Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het " deur S.J. du TOIT

Do., 28 Augustus 2003 21:55

S.J. du Toit

Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het
Fertel deur ou Danster, 'n Grikwa

Myn liwe basiis, glo fer my,
So waar as waar di waarhyd is;
Ons Grikwas het toen nog gebly
Dáár waar di grote water is,
Ja, ons wat Grikwas is.

Een dag sit ons by di Plat Kop, -
Jul Duusfolk roep hom nou di Kaap,
'n Ding kom uit di water op,
Daar waar di son al aand gaan slaap,
'n Wit ding, nes 'n skaap.

Hy kom op uit diselfde gat,
Waar saans di son steek weg syn kop,
Eers was hy klyn en laag en plat;
Ons kyk en kyk; hy rys syn kop
En rys al hoger op.

Di ding kom nader, hy word groot;
Ons Grikwas kom toen by makaar;
Ons raak al sutjiis in di nood;
Di ding di lyk mos reg-reg naar;
Ja, basiis, dis so waar.

Ons hou toen raad, en ons hou raad;
Party flug bang bang na di krans;
En hy wat Kiwiit was word kwaad,
En sê: "Jul's gek! Dit is 'n gans!
'n Grote watergans!"

Ons sê toen: "Ja," want hy is mos,
Kaptyn mos, hy wat Kiwiit is;
Hy roer syn kop nes 'n foor-os,
Toen hy ons sê wat dat dit is,
Ja, hy wat Kiwiit is.

En ons wat Grikwas was, ons kyk,
Ons kyk, di ding word banja groot;
En altyd leliker hy lyk;
Ons word nou reg-reg in di nood;
Ons denk ons moet nou dood.

Toen fou di ding syn flerke op,
En hy gé klyntjiis af een kant;
En ons hou toen fer hom mar dop,
Hy gé meer klyntjiis, ander kant,
Hul sak af o'er di rant.
Ons kyk, ons kyk, wat Grikwas was,
Ons siin di klyntjiis, en ons beef;
Ons weet nou nog ni wat dit was;
Dit lyk fer ons di ding di leef,
Wat somar klyntjiis geef.

Di klyntjiis kom, hul kom nou an,
En ons wat Grikwas was, ons kyk,
En in di klyntjiis sit Duusman,
Wat naar en aardig fer ons lyk,
Toen ons hul reg bekyk.

Di Duusfolk kom, hul waai di doek,
Hul waai, en wys di koperdraad;
Hul wys di koper, waai di doek;
Maak tekens, plek fan praat;
Hul wys di koperdraad.

En ons wat Grikwas was breng fet,
Tamaai fet skaap en bok en bees:
Hul gé ons klyn stuk koper net,
Ons gé tamaai fet skaap en bees;
Ons was nog dom gewees.

En hul wat Duusfolk is, hul sê, -
Dis waar wat Danster jul fertel, -
Hul wys toen hul wil grond ook hê,
So klyn mar nes 'n beestefel, -
Dis waar wat ek fertel.

Hoor nou hoe skelm di Duusfolk is,
Hul sny di fel in riimpiis rond.
En net so lank as di riim is
Sê hulle toen: dis hulle grond!
Hul meet al in di rond.

En ons wat Grikwas was loop weg,
En ons hou raad, en ons hou raad;
Ons maak toen plan ons wil nou feg:
Want ons was nes 'n slang so kwaad,
En ons hou lang tyd raad.

Mar foor ons met bakly begin,
Daar laat di Duusfolk fat en loop;
Hul kruip weer in di klyntjiis in;
Di groot ding maak syn flerke oop
Daar laat di Duusfolk loop.

En ons wat Grikwas was ons sê:
"Duusmanners! jul het ons gepirr!"
En ons hou raad en ons o'erlê
"Kom jul ooit in ons land weer hiir,
Dan frek jul almal hiir!"

En ons wat Grikwas was maak plan,
Ons maak toen reg ons boog en pyl,
Ons smeer di slang syn gif daaran,
Ons slyp toen skerp di fuurklip byl,
Wi Grikwa is, het pyl.

En hy wat Duusman is bly weg!
Di nuwe maan kom twaalfmaal weer;
En ons wat Grikwas is wil feg;
Mar Duusman hy kom nou ni weer;
Hy weet glo, hy kry seer.

En ons wat Grikwas was, ons wag,
Ons kyk, en kyk, di ding moet kom;
En wrintig, ja, ons kyk een dag,
Ons siin hom uit di gat uit kom;
Dis hy! ons ken fer hom.

Ons sê: "Duusman! jy frek fan dag!
Jou harslag, lewer, long moet waai!
Hiir in di sand sal ons jou slag,
En op di fuur jou fet uitbraai!
Jou harslag moet nou waai!"

Di ding fou weer syn flerke op,
Hy gé weer klyntjiis af, een kant:
En ons hou toen fer hom weer dop,
Hy gé weer klyntjiis, ander kant,
Hul sak af o'er di rant.

Di klyntjiis kom, hul kom nou in.
Di Duusfolk waai, hul waai di flag;
Ons siin groot koper lê daar in;
Ons Grikwas was toen bly, ons lag,
En dog ons sal nou wag.

En ons wat Grikwas was maak plan,
Ons wil eers di groot koper kry;
En dan frek jy net gou Duusman!
Dan sal ons jou an riimpiis sny;
Di Duiwel sal jou ry!

Di Duusfolk maak toen tekens weer:
Hul waai di doek, hul swaai di hand;
Hul wys ons moet hul help di keer
Groot koper uitsleep op di land,
Daar op di droge sand.

En hy wat wit mens is breng tou;
Hy span ons in en skré toen: "Trek!
En dan sal ons mooi handel nou!"
En ons trap fas dat ons wou frek;
Dis bo ons fuurmaakplek.

Di Duusfolk skré, hul maak lawaai;
Ons trek; hul steek fuur agter an; -
Di Koper hoes; - di derrems waai;
En in di lug di laaste man!
Wat leef di hardloop wat hy kan.

En hy wat Danster was en ek,
Ons merk toen eers ons is gepiir;
Ons hol tot hiirso by di plek;
En fan di tyd af boer ons hiir,
Hiir by di Grootrifiir.

Prosa & poësie | 3 kommentare

uid-Africaanse oproep

Do., 28 Augustus 2003 14:41

Vir al die Suid-Africaans wil steun
http://www.praag.org/index.htm

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toeriste sterf in Namib

Do., 28 Augustus 2003 06:43

Nóg oorsese toeriste het die gees gegaf in die Namib agter die stuur van
gehuurde voertuie. Spesifiek hierdie jaar het ons al 'n slegte rekord van
sterftes en die neiging is dat dit al meer word. Die eerste gedagte sal
wees dat dit die paaie is wat so sleg en nou is, maar die teendeel is waar.
Namibië het een van die beste paaiestrukture in Afrika en veral die
grondpaaie, waarop die ongelukke meestal gebeur, is breed en wyd oop
geskraap en behoort dit eintlik g'n probleem te wees nie. Die probleem is
egter gehuurde 4x4 voertuie en bestuurders wat eintlik nie gekwalifiseerd is
om op sulke paaie te ry nie. Baie opvallend is dat meeste van die oorsese
mans, hulle vrouens [of meisies] toelaat om die 4x4 te bestuur. .....nou ken
ons almal vrouebestuurders!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Het van julle menings al verander

Do., 28 Augustus 2003 06:30

Hallo Almal

Ek staan onder korreksie, maar ek dink ek het langer as 'n jaar gelede 'n
bydrae op die nuus groep gemaak.

Ek weet ek praat nou oor 'n onderwerp wat sekerlik al deurtrap is in SA,
maar ek sal graag wil hoor of van die mense wat teen die doodstraf was so
jaar of wat gelede as gevolg van die gebeure in SA of dalk agv 'n
persoonlike ondervinding nou anders voel daaroor.

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"Only 1 torture"

Wo., 27 Augustus 2003 20:20

Ek kyk toe gisteraand na "special assignemt" op 3. Die handel toe juis oor
die onnies wat guns wil hê, en alhoewel ek baie respek het vir hulle
deursettings vermoe, dink ek nog guns is 'n groot nee in skole.

In elke geval, hulle interview toe 'n union memchap daar, oor 'n saak waarin
'n vroulike onnie, een van haar manlike studente aangerand en gemartel het,
nodeloos om te se, daar word toe klagtes gele, die saak word bewys en die
onnie is haar job kwyt.

Hier is die punch-line, die union chap se: "I think she should get het job
back, she was teaching for twenty years, and now she lost her job because of
1 case of torture, there should be a system whereby she can be forgiven and
come back as a new person" , of naby genoeg hieraan, nou vra ek jou met rane
in my navy blues, wat de donner dink die man.

Daai paar cops wat hulle honde opgelei het om die drie mosambiekers, sal dan
seker hulle jobs ook kan terug vra, na alles, dis die eerste opleiding
waaraan hulle skuldig bevind word of hoe ?

Dis amazing watter stupid mense in posisies van maat aangetref word, en
hierdie is nie gemik op wit of swart nie, hierdie ou is heelwaarskynlik net
so dig soos die gemiddelde wit ou in dieselfde pos. Dis ongelooflik dat so
persoon sulke kak kan kwytraak en dink hy kan ander oortuig om hom te volg
in sy siening.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

" Winterpad " deur ANDRE LE TOIT

Wo., 27 Augustus 2003 12:34

WINTERPAD (uit "Die Bar op de Aar)
André le Toit

Ek wil my deken met jou deel
Daar's prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat

Daar's pinball-games diep in jou oë
Daar's twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het 'n vark gery
Maar jy's vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry

Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep 'n hees amandla
Vlug jou oë na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Onderwijs Amsterdam: "Scheiding naar ras en klasse is volledig"

Di., 26 Augustus 2003 17:36

NRC/Handelsblad opent vanavond met het bericht dat de scheiding naar ras
en klasse in het Amsterdamse onderwijs ver is voortgeschreden: "De
etnische segregatie op Amsterdamse scholen is ver gevorderd en valt niet
meer terug te draaien. Naast de basisscholen zijn nu ook veel middelbare
scholen 'wit' of 'zwart'."

Amsterdam, bolwerk van morele superioriteitswaan, de linkse
'anti-apartheidsstad' die indertijd W. F. Hermans de toegang ontzegde...

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Werel atletiek kampionskappe

Di., 26 Augustus 2003 13:17

Jacques Freitag wen hoogspring met 2.35m, nou wag ons net vir Hestrie Cloete

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Ontedek Jouself

Di., 26 Augustus 2003 08:52

Iets wat jou laar dink!
Ek is 'n Meerkat volgens my sel nommer. Laat weet gerus watter 1 jy is!

Jan Varkboer

Jou selfoonnommer verklap wie jy werklik is!

Ontleed jou nommer en ontdek jou ware self

Instruksies:

1. Tel al die syfers van jou selfoonnommer bymekaar. Byvoorbeeld
083-111-0000 se totaal sal 0+8+3+1+1+1+0+0+0+0 wees. Veertien, dus.

1.. Kyk op die tabel hieronder in watter kategorie jy val, en sien wat jou
selfoonnommer omtrent jou verklap.

0 - 26 Oorkruiper

Jou vernaamste eienskap is voorbarigheid. Jy kan nie wag om eerste in die
tou te staan nie. Jy smag na erkenning. Jy moet eerste wees met alles. Dit
is ook waarom jy so 'n lae selfoonnommer het, omdat jy joune heel eerste
gekoop het.

Soos die oorkruiper het jy die geneigdheid om gat te kruip. Hoe dieper hoe
beter. Die mens wat jou vertrou kom baie gou sy fout agter.

Jou onvermoë tussen die lakens is 'n groot teleurstelling vir almal wat in
jou bed inkruip. Soos met alles in die lewe kom jý eerste. Letterlik.

Jy het waarskynlik reeds ver in jou loopbaan gevorder, verder as meeste. Nie
omdat jy 'n beter of slimmer werker is nie, maar omdat jy eerste jou hare
begin verloor het. Dit het jou ouer laat lyk en op grond daarvan het mense
gedink jy het meer ondervinding.

Jammer om te sê, jy gaan nie verskriklik oud word nie. Dis die nadeel
daarvan om eerste te wees met alles, iemand moet eerste die emmer skop.

27 - 31 Lintwurm

Dit is lekker om jou vriend te wees. Jou onnoselheid laat die mense om jou
goed lyk, en hulle hou daarvan. Mense lag hulle dood as jy 'n grap vertel -
nie omdat dit so snaaks is nie maar omdat jy die punchline so verkeerd
verstaan het. Mense praat graag oor jou - agter jou rug - en self al is jy
nie naby nie, lag mense steeds vir jou.

Jy word sterk beïnvloed deur die Oorkruiper tipe, dié klomp wat eerste is
met alles. Jy het waarskynlik jou selfoon gekoop kort nadat jy een van hulle
s'n gesien het. Siestog, onthou jy nog hoe lank jy gesukkel het om jou
eerste oproep te maak?

Jy is 'n baie lojale vriend, lewenslank. Soos 'n lintwurm is dit byna
onmoontlik om van jou ontslae te raak. Gelukkig pla dit niemand nie want jy
gee hulle altyd iets om oor te lag.

Jy wou ook altyd eerste wees, maar jou lewe lank moes jy tweede plek
aanvaar. Behalwe in één opsig: Niemand kom naby jou as dit by die grootte
van jou bate(s) kom nie. Die een plek waar niemand ooit vir jou gelag het
nie was die kleedkamer. Jy het byname gehad soos "Slinger" of "Kanne".

As jy nie vroeg sterf as gevolg van'n dom ding wat jy aanvang nie, sal jy
baie oud word. Jou tipe kan net nie vrek nie.

32 - 37 Meerkat

Daar is nie veel omtrent jou wat enigiemand se aandag trek nie. Van kleins
af was jy maar vaal. Jy het net nog meer vaal geword met ouderdom, behalwe
dat jy nou lelik is ook. Jy probeer jouself interessant maak vir ander
mense, maar dit werk nie. Die enigste vriende wat jy het kom uit die
Lintwurm geledere. Hulle is dom genoeg om jou interessant te vind.

Jy is redelik slim maar omdat jy so ontsettend vaal is luister niemand na
jou nie. Jy kom nie ver in die lewe nie. Mense vergeet jou naam. En jou
gesig.

Wat min mense weet is dat jy soos 'n bronstige beer is in die bed. Daar kom
jy tot jou reg, verskoon die uitdrukking. Jy verskeur lakens, jy ruk gate in
matrasse, jy breek bed-ornamente. Enigiemand wat saam met jou tussen die
lakens was, fiks of onfiks, bly lê vir dood. Hulle kla van baie pyn na die
tyd, maar hoofsaaklik van gewrigpyn. Soos hulle die bed se kopstuk moes
vasgryp vir hule lewe.

Jou tipe moet eintlik opgepas word. Jy het tonne pornografie op jou
rekenaar. Jy loer na klein dogtertjies. Jy speel met jouself in die badkamer
by die werk.

Jy het 'n moerse probleem. Gelukkig word jou tipe nie besonder oud nie. En
as jy gelukkig is word jy tot die dag van jou dood nooit uitgevang nie.

38 - 43 Pou

Jy lewe vir een ding: geld. Jy sou jou ma verkoop as daar 'n mark voor was.
Jy wys dit ook. Mooi karre. Mooi klere wat jy skaars kan bekostig.
Allerhande duur goed in jou huis - min mense weet dat jy dit teen 'n moerse
afslag gekry het.

Jy wil mense beïndruk met jou geld - al het jy dalk nie soveel soos mense
dink nie. Maar jy is slim, en niemand sal ooit vermoed dat jy meestal
bankrot is nie.

Jy behang jouself met allerhande goue stront en jy bespuit jouself met goed
wat mens net in Sandton kry. Mense is te ordentlik om te sê die goed ruik na
kak.

Jy sou veel lekkerder, en meer gereeld, gespyker het as jy nie heeltyd oor
jouself gepraat het nie. Dit sit mense af, besef dit nou.

Jy verbeel jou dat jy iets van alles weet en veral die Lintwurm en
Oorkruiper tipe word deur jou betower. Hulle hang aan jou lippe en glo elke
stukkie stront wat jy vertel.

Wat min mense van jou weet is watse lafaard jy werklik is. Jy het op skool
elke dag in jou broek gepis. Nou nog, as die Ontvanger van Inkomste jou
kontak, pis jy in jou broek.

Hoe lank jy gaan lewe weet niemand nie, as jou geld op is sit hulle die
masjiene af.

44 - 48 Muishond

Wat 'n ongelooflike flirt is jy nie. Net soos die muishond het jy 'n
flambojante stert (of so dink jy) wat jy graag rondswaai. Jy kan net nie die
teenoorgestelde geslag uitlos nie. Jy torring dag en nag aan hulle, sonder
ophou. Ongelukkig het jy beter geluk in die dag as in die nag. Jou pogings
is futiel - jy eindig elke aand alleen in jou bed op. Almal dink jy is
goedkoop, maar dit is nie so nie. Jy is heeltemal gratis, as eingiemand maar
net wil belangstel.

Jy 'n sagte hart. Die feit dat jy niemand gesteek kry nie maak jou diep
seer. Jy vra allerhande vrae omtrent jouself. Is ek te lelik? Is ek te arm?
Is my gat te dik? Die antwoord op al die vrae is 'ja' maar omdat jy maklik
seerkry sal niemand dit ooit vir jou sê nie.

'n Groot geheim wat jy tot die dood toe bewaar, is dit jy onbeskryflik stink
poep. Die omvang daarvan kan nie beskryf word deur iemand wat dit nie self
beleef het nie. Dit kan dalk die opgehoopte hormone wees, maar feit bly
staan: een van jou winde is genoeg om die teëls van 'n badkamer muur te laat
val.

Die hartseer waarmee jy leef sal jou uiteindelik onderkry. Jy sal op 'n
onnatuurlike manier sterf, byvoorbeeld as gevolg van een van jou eie poepe.

49 + Hottentotsgot

Omdat jy so mooi is hou almal van jou. Min weet hulle watter poepol jy
eintlik is. Jou mooi glimlag het vir jou al baie deure oopgemaak. Meestal
slaapkamerdeure. Ongelukkig sien mense gou deur jou en dan moet jy 'n nuwe
slagoffer soek.

Jy is die gevaarlikste tipe mens wat daar is, behalwe miskien vir die
meerkat wat regtig probleme het. Agterbaksheid is jou vernaamste eienskap.
Jy is die oorspronklike rugsteker, en jy kry altyd jou steek in. In meer
opsig as een.

Jy pas baie goed by die Muishond-tipe, en julle word na mekaar toe
aangetrek. Die Muishond wil jou as trofee aanhou, en jy weet dat die
Muishond se geld vir jou deure sal oopmaak. Wie weet, dalk vat jy die pad as
jy gekry het wat jy wil hê. Jy mag dalk jou slagoffer 'n dodelike byt
toedien as jy jou sin gekry het, in die egskeidingshof. Nie veel anders as
die hottentotsgot nie.

Die geheim wat jy met jou saamdra is 'n groot een. Jy is die re-inkarnasie
van Marie Antoinette, en jy het dit nog altyd vermoed. Jy is baie lief vir
drank, en dit het 'n dieper betekenis. Het jy geweet dat die heel eerste
sjampanjeglas om Marie Antoinette se tiet gegiet is? Regtig, gaan kyk maar
op die internet, dit is so. Gepraat van drank: dit laat jou broekrek los
sit. Sê los dat jy jou broek soms heel verloor.

Wat ouderdom aan betref, dit gaan jou swaarder tref as vir al die ander.
Plooie gaan jou gesig opfrommel soos 'n pruimedant en jy gaan eendag 'n
hang-gat hê soos 'n hok leeu.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrika: kontinent vol idiote

Ma., 25 Augustus 2003 19:54

Dit sluit my in.....vir een of ander rede is ek nog steeds op hierdie
Godsverlate plek. Weetie hoeko nie

Zimbabwean President Robert Mugabe received a rapturous welcome at a summit
of southern African nations as it kicked off in Tanzania on Monday with a
call for an end to sanctions against his country.

Bla bla bla....

The sanctions were imposed against Mugabe and his inner circle over the
effects of his government's often violent land redistribution programme
launched three years ago and his re-election in 2002 polls widely condemned
as fraudulent.

Bla....bla....bla...

"It has not worked, it will not work, and it only makes the life of the
ordinary people in Zimbabwe unnecessarily difficult," Mkapa said of the
sanctions, to loud cheers and a nod from Mugabe.

Kry maar gerus 'n "hard on" my antie, jy verdien dit. Wonder net wat Robber
Mugrab se mense daarvan dink. Dalkies was dit beter onder ou Ian........

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Bladsye (1834): [ «    543  544  545  546  547  548  549  550  551  552  553  554  555  556  557  558    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 09:57:34 UTC 2026