Verteenwoordigers van beswaarde grondeienaars kry op 25 en 26 Augustus die
laaste geleentheid om hul besware te lug teen die beoogde wetgewing, wat
grondonteiening sonder 'n hofbevel moontlik sal maak.
Die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou en grondsake hou dan
openbare verhore oor die wysigings wat ernstige besware uit landbougeledere
ontlok het. Die wetsontwerp sal daarna vir finale goedkeuring na die
parlement verwys word.
Die konsep is vroeër op 'n indaba van die Departement van Grondsake bespreek
waarna voorstelle aan mnr. Dirk du Toit, Adjunkminister van Landbou en
Grondsake voorgelê is. Enkele veranderings is aangebring. Mnr. Tozi Gwanya,
hoofgrondeisekommissaris, sê dit is net geringe veranderings wat deur die
staat se regsadviseurs as oorbodig beskou is.
Die Kabinet se regsadviseurs het die finale konsepwet goedgekeur en mnr.
Gwanya sê dit sal gebruik word om boere te dwing om oor grond te
onderhandel. (Sien artikel op bl. 92.)
Hy het op 'n vergadering van die portefeuljekomitee gesê grondonteiening is
die laaste uitweg en sal eers oorweeg word as alle ander moontlikhede
uitgeput is.
"Grondeienaars sal regverdige vergoeding, gegrond op markwaarde, ontvang.
Mense wat nie tevrede is nie, kan altyd hul toevlug tot die hof neem,"het hy
gesê.
Mnr. Andries Botha van die Demokratiese Alliansie (DA), het gevra hoekom die
minister die reg moet kry om grond te onteien as daar 'n surplus van grond
en 'n tekort aan geld is. Mnr. Bheki Radebe van die ANC het gesê grond is
beskikbaar, maar nie altyd waar die vraag daarna is nie. "Mense wil 'n
bepaalde stuk grond hê, die grond wat aan hul voorvaders behoort het en waar
hul familie begrawe is."
Dr. Kraai van Niekerk (DA) het opgemerk dat dit lyk asof dié
wysigingswetsontwerp 'n poging is om die oppergesag van die reg ondergeskik
te maak aan dié van die staat.
Intussen het TLU Suid-Afrika gesê die wysigingswet, met sy veranderings, is
steeds drakonies en sal beveg word. Mnr. Gert Ehlers, voorsitter, sê die TLU
SA sal voortgaan om druk uit te oefen teen die beoogde wysigings.
"Die wringkrag moet verstewig word. Regsmenings dui duidelik daarop dat die
implikasies van die wysigings selfs meer ongunstig sal wees as dít wat met
die eerste publikasie van die wetsontwerp op 9 Mei ter sprake was."
Agri Suid-Afrika het aangedui dat hy beslis 'n voorlegging aan die
portefeuljekomitee sal doen om ander maniere van arbitrasie voor te stel wat
beter resultate sal lewer.
Is dit nie snaaks dat nou, 14 jaar na onafhanklikheid in Namibië, die
verskillende volke begin stem dikmaak op soeke na 'n eie gebied met 'n eie
soort van regering nie? Eers was dit laas week die Herero's wat via hulle
opperhoof geëis het dat hulle beheer oor hulle eie land in 'n federale
stelsel wil hê en gister was dit die Basters van die Rehoboth-area wat
besluit het om die regering aan te vat en aansoek te doen om hul eie gebied
te beheer. Beide voel dat die sentrale regering wat beheer word deur die
massa Owambo-stem nie in staat is om hulle onderlinge bevolkingsbehoeftes
reg te hanteer nie.
Dis natuurlik vrek interessant want 'n federale stelsel is presies dit
wat die ou SA regering in gedagte gehad het met die skepping van tuislande
vir minderhede wat dit tot nog toe nie 'n afgebakende gehad het nie. Dis
toe dat onder die Odendaalplan grond van blanke boere uitgekoop is om dit
aan swart boere van die betrokke stam van daardie gebied oor te gee. Daar
is gevoel dat 'n swart boer slegs by uitsondering in staat sou wees om 'n
plaas van die grond af op te bou en suksesvol te maak. Daarvoor sou hy
massiewe staatshulp nodig hê en soort van beskerm word in 'n gebied waar sy
produkte nie direk in kompetisie kom met die reeds suksesvolle produseerders
van die land nie.
Om die volkere gelyke verteenwoordiging in die sentrale regering te gee,
sou elke stam of groep mense in sy eie stamgebied kon stem, sowel as in die
algemene landbestek. Dit beteken dat jy 'n regverdige verteenwoordiging
van die volkere het, sowel as die meerderheidskeuse van die land as geheel.
Dis egter in vlamme afgeskiet as 'n poging van die witman om die swartman
onder sy duim te hou en is 'n politieke party vandag aan beheer met 'n
meerderheidstem waarvan die stemme 80% in die noorde van die land
[Owamboland] geleë is en meeste van die nuwe ontwikkeling in die land vind
daar plaas. Mens moet toegee dat Swapo die perfekte doen deur sy stemmers
tevrede te hou, maar wat word van die ander mense van die land? Blanke
oorheersing het nou net Owambo oorheersing geword en apartheid loop nog
sterk in Namibië!
AJ is tans die beste losvoorspeler in die land. Hy is nou vir 6 weke
geskors. Dit los nou Rudolph se probleem maklik op - hy wou mos 'n rede
gehad het om AJ weg te laat. Venter was 'n verleentheid vir hom - die
tweethies het klaarblyklik 'n meningsverskil.
Rudolph is seker spyt dat Craig Davidson nie ook iemand bygekom het nie -
dan het hy nou ook in daardie geval 'n verstaanbare rede gehad.
Ek het Steve se relaas weer gelees.
Die boodskap is heel eenvoudig. Daar is mense, Afrikaners, wat gatvol raak
vir onnodige inmenging in sake wat hulle as eie en ietwat heilig beskou. (Of
jy nou dink Kruger het hoerhuise gewettig of nie.)
Toe was toe, en nou is nou. Ons bly hier en ons sal moet besluit of ons
bereid is om rondgestooit te word of nie.
Dit is waaroor Steve se relaas gaan. Kom ons bepaal ons daarby.
Uit die lang relaas van strooi kwytraak deur die ou antie, moet ek net een
ding sê. Die Krugerwildtuin is nommer een nie 'n speelplek vir rykes nie.
Dis 'n plek waar die natuur in sy oorspronklike vorm bewaar kan word. Die
inkomste wat uit besoekers gemaak word, veroorsaak dat die wildtuin sonder
begrotingshulp van die regering kan bestaan. Miskien moet die antie ophou
om dinge te plooi om haar goedkoop politieke siening te pas? Het sy al
ooit in daai klein breintjie van haar gedink wat sou van die wildlewe in
Afrika geword het as iemand nie bereid was om briek aan te draai nie?
Verder lees die ou bok ook Steve se boodkap nie heeltemal lekker nie.
Hoekom moet die nuwe politieke vryheidsvarke die bestaande monumente afbreek
om dit te vervang met hul eie? Hul kan mos hul eie monumente bou? Of is
alle vryheidsvarke soos Gloudina? Hulle kan geld bymekaar maak deur 'n
Gloudina-poppie te maak. Jy druk 'n Rand in sy fondament in en dan praat
dit stront vir 3 minute!
Soos 'n berg, ongebuk,
breed en bonkig van stuk,
dis hy!
Die gelaat, hap vir hap
uit die kranse gekap,
elke kerf, elke knou
harde noodlot se hou;
elke moet, elke merk
vryheidsvyand se werk,
dis hy!
Groot-simpel gerig
deur die Woord as sy lig.
Sonder traan, sonder lag,
stil en stoer in sy krag.
Maats-egaal in sy daad,
wysheidwigtig sy raad, -
suinig woord, raak en kort
soos 'n skot uit 'n fort.
Nie soos storm wat woel,
dog onkeerbaar en koel -
soos die Vaal se vloed gly,
dis hy!
Simonskragtig gepees
soos die korpus, die gees.
Wie die weg ons berei
wat tot vryheid sal lei,
dis hy!
Volgens die Pretoria News (19/08) het Mandela vir Bush die afgelope naweek
gebel en die verhoudinge probeer herstel.
Ten minste het Mandela die insig (of raadgewers) om te besef dat hy 'n fout
gemaak het deur Bush so blatant te beledig.
Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
kulture. Daarby bedoel Steve nie ons moet ander kulture vernietig nie, maar
ons moet saamstaan en ons kultuur ook laat geld. Ons is ook deel van
hierdie land. Dis 'n lang stuk, maar ek gaan dit net vir jou oortik. Dit
gaan ook ondermeer daaroor dat die regering al ons standbeelde wil verwyder
en al die dorpe se name wat so bly verander. Hy praat ook oor mense soos jy
Antie, wat nog steeds in die verlede leef en alles op apartheid blameer.
Lekker lees...
"Al my gevegte met die kerk, Anton Goosen en die politiek het presies
dieselfde tema. Dis om mense te bevry sodat hulle oukei sal wees.
Die afgelope tien jaar het Afrikaners, so bedagsaam soos hulle is,
teruggestaan, stilgebly en gehoop alles sal weggaan.
Dit was presies die tyd wat ander kulture nodige gehad het om ons vooruit te
gaan. Terwyl hulle hul uiteenlopende kulture gevier het, het ons ons s'n
weggesteek.
'n Dekade is verby. Dis nou weer oukei om te erken jou oupa het saam met
H.F. Verwoerd visgevang in die Vaaldam.
Die doel is om nou weer jou eie kultuur te vier in die binneplaas van jou
buurman sodat hulle kan sien watter soort buurman jy is.
Die feit dat ons stilbly en bedagsame Afrikaners is, laat mense dink ons het
niks om te sê nie. Hulle dink ons het ons kultuur oorboord gegooi omdat ons
skaam is vir ons verlede. Hulle dink hulle sal nooit weer volkspele hoef te
verduur nie.
Ons is terug. Ons is nuwe Afrikaners. Ons is wit en swart. Ons is in jul
gesigte.
Ons sal nie laat inmeng met ons standbeelde nie. Sit my *** standbeeld
neer!
Daar is 'n nuwe pad deur Pretoria. Sy naam is Nelson Mandela Drive. Dit is
absoluut great. Ek kan nie dink aan 'n beter naam vir 'n pad nie.
Hoeveel Boomstrate is daar in die land? Wie de donner soek in elk geval 'n
Boomstraat! Verander Boomstraat na Thabo Mbekistraat.
Hoekom wil jy nou 'n stuk geskiedenis ontken? Pretoria as 'n baken in die
geskiedenis staan saam met Parys, Londen, Moskou en New York. Ek het 'n
idee as jy Pretoria se naam verander na Tshwane, gaan Brenda Fassie nie by
haar konserte opdaag nie omdat sy nie weet waar de hel dit is nie.
My oorgrootjie was genl. Louis Botha. As hulle aan daai standbeel vat,
bliksem ek hulle. My oupa was Steve Hofmeyr, die owerste van die
Ossewa-Brandwas se Stormjaers. Ons het die bybel oor bommeplant geskryf.
Maar niemand moet nou kom sê ek is 'n rightwinger nie. Ek was onder die
top-tien op die regses se Chris Hani-doodslys. Ek en Joe Slovo was die
enigste wit mense op daai lys. My eie mense wou my skiet."
Steve sê sy benadering is een van verdraagsaamheid.
"Ek kannie onthou dat Paul Kruger enigiets vir my gedoen het nie. Hy
beteken vir my so min soos Saartjie Baartman. Tog is dit vir my genoeg om
te besef hulle beteken iets vir iemand anders.
Die idee is nie om standbeelde of te breek nie, maar om standbeelde te bou.
My teorie is dat verandering dinge insluit, nie uitsluit ie.
Tien jaar is vir my genoeg tyd om op die hou om apartheid vir jou onvermoëns
te blameer. Na vyftien jaar gaan jy darem maar vrotsig lyk as jy steeds
daardie verskoning gebruik.
Ek verteenwoordig net myself, my ma en pa, 'n paar Pretoriusse, 'n Kruger of
twee en alle Suid-Afrikaners uit wie se basse jy die Afrikaansheid nie met
twee ton LifeBuoy-seep kan skrop nie."
Ek sluit Steve se relaas af met:
"'n Mens is altyd die somtotaal van al jou chromosone en nie net die goeies
nie. So is jy ook die somtotaal van jou hele erfenis, nie net die goeie
dele nie. Die dag as jy dit erken, is jy besig om geestelik vry te word.
Die mense wil terughê. Hulle wil nie emigreer nie. Hulle wil weer deel
wees."
Groete
Elaine
Ns - Ek het ou Steve vergewe vir sy vorige mislikheid - hy's my nuwe hero.
dis nou `n grap hierdie idols wat nou aan die gang is. eers is daar
groot hoe ha oor die feit dat daar nie genoeg anderskleuriges deur kom
nie. toe sit die idiote wat in beheer is en kom met die plan
voorendag: kom ons doen die wildcard ding. dan kan ons ten minste 4
anderskleuriges deur kry sonder om face te verloor (3 op die einde van
die dag). oo hel maar wat as die publiek nie vir hulle stem nie? aaa
kom ons laat die judges deelneem aan die finale keuring. hel as `n
blanke wen na al die kan niemand se dat ons nie probeer het nie. dis
`n bloody joke.
Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za