Wanneer prostisusie gewettig word sal
1) Hulle aktetasse moet saamdra om inkomste en uitgawes aan te teken.
2) Kan aanbied om vir boekhou en belastingdiens te betaal met diens.
3) Die bedmark 'n skielike inspuiting kry.
4) Meer kamers gehuur word as om sommer in die lang gras langs die pad
besigheid te doen - mense doen enigiets om iets te kan eis teen inkomste
5) Ons dan ook 'n bordeel op die aandelemark genoteer sal kan kry.
Ek het gisteraand Pieter Dirk Uys se optrede "Foregin Aids" by die Brighton
Festival gesien. Ek het nogal hartseer gevoel want ek het hom lanklaas
gesien en hy lyk soveel ouer! Hy kan die P.W. Botha karakter nou doen sonder
die proppe.....(Ja, ek weet ons word almal ouer). Was hierde stuk gewild in
Suid-Afrika?
Ek kyk nou die dag 'n program op MNet, Cathouse, wat gaan oor prostitusie.
Blykbaar is prostitusie wettig in die staat van Nevada (VSA), in elk geval,
toe begin ek wonder hoekom prostitusie onwettig is in SA. As jy die reg het
om 'n aborsie te kry, want dis "jou liggaam", moet jy mos dieselfde reg hê
om jou lyf vir seks te verkoop as jy so voel, dis mos jou liggaam.
In Nevada moet die meisies getoets word vir VIGS en ander siektes en dan
moet hierdie toetse aan die "Sheriff" voorgelê word, wat dan vir hulle 'n
kaart gee wat hulle as wettige seks werkers "verklaar". Verder moet die
meisies (en mans seker ook) minstens een keer 'n maand vir siektes getoets
word. Klink vir my na 'n goeie plan. Vrouens (en mans) gaan dit in elk
geval doen, so hoekom begin ons dit nie net reguleer nie? Dink net aan al
die geld wat die regering kan maak uit belasting!
18 mei 2003: Het bestuur van de stichting Natuurlijk Nederlands heeft
een
petitie naar de vaste Kamercommissie voor onderwijs van de 2de Kamer
gestuurd waarin hij vraagt er op toe te zien dat de taalclausule in de
Wet
op het Hoger en Wetenschappelijk onderwijs in de praktijk wordt
toegepast.
De petitie gaat hierbij. U bent van ganser harte uitgenodigd de
petitie mede
te ondertekenen door bijgaande tekst af te drukken, te ondertekenen en
op te
sturen naar het gemelde adres van de Kamercommissie.
Inl: Arno Schrauwers (SNN)
natuurlijk-nederlands XXX hetnet.nl
www.natuurlijk-nederlands.org
Aan de vaste Kamercommissie voor Onderwijs
van de Tweede Kamer
Postbus 20018
2500 EA Den Haag
Betreft: Petitie Tweede Kamer over voertaal in het hoger en
wetenschappelijk onderwijs
Amsterdam, 18 mei 2003.
Geachte Kamerleden,
Sedert een twintigtal Europese ministers van onderwijs in 1999 in
Bologna met elkaar afspraken de universitaire curriculae op het
Angelsaksische model af te stemmen is het gebruik van Engels aan de
Nederlandse (en Vlaamse) universiteiten hand over hand toegenomen.
Volgens een recent artikel in het Algemeen Dagblad (18 maart 2003, zie
bijlage) zou de Universiteit van Leiden het merendeel van het
onderwijs in de doctoraalfase in het Engels verzorgen, Wageningen
Universiteit doet dat al meer dan drie jaar en ook de andere
instellingen maken haast het Nederlands zo snel mogelijk overboord te
zetten.
Toen in 1989 minister Ritzen pleitte voor een groter aandeel van het
Engels in het academische onderwijs viel de Tweede Kamer over hem heen
en dankzij inspanningen van, onder meer, Kamerlid Aad Nuis is de
positie van het Nederlands als voertaal verankerd in de Wet op het
Hoger en Wetenschappelijk onderwijs. Ondergetekenden vragen zich af of
het zo langzamerhand niet eens tijd wordt de instellingen te wijzen op
hun wettelijke plicht het Nederlands te hanteren in het hoger en
wetenschappelijk onderwijs. Juist de Kamer is heeft in 1989 stelling
genomen voor het Nederlands en aangezien het ministerie van onderwijs
de overtredingen gedoogt en niet van zins lijkt tegen de instellingen
op te treden, lijkt het ons op de weg van de Kamer te liggen het hoger
en wetenschappelijk onderwijs te herinneren aan de schatplichtigheid
ten opzichte van Nederland en de Nederlandse cultuur.
Tot onze vreugde heeft de Koninklijke Nederlandse Akademie van
Wetenschappen onlangs het rapport "Nederlands tenzij..." uitgebracht,
waarin een warm pleidooi wordt gehouden voor de versterking van het
Nederlands als taal van de wetenschap . Demissionair minister Van der
Hoeven liet bij het in het ontvangst nemen van het rapport blijken
niet ongevoelig te zijn voor de door de commissie Frijhoff opgestelde
aanbevelingen die de positie van het Nederlands in het academische
onderwijs moeten waarborgen en zelfs versterken. Door middel van deze
petitie vragen wij U actie te ondernemen tegen de plannen van de
instellingen hun onderwijs, vooral in de doctoraalfase, nog maar
louter in het Engels aan te bieden. Het is onze overtuiging dat,
anders dan nog wel eens door voorstanders wordt aangedragen, Nederland
daar niet bij is gebaat en dat de verengelsing van het hoger onderwijs
slecht is voor de handhaving van het Nederlands als volwassen taal en
op den duur zelfs zou kunnen leiden tot het verdwijnen van het
Nederlands. Wij zijn er van overtuigd dat de Kamer in meerderheid niet
achter deze uiterste consequentie staat. Het Nederlands verdient
beter.
Is getekend
Namens de werkgroep taal en taalbeleid van het Algemeen-Nederlands
Verbond, Els Ruijsendaal
Namens de stichting Natuurlijks Nederlands,
Arno Schrauwers, voorzitter a.i.
Vrydagaand kyk en luister ek op Kwêla (DSTV) na 'n onderhoud met "Onse Max".
Max du Preez woon nou in Berriedale in die K-Karoo. Hy't van die stad
gevlug.
Hy som sy situasie so op:
Vanweë sy "deelname" aan die "struggle" word hy deur sy eie mense (ek
aanvaar dis nou die Afrikaners) verwerp. Maar, hy word ook deur die nuwe
orde (ANC/SAKP/COSATU) verwerp. Hy (Max) is tevrede met die nuwe bedeling
maar erken dat hy daaruit verstoot is.
Is Max se situasie nie dieselfde as die ander mense soos Andre P., Breyten
ens. nie? En wat het gelei tot hulle huidige posisie:
Was die doelstellinge van hulle stryd suiwer maar hulle kamerade nie?
Het hulle (witnerf lefties en lobbies) geglo hulle so steeds eenoog bly in
'n land van "bevryde" swartes?
Het hulle swart kamerade hulle van meetaf as verraaiers van hulle eie mense
(Afrikaners) beskou, en glo dat hulle nie vertrou kan word nie?
Het hulle werklik geglo dat swartmense geen rassistiese inslag het nie? Was
die regsgesindes tog reg gewees?
Ons het nou net oorgegaan na 'n ADSL lyn toe, en ons nuwe ISP is
Posix. Wie van julle is by Posix, en weet enigiemand of hulle 'n
newsgroup server het? Ek kon niks op hulle web site kry nie.
En, is daar 'n ISP in die land wat NIE die 3gig (per maand) limiet op
bandwydte het nie? Maak glad nie sin dat jy so moerse vinnige lyn kan
hê en dan beperk moet word tot net 3 gig per maand nie. Ek gebruik
daai 3 gig in 3 dae se tyd op.
Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een slag
koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
naam/sanger.
En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in die
advertensie).
Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin kla
oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die KKNK) en
ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en toe
ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda sien
besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy houding
verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so nou gaan
ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
afrikaanse musiek te ondersteun.