|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77623 is 'n antwoord op boodskap #77622] |
Di., 13 Mei 2003 06:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Suursuiker! ( sherbet!) dit lyk omtrent soos die artikel in Rapport Sondag
oor Dooie Willie - die hele grote artikel het nie sin gemaak nie, tensy mens
die eerste helfte van 'n sin lees, en drie reels ondertoe die res van die
sin.:)))
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:b9q3lg$28h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> varkore var erokrav var
> varkore rko erokrav okr
> varkore ore erokrav ero
> ore varkore ero erokrav
> rko varkore erokrav okr
> var varkore varkore rav
>
|
|
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77626 is 'n antwoord op boodskap #77625] |
Di., 13 Mei 2003 07:57   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Liewe Koot, soos jy miskien weet is die setproses totaal elektronies. Iemand
se vingertjies het oorhoeks geraak en knoppies gedruk wat hulle nie moes
nie.
Dit bring ons nou natuurlik by die feit dat die persoon wat veronderstel was
om dit na te gaan ( lees subredakteur) dit glad nie gedoen het nie, of in
die proses om die artikel te redigeer die totale gemors aangevang het - en
soos jy weet, subs sub nie hulle eie werk nie;)))
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:b9q6pu$3jk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek onthou daai een - blykbaar bietjie skeef geset.
>
> "Annette" wrote in message
> news:b9q5i1$lrmui$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Suursuiker! ( sherbet!) dit lyk omtrent soos die artikel in Rapport Sondag
>> oor Dooie Willie - die hele grote artikel het nie sin gemaak nie, tensy mens
>> die eerste helfte van 'n sin lees, en drie reels ondertoe die res van die
>> sin.:)))
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Koot" wrote in message
>> news:b9q3lg$28h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> varkore var erokrav var
>>> varkore rko erokrav okr
>>> varkore ore erokrav ero
>>> ore varkore ero erokrav
>>> rko varkore erokrav okr
>>> var varkore varkore rav
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77628 is 'n antwoord op boodskap #77622] |
Di., 13 Mei 2003 12:52   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot wrote:
> varkore var erokrav var
> varkore rko erokrav okr
> varkore ore erokrav ero
> ore varkore ero erokrav
> rko varkore erokrav okr
> var varkore varkore rav
Ja-nee, Koot. Hierdie soort ding is
OK as iemand dit wil druk in 'n
boek, maar ek dink dat André Brink
van beter moes geweet het om so 'n
stuk snert in 'n Groot Verseboek te
verewig. Ek kan nou nie goed onthou
nie, maar ek dink ek het al ander
dinge van Wopko Jensma gelees, en
as hulle nog enigsins sin gemaak het,
was dit vol seksuele insinuasies.
Asof die persoon moet staatmaak op
ander dinge om mens se aandag te
hou as die tradisionele goeie vers-
bedryf.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77633 is 'n antwoord op boodskap #77629] |
Di., 13 Mei 2003 14:41   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
daniel wrote:
> antie, ek dink jy sit die seksuele pot helemal mis! gaan lees weer daar waar
> jy gelees het oor wopko.
>
> In my hande voor my nou het ek "I Must Show You My Newspaper Clippings" deur
> Wopko Jensma. Jare laas gekoop - ek skat sowat 25 jaar gelede (ISBN 0 86975
> 065 8, June 1977). Vinnig deurgeblaai en vir my is daar niks opmerkliks
> seksueel nie. Om die woord "snert" te gebruik voel ek is nogal aanmatigend.
Ja, ek vra om verskoning. Ek het gedink
aan 'n moderne (vroulike digter, dink ek)
wat ook so 'n Hollandse naam het.
Ek maak ook om verskoning dat ek nie eers
op die Net oor Jensma gaan lees het voordat
ek gepraat het nie. Blykbaar was hy een van
die "struggle-digters." Ek kan net nie verstaan
hoekom Brink verkies het om sulke niksseggende
gedigte van hom te plaas, as daar tog ander
bestaan wat meer verdienstelik is nie.
Iemand sê êrens hy skryf soos James Joyce.
Nouja, James Joyce kon skryf. Net soos Pablo
Picasso kon teken. Uiteindelik begin hulle
skryf of verf op onverstaanbare maniere. Ek
kan tot vandag toe nie vir Finnegans Wake
lees nie, behalwe as ek dit in die badkamer
laat en so 'n paar reëltjies op 'n slag lees.
Dan vind ek daar soms komiese reëltjies, soms
selfs met duidelike SA verwysinge.
Maar vir die man in die straat is Finnegans
Wake 'n klomp snert. Net soos Stephen Hawking 'n
klomp snert is as hy God in sy wetenskaplike
besprekings inbring.
Wopko Jensma was glo ook 'n beeldende
kunstenaar.
Weet jy of hy nog leef?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77636 is 'n antwoord op boodskap #77632] |
Di., 13 Mei 2003 18:07   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
daniel wrote:
> .. van of hy nog leef weet ek nie. Lees hier ...
> http://web.uct.ac.za/projects/poetry/wopko.htm en hier
> http://www.chico.mweb.co.za/art/gtown98/980618-mud.html
> ekke haal weer aan...
> III
> i wrote no lines since I last saw you
Wel, om terug te keer na André Brink
en sy probleem van wat om van Wopko
Jensma in te sluit in die nuwe Groot
Verseboek: sekerlik was die probleem
dat Jensma basies nie 'n Afrikaanse
digter was nie. Dus die eerste vraag:
behoort Jensma geheel en al in die
Groot Verseboek? Het hy genoeg
volgelinge gehad dat mens hom as inte-
graal kon sien? En as jy nou iets van
Wopko wou insluit: doen jy hom 'n guns
deur sulke flippant goed in te sluit
soos sy gespeel met gomringe? Want dit
is uiteindelik al wat Afrikaanse studente
oor twintig of dertig jaar van hom sal
onthou. Mens moet onthou dat die blote
samestelling van so 'n bundel 'n invloed
het op wie en wat ernstig opgeneem gaan
word in die toekoms en wie nie.
Ek gebruik altyd die voorbeeld van
die groot aantal gedigte van Wilma
Stockenström wat daar in die eerste
Groot Verseboek opgeneem is. Ek neem aan
dis gedoen omdat sy 'n protegé van
Opperman was. Maar ek weier om toe te
gee dat sy enigsins 'n "goeie" digter
is. Haar digwerk is meestal sonder enige
vonk, intellektueel aanmekaargesit en
word gou vergeet nadat dit gelees word.
Ek wonder hoeveel van haar gedigte in die
nuwe Groot Verseboek opgeneem is.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77656 is 'n antwoord op boodskap #77633] |
Wo., 14 Mei 2003 08:24   |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink ek het Wopko 'n ondiens bewys deur net daardie verse van hom aan te
haal. Sy ander verse in die Verseboek spreek van groot insig en fyn ironie.
Taamlik bitter, maar m.i. goed. Ek het egter hierdie verse gekry na
aanleiding van ons bespreking van vormgedigte.
Ek is ook nou geïnteresseerd in Wopko. Ek het gedag sy naam is 'n anagram
van iets anders! Ek sien hy's al goed in die sestig jaar oud.
skryf in boodskap news:3EC10468.8050403@rogers.com...
>
> daniel wrote:
>
>> antie, ek dink jy sit die seksuele pot helemal mis! gaan lees weer daar waar
>> jy gelees het oor wopko.
>>
>> In my hande voor my nou het ek "I Must Show You My Newspaper Clippings" deur
>> Wopko Jensma. Jare laas gekoop - ek skat sowat 25 jaar gelede (ISBN 0 86975
>> 065 8, June 1977). Vinnig deurgeblaai en vir my is daar niks opmerkliks
>> seksueel nie. Om die woord "snert" te gebruik voel ek is nogal aanmatigend.
>
> Ja, ek vra om verskoning. Ek het gedink
> aan 'n moderne (vroulike digter, dink ek)
> wat ook so 'n Hollandse naam het.
> Ek maak ook om verskoning dat ek nie eers
> op die Net oor Jensma gaan lees het voordat
> ek gepraat het nie. Blykbaar was hy een van
> die "struggle-digters." Ek kan net nie verstaan
> hoekom Brink verkies het om sulke niksseggende
> gedigte van hom te plaas, as daar tog ander
> bestaan wat meer verdienstelik is nie.
> Iemand sê êrens hy skryf soos James Joyce.
> Nouja, James Joyce kon skryf. Net soos Pablo
> Picasso kon teken. Uiteindelik begin hulle
> skryf of verf op onverstaanbare maniere. Ek
> kan tot vandag toe nie vir Finnegans Wake
> lees nie, behalwe as ek dit in die badkamer
> laat en so 'n paar reëltjies op 'n slag lees.
> Dan vind ek daar soms komiese reëltjies, soms
> selfs met duidelike SA verwysinge.
> Maar vir die man in die straat is Finnegans
> Wake 'n klomp snert. Net soos Stephen Hawking 'n
> klomp snert is as hy God in sy wetenskaplike
> besprekings inbring.
> Wopko Jensma was glo ook 'n beeldende
> kunstenaar.
> Weet jy of hy nog leef?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77659 is 'n antwoord op boodskap #77656] |
Wo., 14 Mei 2003 12:58   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot wrote:
> Ek is ook nou geïnteresseerd in Wopko. Ek het gedag sy naam is 'n anagram
> van iets anders! Ek sien hy's al goed in die sestig jaar oud.
Wel, kom ons maak dit 'n onderneming
om meer van hom uit te vind. En as dit
nie teveel gevra is nie, kan jy miskien
nog van sy Afrikaanse gedigte op die
nuusgroep sit. Ek kry omtrent net Engelse
gedigte as ek soek.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77668 is 'n antwoord op boodskap #77665] |
Wo., 14 Mei 2003 15:24   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
daniel wrote:
> ... en dan het Wopko ook in Nederlands gepoog!
>
> XII
>
> kleine verfrommelde almanak
> die men ondersteboven leest
> MIJN KLOK STAAT STIL
> uitgekauwd sigaretteeindje op't
> WITTE SERVET
> de scherven van de kosmos vind ik in m'n thee
Pos asseblief nog meer, Daniel.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77885 is 'n antwoord op boodskap #77874] |
So., 18 Mei 2003 15:52   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Koot, kom jy nou in Junie die Opera hier kyk?
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:ba7tvf$jqs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het met Chemie en Fisika begin, later na Bestuurswese toe oorgeswaai. Ek
> hou my feitelik dus met Produksie- en Projekbestuur besig.
>
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:ugg7cv8q81khn0ammr8tlp3hnddoqhlbm0@4ax.com...
>> On Thu, 15 May 2003 09:03:08 +0200, "Koot"
>> wrote:
>>
>>> Ek verstaan nie jou vraag nie, Norbert.
>>>
>>
>> Ag, laat maar blou-blou, ek verstaan tog niks van digters nie!
>> Ek had nooit verwag nie dat 'n man van die eksakte weteskappe
>> se eie daarmee kon besig hou.. Ek sal my mening daaromtrent
>> 'n bietjie hersien.
>>
>> Norbert
>>
>
|
|
|
|
| Re: gomringer variasies III- WOPKO JENSMA [boodskap #77921 is 'n antwoord op boodskap #77885] |
Ma., 19 Mei 2003 06:09  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
Dis nog die plan. My kinders op hoërskool het nog nooit 'n opera gesien nie.
Ek wil hulle wys dit kan lekker ook wees!
"Annette" skryf in boodskap news:ba8b2j$q40d9$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Koot, kom jy nou in Junie die Opera hier kyk?
> Annette
>
>
> "Koot" wrote in message
> news:ba7tvf$jqs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het met Chemie en Fisika begin, later na Bestuurswese toe oorgeswaai. Ek
>> hou my feitelik dus met Produksie- en Projekbestuur besig.
>>
>> "Sterrenkijker" wrote in message
>> news:ugg7cv8q81khn0ammr8tlp3hnddoqhlbm0@4ax.com...
>>> On Thu, 15 May 2003 09:03:08 +0200, "Koot"
>>> wrote:
>>>
>>>> Ek verstaan nie jou vraag nie, Norbert.
>>>>
>>>
>>> Ag, laat maar blou-blou, ek verstaan tog niks van digters nie!
>>> Ek had nooit verwag nie dat 'n man van die eksakte weteskappe
>>> se eie daarmee kon besig hou.. Ek sal my mening daaromtrent
>>> 'n bietjie hersien.
>>>
>>> Norbert
>>>
>>
>
|
|
|
|