Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: FREE INTERNET ACCESS

Vr., 20 Junie 2003 08:06

> FREE INTERNET ACCESS is coming back to South Africa.
>
> Unlimited access subject to registering your own domain
> with us and purchasing a 30Mb e-mailbox. Due to launch
> begining of August 2003.

Jy kan ook gratis inkopies by Pick-a-Pay doen. Dit is natuurlik onderworpe
daaraan dat jy 'n papier strokie by die kasregister koop vir 'n bedrag wat
toevallig dieselfde is as wat die inkopies onder ander omstandighede sou
gekos het. (BTW Incl) ;-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

KUNSKAFEE (153)

Vr., 20 Junie 2003 07:07

KUNSKAFEE (153)
Sondag 22 Junie 2003
kykNet 19:30
Herhalings:
Maandag 23 Junie om 15:00
Dinsdag 24 Junie om 10:00

KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.

KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.

Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.

Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.

Ankeraanbieder: Susan Booyens
Boekerubriek: Hettie Scholtz
Veldaanbieders: Dawn Matthews, Pieter Koen en Melt Sieberhagen.

* Hierdie week maak Kunskafee 'n draai by die High Street Galery in die
eksklusiewe Melrose Arch in Johannesburg. Dié galery het 'n jaar gelede
begin handel dryf en sowat 5 kunstenaars stal permanent daar uit. Die
permanente uitstalling word ook gereeld met werke van ander beeldhouers,
skilders en keramiekkunstenaars aangevul.

* Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Clifford Charles is hierdie jaar genooi om
by die Biennale in Venesië uit te stal. Hy probeer met sy werk om weg te
beweeg van die post-apartheid sentimente wat vir baie kunstenaars 'n gewilde
tema geword het. Melt Sieberhagen het in Troyeville met hom gaan kennis
maak.

* In die Wes-Kaap gesels Susan Booyens met die immergroen Sarah Theron oor
haar nuwe vertoning "Suiwer Sarah" by die High Street Teater. Sy ontmoet ook
die fotograaf Chris Ledochowski, wat ook hierdie jaar in Venesië uitstal.

* Hettie Scholtz se weeklikse boekerubriek word hierdie week aan die lewens
van 'n paar bekende musici gewy. Sy kyk na die interessante verband tussen
hulle skeppende vermoëns en die kreatiwiteit van skrywers.

Ria Engelbrecht
Pieter Cilliers Produksies
011 789 6780 (t) / 011 789 6647 (f)
www.pcp.co.za

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pieter En Everest

Vr., 20 Junie 2003 06:59

Jis Pieter

Ja wat, 'n grap is 'n grap maar om iemand in die gesig te vat en daaroor te
lag vir 'n prestasie wat jy jouself nie kan vermag is 'n "Low-Blow".
Dieselde geld vir jou Jonas, alles is nie gekoppel aan ras of kleur nie maar
is jy sulke dubbel k senter a grappies maak dan koppel jouself aan ras en
kleur.

Dink maar net 'n slag ouens.
Newsie

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

25 Miljoen se motors

Vr., 20 Junie 2003 04:31

Die presidensie het besluit om die senior lede se vlote op te gradeer. Self
senior polisiemanne gaan nou die duurste BMW's op die mark kry.
Die ouens wat op stoele sit en gesels kry die vinnige motors, en die manne
wat die skelms in hul vinnige motors moet jaag en vang, moet voortsukkel met
voertuie wat soms nie eers padwaardig is nie, en met 'n
maksimumenjinkapasteit van 1.4l.
Daar is nie geld vir vinniger voertuie en die behoorlike herstel van die
huidige vloot van die polisie nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Hoofman Kaizer Mantanzima

Vr., 20 Junie 2003 04:20

Kaizer Mantanzima is na 'n lang siekbed oorlede.
Premier Stofile van die OosKaap wou 'n staatsbegrafnis hê vir die eertydse
Transkeise leier.
Dit is nie toegestaan nie.
Sy begrafnis is more. en Onse Prez, Oom Nelson en verskeie ander
hoogwaardigheidsbekleërs sal die geleentheid bywoon.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lag met 'n traan

Do., 19 Junie 2003 17:09

Enkele weke gelede is SA soldate onder die VN - verdrag in die Kongo
ontplooi.
Volgens VN riglyne moet alle soldate vooraf getoets word vir MIV/Vigs en
ander ernstige siektes, en diegene wat positief getoets word, mag nie in 'n
VN-operasie ontplooi word nie.
Die eerste twee soldate wat terug huistoe gestuur is weens onvoldoende
mediese sorg is 'n soldaat in 'n gevorderde stadium van vigs en tuberkulose,
en 'n ander een met 'n lang geskiedenis van sielkundige probleme, wat beweer
hy is onder dwang Kongo toe gestuur.
Haakplekke in die VN logistiese toevoerlyne word gegee as rede hoekom daar
probleme met mediese versorging en middels is.
Dit is die amptelike rede.
Die regte rede is ons eie weermag se onbeholpenheid wat gelei het tot die
haastige
onoordeelkundige lewering en swak beplanning van die mediese voorraad.
Hier onder volg 'n paar van die blapse wat mens jou kop kan laat skud of
laat skud van die lag:
1) Daar is bykans geen voetpoeier of insekweermiddels beskikbaar nie - twee
uiters noodsaaklike artikels wat die soldate in daardie klimaat en
omstandighede nodig het op 'n daaglikse basis.
2) Daar is meer as genoeg medikasie vir vroue wat hormoonprobleme het en
post-menopouse toegedien moet word.
3) Dosyne pediatriese nekstutte is beskikbaar vir kinders. Geen vir
volwassenis nie.
4) Daar is 10 000 bedpanbedekkers beskikbaar, maar nie 'n enkele bedpan nie.
5) Geen noodsakke vir die dokters is beskikbaar om beseerdes in die veld te
kan behandel nie.
6) Alhoewel die Mfezi-ambulans aanvaar word as die beste in sy soort, is dit
te groot om vervoer te word in vliegtuie wat op 'n kort aanloopbaan moet
land. Dus geen pantserambulanse nie.

Niemand wil erken dat ons nie meer in staat is om behoorlike mediese
ondersteuning te bied aan ons troepe nie.

Ek weet nie eintlik wat die probleem is nie, want as ons 'n mag het wat
bestaan uit vigslyers, sielsiekes,post-menopouse vrouens en kinders wat 'n
swak het om hul nekke te beseer, mense wat 'n bedpanbedekking plaas oor 'n
plassie op die grond en dokters wat werk sonder sakke, dan gaan die VN
aanstons ons hele mag terug huistoe stuur, sonder dat die ambulanse se verf
geskraap hoef te word:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Happy onstoke

Do., 19 Junie 2003 06:30

Sover is geeneen van die ouers wat getoets is sy ouers nie.
Vier egpare het beweer hy is hul kind, en sover is die uitslag van twee
negatief.
Ek neem aan die toetse word op die staat se onkoste gedoen.
Ek wonder net hoeveel ouers daar is wie se kinders weggeraak het - dat hulle
so desperaat is om 'n kind wat ooglopend nie hul kind kan wees nie, nog
steeds aandring dat dit hy is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die tyd is hier ...

Wo., 18 Junie 2003 20:32

Die tyd is hier dat jy jou eie identiteit kry ...

http://www.midiboer.co.za/hosting.htm

Laagste pryse .. Beste diens ...

Want ek weet almal kry swaar.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Rhodesiê en SA

Wo., 18 Junie 2003 20:04

Was dit jy Jonas, wat gesê het dat ons nie ver
van 'n Rhodesië wees, af is nie?

DD

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Skuldig

Wo., 18 Junie 2003 14:34

Colin Bouwer Jr. het skuld beken op die moord van sy vrou.
Hy sal later die week of vroeg volgende week gevonnis word.
Sy ma het 2 jaar tronkstraf gekry weens regsverydeling toe sy sy daad
probeer toesmeer het.
Sy pa sit in NZ in die tronk vir moord van sy tweede vrou.

Hulle almal word as hoogs intelligente mense beskryf en onthou.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    577  578  579  580  581  582  583  584  585  586  587  588  589  590  591  592    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 19:52:12 UTC 2025