Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaans Volkslied

Tue, 08 July 2003 17:43

Wie kan weet waar ik de opname (CD, LP of Cassette) kan kopen van het
Afrikaans Volkslied gezongen door Mimie Coertse.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wedstrydprys

Tue, 08 July 2003 09:44

Ek sien deesdae mens kan rugbykaartjies na die 3-nasie wedstryde wen.
Eerste keer wat ek van weet dat wedstrydwenners gestraf word:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Namibiese Plase

Tue, 08 July 2003 09:18

Baie interessant die naweek in die pers was die storie van 'n joernalis wat
besluit het om op die ingewing van die oomblik 'n gebied te gaan deurry en
self ondervind wat op plase aangaan. Werklik aangaan sonder dat mense
fronte voorhou as hulle weet die pers is in hulle omgewing. Die pad wat hy
gekies het was in die oostelike gebied op die pad tussen Keetmanshoop en
Ko�s [spreek uit kois]. Om 'n lang storie kort te maak, baie van die plase
op die pad is reeds deur die regering uitgekoop [voor en na onafhanklikheid]
en voorheen benadeelde mense is daarop hervestig. 'n Gemiddelde plaas daar
is so ongeveer 6 000 hektaar groot en daarop word so 5 of 6 families
gevestig wat aan elkeen so ongeveer 1 200 hektaar gee. Logies sal mens nou
dink dat elke man op sy plasie gaan bly en voorspoed in die oë kyk?
Wat in die werklikheid gebeur, is dat die regering [beide toe en nou]
gee die mense 5 jaar voor die afbetalings vir die grond begin. 'n Soort
van 'n kans om op die been te kom. Soortgelyk aan wat vroeër jare in
verlate areas gegee is aan boere wat hulle daar wou waag. Die realiteit is
egter dat dit ontsettend moeilik is om in ons droë land te boer. Wat dié
hervestigde mense gedoen het, was om almal by dieselfde veepos waar 'n
waterinstallasie is, saam te koek, elkeen met sy honderd of so boerbokke.
Pak die waterinstallasie op, kan hulle dit nie bekostig om dit te herstel
nie want uit so 'n paar bokke maak jy nie geld nie, jy bestaan net, dan trek
die hele lot van hulle na die volgende pos waar die water nog reg is. So
werk hulle al die poste deur in daai 5 jaar voor die betalings begin. Dan
verhuur hulle die plaas aan 'n kommersiële boer [let wel nie noodwendig 'n
blanke nie!] wat dan net die paaiment van die grond betaal aan die regering
vir die huur en hulle produseer 'n magdom vee vir die SA mark en word
skatryk. Die hervestigdes bly of werk vir die boer of gaan plak by 'n
dorp........PRESIES waar hulle vandag is!
Wat is eintlik bereik? Hulle het 'n produktiewe boer vervang met 'n
klomp mense wat g'n benul het van boerdery nie en vir 5 jaar was daai grond
onproduktief. Uiteindelik is die grond weer terug in blanke [hoofsaaklik]
hande.
Raar, maar waar!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gogga/goggo

Tue, 08 July 2003 04:05

Onthou julle nog die Goggomobiel?
Was dit 'n Afrikaanse motor?:))
Word die woord gogga/goggo in ander tale gebruik?
Chocho in Nederlands?:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

ANNETTE

Mon, 07 July 2003 22:26

Er is er een jarig hoera hoera
dat kun je wel zien dat is zij
dat vinden wij allen zo prettig ja ja
en daarom zingen we blij

zij leve lang hoera hoera
zij leve lang hoera hoera
zij leve lang hoera hoera

Lang zal ze leven
lang zal ze leven
lang zal ze levenin de gloria
in de gloria
in de gloria

HIEPERDEPIEP HOERAAAAAAAAAAAAAAAAA

(((((((((((((((((((((Annette))))))))))))))))))))))))))

'n dikke kus en van harte gefeliciteerd met je verjaardag.

Dis nou my kado, alles in Nederlands, gesing en gesoen

GrRico

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Annette

Mon, 07 July 2003 21:43

Vyftien minute te vroeg, Annette, want ek gaan
agterstallige slaap inhaal:-)

Baie geluk met jou verjaardag; mag elke dag
vorentoe beter wees as die vorige...

Speedy Conzales
the fastest mouse in all Mexico

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Pamfletjie - Letsema

Mon, 07 July 2003 16:44

In 'n pamflet wat ek vandag by die poskantoor gekry het, met die opskrif Die
Gety Het Gedraai - word ons in die tweede parragraaf meegedeel:

Gemeenskappe regoor die land het in die afgelope jaar ( dis nou 2002, want
die pamflet gaan eintlik oor hoe dit met ons gaan in 2003 - A) die oproep om
deel te neem aan die Letsema-veldtog vir vrywilligers gehoorsaam deur
onselfsugtig hulle dienste aan te bied om ander se lewens te verbeter.

Die enigste berigte wat ek in die koerante gesien het ( in 2002) oor
vrywilligers, was by padblokkades, en o natuurlik hierdie jaar se
vrywilligers by die Krieketwêreldbeker, wat nie eintlik tel nie, want hulle
het almal hoede, hemde en gratis etes gekry).
Toe gaan soek ek maar op die Internet om te sien hoeveel vrywilligers by
hoeveel verskillende projekte besig is, en waar mens kan uitvind watter
projek is naby en waar kan mens iemand kontak om aan te meld om te help vir
volk en vaderland.

Sweet Blou Ol gaan in 2003 met die projek aan.
Om die waarheid te sê die nuutste inligting op die Internet wat ek kon kry
is die stuk wat ek hieronder met groot moeite vasgeplak het:
So as iemand meer op hoogte van hierdie belangrike projek is ( dit moet hel
belangrik wees as dit die tweede parragraaf behels van 'n inligtingstuk wat
12 panele lank is) as wat die Internet mee kan help, laat weet asb.

10 May 2002

Letsema Programme leads Social Housing Development in Mpumulanga
The Social Housing Foundation today participated in the physical
construction of the Greater Middelburg Housing Association's pilot project
"Hope City" as part of the "Letsema campaign" announced by the President in
his state of the nation address earlier this year, and the National
Department of Housing's Habitat month.

Hope City is the first social housing project that is being developed in the
Mpumalanga province. It offers residents within the subsidized housing
market the opportunity to access high quality affordable rental
accommodation utilizing the institutional subsidy programme.

The Social Housing Foundation has been working in partnership with the
Mpumalanga province, the Greater Middelburg Housing Association and other
stakeholders over the last year to get this social housing project of 500
units off the ground. The construction of the project is reaching finality
and prospective residents are lining up to take advantage of the
opportunity.

The Social Housing Foundation was established in 1997 by the National
Department of Housing to provide capacity building and technical support to
institutions such as the Greater Middelburg Housing Association.

The Social Housing Foundation has actively been establishing and developing
social housing institutions throughout South Africa, but the "Hope City"
project being developed by the Greater Middelburg Housing Association is the
first in Mpumalanga. Over the next five years, the institution will be
working towards developing and managing up to 2000 housing units for rental
in the Middelburg area.

Three further social housing institutions are currently being developed in
the province, one of which forms part of the pilot housing projects for the
Presidential Lead Job Summit programme.

On this occasion, and in the spirit of "letsema", the management staff from
the organisation decided to make a visible contribution through involving
themselves in the physical construction on the project. Staff members were
taught basic construction skills by the contractor on site. In turn, the
workers were informed about the opportunities that social housing presents.

The Social Housing Foundation does not work in isolation, but rather in
partnership with government at all levels, NGOs, educational institutions
and other key role players and international partners such as the European
Union to achieve it's mandate.

The organisation has been assisting to build the knowledge and skills base
around social housing among built environment practitioners and
professionals operating in the sector, in order for them to address the
various challenges posed within the sector.

"Letsema" implies a spirit of co-operation and working together. The Social
Housing Foundation slogan states that in building social housing, one is
always co-operating and working together to build communities.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ewebeeld

Mon, 07 July 2003 16:07

As ek sê so en so is iemand se ewebeeld, dan bedoel ek die persoon lyk net
soos die ander, reg?
Ek het Geerard geantwoord, toe doen die komper 'n woesj op my, en toe is ek
nie lus om weer te begin nie.
Wat ek in die gewoesjde skrywe gevra het watter mens/mense is nou juis die
ewebeeld van God sos deur hom uitgewys?

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

ek soek my Lulu

Mon, 07 July 2003 14:23

wie help vir my??

het ek een, het jy een, wat kan ek met my Lulu maak en wat maak jy met jou
Lulu!!!!!!!!!!

GrRico

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Pamflet/plakkaatverskrik

Mon, 07 July 2003 12:48

Dis nou onse stadsraad en onse regering.

1) Voorverlede Saterdag is KIKS ( Kaapstads Internasionale
Konferensiesentrum ) ( mens sien net oral die Engelse CTICC op die
aanwysingsborde) amptelik geopen.
Daar was 6000 genooide gaste vir die geleentheid. Daar was nie eers 'n
geringe kans om daar te kon inkom sonder 'n uitnodiging nie. Die twee
hoofkunstenaars wat opgetree het by die geleentheid was Vanessa Mae en
Sibongeli Khumalo.
Alles goed en wel - maar ek ry vandag in Durbanweg op na Tygervallei, en op
elke liewe lamppaal is daar 'n plakkaat wat Vanessa Mae en Sibongeli Khumalo
se optrede adverteer, so asof dit 'n soort popkonsert is wat mens kan gaan
kyk as jy betaal.
Totaal geheel en al oorbodig.

2) Vandag by die Poskantoor sien ek daar 'n pamflet om te lees en wys te
word - ek vat toe een van die Afrikaanses - en op die voorblad staan daar
mooi:
Die Gety Het Gedraai

Die pamflet is in kleur gedruk, en beslaan uit 6 panele wat op albei kante
gedruk is - 'n lywige dokument wat net vinnige lesers kan deurlees terwyl
hulle in die ry staan en wag.
Nietemin - So deur die week sal ek vir julle die verskeie juweeltjies uit
hierdie inligtingstuk pos.
Die eerste wat my opgeval het is dat die hele ding gaan oor hoe dit met ons
gaan in 2003, en die tweede opskrif is dan ook inderdaad:
Program van Aksie vir 2003.
Die pamflet is uitgereik deur GCIS ( Government Communications) en op die
laaste paneel is daar 'n pragtige opsomming onder die opskrif:
Vryheid het Vordering gebring -
En heel onder word die bron aangetoon as:
Statistiek SA se 1995 October Household Survey ( onthou nou ons is by
2003!!) en 2002 Labour Force Survey ( wat 'n bleddie leuen is, want ek sit
hier met twee statistiekopgawes vir die motorherstelnywerheid t.o.v. 2002
wat ek moet voltooi voor die einde van hierdie maand - dus is daardie labour
fource survey onvolledig).
Nietemin - lees en word wys en gelukkig:))
Volgens bg bronne sien ons dus die volgende tabel:

Resultate van regeringsprogramme (1994 tot 2002)
Mense met toegang tot skoon water ( Gemeenskapsverskaffingsprogram)
8,339,054
( Dis nou voor DD sy huurders se water laat afsny het:))) )

Aantal verbindings tot die elektrisiteitsnetwerk 3,803,160
( Ek neem aan dis nou slegs die wettige verbindings)

Gesubsidieerde behuising voltooi of onder konstruksie 1,462,629
( skiet bietjie kort vir die 5 miljoen wat voor April 1999 klaar sou wees)

Verhoogde toegang tot dienste 1995 2000

Huishoudings in formele behuising 65,8 72,6

Huishoudings met elektrisiteit as
hoofbron van lig 63,5
71,7

Huishoudings met kraanwater
as hoofbron 78,5
84,3

Huishoudings met spoel- of
chemiese toilette 56,9
58,3

Wat ek nou net wil weet is waar kry hulle die 2000 syfers vandaan as hulle
die 1995 statistiekbron gebruik het?
Tweedens werk die somme nie so lekker nie - want as ek so na die
Smartiehuise kyk, sien ek nie groot gemeenskaplike ablusieblokke nie, nog
minder kleinhuisies buite op die klein erfies.

Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1838): [ «    568  569  570  571  572  573  574  575  576  577  578  579  580  581  582  583    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 11:09:34 UTC 2025