Ek wil maar net vir Elaine laat weet dat, ongeag haar stelling dat die
krakers slim is en nooit gevang sal word nie, die Absa-krakerdief toe wel in
hegtenis geneem is.
Annette
Ek kan nie verstaan wat so spesiaal aan Nelson Mandela is nie. Vandag skryf
hulle in die Volksblad dat sy lyk moontlik eendag vir die nageslag bewaar
gaan word. (In die Uniegebou of Voortrekker monument) Dis darem bietjie vêr
gevoer.
Verdien hy regtig al die eer wat hy kry?
Nou ja, nadat ek verlede jaar April aansoek gedoen ht om deel te neem, het
ek in Augustus vir oudisie gegaan en in Maart aan die opnames deelgeneem en
uiteindelik begin my eie persoonlike triomftog op Nasionale TV vanaand. Kom
ons kyk of jy kan raai watter een ek is.
Dit was interessant om die uitslag van 'n inbelopname te sien wat gister
deur een van die grootste koerante in Namibië, Die Republikein, gedoen
is. Die vraag was of politieke ampsdraers te veel geld verdien. Dit was
na aanleiding van 'n vorige berig wat beweer dat slegs 220 politieke
aanstelling in die regering die belastingbetaler N$60 miljoen per jaar kos.
Die uitslag was:
93% Ja
7% Nee
6.3% Weet nie
Ek sou seker ook Ja gestem het as ek kon deelneem maar ek wonder sommer
maar net oor die persentasies wat nie so lekker total nie... ;-)
Vandag is Skisofreniedag.
Dit beteken nie dat die skisofrene die vryheid van die strate het nie, maar
dat almal bewus gemaak moet word dat dit 'n siekte is wat nie sonder
behandeling tot 'n mate genees kan word nie.
Daar is ook sterk aanduidens dat dit geneties oordraagbaar is.
Annette
Sasja-Leigh Crooke is 10 dae nadat sy vermis geraak het, dood gevind. Daar
is bevind dat sy toe sy gevind is, sy nie langer as 48 vantevore dood kon
gewees het nie.
Die buurman van haar ouma, waar Sasja vir die vakansie gekuier het, is in
hegtenis geneem. Hy het verlede week, en sal vandag weer in die hof verskyn.
Die polisie was glo twee dae nadat sy vermis is in sy huis.
Daar was 'n kamer waarvan die deur gesluit was, en hulle het goedsmoeds sy
verduideliking aanvaar dat hy nie weet waar die sleutel is nie.
Daar word sterk vermoed dat Sasja op daardie stadium in die kamer aangehou
was.
Annette