Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Max en vennote
| Max en vennote [boodskap #77867] |
So., 18 Mei 2003 06:50  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Vrydagaand kyk en luister ek op Kwêla (DSTV) na 'n onderhoud met "Onse Max".
Max du Preez woon nou in Berriedale in die K-Karoo. Hy't van die stad
gevlug.
Hy som sy situasie so op:
Vanweë sy "deelname" aan die "struggle" word hy deur sy eie mense (ek
aanvaar dis nou die Afrikaners) verwerp. Maar, hy word ook deur die nuwe
orde (ANC/SAKP/COSATU) verwerp. Hy (Max) is tevrede met die nuwe bedeling
maar erken dat hy daaruit verstoot is.
Is Max se situasie nie dieselfde as die ander mense soos Andre P., Breyten
ens. nie? En wat het gelei tot hulle huidige posisie:
Was die doelstellinge van hulle stryd suiwer maar hulle kamerade nie?
Het hulle (witnerf lefties en lobbies) geglo hulle so steeds eenoog bly in
'n land van "bevryde" swartes?
Het hulle swart kamerade hulle van meetaf as verraaiers van hulle eie mense
(Afrikaners) beskou, en glo dat hulle nie vertrou kan word nie?
Het hulle werklik geglo dat swartmense geen rassistiese inslag het nie? Was
die regsgesindes tog reg gewees?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77883 is 'n antwoord op boodskap #77867] |
So., 18 Mei 2003 14:41   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Vrydagaand kyk en luister ek op Kwêla (DSTV) na 'n onderhoud met "Onse Max".
> Hy som sy situasie so op:
>
> Vanweë sy "deelname" aan die "struggle" word hy deur sy eie mense (ek
> aanvaar dis nou die Afrikaners) verwerp. Maar, hy word ook deur die nuwe
> orde (ANC/SAKP/COSATU) verwerp. Hy (Max) is tevrede met die nuwe bedeling
> maar erken dat hy daaruit verstoot is.
Mens moet natuurlik aanneem dat dit eintlik
jou interpretasie is, Jonas, van wat Max du
Preez gesê het. Het hy werklik in soveel woorde
gesê dat hy "uit die nuwe bedeling verstoot is"?
Indien hy werklik soiets gesê het, wonder ek dan
wat hy verwag het in "die nuwe bedeling"? Daar
is baie whiteys wat deurgegaan het vir "kamp-
vegters" vir hulle swart landgenote, maar toe
dit op herrie afkom, en dit lyk of almal nie voor
hulle salaam en hulle whitey-opinies huldig nie,
toe wys hulle skielik hulle regte kleure. Ek hoop
nie Max du Preez is soiemand nie.
Mens moet egter in ag neem dat daar 'n hele
industrie is onder witnerwe om hulle anti-swart
neigings goed te praat deur te probeer bewys hoe
teen die huidige regime mense soos Brink, Breytenbach,
en dié snare is. In meeste gevalle word die oorspronk-
like uitsprake van hierdie persone uit konteks aangehaal.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77884 is 'n antwoord op boodskap #77867] |
So., 18 Mei 2003 14:43   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Het hulle werklik geglo dat swartmense geen rassistiese inslag het nie? Was
> die regsgesindes tog reg gewees?
Jou onderrok hang uit, Jonas.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77911 is 'n antwoord op boodskap #77886] |
So., 18 Mei 2003 22:35   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Om terug te keer tot die onderwerp Anti. My indruk is dat mense soos Max,
> Andre P. en Breyten baie naief was. Die "struggle" het seker maar aan hulle
> die geleentheid gebied om die rol van die "underdog", wat toe so in die
> letterkunde opgehemel was, uit te leef.
En ek stel voor dat jy onkundig is oor
wat aangegaan het in die dekades voor
apartheid geval het. Jy wil almal net
oor een kam skeer. Max du Preez was sy
eie man, en is nou nog sy eie man. André
Brink het ten minste begin om vir mense
buite die boks te laat dink. En Breyten
het probeer doen wat almal moes gedoen
het: die wapens opneem teen die apartheids-
terreur groep wat die land, net soos die
Baath party in Irak, in hulle kloue gekry
het. Maar nee, baie van ons het weggehardloop.
Ander het hulle oë styf toegeknyp en die
verskoning gemaak "dat hulle nie weet wat
aangegaan het nie." Goddank vir mense soos
Beyers Naude wat onder hulle huisarres nog
altyd soos helder lampe gebrand het.
Jy is baie boring. Ek het geen simpatie
vir jou pogings om jy en jou trawante te
te regverdig nie. Julle het die apartheids-
varkkolonie moontlik gemaak. En daarvoor sal
hy vir ewig in die vaevuur van 'n slegte
gewete brand, totdat jy op jou knieë erken dat
jy verkeerd gedoen het, nadat jy jou hand in
eie boesem geslaan het.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77918 is 'n antwoord op boodskap #77911] |
Ma., 19 Mei 2003 03:02   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Anti - dis duidelik.
Wanneer jou argumentasie faal dan probeer jy die fokus verander.
Hierdie onderwerp het niks met my of my sieninge te doen nie. Wel met
daardie terroriste soos Breyten Breytenbach wat met moord en doodslag hul
punt probeer bewys het.
Jammer jy, en hulle, het gefaal.
skryf in boodskap news:3EC80AEC.8010406@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Om terug te keer tot die onderwerp Anti. My indruk is dat mense soos Max,
>> Andre P. en Breyten baie naief was. Die "struggle" het seker maar aan hulle
>> die geleentheid gebied om die rol van die "underdog", wat toe so in die
>> letterkunde opgehemel was, uit te leef.
>
> En ek stel voor dat jy onkundig is oor
> wat aangegaan het in die dekades voor
> apartheid geval het. Jy wil almal net
> oor een kam skeer. Max du Preez was sy
> eie man, en is nou nog sy eie man. André
> Brink het ten minste begin om vir mense
> buite die boks te laat dink. En Breyten
> het probeer doen wat almal moes gedoen
> het: die wapens opneem teen die apartheids-
> terreur groep wat die land, net soos die
> Baath party in Irak, in hulle kloue gekry
> het. Maar nee, baie van ons het weggehardloop.
> Ander het hulle oë styf toegeknyp en die
> verskoning gemaak "dat hulle nie weet wat
> aangegaan het nie." Goddank vir mense soos
> Beyers Naude wat onder hulle huisarres nog
> altyd soos helder lampe gebrand het.
> Jy is baie boring. Ek het geen simpatie
> vir jou pogings om jy en jou trawante te
> te regverdig nie. Julle het die apartheids-
> varkkolonie moontlik gemaak. En daarvoor sal
> hy vir ewig in die vaevuur van 'n slegte
> gewete brand, totdat jy op jou knieë erken dat
> jy verkeerd gedoen het, nadat jy jou hand in
> eie boesem geslaan het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77919 is 'n antwoord op boodskap #77918] |
Ma., 19 Mei 2003 03:15   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Hierdie onderwerp het niks met my of my sieninge te doen nie. Wel met
> daardie terroriste soos Breyten Breytenbach wat met moord en doodslag hul
> punt probeer bewys het.
> Jammer jy, en hulle, het gefaal.
So jy en ou P.W. Botha en ou Wouter
Basson en die hele apartheid terreur-
aparatchiks was suksesvol? Ons lewe
seker op twee verskillende planete,
Jonas. Laas keer toe ek gekyk het,
is jy en jou trawante af die toneel
af geskop.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77922 is 'n antwoord op boodskap #77919] |
Ma., 19 Mei 2003 06:11   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Anti. Die lewe is ongelukkig nie wit en swart nie. (!) Tussenin is daar 'n
moerse klomp grys. Klaarblyklik het jou siening van dinge in die RSA gestaak
toe julle "weggehardloop" het. Witnerwe soos myself was ten gunste van
verandering. Soveel so dat ons, die wittes, daarvoor gestem het. Daar was 'n
ander geweldadige alternatief. Mense soos Breyten het daarvoor gestem. Ek
het nie.
Maar - ek is geregtig om aan te dring op bepaalde standaarde aangesien ek
o.a. 'n belastingbetaler is. Ook, omdat ek nog nie 'n geweldsopsie nastreef
nie.
Jy, bang witnerf, het gevlug en nou sit jy en kef oor die verlede. Hierdie
land sou 'n treurmare en bloedbad gewees het as almal soos jy gedink het.
So, dis sekert goed dat jy die hasepad gekies het. Maar onthou - jy het met
jou voete gestem. Nou moet jy maar nesskrop daar in die skadu van die
Grootboom.
skryf in boodskap news:3EC84C8E.6090807@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Hierdie onderwerp het niks met my of my sieninge te doen nie. Wel met
>> daardie terroriste soos Breyten Breytenbach wat met moord en doodslag hul
>> punt probeer bewys het.
>> Jammer jy, en hulle, het gefaal.
>
> So jy en ou P.W. Botha en ou Wouter
> Basson en die hele apartheid terreur-
> aparatchiks was suksesvol? Ons lewe
> seker op twee verskillende planete,
> Jonas. Laas keer toe ek gekyk het,
> is jy en jou trawante af die toneel
> af geskop.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77930 is 'n antwoord op boodskap #77926] |
Ma., 19 Mei 2003 08:24   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja Koot, ek het gelees van julle lofsanger - snaaks dat Mugabe sy verkeerde
kwout so entoesiasties ondersteun het.
Ek lees ook dat die NA van Cassie Aucamp hom wil laat aankla vir haatspraak.
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:ba9vea$41f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jonas heb gezegd:
>
>> Daar is geen mens onder die son wat nie rassisties is nie. Dis so goed
om
> te
>> glo dat jy geen sondes het nie.
>
> Daar's baie waarheid in wat jy sê. Tog wonder ek hoeveel daarvan aangeleer
> is - ek dink aan die mense in Afrika wat nog nooit 'n witmens gesien het nie
> en dit as 'n aardigheid beskou, sonder 'n sweem van juis haat. Dit word
> vertel dat op plekke waar mense nog nie was om hul eiesoortige stempel af te
> druk nie, die diere glo hondmak is, sonder vrees of ergenis.
>
> Hier in die Oos-Kaap het ons die swart ekwivalent van 'n Wit Wolf, ene
> Nojozi, wat as lofsanger vir Mugabe groot lof uitgespreek het vir die tedere
> grondhervomnings in Zim, asook die hoop dat Mugabe ook hier die witmense van
> die toneel sal veeg. Interessant is dat hy nou sê hy is verkeerd ge"quote".
> Hy was nogal die ou wat aan die hoof gestaan het van dorps-herbenoeming in
> die Oos-Kaap. Enige kans dat Graaff Reinet sy naam dan sal behou?
>
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77931 is 'n antwoord op boodskap #77926] |
Ma., 19 Mei 2003 08:40   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek probeer weer geen kwaad sien daarin dat enige gegewe mens natuurlik sal
verkies om by sy eie soort te wees nie. Sê hard word geskree vir die reg
van eie spraak, so wat van reg tot eie keuse? Solank jy net nie
diskrimineer nie agv 'n persoon se ras nie. Wat jy egter sê dat elke mens
'n voorkeur vir sy sy eie ras sal hê, is so natuurlik as om asem te haal.
Verder glo ek ook dat mens maar al die rasse bymekaar kan gooi en dat dit
wel moontlik is om in harmonie met mekaar te lewe....tot daar moeilikheid
tussen mense van verskillende rasse kom en dan sal jy sien dat 90% van die
mense instinktief sal opdeel in hul eie rassegroepe om dié te ondersteun.
Die wat dit nie glo nie, leef definitief nie wakker in Afrika nie. Male
sonder talle het ek al beleef dat jy 'n groep handearbeiders op 'n
bouperseel het, wat bestaan uit Owambo's, Herero's en Damara's...almal swart
en almal leef saam in hulle enkelkwartiere sonder 'n probleem. Tot die dag
dat iets gebeur en hulle aan't bakleie gaan. Die eerste ding wat gebeur is
dat die rasse opdeel en elke groep agter 'hulle' man staan. Vergete is die
jare se onafhanklikheid en politieke vordering. Die Owambo's en die
Herero's haat mekaar steeds oor honderde jare gelede se oorloë en die
Damara's vang 'n gly in beide oor hulle hom 'n slaaf gemaak het lank voordat
die witman nog ooit naby was.
Die 'moral' van my storie is dat hier in Afrika kan die blankes en die
swartes wát vir mekaar sê in vredestyd en hulle kan pragtig saamwerk....tot
die dag wat elkeen 'n keuse moet maak en dan gaan al die mooipratery niks
help nie. Van beide kante af! En dit is reg so! Mense is veronderstel
om verskillend te wees......dis net 'tussenin goggas' soos antie Gloudiensie
wat probeer om gelyktyding in twee plekke te skeit wat nie besef dat sy die
respek van beide groepe verloor het nie. Dis hoekom sy steeds probeer om
haar aksies te regverdig......'n skuldige gewete praat hard met jou!
"Koot" skryf in boodskap news:ba9vea$41f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jonas heb gezegd:
>
>> Daar is geen mens onder die son wat nie rassisties is nie. Dis so goed
om
> te
>> glo dat jy geen sondes het nie.
>
> Daar's baie waarheid in wat jy sê. Tog wonder ek hoeveel daarvan aangeleer
> is - ek dink aan die mense in Afrika wat nog nooit 'n witmens gesien het nie
> en dit as 'n aardigheid beskou, sonder 'n sweem van juis haat. Dit word
> vertel dat op plekke waar mense nog nie was om hul eiesoortige stempel af te
> druk nie, die diere glo hondmak is, sonder vrees of ergenis.
>
> Hier in die Oos-Kaap het ons die swart ekwivalent van 'n Wit Wolf, ene
> Nojozi, wat as lofsanger vir Mugabe groot lof uitgespreek het vir die tedere
> grondhervomnings in Zim, asook die hoop dat Mugabe ook hier die witmense van
> die toneel sal veeg. Interessant is dat hy nou sê hy is verkeerd ge"quote".
> Hy was nogal die ou wat aan die hoof gestaan het van dorps-herbenoeming in
> die Oos-Kaap. Enige kans dat Graaff Reinet sy naam dan sal behou?
>
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77948 is 'n antwoord op boodskap #77922] |
Ma., 19 Mei 2003 13:11   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
Hierdie
> land sou 'n treurmare en bloedbad gewees het as almal soos jy gedink het.
Kyk hoe hierdie witnerf wat Jonas is nou wil
probeer voorgee dat dit hy en sy soort is wat
"die land gered het" deur die paadjie wat hulle
geloop het. En dat die mense wat teen apartheid
betoog het die verloorders was. Dis 'n algehele
poging om die geskiedenis te herskryf. Nee wat
ou Jonas, julle was terroriste wat geen byt gehad
het nie, net soos Saddam se Republican Guard, en
toe die wêreld sy tande begin wys, toe kapituleer
julle maar sommer. Natuurlik deels omdat julle
geweet het die piekniek is oor.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77949 is 'n antwoord op boodskap #77926] |
Ma., 19 Mei 2003 13:22   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot wrote:
> Jonas heb gezegd:
>> Daar is geen mens onder die son wat nie rassisties is nie.
> Daar's baie waarheid in wat jy sê.
Dis natuurlik waar dat rassisme sy kop orals
uitsteek, en orals beveg moet word. Dit word
alleen psigoties wanneer mense soos Jonas
sy en sy groep se rassisme wil regverdig deur
dit aanhoudend uit te wys in ander situasies.
Dit het 'n industrie geword in Suid-Afrika,
veral onder sekere Afrikaners, om oor ander se
rassisme te praat, om uit te wys hoe "apartheid
deur Engeland in SA ingevoer is," en uiteindelik
is hulle handjies in hulle eie oë so skoon dat
hulle nie kan verstaan waarvan hulle nou eintlik
in die eerste plek beskuldig was gedurende die
apartheidsdae nie.
Dit was vir my nogal interessant om uit te vind
dat die wetgewing wat regstellende aksie in SA moes
teweegbring, beinvloed is deur die hoof van die
Kanadese kommissie wat hier in Kanada as waghond
moet optree. Hy is 'n persoon wat oorspronklik uit
Indië gekom het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Max en vennote [boodskap #77993 is 'n antwoord op boodskap #77976] |
Di., 20 Mei 2003 07:00  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
>
> Waarom sou jy rassisme as haat beskou, Koot?
> Rassisme is nie NOODWENDIG haat nie.
> In absoluut die minderheid van gevalle kan jy dit koppel.
>
Interessante stelling. Ek dink tog die term rassisme het geassosieer geraak
met 'n afkeer in ander rasse, in teenstelling met xenofobie (sp?) wat meer
'n soort vrees is vir dit wat anders is. As iemand as 'n rassis afgemaak
word is dit meestal omdat hy of sy een of ander stelling gemaak het wat
ander verkleineer of minag, soos ons oom Nojozi hier in die Oos-Kaap.
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 03:51:48 UTC 2026
|