Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die geskiedenis van die Afrikaner

So., 31 Augustus 2003 14:32

Mens hoor baie die teorie dat die beeld wat die Amerikaner
van homself en van sy geskiedenis het, en die beeld wat
die mense buite die VSA van Amerikaners het, eintlik
gevorm is deur Hollywood se uitbeelding van die VSA
se geskiedenis. Soos byvoorbeeld die verheerliking van
die individu wat daar plaasvind in cowboy-prente en die
verromantisering van die weste en van die trek na die
weste, na die beloofde land, Kalifornië.
Dan word daar gewys op die feit dat Hollywood
in sy beginstadium eintlik 'n maaksel was van 'n hand-
vol Jode en dat dit hulle visie van die "siel van Amerika"
is wat toonaangewend was. Mens moet natuurlik nie
alles vir soetkoek opeet nie, maar daar is tog 'n groot
deel van die waarheid in hierdie siening.
In suidelike Afrika dink ek het dieselfde ding met
die geskiedenis van die Afrikaner en van Suid-Afrika
gebeur. My man sê vanoggend hy kan nie verstaan
hoekom die vrouens toegestem het om uit Kaapland
weg te trek in 1838 nie. Ek wys toe vir hom uit hoe
baie klagtes die meestal Nederlandse en Franse
nakomelinge gehad het teen die Engelse, veral met
die afskaffing van slawerny en die reëls en regulasies
wat die London Missionary Society aangevra en
gekry het om die behandeling van die inheemse
bevolking te kontrolleer.
Nou is dit wel waar dat hierdie groot trek van
sekere voorsate uit Kaapland ooswaarts 'n belangrike
geskiedkundige feit is. Maar in veral die twintigste
eeu is hierdie Groot Trek ( wat nou skielik met hoof-
letters gespel word) as die sentrale "happening" in
die Afrikaner se geskiedenis vermitologiseer. Baie
min aandag word gegee aan die groot trek van
Afrikaners wat ook noordwaarts in Kaapland beweeg
het. (André Brink in Afrikaans en J.M. Coetzee in
Engels gee aandag aan hierdie gebeure. ) Skoolkinders
weet baie min van die geskiedenis van SA. Hulle leer
as nauseam van die "Voortrekkers" en dan van die
oorloë wat die Engelse en die nageslagte van die
"Voortrekkers" in die oostelike dele van die land geveg
het. Dis asof die bewussyn van die Afrikaner geskaak
is deur hierdie kliek wat ooswaarts beweeg het, hulle
wedervaringe daar in die oostelike deel van die land,
en hulle gevoelens oor SA en Afrikanerskap. Dis dan
ook juis uit hierdie oostelike bakermat wat die basiese
konsep van apartheid ontstaan het. Kaaplanders het
nog altyd 'n ander mentaliteit gehad, maar hulle
standpunte is vir baie lank veronagsaam, en diensbaar
gemaak aan die begeertes van die oostelike kliek, dié
ouens wat die pap en wors eet, iets wat vreemd is vir
die grootste gros Afrikaners, as mens dit nou op die
keper beskou.

Tant Hessie van Bainskloof

Koeitjies & kalfies | 69 kommentare

Die Boot Nog steeds

So., 31 Augustus 2003 07:22

Iets nie lekker nie. Gister is daar weer probeer om die gestrande boot te
verlos. Onsuksesvol.
Vier tugboats is gebruik. Een se kabel breek toe, en nou word ons vertel dat
die oorblywende drie net meer krag gebruik het, sodat die totale krag
nogsteeds die van vier bote was.
Nou vir wat het al vier bote dan nie van die begin af meer krag gebruik nie?
Die gestrande boot is met die verminderde krag van die vier bote 'n halwe
skeepslengte getrek, en is met 25% geswaai.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Hier was gekraam

Sa., 30 Augustus 2003 13:35

Samuel:
Net kortliks 'n beriggie vir diegene wat my ken (of dink hulle
ken my). Norah Elbereth is vandag, 30 Augustus 2003 om 13:15 in
haar ouers se voorhuis gebore. Sy is mollig en het donkerbruin
hare. Sy is in die sak gebore. Beide sy en die ma sterk goed
aan.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Motorpryse

Sa., 30 Augustus 2003 07:50

Is hier dalk iemand op die ng wat meer lig kan werp op die hoë motorpryse in
SA? Toe die wisselkoers versleg het, het pryse drasties bly styg en nou,
noudat die koers daal, nou bly die motors duur. Hoekom?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wam-Fees - DNA Strings

Vr., 29 Augustus 2003 22:40

Ek het nou net teruggekom van die WAM-fees af, en was dit nou wragtie 'n
fees. Die eerste groep wat opgetree het was Shine 4 en net daarna Nianell,
niemand, maar niemand kon ons op ons voete kry nie. En toe stap DNA Strings
daar uit. Hulle moes maar heel laaste opgetree het want niks kon daai
outjies volg nie. Dis amper 'n classical meets rock fusion tipe van genre
gewees. En is die 5 kapenaartjies vir jou vriendelik?! Ek het my beursie
in die kar vergeet, en kon nie die cd koop nie (en ek wou bitter graag een
hê). My man het so 'n uur na hulle optrede daar opgedaag en ons het hulle
by een van die kosstalletjies raak geloop. Hy het hulle gestorm en gevra
waar kan ons 'n cd kry. Baie vriendelik, maar die drommer is 'n bietjie
ernstig. Ek beveel hulle regtig aan, en gaan kyk gerus as hulle in julle
area optree, dis regtig 'n "treat". Gaan kyk by http://www.dnastrings.co.za

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Hopelijk wordt Mugabe doodgeschoten

Vr., 29 Augustus 2003 19:38

"Zutphense patriot" wrote in
news:3f4f93ce$0$49117$e4fe...@news.xs4all.nl:

> Knulletje Mugabe intimideert en mishandelt de oppositie, jazeker, mensen
> van zijn eigen huidskleur! Nu kan hij de blanken eens niet de schuld
> geven van zijn gedrag en terreur, ook de daders dus zijn aanhangers zijn
> allen zwart.
>
> Slechts Wereldsman kan hier nog een anti-blanke draai aan geven maar ja
> das iemand die de donkere zijde van bepaalde bevolkingsgroepen
> verdoezelt en die van andere voor het voetlicht brengt. Maar dat kunnen
> we allemaal. Discrimineren is niet moeilijk.
>
>
>

Gelukkig staat seniele Mandela hand in hand met onze Bernhard breeduit
lachend in de krant, aangaande de opening van een nieuw natuurpark bij
J'burg, terwijl op nog geen paar honderd kilometer afstand de bevolking
verrekt van de honger....aangericht door Mandela's (en pa Mbeki's) brother-
in-arms, nog eens extra gesteund door Mandela's beste vrindje Ghadaffi.

Waarom zijn zwarten toch zo gigantisch veel beter in het laten verrekken en
creperen van hun eigen zwarte broeders dan de blanken ooit hebben gekund?

De Regenboognatie.
De potten goud aan beide zijden zijn in dodelijk giftige brouwsels
veranderd....

Volgens Mbeki was Mugabe 'champion of the law'.
African law, probably.
The law of the fat chiefs, inflicting terror on the population until they
sink into their grave.
But then you still have to stamp on it, otherwise the bastard will rise
again.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Betekenis van nuwe woorde in die nuwe SA

Vr., 29 Augustus 2003 08:32

Bad - you sleep on it in the badroom
Beds - mossies, doves, etc
Beg - container, as in shopping beg, hand-beg, tog-beg
Ben - to set alight
Chealdren - our future is in their hands
Chetz - where worshippers go on Sundays
Cuds - you can play poker or rummy with them
Cut - a small donkey-drawn vehicle
Debben - city in KZN
Deekshunry - where you find weds
Detty - opposite of clean
Die?llas - as in drug die?llas or wee-pon die?llas
Driva - holds the steering wheel of a teksi
Duck - very duck at night when the lights are all off
Ebben - you get ebben erriors and rural erriors
Effrican - from the continent of Africa
Eth - Where we leef on
Erriors - districts, e.g. ebbon erriors
Ewways - eg. SAA, Comair
Fems - companies, e.g., Anglo-American
Fest - the one before second and third
Fok - used with nifes
Fum - you can fum with ship or kettle
Fumma - he owns the fum
Guddin - where you grow kebbijees
Geave - you MUST geave, I WILL take
Get - a hinged device in a fence
Hair - as opposed to heem
Heppi - state of elatement, e.g. I?m so heppi - I just voted
Hiss - masculine form of hairs
Hubba - where sheeps dock
Jems - little bugs that give you the flu
Kah - what you drive around in
Kebbijees - vegetable
Keptown - some think parliament doesn?t belong there
Kettegry - in a system of classification
Kipper - one who kips, as in goal kipper
Kleenix - where nesses weck
Kot - where the judges sit
Len - to acquire knowledge
Leeda - as in Arwa Leeda, the president
Leef - If you don't leef you are dead
Lungwich - weds what are spokkin
Nesses - they weck in kleenix and hospitals
Pee pull - powa to da pee pull
Peppa - one way to get the news
Pesson - one of pee pull
Pees - symbolised by white dove
Pees-Tox - between IRA and John Major
Reeva - e.g. Limpopo, Vaal, Orange
Regime - anything to describe pre-1994
Ree kwest - replaced by dee mands
Sheep - big boat
Shex - houses in squatter camps
Ship - provider of wool
Shit of Peppa - something to write on
Shuck-attak - if the shuck-net is brokkin
Shuck-nets - at Debben, for safety of sweamas
Spitch - what politicians make at a relly
Sweamas - compete in a sweaming pul
Teksi - kah for hire - sometimes parrot teksi
Thest - ice cold Coke will relieve it on a hot day
Tipic ally - characteristic
Tocks - negotiations
Ummy - military force
Wee men - ladies
Wee pon - a gun
Wean-dow - with glus for throwing bricks through
Weaner - the one with the most votes
Weds - what the dictionary is made up of
Wekkas - do the weck
Weld - the eth
Wems - small crawly creatures

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

7de Laan skaak

Vr., 29 Augustus 2003 05:29

Wie het gisteraand 7de Laan gekyk?

Daai skaakspel beskrywing was nogal oulik. Ek moet eenvoudig weer daardie
woorde vang.

Iets van "pawns speel en queen streel voor skaakmat".

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dis heerlike lente ...

Vr., 29 Augustus 2003 04:10

Die witstinkhoutbome se blaartjies is ongeveer 5mm lank - wat beteken dat
die lente hier is.
Op skool was 1 September Lentedag. Dan het al die meisies blomme in hul hare
gedra.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1834): [ «    542  543  544  545  546  547  548  549  550  551  552  553  554  555  556  557    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 14:00:20 UTC 2026