Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vrou

Sa., 05 Julie 2003 13:58

Jy
het viir my
uitgestap,
Artemis,
met die name
van voëls,
plante,
en diere
op jou tong
en met jou oë
wakker:

sal jy
vir my
vannag,
as die lamp
dood is
en die saliehout
drup,
jou Back Packer-
slaapsak
oop-
rits?

Johan Lodewyk Marais: Verweerde aardbol (1992)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

"File Sharing"

Sa., 05 Julie 2003 11:53

Ek het op hierdie berig afgekom. Wees die volgende paar weke versigtig op
die "file sharing" netwerke, of julle kan op julle herrie kry. 'n Paar weke
terug het Gene Simmons (KISS) op sy site gesê hulle gaan dit doen, maar ek
het hom nie geglo nie - toe kom ek op hierdie berig af (jammer dis in
Engels).

Tussen hakkies, ek dink dis net die mense in Amerika (en seker Kanada) wat
op die oomblik hulle asempies moet ophou vir die ene. In Suid-Afrika word
ons nog deur die wet beskerm wanneer dit by IP tracing en sulke goed kom,
maar ek weet nie vir hoe lank nie. So wees maar bietjie versigtig in die
vervolg :o))

Groete
Elaine

Music labels to sue hundreds of Internet users

BY TED BRIDIS
AP Technology Writer

WASHINGTON -- The embattled music industry disclosed aggressive plans
Wednesday for an unprecedented escalation in its fight against Internet
piracy, threatening to sue hundreds of individual computer users who
illegally share music files online.

The Recording Industry Association of America, citing significant sales
declines, said it will begin Thursday to search Internet file-sharing
networks to identify users who offer "substantial" collections of mp3 music
files for downloading.

It expects to file at least several hundred lawsuits seeking financial
damages within eight to 10 weeks.

Executives for the RIAA, the Washington-based lobbying group that represents
major labels, would not say how many songs on a user's computer will qualify
for a lawsuit. The new campaign comes just weeks after U.S. appeals court
rulings requiring Internet providers to identify subscribers suspected of
illegally sharing music and movie files.

The RIAA's president, Carey Sherman, said tens of millions of Internet users
of popular file-sharing software after Thursday will expose themselves to
"the real risk of having to face the music."

"It's stealing. It's both wrong and illegal," Sherman said. Alluding to the
court decisions, Sherman said Internet users who believe they can hide
behind an alias online were mistaken. "You are not anonymous," Sherman said.
"We're going to begin taking names."

Country songwriter Hugh Prestwood, who has worked with Randy Travis, Tricia
Yearwood and Jimmy Buffett, likened the effort to a roadside police officer
on a busy highway.

"It doesn't take too many tickets to get everybody to obey the speed limit,"
Prestwood said.

Critics accused the RIAA of resorting to heavy-handed tactics likely to
alienate millions of Internet file-sharers.

"This latest effort really indicates the recording industry has lost touch
with reality completely," said Fred von Lohmann, a lawyer for the Electronic
Frontier Foundation. "Does anyone think more lawsuits are going to be the
answer? Today they have declared war on the American consumer."

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Re: Bodie vs Skokkie with interference from Brookie

Sa., 05 Julie 2003 07:41

"Skokkie" skryf in boodskap news:3F05F616.7060105@hotmail.com...
> "Peter H.M. Brooks" wrote in message
> news:be3r6o$dg8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>>
>> "Skokkie" wrote in message
>> news:3f04334c.0@news1.mweb.co.za...
>
>>>
>>> chynah.
>>>
>
>> Your incorrect spelling shows a misunderstanding of the etymology of
>> 'china' - it comes from Cockney rhyming slang for 'mate' 'China
>
> plate'.
>
>> It is one of a number of interesting imports from English slang that,
as
>
> you
>
>> show, some people mistake for SA English coinages.
>
>
> Another pseudo intellectual who can only rely on semantics to make an
> impression.
>
> You sound like you need a bow bell rammed up your bit o class
>
> Dinchya know that Mickey Bliss was me farver in law.

BTW Peter - we did have a discussion about cockney rhyming slang on this
news group a few weeks ago and at that stage you mentioned the etymolagy of
the word China then. The real spellings and origins of the costermongerly
allusion to a mate as something precious and useful like a china plate were
quite widely known. You should avoid the Bodiean tendency to recycle your
stuff.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Sewe tale vir Afrikaans!

Sa., 05 Julie 2003 04:57

Wouter

Een huidige Afrikaanse liedjieskrywer het die onderskeiding dat een van sy
liedjies in sewe tale gesing word, insluitend in Portugees. Wie weet of wil
raai watter liedjie dit is?

Ragel: Ek wil graag weet, wie dit is Wouster! Hopelik nie Dozi nie?

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

SA Prez in Jamaica

Sa., 05 Julie 2003 00:41

Ek was die laaste paar weke in Jamaica en het soos gewoonlik in die Jamaica
Pegasus hotel in Kingston, tuis gegaan.

Terwyl ek so ewe rustig in die ingangs portaal sit en wag vir my amerikaanse
kolega, hoor ek net polisie sirenes en 'n groot lawaai aankom. Die volgende
oomblik toe stap ou Thabo homself reg voor my verby na die hysers toe.
Natuurlik was daar 'n paar ander outjies wat saam met hom stap en hulle dra
almal sulke swart "suits" en gehoor stukkies. (hulle kyk sekerlik te veel
movies of hulle is almal doof)

Assof dit toe nou nie genoeg is nie loop ek toe die volgende dag weer die
groepie raak toe hulle oppad is on te gaan ontbyt eet. Thabo en sy trawante
het natuurlik nie soos ons lekker langs die swembad ontbyt ge-eet nie hulle
het in een van die konferense sale gaan eet waar daar spesiaal vir hulle
reggemaak was vir ontbyt.

Terwyl Thabo daar was is die Wes Indiese krieket span een aand op na die
17de vloer(wat na bewering totaal deur Thabo en sy trawante opgeneem was) om
hom te gaan ontmoet. Wat my natuurlik verbaas was die ontmoetting wat Thabo
met die "Rastafarian" groep gehad het. Een oggend het daar so 'n vuil man
langs my in die ontvangs portaal kom sit (weer aan de wag die die ^%$#
kolega), die mater het wraggies gevrot. Hy het so 'n lang wit rok aangehad
en snaakse goeters hang rondom sy nek, 'n "multi-colored" stok in sy hande
en 'n lap om sy kop(turban). Terwyl ons daar sit kom daar 'n man aan en sê
vir "stinkie" hy moet net wag want "hulle eet nog". Ek wonder nog wie sal
nou 'n afspraak met so 'n snaakse vuil man wil hê toe sien ek daai aand op
lokale televisie dat dit Thabo se besoeker was. Ek wonder nou maar net wat
is die doel van die Suid Afrikaase president om met hierdie groep te
ontmoet. Miskien verstaan ek die ding heeltemaal verkeerd maar die
rastafarians is mos iets soos die hippies van ouds. Dalk het Thabo hierdie
rastafarians ontmoet om handels bande te versterk. Ek kan maar net wonder
watse soort produkte hulle in belang sou stel ;)

Ek was lank laas in 'n plek waar daar so baie dagga gerook word soos in
Kingston. Die taxi's het mos daai ou soort lugreling, die soort was jy met
'n slingertjie op die deur moet aanskakel. So as mens nou so ry deur die
stad ruik jy maar die reukies wat in die stad rondhang. Dis Dagga op elke
2de hoek. Ons het die een dag 'n posstuk gaan oplaai en terwyl ek buite
gestaan en wag het vir my vriend het ek 'n man somer openlik in die straat
sien afstap ek dagga rook("needless to say " 'n rastafarian).

Terwyl ek in die Pegasus Hotel was het ek die geleentheid gekry om 'n paar
woorde met Brian Lara te wissel. Hy was maar senuagtig voor die krieket
toets wedstryd teen Sri-Lanka, maar dis was 'n ander storie Sondag aand toe
hulle terugkeer vannaf die wedstryd. Natuurlik was hy toe vol vreugde na
hulle groot oorwinning. Later die aand het ek 'n drankie geniet langs die
swembad saam met 6 van die West-Indies spelers maar Brian Lara was nie
tussen hulle nie.

Volgende week is ek weer in Port of Spain, Trinidad. hopelik is dit meer
rustig daar. Die snaakse ding is dat ek 'n visa moes kry vir Trinidad,
miskien moet Suid Afrika vir Thabo soontoe stuur. Dis nogal snaaks want
Trinidad is 'n lid van die "Commonwealth", en die meeste carribiese eilande
het nie streng visa vereistes nie. Dis nie altyd so goed vir die toerisme
nie!!

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Annette....jammer, weer ek!

Vr., 04 Julie 2003 13:02

Jy behoort die te kan lees.....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Annette....steeds dier!

Vr., 04 Julie 2003 13:00

Dis net om die boodskappe te onderskei......lees jy die en antwoord asb.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Annette.....ou dier

Vr., 04 Julie 2003 12:58

Dis net om die boodskappe anders te laat lyk....hierdie is 'n toets.
Antwoord as jy kan less asb.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Annette.....ou dier

Vr., 04 Julie 2003 12:41

piet kan sy al ons boodskappe lees ?

"PietR" skryf in boodskap news:3f057a1f.0@news1.mweb.co.za...
> Dis net om die boodskappe anders te laat lyk....hierdie is 'n toets.
> Antwoord as jy kan less asb.
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Annette....steeds dier!

Vr., 04 Julie 2003 12:40

ok ek lees dit

Dankie
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f057a79.0@news1.mweb.co.za...
Dis net om die boodskappe te onderskei......lees jy die en antwoord asb.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    570  571  572  573  574  575  576  577  578  579  580  581  582  583  584  585    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 17:12:22 UTC 2025