Oor die naweek weer bewys dat daar 'n eienaardige skuif in prioriteite mbt
die media plaasgevind het.
1) Op die voorblad van Sunday Times is die hoofartikel oor die hopelike
nuwe ommeswaai ( weer) van die regering ivm die beskikbaarheid van middels
vir die behandeling van vigs.
Rapport se hoofartikel handel oor eks Mej. SA - Yolande Kloppers ( nou
Wright) wat in 'n rusie betrokke is met Bad Brad van LB1 faam.
2) Op Saterdag het daar twee ongelukke plaasgevind.
Die eerste, wat oor die algemeen baie meer media-aandag geniet, is die
sokkerspeler van Pirates wat na die wedstryd op pad na sy ma verongeluk het.
Hy het ook vir Bafana gespeel.
Die tweede is van 'n dame wat as mede-wenner as uitsonderlike vroulike
entrepeneur 'n toekenning sou ontvang van die Prez, verlam is toe die
verhoog ineen gestort het. Tot die prez wat niks oorgekom het nie, het meer
media-dekking oor die voorval gekry.
Welkom in my kasteel. Jy lyk verbaas;
die mure brei uit, trek hulself weer in.
Jy raak aan klip, tas aan die begin
en einde van tyd wat déúr my vensters blaas.
Wat bly oor? Jy kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Trek die gordyne van jou oë oop
en sien my landgoed se grense in die lug.
Water ruis onder en deur my valbrug
na seë wat alle vastelande sloop.
Wat bly oor? Ek kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Jy voel vreemd; kom nader, kyk rond.
Uit jou drome ken jy reeds dié prent,
en waarop my kasteel se fondament
ook al gebou is, dit bly steeds grond.
Wat bly oor? Ons kyk terug.
Slegs die eggo van die eggo van 'n sug.
Daar is 'n paar lelike op- en aanmerkings deur die NZ en Aussie media jeens
SA rugby maar ook jeens Afrikaners. Dit raak ietwat persoonlik.
Ek aanvaar die stof sal weer gaan lê rondom die dinge. Die op- en
aanmerkings bevestig bloot my vermoede oor die sentimente wat deur die manne
gekoester word. Geen wonder dat ek nie die NZ en Aussie skeidsregters
vertrou nie.
Verlede jaar in Mei, nadat onse Prez se kantoor oorval is met fakse van
heinde en verre, is daar toe aangekondig dat hy van plan verander het, en
dat Nevaripien aan verkragtingslagoffers beskikbaar gestel sal word. Die
volgende Sondag is daar toe groot volbladkleuradvertensies oor die nuwe
5-jaar plan.
Die konstitusionele hof het ook die regering gelas om die behandeling toe te
pas omdat daar na die aankondiging niks gebeur het nie.
Nou is ons by 'n KykWeer
Verlede Donderdagnag het 'n parlementêre kommitee besluit dat Manto en haar
gesondheidsdienste die behandeling binne twee mande moet instel.
Sondag - Groot volkleuradvertensies in die Sondagkoerante - albeit nie
volblad nie. - slegs driekwart.
Gisteraand verklaar Manto hulle kan gaan doppies blaas, dit sal baie langer
as twee maande neem om die behandeling in te stel.
Niemand vra vir Manto of die Prez wat hulle nou eintlik gedoen het na
verlede jaar in Mei volgens die advertensie nie.
Nou sien ons hoekom - daar is nie geld vir vigsbehandeling nie, want die
geld word gebruik om mense wat vigs het in die tronke te hou sodat hulle dit
nie verder versprei as hulle onmiddelike omgewing nie.
Ek hoor nou dat daar deur 'n regter bepleit word dat regters en magistrate
versigtiger moet wees wie hulle tronk toe stuur - die tronke is oorvol - en
volgens hom is tronkstraf vir dronkbestuur en diefstal van klein artikels
nie nodig nie.
Die dame wat onskuldig ter dood veroordeel was en toe vrygelaat is, sê self
dat tronkstraf nie 'n afskrikmiddel is nie, omdat die mense binne veels te
lekker het.
Ek is ten gunste van dwang harde-arbeid - maar iets produkteif - nie net om
te sit en klippe kap nie.
Liewer iets soos paaie regmaak.
Tov die koste van 'n gevangene - my inligting was bietjie verouderd -
volgens die koerant gister kos dit ons R1000 per dag per gevangene. ( 19 000
gevangenis, - 19 miljoen per dag)
Die ou Thlaro-kaptein smeer
die rosynlat bokvet en sê
vir Petrus My bokwagter
Die soet rosyntjie sal jou
laat soebat oor die wegraaklam
Die blokmanne trek hom vas
teen die kameeldoringhout
en met die derde swaai proe
Petrus die bloed van die lam
wie se ooi nou nog staan
blêr by Vergenoegfontein
Die volgende kom uit www.southafricathetruth.netfirms.com:
ÂThe "terribly poor" marksmanship of infantry soldiers in the national
defense force has forced the army to invest in 15 fixed and 31 mobile
target simulators. This comes after a group of 16 soldiers fired more
than
2 800 shots at three targets about 3m away during target practice with
only one bullet hitting the mark. Â