Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Lawwie Manto se nuutste juweeltjie

Mon, 26 May 2003 09:33

Direk vertaal uit M&G:

Vroulike sterilisasie kan net na geboorte gedoen word, maar slegs nadat
toepaslike berading met die baba gedoen is.

Beteken dit nou ons praat van babas wat 12 jaar oud is, sodat hulle kan
verstaan waaroor die toepaslike berading gaan?

Die dame word so duidelik deur manlike ignoramici voorgesê wat om te doen of
te sê, dat ek nou al met 'n vergrootglas haar foto's bestudeer om te sien of
ek nie die toutjies kan sien nie.
Hieronder nog voorstelle ivm die kontrole en voorkoming van vigs:
1) Die toepassing van toestemming tot die geslagsdaad moet verhoog word,
want dan sal die verspreiding van die virus voorkom word.
2) Vroulike besnydenis is glo die antwoord. Deur die plesier van die daad
weg te neem, sal daar nie so baie vroue wees wat wil seks hê suiwer vir die
plesier daarvan nie. Hulle sal dan net seks hê om kinders voort te bring.
Hierdie besnydenis moet glo geskied by babadogtertjies, sodat daar minder
psigosomatiese nagevolge kan wees.
3) Sy erken dat dit die mans min skeel of die dame die daad geniet of nie.
4) Besnyde dames sal glo nie so uitlokkend optree nie.
5) Sterilisasie soos hierbo genoem - net na geboorte, maar eers nadat die
nodige beraadslaging met die pasgebore baba plaasgevind en uitgeklaar is.
6) Vrywillge sterilisasie nadat die nodige berading gedoen is met die dame
deur dokters, spesiale opgeleide verpleegsters, tradisionele helers of
polisie met die rang van sersant of hoër.
7) Publieke uitvoerings wat mans seksueel kan stimuleer moet gestaak word. -
hier word verwys na die advertensiebord van die Swazi dame in etniese drag
wat besoekers na Swaziland welkom heet, en oor wat 'n kerklike van Nigerië
uitgevaar het omdat dit mans seksueel stimuleer en tot vigsinfeksie lei.

Annette

Koeitjies & kalfies | 57 kommentare

Re: Location Scouting

Mon, 26 May 2003 06:48

Die groot vryplek was Vosloopark, maar dis nou toegespan...

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:tdr1dv0m8kii5g6tgam13etjopff1k2tk1@4ax.com...
> Yes we have a "location" available...
>
> sowetho "location"..
>
>
>
> On Sun, 25 May 2003 14:46:57 +0200, "Dodo Reeves"
> wrote:
>
>> Hi
>>
>> We are currently scouting for locations in the Gauteng / Vaal Triangle area,
>> we can use to host Adult functions and Glamour / Fine Art / Nude photography
>> sessions. Indoor and outdoor. If you have a facility / location available
>> and would not mind us, using this from time to time please reply.
>>
>> Thanks
>> Dodo
>>
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die Koffieroete

Mon, 26 May 2003 05:50

Gister was ons by die Gourmet-fees. Uitstekend soos gewoonlik. Baie nuwe
heerlike souse en blatjangs geproe. Daar is ook nou 'n hele klomp nuwe
soorte koffies en tees wat ons binnekort in die winkels sal sien. By die
Hara Krishna stalletjie het ek chick-pea fudge geëet.
Op die boonste vlak was die wyne - niks van die grootste wynkelder in die
Suidelike Halfrond nie.
Ek het wel gesien dat 'n paar bekende landgoede saamgespan het en hulle
produkte onder 'n nuwe korporatiewe naam aangebied het.
Ons het die kosdemonstrasie bygebring van 'n Engelse sjef - hy het nogal 'n
sterk Yorkshire aksent gehad, maar ek kon darem uitmaak dat as mens iets
moet kook soos melk of witsous, mens 'n houtlepel in die pot moet sit om te
keer dat dit oorkook.
Hy het 'n slaaidis met gebraaide eendstrokies gemaak.
Op pad uit moet mens deur die koffieroete loop. Al die lekker koffiegeure
meng saam en dwing mens om te stop en vir oulaas bietjie te sit en 'n
heerlike koppie koffie te geniet en luister na die jazz-orkes voordat mens
die koue buite aandurf - of die wat hulle te buite gegaan het op die boonste
vlak, tot inkeer te bring om met 'n ietwat helderder kop die nat trappies
aan te durf.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 25/5

Mon, 26 May 2003 05:36

1)Joost is 'n bulletjie. Sy vroutjie Amor is dragtig.

2) Omdat Joost al een van die 4 kapteinkandidate is wat beskikbaar is, sal
hy die Springbokspan aanvoer teen die Skotte.

3) Die SA Everest span het besluit om nie 'n derde poging aan te wend om die
kruin te bereik nie. Op die dag wat hulle die aftog geblaas het, het 'n
Sjerpa die rekord opgestel van die vinnigste klim van die basiskamp tot op
die kruin, en 'n ander Suid-Afrikaner, wat lid was van 'n internasionale
span, het ook die kruin bereik. Hy is glo die eerste swartman wat dit kon
regkry.

Annette

Nuus | 16 kommentare

'n Oulikke Lietjie

Sun, 25 May 2003 21:29

Eendag daar op die plaas,
Het die ou man getsit en slaap,
Snor, snor snort!!!

Ja mense - dis 'n arme ou lietjiekie, ne?

...maar onthou almal van julle,

dat 'n DINGUS is doe beste ding in die heele Wereld!
'n Dingus is 'n WonderliKKe ding!

Dingus.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die verskil tussen..

Sun, 25 May 2003 13:44

...tussen 'n sak uie en 'n bus vol kaffers?

A: 'n Sak uie bring mens darm nog 'n traan in die oog.

V: Wat is COSATO se nuwe slagspreuk?

A: Hou kop bo water.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Eienaars van digitale kameras

Sun, 25 May 2003 05:25

Hello daar,
Ek wil vir my een van hulle aanskaf, maar weet niks daarvan af nie. Ek was
gelukkig genoeg om die afgelope week n vriend s'n te leen om te kyk waarvan
ek hou, waarvan nie etc. Dit was n Sony met 1,3megapixel, 3 maal "optical
zoom".

Die kamera werk heel oulik en op sy beste detail opsies van 1024x768 kan n
mens 28 fotos op een van die 16Mb geheue-stokkies bere. Dit werk maklik en
ek is heel gelukkig. MAAR:
1. Gegewe dat ek gewoonlik die net afneem wat ek wou nie, is dit nogals
handig om dele van die foto uit te sny, dit weer te vergroot en dan te druk.
Die 1024x768 laat hierdie nie baie toe nie
2. Die "optical zoom" begin lyk asof dit uit fokus raak, veral as die foto
verder vergroot word. Lyk my "digital zoom" is dan die ding om te koop.

Dus, kan iemand asb uit hul ondervinding laat weet wat ek meot oorweeg as
die minumum spesifikasies vir die zoom en die megapixels, of is daar ander
meer belangriker dinge wat ek na op die uitkyk moet wees?

Die kamera gaan maar meestal gebruik word as n mik-en-druk by die huis ens

Tot later
Joeboy

Stokperdjies & kunsvlyt | 7 kommentare

Ouma en Oupa

Fri, 23 May 2003 08:42

Ouma en Oupa sit op die stoep
Oupa gee 'n harde poep
Ouma vra wat makeer
Oupa sê my maag is seer
Ouma sê eet 'n peer
Oupa se nee, dan poep ek weer.

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Hulle wou nie.

Thu, 22 May 2003 15:43

Agt spelers van Engeland se sokkerspan het besluit om liewers te slaap en
hulle sodoende vir vanaand se wedstryd voor te berei, eerder as om vir Oom
Nelson Mandela te gaan ontmoet.
Ons sal moet kyk hoeveel beter hulle as hul maats speel.
Hulle is Gareth Southgate, Gareth Barry, Danny Mills, Steven Gerrard, Phil
Neville, Paul Scholes, Paul Robinson en Joe Cole.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Naakte Woede

Thu, 22 May 2003 15:11

'n Dame het vandag by Lords haar misnoeë met MalBob van Zim te kenne gegee
toe Engeland teen Zimbabwe krieket gespeel het.
Daar is geen melding gemaak of die dame maar net in etniese drag opgetree
het nie:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    588  589  590  591  592  593  594  595  596  597  598  599  600  601  602  603    »]
Tyd nou: Sun Jan 19 00:26:15 UTC 2025