Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

So werk dit

Vr., 16 Mei 2003 12:00

Vir gewone mense:
Jy doen iets.
Die parlement hou nie daarvan nie.
Hulle stel 'n wet in wat dit onwettig maak.
Jy word aangekla
Jy verloor jou werk.

Vir lede van die regerende party:
Daar word 'n wet ingestel.
Jy doen verkeerd totdat jy uitgevang word
Jy erken dat jy verkeerd gedoen het
Geen aanklag nie
Jy behou jou pos en voorregte.

Dit na aanleiding van Terror Lakota se erkenning dat hy nagelaat het om
volgens wet sy belange te verklaar.
Hy is 'n direkteur van 'n wynplaas Landzicht - die ander 6 direkteure het
almal Afrikaanse name en vanne - wat hy nie verklaar het nie.
Hy is ook direkteur van 'n plaas wat druiwe verbou en die druiwe lewer aan
Landzicht - wie se belang hy wel verklaar het.
Verder is hy 'n direkteur in 'n pertroleum maatskappy ( die ander twee
direkteure is blankes) wat hoofsaaklik brandstof lewer aan die
boerderybedryf.
Hy beweer dat hy wel direkteursvergoeding kon gekry het by beide.
Hy beweer ook dat hy geen geldelike voordeel gekry het uit die pertroleum
mpy nie - wat 2 miljoen liter brandstof per maand verkoop - wat dui op 'n
bogemiddelde wins ( hulle doen selfs beter as die motorhawe by Drie
Susters) - maar hy gaan glo sy aandele daarin verkoop - wat hom 'n aardige
bedraggie sal besorg.

Annette

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Sisulu se begrafnis

Vr., 16 Mei 2003 05:05

Die voordeel van die Islam is dat hulle hul afgestorwenes binne 24-uur
begrawe.
Hoe lank gaan dit nog duur voor Sisulu tot rus gaan kom. Hierdie manne kan
vir jou begrafnis hou ...

Op 'n ander noot. Hoe plant julle in julle families? Ons hou 'n bymekaarkom
die aand voor die tyd en dan maak jy 'n stywe dop (of meer) - of jy nou
drink of nie. Die voordeel is dat wanneer die begrafnisdiens plaasvind, dan
is jy te fodde vir treur. O ja, jy maak weer lekker vriende in die familie
in.
Die Ingelse/Iere noem dit klaarblyklik 'n "wake".....

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuus 15/5

Do., 15 Mei 2003 15:27

1) Willie Ludick ( bokser) is vroeër die week oorlede op 62-jarige ouderdom.
Hy het kanker gehad.

2) Luyanda Mboniswa is skuldig bevind aan moord op Marike de Klerk, en is
tot twee termyne lewenslank gevonnis. Hy is vrygespreek op die aanklag van
verkragting.

3) Daar is geen SA rugbyspan wat verder aan die Super 12 toernooi sal
deelneem nie. Nou kan hulle lekker uitrus vir die wêreldbekertoernooi.

4) Sedert 9 Mei mag geen plastieksak deur enige onderneming gratis verskaf
word nie. Die publiek moet of 'n sak koop, of hulle eie sakke verskaf.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Annika Sorensam.......

Do., 15 Mei 2003 07:00

Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Staatsamptenare en hulle dinge....

Wo., 14 Mei 2003 13:13

Ek sit nou die aand en blaai op DStv op soek na sport toe ek toevallig te
ruste kom op Hallmark waar 'n fliek besig was en op daardie oomblik wys
hulle die vrou wat deur 'n polisieman by die stasie ontvangs vakerig en met
min entoesiasme hanteer word. Dis toe dat sy hom vertel dat as
staatsamptenaar is sy werk om die publiek te dien en as hy nie daarvan hou
nie, dan moet hy vir hom 'n ander werk gaan kry waar hy nie die publiek hoef
te bedien nie.
So 'n paar gedagtes later, toe besef ek maar dis presies die kern van
wat verkeerd is met die dienste wat nie net die staat nie, maar ook die
semi-staat en baie privaatmaatskappy ook lewer.....die personeel werk maar
oor die algemeen ook maar net om 'n salaris te verdien om aan't lewe te bly,
maar van passie en werkerstrots is daar eintlik g'n sprake nie. Sekerlik
weg is die dae wat werk vir mense 'n roeping is wat vervul moet word na die
beste van sy vermoë?
Waarom is dit so? Is dit omdat die mense glo hy is eerder deel van 'n
oorlewingsproses en het g'n beroepstoekoms in Afrika nie? Sekerlik dink
baie blanke kinders so. Weens regstellende aksies word swart werksmense
in poste gesit waarvoor hy/sy sekerlik die kwalifikasies voor het, maar
omtrent geen vorige ondervinding het van hoe dinge in 'n departement gedoen
word nie. Weens dieselfde regstellende aksie is sy onmiddelike hoof en
bestuur ook mense wat nie die nodige ondervinding het om te kan bepaal wat
presies dit is wat maak dat effektiewe diens aan die publiek gelwer word
nie. Dis 'n 'viscious circle' en die verloorder is die publiek wat nie
die dienste kry waarop hy geregtig is omdat hy belasting betaal daarvoor
nie.
Enigiemand wat in Suider-Afrika woon sal weet voorbeelde is legio. Ek
kla nie, want dit help nie om te kla nie! Wat ek wil weet is daar 'n
manier waarop mens dit ooit kan regstel? En antie Gloudina, voor jy my nou
weer beskuldig van apartheid voortrek, laat ek jou vertel dat voor die val
van apartheid, so verkeerd soos hy was, so 'n effektiewe staadsdiens het SA
en SWA gehad. Die waarheid kan nooit verkeerd wees nie! Vandag is dit
chaos en dit verswak by die dag.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Stellenbosch se manskoshuise

Wo., 14 Mei 2003 13:11

Waarom is daar moffies in manskoshuise as koshuise reeds op 'n geslagsbasis
geskei word?

En, moet die ouens wie se seksuele voorkeure mans is, nie in die
dameskoshuise gehuisves word nie?

Koeitjies & kalfies | 96 kommentare

Re: Yoo Hoo--to da female dairy farmers

Di., 13 Mei 2003 19:16

On Tue, 13 May 2003 08:19:45 +0200, "Koot"
wrote:

> Lyk meer na 'n skotse terrier wat hierdie ou probeer melk.
>
HA-HA-HAAAAAAA! 'n Swart skotse terrier met horings van hout...
Ek het nog nooit soiets gesien nie!!
Ho-Ho-Hooooooooo!!! :-)
Hoekom daardie skrywer voel se eie tuis op hierdie nuusgroep?

Norbert (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

gomringer variasies IV- WOPKO JENSMA

Di., 13 Mei 2003 06:46

kniejie pi ndi eka
kniedi ep ind iek
knied ie pin die
knie di epi ndi
kni ed iep ind
kn ie die pin
k ni edi epi
kn ied iep
k nie die
kni edi
kn ied
k nie
kni
kn
k
ak
kak
e kak
ie kak
die kak
n die kak
in die kak
p in die kak
ep in die kak
iep in die kak
diep in die kak
ediep in die kak
iediep in die kak
niediep in die kak
kniediep in die kak

Prosa & poësie | 2 kommentare

gomringer variasies III- WOPKO JENSMA

Di., 13 Mei 2003 06:35

varkore var           erokrav var
  varkore rko      erokrav okr
    varkore  ore  erokrav ero
    ore varkore   ero erokrav
  rko varkore      erokrav okr
var  varkore          varkore rav

Prosa & poësie | 22 kommentare

gomringer variasies II - WOPKO JENSMA

Di., 13 Mei 2003 06:32

sewe spoke op wiele het vandag hier
insgelyks aangekom
aangekom insgelyks
hier het sewe spoke vandag op wiele

het hier sewe spoke vandag op wiele
aangekom aangekom
insgelyks insgelyks
sewe spoke het vandag hier op wiele

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    593  594  595  596  597  598  599  600  601  602  603  604  605  606  607  608    »]
Tyd nou: Di. Des. 23 04:23:00 UTC 2025