Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuus 15/5

Do., 15 Mei 2003 15:27

1) Willie Ludick ( bokser) is vroeër die week oorlede op 62-jarige ouderdom.
Hy het kanker gehad.

2) Luyanda Mboniswa is skuldig bevind aan moord op Marike de Klerk, en is
tot twee termyne lewenslank gevonnis. Hy is vrygespreek op die aanklag van
verkragting.

3) Daar is geen SA rugbyspan wat verder aan die Super 12 toernooi sal
deelneem nie. Nou kan hulle lekker uitrus vir die wêreldbekertoernooi.

4) Sedert 9 Mei mag geen plastieksak deur enige onderneming gratis verskaf
word nie. Die publiek moet of 'n sak koop, of hulle eie sakke verskaf.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Annika Sorensam.......

Do., 15 Mei 2003 07:00

Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Staatsamptenare en hulle dinge....

Wo., 14 Mei 2003 13:13

Ek sit nou die aand en blaai op DStv op soek na sport toe ek toevallig te
ruste kom op Hallmark waar 'n fliek besig was en op daardie oomblik wys
hulle die vrou wat deur 'n polisieman by die stasie ontvangs vakerig en met
min entoesiasme hanteer word. Dis toe dat sy hom vertel dat as
staatsamptenaar is sy werk om die publiek te dien en as hy nie daarvan hou
nie, dan moet hy vir hom 'n ander werk gaan kry waar hy nie die publiek hoef
te bedien nie.
So 'n paar gedagtes later, toe besef ek maar dis presies die kern van
wat verkeerd is met die dienste wat nie net die staat nie, maar ook die
semi-staat en baie privaatmaatskappy ook lewer.....die personeel werk maar
oor die algemeen ook maar net om 'n salaris te verdien om aan't lewe te bly,
maar van passie en werkerstrots is daar eintlik g'n sprake nie. Sekerlik
weg is die dae wat werk vir mense 'n roeping is wat vervul moet word na die
beste van sy vermoë?
Waarom is dit so? Is dit omdat die mense glo hy is eerder deel van 'n
oorlewingsproses en het g'n beroepstoekoms in Afrika nie? Sekerlik dink
baie blanke kinders so. Weens regstellende aksies word swart werksmense
in poste gesit waarvoor hy/sy sekerlik die kwalifikasies voor het, maar
omtrent geen vorige ondervinding het van hoe dinge in 'n departement gedoen
word nie. Weens dieselfde regstellende aksie is sy onmiddelike hoof en
bestuur ook mense wat nie die nodige ondervinding het om te kan bepaal wat
presies dit is wat maak dat effektiewe diens aan die publiek gelwer word
nie. Dis 'n 'viscious circle' en die verloorder is die publiek wat nie
die dienste kry waarop hy geregtig is omdat hy belasting betaal daarvoor
nie.
Enigiemand wat in Suider-Afrika woon sal weet voorbeelde is legio. Ek
kla nie, want dit help nie om te kla nie! Wat ek wil weet is daar 'n
manier waarop mens dit ooit kan regstel? En antie Gloudina, voor jy my nou
weer beskuldig van apartheid voortrek, laat ek jou vertel dat voor die val
van apartheid, so verkeerd soos hy was, so 'n effektiewe staadsdiens het SA
en SWA gehad. Die waarheid kan nooit verkeerd wees nie! Vandag is dit
chaos en dit verswak by die dag.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Stellenbosch se manskoshuise

Wo., 14 Mei 2003 13:11

Waarom is daar moffies in manskoshuise as koshuise reeds op 'n geslagsbasis
geskei word?

En, moet die ouens wie se seksuele voorkeure mans is, nie in die
dameskoshuise gehuisves word nie?

Koeitjies & kalfies | 96 kommentare

Re: Yoo Hoo--to da female dairy farmers

Di., 13 Mei 2003 19:16

On Tue, 13 May 2003 08:19:45 +0200, "Koot"
wrote:

> Lyk meer na 'n skotse terrier wat hierdie ou probeer melk.
>
HA-HA-HAAAAAAA! 'n Swart skotse terrier met horings van hout...
Ek het nog nooit soiets gesien nie!!
Ho-Ho-Hooooooooo!!! :-)
Hoekom daardie skrywer voel se eie tuis op hierdie nuusgroep?

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

gomringer variasies IV- WOPKO JENSMA

Di., 13 Mei 2003 06:46

kniejie pi ndi eka
kniedi ep ind iek
knied ie pin die
knie di epi ndi
kni ed iep ind
kn ie die pin
k ni edi epi
kn ied iep
k nie die
kni edi
kn ied
k nie
kni
kn
k
ak
kak
e kak
ie kak
die kak
n die kak
in die kak
p in die kak
ep in die kak
iep in die kak
diep in die kak
ediep in die kak
iediep in die kak
niediep in die kak
kniediep in die kak

Prosa & poësie | 2 kommentare

gomringer variasies III- WOPKO JENSMA

Di., 13 Mei 2003 06:35

varkore var           erokrav var
  varkore rko      erokrav okr
    varkore  ore  erokrav ero
    ore varkore   ero erokrav
  rko varkore      erokrav okr
var  varkore          varkore rav

Prosa & poësie | 22 kommentare

gomringer variasies II - WOPKO JENSMA

Di., 13 Mei 2003 06:32

sewe spoke op wiele het vandag hier
insgelyks aangekom
aangekom insgelyks
hier het sewe spoke vandag op wiele

het hier sewe spoke vandag op wiele
aangekom aangekom
insgelyks insgelyks
sewe spoke het vandag hier op wiele

Prosa & poësie | 0 kommentare

gomringer variasies I- WOPKO JENSMA

Di., 13 Mei 2003 06:29

I
treur
reuri
eurig
urigh
righe
ighei
gheid
heido
eidop
idopn
dopno
opnot
pnote

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hospitale en die ANC

Ma., 12 Mei 2003 20:48

Is dit jy Jonas, wat 'n tyd gelede gepraat het
van die swak formaat wat hospitale in
Suid Afrika mee geformateer is?
En was dit teenoor jou wat Gloudina
uitgevaar het omdat jy dit durf waag het
om haar helde te kritiseer?
Indien wel, hou my naam uit die gesprek
en vertel haar (sonder om dit uit te bring
waar jy die inligting vandaan kry) haar
van die url:

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1358022,00.htm l

Verduidelik haar net so terloops hoe sy
daarop moet kliek om haar in haar
tone te skok.

As sy steeds lus is vir lees kan sy haar kliekings
verder oefen op:

http://www.news24.com/Rapport/Briewe/0,,752-805_1357973,00.h tml

Anoniem

Ns.
Volgens die symste Rapport (briewe)
was daar 'n berig (wat ek mis gekyk het)
in Rapport van 4 Mei oor iemand in
Port Elizabeth wat 'n inbreker in sy huis
geskiet het (blykbaar was daar drie) en
hy moes 'n nag in die selle oornag.
Blykbaar is hy van moord aangekla.

Dit bots met die feit dat een van my kliënte
nie lank terug nie, 'n inbreker in sy huis
dood geskiet het. Hy was nie eens in die hof nie.
Toe ek vir hom sê dat dit 'n swak refleksie
op die gereg werp, het hy gesê dat dit nie
regtig so is nie. Want volgens hom het die
aanklaer en magistraat tussen hulle na die feite
gekyk en besluit om hom nie te vervolg nie.
Dit het sin gemaak.

Nou Nòg Anonienemer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    594  595  596  597  598  599  600  601  602  603  604  605  606  607  608  609    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 20:48:33 UTC 2026