAPPORT

Daniel
IBICF.
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77668 is 'n antwoord op boodskap #77665] Wo, 14 Mei 2003 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

daniel wrote:

> ... en dan het Wopko ook in Nederlands gepoog!
>
> XII
>
> kleine verfrommelde almanak
> die men ondersteboven leest
> MIJN KLOK STAAT STIL
> uitgekauwd sigaretteeindje op't
> WITTE SERVET
> de scherven van de kosmos vind ik in m'n thee

Pos asseblief nog meer, Daniel.

Gloudina
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77693 is 'n antwoord op boodskap #77638] Do, 15 Mei 2003 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstaan nie jou vraag nie, Norbert.

>
> Waar is jy feitelik mee besig, Koot?
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77700 is 'n antwoord op boodskap #77659] Do, 15 Mei 2003 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal so maak.

skryf in boodskap news:3EC23DB7.5050604@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>
>> Ek is ook nou geïnteresseerd in Wopko. Ek het gedag sy naam is 'n anagram
>> van iets anders! Ek sien hy's al goed in die sestig jaar oud.
>
>
> Wel, kom ons maak dit 'n onderneming
> om meer van hom uit te vind. En as dit
> nie teveel gevra is nie, kan jy miskien
> nog van sy Afrikaanse gedigte op die
> nuusgroep sit. Ek kry omtrent net Engelse
> gedigte as ek soek.
>
> Gloudina
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77752 is 'n antwoord op boodskap #77693] Do, 15 Mei 2003 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 15 May 2003 09:03:08 +0200, "Koot"
wrote:

> Ek verstaan nie jou vraag nie, Norbert.
>

Ag, laat maar blou-blou, ek verstaan tog niks van digters nie!
Ek had nooit verwag nie dat 'n man van die eksakte weteskappe
se eie daarmee kon besig hou.. Ek sal my mening daaromtrent
'n bietjie hersien.

Norbert
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77874 is 'n antwoord op boodskap #77752] So, 18 Mei 2003 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het met Chemie en Fisika begin, later na Bestuurswese toe oorgeswaai. Ek
hou my feitelik dus met Produksie- en Projekbestuur besig.

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:ugg7cv8q81khn0ammr8tlp3hnddoqhlbm0@4ax.com...
> On Thu, 15 May 2003 09:03:08 +0200, "Koot"
> wrote:
>
>> Ek verstaan nie jou vraag nie, Norbert.
>>
>
> Ag, laat maar blou-blou, ek verstaan tog niks van digters nie!
> Ek had nooit verwag nie dat 'n man van die eksakte weteskappe
> se eie daarmee kon besig hou.. Ek sal my mening daaromtrent
> 'n bietjie hersien.
>
> Norbert
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77885 is 'n antwoord op boodskap #77874] So, 18 Mei 2003 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koot, kom jy nou in Junie die Opera hier kyk?
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:ba7tvf$jqs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het met Chemie en Fisika begin, later na Bestuurswese toe oorgeswaai. Ek
> hou my feitelik dus met Produksie- en Projekbestuur besig.
>
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:ugg7cv8q81khn0ammr8tlp3hnddoqhlbm0@4ax.com...
>> On Thu, 15 May 2003 09:03:08 +0200, "Koot"
>> wrote:
>>
>>> Ek verstaan nie jou vraag nie, Norbert.
>>>
>>
>> Ag, laat maar blou-blou, ek verstaan tog niks van digters nie!
>> Ek had nooit verwag nie dat 'n man van die eksakte weteskappe
>> se eie daarmee kon besig hou.. Ek sal my mening daaromtrent
>> 'n bietjie hersien.
>>
>> Norbert
>>
>
Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77921 is 'n antwoord op boodskap #77885] Ma, 19 Mei 2003 06:09 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dis nog die plan. My kinders op hoërskool het nog nooit 'n opera gesien nie.
Ek wil hulle wys dit kan lekker ook wees!

"Annette" skryf in boodskap news:ba8b2j$q40d9$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Koot, kom jy nou in Junie die Opera hier kyk?
> Annette
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:ba7tvf$jqs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het met Chemie en Fisika begin, later na Bestuurswese toe oorgeswaai. Ek
>> hou my feitelik dus met Produksie- en Projekbestuur besig.
>>
>> "Sterrenkijker" wrote in message
>> news:ugg7cv8q81khn0ammr8tlp3hnddoqhlbm0@4ax.com...
>>> On Thu, 15 May 2003 09:03:08 +0200, "Koot"
>>> wrote:
>>>
>>>> Ek verstaan nie jou vraag nie, Norbert.
>>>>
>>>
>>> Ag, laat maar blou-blou, ek verstaan tog niks van digters nie!
>>> Ek had nooit verwag nie dat 'n man van die eksakte weteskappe
>>> se eie daarmee kon besig hou.. Ek sal my mening daaromtrent
>>> 'n bietjie hersien.
>>>
>>> Norbert
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: " Laatherfs " deur MERWE SCHOLTZ
Volgende onderwerp: " Saffraanpeer gee 'n lekker stroop " deur BOERNEEF
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 08:54:46 MGT 2024