Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Liter tjips

Fri, 04 June 1999 00:00

Mike kom by die Bek se Padstal aan en sê:
"Haai ou Kallie, gee my asseblief 'n liter slaptjips."
"Nee kom nou Mike, ek verkoop nie tjips by die liter nie.
Ek het small, medium en large pakkies. Watter een wil jy hê?
"
"Kyk Kallie, ek weet nie van pakkies tjips nie. Gee my net 'n liter s'n."
"Jy moenie nou vir jou skuins hou nie Mike. Ek het jou gesê ek verkoop
dit net in pakkies!
"
Maar Mike hou vol: Hy wil 'n liter tjips hê.
Naderhand sê Kallie heel radeloos:
"Kom staan hier agter die toonbank en dan kom ek in om tjips te koop."
Mike staan agter die toonbank en Kallie is nou die klant.
"Hallo Mike, gee my asseblief 'n liter tjips."
"Alte seker ou Kallie. Het jy emties saamgebring?"

Jakes

Humor & grappe | 0 kommentare

Re: Cat bathing as a martial art

Mon, 31 May 1999 00:00

In skrywe het bo...@hotmailnospam.com
die volgende te sê gehad ...

Laat my dink aan hierdie (ou) een:

Hoe maak jy 'n kat blaf?
en
Hoe maak jy 'n hond miau?

Maklik.
Week die kat in petrol, en gooi hom met 'n vuurhoutjie: 'Woef!'
Vries die hond, en druk hom deur 'n vleissaag: 'Miau, miau!'

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.

Humor & grappe | 0 kommentare

Matriek Wiskundevraestel in die nuwe SA

Tue, 25 May 1999 00:00

Matriek Wiskundevraestel in die nuwe SA

1. Djou sester hy kry hom die fifty rand maintenance by die
maand vir hom se elke kend. Sy het die nege kenders. Hoeveel
tjeld sy kry by die maand?

2. Djy es 15 djare oud. Djou boetie hy stele hom die karre
so hy es die 17. Hoeveel djare djy moet wag voordat djy kan
baginne stele die karre?

3. Djy koop hom die one pekket slaptjips. Djy stele hom die
halfloaf om saam te eet. Soos djy kope die drie pekkets
tjips, hoeveel die halfloafs djy moet steel?

4. Djy het die sewe tanne by die mond. Djou pa hy is gasuip
en hy slat hom die twee van helle uit. One week later die tsotsi's
helle pak djou en helle slat noga ene yt. Djy drenk by die sjebeen
die sprits en valle nogga ene yt. Hoeveel die tanne hy bly oor bo by
die mond?

5. Pa het hom die anner 5 kenners by jou antie. Twee van
helle is dood by die TB. Een hy es gastekke by die mes. Hoeveel
kenners djulle es nou saam?

6. By djulle huis daar slaap 14 mense by die one room. Hoeveel
die mense helle slaap by die two rooms?

7. Djou ma hy werk. Sy pay one hundred rands by die wiek. Djou
pa hy stele die tjeld yt die sak. Hy vat hom die fifty rand en
koop hom die bier. Hoeveel tjeld bly by djou ma se sak oor om
hom te koop die mieliemeel?

8. Djou broer wat hy is groter as djy, hy steel hom die twee
hoenners. Die judge hy gie hom 5 years harepad. Djou broer
hy set two years toe maak hy die escape. Hoeveel djare het hy
gascore?

9. Daar ry nineteen passengers by die taxi. Soos hy djaag om
die draai die door hy gaat oop. Vyf manne helle donner yt.
Hoeveel die ry nog saam met die taxi?

10. Djy deel fokkel apples vir 6 manne. Hoeveel elkeen
hy kry?

11. Djy sit by die claas. Djy het hom die vyf kryte.
Die anner skelm donnerse tjend hy stele hom die bloue en die tjele.
Die groene hy briek stekkend soos djy hom by djou neus krap. Nou
hoeveel kryte het djy oor om die somme mee te skryf?

Humor & grappe | 2 kommentare

weird boere humour

Mon, 24 May 1999 00:00

***********************************
Wat is die verskil tussen 'n mossie?

Sy een vlerk is blou en die ander ook geel
************************************

***********************************
Wat is die gevaarlikste ding op aarde?

'n Koolkop met 'n swaard
************************************

--
You'll get the loneliest feeling

Visit our site www.icon.co.za/~annelie

Humor & grappe | 0 kommentare

Boere joke

Fri, 21 May 1999 00:00

V: Wat sê die boer toe hy een oggend by die skuur aankom en sien sy
trekker is weg?

A: Waar's my trekker.
--
You'll get the loneliest feeling

Visit our site www.icon.co.za/~annelie

Humor & grappe | 2 kommentare

Re: Give me some humour!!! Baby!

Fri, 14 May 1999 00:00

On 5/14/99 7:00PM, in message , "Marqcel" wrote:
>
>
Die kinders in die klas was gevra om 'n sin te maak met die woord "TOLLENAAR"

Jannie se sin was as volg.

Juffrou , my pa was gisteraand laat uit, toe hy by die huis kom maak my ma vir
hom die deur oop, toe word hy tussen haar tolle-naar.

Humor & grappe | 0 kommentare

Varke

Fri, 07 May 1999 00:00

Donkie loop vir varkie raak waar hy langs die pad sit en bitterlik huil.
"En wat gaan nou met jou aan?" vra donkie.
"Dis die mensdom. Hulle is baie gemeen!" kom varkie se antwoord.
"Die mensdom? Nou wat het hulle gedoen dat jy so bitterlik sit en tjank?"
wil donkie weet.
"Kyk," sê varkie. "As iemand lelik eet dan sê die mensdom hy eet soos 'n
vark! As iemand se huis vuil is dan sê hulle die plek lyk soos 'n
varkhok. En selfs as iemand sleg bestuur op die paaie, dan sê die mensdom
hy is 'n padvark!!!"
"Sulke blerrie varke!" kom dit van donkie.

Jakes

Humor & grappe | 0 kommentare

Re: Marsmannetjies

Fri, 07 May 1999 00:00

lol@that

--
Samuel Murray (if signed by me)
le...@yebo.co.za

Yebonet ISP Helpdesk
in...@yebo.co.za

Jakes wrote in message ...
> Die Marsmannetjies besluit om kontak te maak met die aarde se wesens
> en land een nag laat by 'n verlate vulstasie. Twee klim uit hul GTI
> ruimteskip en loop na een van die petrolpompe.
> (Rofweg vertaal het die gesprek soos volg verloop):
> Mannetjie1: "Vat ons dadelik na julle se leiel!"
> Petrolpomp is doodstil.
> Mannetjie1: "Ek sê - vat ons na jul leiel of het julle nie 'n leiel
> nie?"
> Petrolpomp bly doodstil.
> Mannetjie2: "Laat ek plobeel. Ons is van Mals af en wil julle leiel
> spleek!"
> Petrolpomp sê niks.
> Mannetjie1: "Ek weet! Hulle kan nie hole nie want hulle staan met hulle
> se vole in hulle se ole!"
>
>
> Jakes

Humor & grappe | 0 kommentare

rooikappie en die wolf

Fri, 07 May 1999 00:00

Rooikappie huppel deur die bos, op pad na ouma se huisie daar in die middel van
die woud. Net so 'n entjie of wat voor sy daar arriveer, sien sy hier langs
die paadjie sit Wolf. Hy sit so agter 'n bos en net sy kop steek uit.

Rooikappie is natuurlik heel ontsteld, en sê: "Ag asseblief oom wolf, moenie my
ouma eet nie."

Maar Wolf antwoord nie. Hy sit net daar met 'n uitdrukking van intense
konsentrasie op sy gesig.

Rooikappie sê weer: "Oom wolf, ek vra mooi. Moet asseblief nie my ouma eet
nie"

Maar Wolf sê niks. Hy sit net daar en konsentreer so hard dat die are in sy
kop sommer blou uitstaan, en sy neksenings trek sommer styf soos hy
konsentreer.

Arme Rooikappie raak heel huilerig en sê: "Ag oom wolf asseblief. Ek is lief
vir my ouma. Moet haar asseblief nie eet nie."

Wolf kyk na haar, heel nors en sê:

" Fokof Rooikappie, EK KAK !!"
================================================
Die Groot Skippaan eet kaas en kyk na die sterre
================================================

Humor & grappe | 1 kommentaar

Oom Sjert en Ta' Ralie

Fri, 07 May 1999 00:00

Oom Sjert en Ta' Ralie het op 'n plaas gewoon waar die oom 'n saaiboer
was. Die oom het nog geglo in die ou maniere van boer en het sy lande
met osse en 'n sleepploeg bewerk.
Eendag was oom Sjert besig om te ploeg en ta' Ralie het brood geknie. Sy
kyk toevallig deur die kombuisvenster toe sy sien dat oom Sjert die
ploeg met geweld eenkant toe gooi en vinnig aangehardlooop kom huistoe.
Hy storm met 'n moeviese spoed die kombuis in en sê:
"Kom gou vrou - dit is styf!"
Haastig was ta' Ralie haar hande en dink dat dit seker die lentelug is
wat so goed op oom Sjert se hormone inwerk. Dit was ook jarre laas dat
die oom 'n styfte gehad het.
Hulle storm die kamer binne maar wat 'n teleurstelling! Wat 'n fiere
soldaat in oom Sjert se broek was, is nou maar net 'n oud stryder wat
lê en slaap op 'n streepsak.
"Jammer ou vrou, dit het so skielik begin en net so skielik opgehou.
Jy moet maar altyd soort van gereed wees" en daarmee is oom Sjert terug
lande toe.
Terwyl ta' Ralie in die huis besig is, hou sy maar gereeld vir die oom
dop waar hy sy lande voorberei vir die saaityd. En sowaar, 'n paar dae
later sien sy oom Sjert smyt weer die ploeg met geweld eenkant toe, gooi
albei arms in die lug en toe kom hy met 'n helse spoed aangehardloop
huistoe.
Ta' Ralie was blitsig haar hande, trek net daar in die kombuis al haar
klere uit en gaan lê sommer op die kombuistafel - REG vir die ding.

Maar oom Sjert bly weg. En hy bly weg.

Net toe sy wou opstaam om te gaan kyk waar die oom bly, kom hy die
kombuis binne gestrompel. Swart van die rook en sy klere vol roet.

"Tipies vroumens!" sê hy uitasem. "Hier lê jy kaalgat op die
kombuistafel
terwyl die donnerse waenhuis besig is om af te brand!"

Jakes

Humor & grappe | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    48  49  50  51  52  53  54  55  56  57  58  59  60  61  62  63    »]
Tyd nou: Sun Feb 02 12:35:41 UTC 2025