Iedools - 2
Ma., 28 Julie 2003 08:44
En daar word ek toe gisteraand verras - hierdie tweede groepie sing toe
almal goed, en die twee wat dit gaan maak is die gelukkiges.
Ek wonder net hoeveel sê die arme kinders het in die keuse wat hulle wil
sing - want verlede week het iemand iets gesing wat hy erken hy nog nooit
gehoor het nie, en hierdie week weer het van hulle liedjies gekies wat nie
hul stem heeltemal pas nie.
Sekerlik tog, as my toekoms daarvan afhang, sal ek iets sing wat ek goed ken
en wat ek weet my stem heeltemal sal pas.
Hoe op aarde kan iemand iets kies om te sing wat hy/sy weet nie heeltyd in
dieselfde toonaard gesing kan word nie.
Barry Ronge se beskrywing gister van Idols in Sunday Times was skreeusnaaks.
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Hoekom was Happy Nuus?
Ma., 28 Julie 2003 06:59
Hierdie naweek kry ek toe die liggieoomblik.
Ons weet van talryke gevalle waar blankes swart of bruin kinders aangeneem
het om te versorg - sommige is selfs wettig aangeneem.
Maar Happy is seker die eerste geval hier wat ons van weet waar 'n "blanke"
deur 'n swart familie versorg is.
Dis hoekom hy nuus is.
Selfs in pleegsorg blyk dit dat daar nie 'n probleem is om enige kind by
blanke ouers te plaas nie, maar slegs swart kinders word by swart ouers
geplaas, en bruin kinders by bruin ouers.
So wie is die eintlike rassiste?
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Die voordele van misdaad ( Engels)
Ma., 28 Julie 2003 06:31
Nog 'n bewys wat ek sê - hulle moet die slagoffers tronkstragf gee, en die
misdadigers laat werk:)
Prison Vs Work
IN PRISON you spend the majority of your time in an 8x10 cell.
AT WORK you spend most of your day in a 6x8 cubicle.
IN PRISON you get three meals a day.
AT WORK you get a break for 1 meal and you have to pay for it.
IN PRISON you get time off for good behavior.
AT WORK you get rewarded for good behavior with more work.
IN PRISON a guard locks and unlocks all the doors for you.
AT WORK you must carry around a security card and unlock and open all the
doors.
IN PRISON you can watch TV and play games.
AT WORK you get fired for watching TV and playing games.
IN PRISON you get your own toilet.
AT WORK you have to share.
IN PRISON they allow your family and friends to visit.
AT WORK you cannot even speak to your family and friends.
IN PRISON all expenses are paid by taxpayers with no work required.
AT WORK you get to pay all the expenses to go to work AND then they deduct
taxes from your salary to pay for prisoners.
IN PRISON you spend most of your day looking through bars from the inside
wanting to get out.
AT WORK you spend most of your time wanting to get out and inside bars.
IN PRISON there are wardens who are often sadistic.
AT WORK they are called MANAGERS.
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Rugby
Ma., 28 Julie 2003 06:12
Ek hoor die rede hoekom WP so ver teen die Blou Bulle verloor het, is omdat
WP meer Springbokke in hul span gehad het.
Annette
Sport & ontspanning |
5 kommentare
Polisieadvertensie
Ma., 28 Julie 2003 05:30
Op RSG - Die regering kondig aan dat 'n nuwe era begin het.
Die voorbeeld wat gegee word is die aantal polisielede wat verering ontvang
het vir pligte wat hulle verrig het buite polisiëring, soos om babatjies te
vang.
Annette
Veiligheid & wapens |
0 kommentare
" simptoom " deur JEANNE GOOSEN
So., 27 Julie 2003 14:25
Jeanne Goosen
simptoom
ek dink ons het parasiete in die familie
so is daar byvoorbeeld my oom
hy is dood nou (mag sy siel rus: hy was 'n begrafnisondernemer)
lewerslakke
het dit glo van 'n skaap gekry of drank
hulle sê die onsuiwer het hom al van binne gepak
toe hy ander nog gekis het
ek het ook so iets geërf
draaisiekte
daarom dat ek soms so aanhoudend blêr en blêr
onder 'n huilbosboom
die dokter kan my gesond maak
sê hulle
natriumbromiede
maar ek wil nie
want die brak is lekkerder
daar onder die huilbosboom
op my oom die ondernemer
se graf
Prosa & poësie |
0 kommentare
Give me hope Johanna . . . . .
Sa., 26 Julie 2003 19:36
Almal ken seker daai anti-apartheids liedjie wat ons supposedley nie mog
hoor nie.
Kan iemand my dalk verduidelik wie daai "Preacher who works for Jesus" van
wie die man sing?
Desmond (snotklap) Tutu?
Musiek & liriek |
5 kommentare
Geraamte in die kas
Sa., 26 Julie 2003 09:16
'n Regter van Wellington (Nieu Seeland) is van sy pos onthef, omdat hy na
prente van naakte volwasse dames gekyk het op die usenet. Hulle reken dat
iemand wat na so iets kyk, nie betroubaar geag kan word om die pos te beklee
nie. (As hy 'n motowerktuigkundige was, het geen haan seker gekraai nie.)
Ek dink die samelewing is siek. Die lekkerste ding op aarde is om iemand wat
in die kollig is te pinpoint en te verneder. Hansie, Bill Clinton,
onderwysers, predikante en ministers is seker die mense wat hulle gatte die
gouste sien as hulle 'n foutjie begaan.
Ek loer so af en toe na die mense se "Shared Folders" op KaZaa. Agt uit tien
mense (seker mans) het daar êrens tussen al hulle MP3's so 'n lekker paar
tiettie foto's. Man, dis mos die lewe - waarom sal ons nou stry?
Nou hoekom wys ons dan so gou vinger?
Henri
Koeitjies & kalfies |
25 kommentare