Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sensor

Vr., 06 Junie 2003 06:53

Soet, sout (of stout) en suur (of stuur)?

Innie armie was Pietie se briewe gesensor met 'n dik pen, maar jy kon nog
"Liewe Ma" lees bo-aan die bladsy.

Nou het party Internet Diens Verskaffers (IDVs) besluit "SPAM" (is ons almal
se probleem - ek stem) is te veel en selfs party woorde word nie meer
toegelaat nie.

Hoe nou gemaak met 'n nuus oor 'n simfonie-orkes uitvoering onder begelyding
van Richard Cock (baie bekende dirigent)?

Miskien moet hy sy van verander na "Span" soos in "span jou geweer", want
"cock your gun" gaan nou nie meer werk nie.

Die intekenaars betaal om die nuus te kan ontvang via e-pos en hul betaal
vir die IDV (wat dit nie aflewer nie) se dienste.

Hoe voel julle oor vrye spraak en die sensor se pen?

:-)

TJ

PS: 'n Oulike bietjie sagteware vir SPAM en meer:
Gratis by www.mailwasher.com vir skoon e-pos.

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Register vir Verkragters?

Vr., 06 Junie 2003 06:08

Dit is waaroor RSG se meningsopname gegaan het.:
Moet daar 'n nasionale register van verkragters opgestel word?

Ek dink nie so nie - die kanse dat onskuldige mense se name op daardie lys
gaan verskyn, is te groot. Daar is ook te veel mense met dieselfde naam.

Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

RSG

Vr., 06 Junie 2003 06:02

Kobus Louw, uitvoerende regisseur het die begin van Mei bedank. Die 31ste Mei
was sy laaste werksdag. Vandag - 6 Junie - word aangekondig dat daar nie op
RSG se webblad ingegaan kan word om die uitslag te sien van die
meningsopname nie, omdat Louw se geheime kode nodig is om toegang te kry.
Dit is seker een van die swakste verskonings ooit wat ek oor die lug gehoor
het.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Musiek & liriek | 4 kommentare

Wat gaan my Ferdi aan , hy skree nou teen sy "eie mense"

Do., 05 Junie 2003 13:33

Lees vandag in Beeld ou Ferdi se strooi. Lyk of die man se oe oop gaan ,
uiteindelik

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Jakarandalose Jakarandastad?

Do., 05 Junie 2003 12:33

Daar is blykbaar sprake dat Pretoria hulle Jakarandas gaan verloor, omdat
hulle indringerplante is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Persoonlike nommerplate

Do., 05 Junie 2003 11:18

As jy verplig word, wat sal jou persoonlike nommerplaat wees?

Dhudi ( Afrikaans vir doedie:)) )

Dit is nou na aanleiding van iemand wat ek gesien het in 'n geel lae kar
met: Nic KFM ---- en dit in die tyd wat niemand in die uitsaaiwese weet hoe
lank hulle by 'n stasie sal wees nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vadersdag

Do., 05 Junie 2003 11:13

Wanneer is Vadersdag? Hierdie Sondag of volgende Sondag?

E

Koeitjies & kalfies | 45 kommentare

Dit was amper!

Wo., 04 Junie 2003 13:56

My man bel my nou net op my selfoon en sê ek moet gou hek toe kom. Daar
gekom staan hy met die lelikste gedroggie in sy arms, lyk soos 'n klein
scottish terrier. Skoon mooi van lelikgeit. Anyhoo, my man het amper oor
die dingetjie gery en wou sommer net daar en dan die woefie vir hom vat. Ek
het amper saam gestem, maar gedink hoe ek sou voel as my hond uitkom en
iemand vat hom sommer vir hulle. Ek stel toe voor ons moet in die straat
afstap en haar huis gaan soek. Tweede huis van ons af hardloop sy in, klim
deur 'n gat in die hek en sy's tuis. Ons klop aan die deur om vir die mense
te sê hulle moet hulle hond in die erf hou, maar daar's niemand tuis nie.
So twee weke terug het hierdie gedroggie ook uitgekom, en baie dapper
besluit sy vat 'n doberman aan. Gelukkig was dit 'n vriendelike Doberman,
want sy's so klein daai doberman sal haar vir 'n tampon gebruik, die
doberman het haar net aangekyk asof sy mal is. Nou wonder ek wat my te doen
staan as die arme dingetjie weer uitkom. Sy hardloop nie in die pad nie, en
bly op die sypaadjie, maar wat gebeur as 'n minder vriendelike hond uitkom?
Of iemand ry oor haar wanneer hulle, hul kar by hulle huis uittrek (sy ken
nie van "driveways" nie). Ek sal haar sommer vir my vat! Ek raak baie
kwaad vir mense wat nie na hulle honde kyk nie.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Politieke Epidemie

Wo., 04 Junie 2003 11:59

Italië se lugverkeer word lamgelê deur 'n politieke epidemie.
Aangesien staking deur lugverkeerwerkers onwettig is, is talle werkers siek,
en het sieksertifikate vir een dag ingedien met die rede vir die siekte as
"absent".

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nie 'n sprokie nie:))

Wo., 04 Junie 2003 11:52

Wees gewaarsku - onderstaande is in Engels.
Daar is nie sulke Afrikaanse mans nie:))

The Male Chauvinist

Jenny's husband, Charley, was a male chauvinist. Even though they both
worked full-time, he never helped around the house.

"Housework was woman's work!" is what he would always say.

But one evening Jenny arrived home from work to find the children bathed,
one load of clothes in the washer and another in the dryer, dinner on the
stove, and the table set. She was astonished; something
must have been up.

It turns out that Charley had read an article that said wives who worked
full-time and had to do their own housework were too tired to have sex.

The night went well and the next day she told her office friends all about
it. "We had a great dinner. Charley even cleaned up. He helped the kids do
their homework, folded all the laundry and put everything away. I really
enjoyed the evening."

"But what about afterward?" asked her friends.

"Oh, that was perfect too. Charley was too tired!"

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    583  584  585  586  587  588  589  590  591  592  593  594  595  596  597  598    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 05:30:17 UTC 2026