Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Geschiedenis van Afrikaans

Di., 02 September 2003 21:04

Wie kan mij een overzicht geven van de veranderingen en hervormingen in de
spelling van het (Zuid-)Afrikaans? Grappig is de onderstaande tekst. De
woorden die ik herken als vroeger-Afrikaans hebben een sterretje:

Wie kan my 'n oorsig gee van die veranderings en hervormings in die spelling
van (Suid-)Afrikaans? Grappig is die onderstaande teks. Die woorde wat ek
herken as vroeër-Afrikaans, het 'n sterretjie.

Oom Jan was 'n *oue *foortrekker *fan *di Vrystaat. Hy had 'n *oue
Esel-*Merrie *fer 'n *rypêrd. Bloemfontein was toen nog 'n *klyne *Dorpi.
*Een *morre sê ou tant *Saartji, *di *frou *fan oom Jan, *an hom: - "Ou
skat, ons *koffi is op. Jy moet gaan *koffi koop."
"*Kiwiit, loop haal gou *fer ou Pop." (*di ou Esel).
Net gou was ou Pop daar en opgesaal en oom Jan bo in Pop haar kambene met 40
*hoenner-yers om die (spelfout? moet zijn: di) *koffi te ruil, en so gaan
*di ou nou *an. Ente jaag hy dat die(?) sto so trek.
*Toen oom Jan in *di dorp kom, net *foor *di Winkel *fan ou Richardt, kom
daar 'n kwaaijong met 'n stok agter ou Pop *ferby. Oom Jan sê *fer hom:
"Slaan tog *di ou esel;

Hans Kamp.

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

Stelling van die aand

Di., 02 September 2003 18:11

Soos reeds gesê word daar somtyds op die
groep groot waarhede gepraat wat erkenning
verdien.
Die keer kom die eer Willem-Jan Markerink toe
met die gevleuelde woorde:

> Pathetic dwarf.
> You are no less a truth-maiming bastard than Mugabe/Mbeki/Nujoma:

Speedy Gonzales met 'n glimlag

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hulle Mag Nie.

Di., 02 September 2003 14:03

Judi Nwokedi, SABC besturende direkteur, het opdrag gegee aan alle
stasiebestuurders dat geen programme die wapenskandaal mag bespreek of
uitgesaai word nie.
Die rede is glo omdat daar 'n verkiesing volgende jaar is, en Zuma van
korrupsie verdink word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

GBA

Di., 02 September 2003 11:00

Groot Broer Afrika - ek hoor die finale 5 is 3 dames en twee mans - dit
nadat daar begin is met 5 dames en 7 mans.
Nietemin, slaat my met 'n pap snoek, ek het geen idee wie
behoort te wen nie, en miskien moet hulle maar nou ophou met die program.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Al sou " deur GEORGE WEIDEMAN

Ma., 01 September 2003 12:56

George Weideman
Al sou

Ek sal jou liefhê heel my lewe lank
selfs al sou die t'nouroevygie
in droë jare skaarser rank

al sou die sleepmis vroeg insleep
van die see af en die wilde-anys
toe-oog bly en die son vergeefs
ander wang vir die wêreld wys

al sou die ooswind knaend waai
en om ons net blylêgoed bly lê
net knapveld waar daar opslag was
en ons vergeefs grawe aan 'n gorê

al sou ons sleepvoet en doekvoet loop
hande krom soos haakdoringbos
al het die wind die gousblom gestroop

al het die jare ons uitoorlê
sal ek jou heel my lewe lank bly liefhê

Prosa & poësie | 8 kommentare

'n Versoek asseblief

Ma., 01 September 2003 10:23

Kan die mense hier wat wil, of mense ken wat wil, my asseblief help.
Ek is besig om soveel moontlik mense in SA te kry om my te vertel wat hul
slegste inkopieondervinding was, en die beste inkopieondervinding ( as daar
was).
Ek dink die meeste van ons het al frustrerende stelle afgetrap by
supermarkte, en ek wil met die bewyse na die eienaars toe gaan sodat ons
beter dienslewering kan kry.
--
Annette
ann...@ctnet.co.za

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Fokkas

Ma., 01 September 2003 10:19

Dis die nuwe woord wat ons al meer en meer hoor as iemand iets te sê het.
Ek dink die ou lotjie moet begin fokkas om ordentlik te praat :))

Julle moet bietjie oplet - elke keer as daar met 'n krieketspeler 'n
onderhoud gevoer word, dan begin hul antwoorde meestal met "absolutely".

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Wat is 'n wiepie?

Ma., 01 September 2003 07:07

Kry dit in die FAK - Lied 194 - Waai met die Wiepie.
Eerste vers:
Ek kom vanaand by die huis, my huis is sonder dak.
Ek kry my vrou in die vuurherd, sy sit en poffertjies bak.
Koor:
Waai met die wiepie, waai ( 5x)

Annette

Musiek & liriek | 6 kommentare

Die Stoute Skare

Ma., 01 September 2003 06:07

Saterdagaand met die aankondiging van die rugbyspan, was al anderskleurige
gesigte te sien op die verhoog en van die trippelende deelnemers.
Toe die Rugby president sy toespraak lewer, het die lelieblanke skare op die
pawiljoen nie mooi gesit en luister nie, en die bestuurder dink toe dis goed
om die skare eers in Afrikaans te vertel hulle het nie maniere nie, voordat
hy aangaan met sy toespraak in Engels.
Die skare op Loftus het selfs sommige spelers wat aangekondig is uitgejou,
en Krige het met trane in sy oë aangekondig dat hy volle vertroue in sy span
het dat hulle baie goed gaan doen op die toernooi.
Hy het die tweede gedeelte van sy gewone spiets, dat die span kan verbeter
en hard sal moet oefen, uitgelaat.

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Rugbyspan

Ma., 01 September 2003 05:48

Dis die eerste keer dat 'n span met so 'n groot fanfare aangekondig is.
Wat vir my die snaakste was, was hoe die aangekondigde spelers versigtig
deur die gemors op die verhoog moes beweeg.
Nietemin - wat is die werklike rede vir die Geo/Quinton gemors?

Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    541  542  543  544  545  546  547  548  549  550  551  552  553  554  555  556    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 09:57:44 UTC 2026