Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

UKkasie 2003

Vr., 04 Julie 2003 12:17

Hier is die beampte 'website' (wat is die Afrikaanse woorde?) vir die
UKkasie 2003. http://www.ukkasie.com/ukkasie/index.asp

Ons het die Engelse persmededeling skrywe an sal 300-400 fotos neem
aan die 12-13 Julie en die fotos sal op ons 'website' op die 16 Julie
te pos. (http://www.taylor.co.uk daar wil 'n skakel op die eeste
bladsy was.

---
Andrew Taylor
www.taylor.co.uk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jy wen en ek verloor

Vr., 04 Julie 2003 10:29

Ja dis reg, hierdie maand wen jy as jy aansluit by die Afrikaanse midiklub.
Gaan kyk bietjie watter voordele is daar ... Jy wen al die pad.

http://www.midiboer.co.za/klub.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Jy wen en ek verloor

Vr., 04 Julie 2003 09:50

wat wen ek ???????

"MBP" skryf in boodskap news:3f0556f1$0$228@hades.is.co.za...
> Ja dis reg, hierdie maand wen jy as jy aansluit by die Afrikaanse midiklub.
> Gaan kyk bietjie watter voordele is daar ... Jy wen al die pad.
>
> http://www.midiboer.co.za/klub.htm
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Boerneef

Vr., 04 Julie 2003 09:22

Boerneef

By Pramberg blêr 'n moflam

van hongerte en dors

by Pramberg vrek 'n moflam

dit is vanjaar die stryk

sny keelaf wat nog lewe

dis hoeka sukke tyd

by Pramberg blêr geen moflam

maar die jakkals hou jolyt

Die berggans het 'n veer laat val

van die hoogste krans by Woeperdal

my hart staan tuit al meer en meer

ek stuur vir jou die berggansveer mits dese wil ek vir jou sê

hoe diep my liefde vir jou lê

Lappa lei vir Bella koud

in waboomskloof se geelbossies

Lappa maak vir Bella stout

met hanepoot se natrossies

donkerrooi die wingerdblaar

warmrooi die mond van haar

So tik ek met die handsambok

so ry ek die skimmel handgalop

hy trap die aarde van hom weg

hy maak die ding by die meisie reg

dis baie jare reeds verby

wat het geword van hom en my

Prosa & poësie | 0 kommentare

Steeds Annette....

Vr., 04 Julie 2003 07:02

Jammer vir die gemors, maar kom hierdie op die ng?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vr Annette......

Vr., 04 Julie 2003 06:54

Steeds besig om my probleem te probeer opklaar. Wonder of jy hierdie kan
lees?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

ANNETTE

Do., 03 Julie 2003 15:23

Toets. Kan jy hierdie lees?

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

SMS'e

Do., 03 Julie 2003 13:27

Op 'n ligter noot - wat is die beste/snaakste SMS'e (vertaal asseblief ...)
wat jy die afgelope week ontvang het?
Myne was, nagenoeg die volgende:

"Waarom maak vroue in leer mans mal? Want hulle ruik na 'n nuwe kar ..."
(Vrye vertaling.)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Is daar mense met 'n AOL Instant Messenger op hulle rekenaar in SA?

Wo., 02 Julie 2003 20:57

Hallo elkeen,

Is daar mensen wat 'n AOL Instant Messenger op hulle rekenaar het
staan?
Ek is op soek na mense wat aanlyn met my wil gesels in Afrikaans.
Julle kan onmiddellik weet of ek aanlyn is as julle my buddynaam
inskryf. Dis 'strandkruier'.

Groete

Norbert (uit Vlaandere)

Rekenaars & selfone | 5 kommentare

PDF

Wo., 02 Julie 2003 20:41

Ek is nou besig om planne te teken in PDF
en epos dit na 'n bouer vir 'n kwotasie.

Vier sketse in verskilende stadiums.

Dit noem ek net vir jou omdat jy vrae gehad het oor
wat die doel van Adobe Acrobat is (of eintlik het jy
gevra wat ek daarmee wil doen).

DD

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1835): [ «    571  572  573  574  575  576  577  578  579  580  581  582  583  584  585  586    »]
Tyd nou: So. Des. 21 03:18:37 UTC 2025